MITES RONDOM AFRIKAANS Annette Marié Jordaan

University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
MITES RONDOM AFRIKAANS
Annette Marié Jordaan
Voorgelê ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad DLitt in
die Departement Afrikaans, Fakulteit Geesteswetenskappe
UNIVERSITEIT VAN PRETORIA
Promotor: Prof. M.C.J. van Rensburg
APRIL 2004
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
Erkennings
Hiermee gee ek baie graag erkenning aan die volgende persone:
•
Prof. Christo van Rensburg, my promotor, wat nooit voorskrywend is nie,
maar wat ’n mens lei deur wyse vrae te vra en verbande aan te toon –
dankie, Professor, vir die voorreg om saam met so ’n besondere promotor
’n klein deeltjie van die “taallandskap” van Afrikaans te kon verken;
•
Prof. Elsa Nolte, my kollega en vriendin, wat my deurgaans aangemoedig
het en wie se belangstelling ’n onmisbare bydrae gelewer het tot die
afhandeling van hierdie proefskrif – dankie vir jou vriendskap en die
voorbeeld van jou eie navorsingsuitnemendheid, Elsa;
•
Prof. Hein Willemse, my departementshoof die afgelope jare, vir
waardevolle navorsingstyd wat hy beskikbaar gemaak het en vir Joseph
Campbell, Anderson, Castells, Moodie en Leonard Thompson –
trammakassie, Hein;
•
Prof. Vic Webb, die “groot indoena” van die taalpolitiek in die Departement
Afrikaans, vir gesprekke, insigte en kalwers waarmee ek kon ploeg;
•
Dr. Heinrich Grebe, by wie Afrikaans so diep in die grein lê, wat soveel
belangstelling getoon het in die verloop van hierdie studie;
•
Prof. Heinrich Ohlhoff, wat altyd beskikbaar is vir raad, en wie se deeglike
werk in Perspektief en Profiel as inspirasie en naslaanbron vir veral
hoofstuk 6 gedien het;
•
Prof. Piet Roodt, wat my aan die begin van die studie reeds op Etienne
Leroux en Jung gewys het, en wat vir my die goeie raad gegee het om –
ook in moedverlore dae - aan te hou skryf;
•
My ander kollegas – en vriende - by die Departement Afrikaans wat
deurgaans belangstelling getoon en my aangemoedig het: Jurie
Geldenhuys, Adelia Carstens, Susan Thembekwayo, Viola Milton, Rina
Thom, Nico Snyman, Neil Cochrane, Hannelie Marx en ons wonderlike
sekretaresse, Neeltjie Celliers;
•
Mej. Rita Badenhorst van die Akademiese Inligtingsdiens, een van die
mees toegewyde en bekwame inligtingkundiges onder die son, vir
onmisbare hulp met die opspoor van bronne en ontbrekende bibliografiese
inligting;
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
•
Dr. Lize Kriel van die Departement Geskiedenis en Kultuurgeskiedenis
aan die Universiteit van Pretoria vir ’n gesprek rondom “geskiedenis en
waarheid” (my formulering) en vir insigte uit haar eie proefskrif, asook die
verwysing na Hofmeyer en Munslow;
•
Enkele lewende Afrikaanse taalsosioloë (naas prof. Christo, Vic Webb en
Hein Willemse hierbo), van wie ek sommiges “effens” ken, maar ander
nog nooit persoonlik ontmoet het nie, wie se kundige werk grootliks
bygedra het tot die diskoers in hierdie proefskrif: J.C. Steyn, Hermann
Giliomee, Hans du Plessis, Karel Prinsloo, Theo du Plessis en Alwyn van
Gensen;
•
My man, Chris, en ons vyf dogters – Annelet, Marenet, Christél, Lize en
Jeanne - my skoonseun Ockie, my skoonma Aletta, my broer Lothar,
skoonsuster Juliette en suster Linda, my swaer René en skoonsus Ida en
my vriendinne – Toekie, Sanet, Ina, Lynette, Brigitte, Linda, Celeste,
Corné, Elna en Ingrid – vir belangstelling en volgehoue aanmoediging.
En Dinah Bambo wat intussen die “huisfort” help hou het. Ek is opreg
dankbaar vir soveel onverdiende voorregte en vriendskappe.
Aan God die eer!
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
i
INHOUDSOPGAWE
’n Woord vooraf………………………………………………………………… 1
Oor mites en die mitiese………………………………………………………. 10
Hoofstuk 1: Probleemstelling; teoretiese raamwerk en terminologie;
werkwyse; verwagte uitkomste …………….. ……………………………. 12
1.1
Probleemstelling………………………………………………………… 12
1.2
Miteskepping as belangrikste uitgangspunt in die probleemstelling…18
1.3
Uitgangspunte…………………………………………………………
23
1.4
Spesifieke navorsingsvrae…………………………………………..
25
1.5
Terreinafbakening…………………………………………………….
26
1.6
Teoretiese raamwerk…………………………………………………
27
1.7
Terminologie en konsepte…………………………………………..
29
1.8
Werkwyse………………………………………………………………
32
1.9
Verwagte uitkomste…………………………………………………..
33
Hoofstuk 2: Die aard en funksies van mites (“Mites waardeur ons leef”
– erkenning aan Samuel & Thompson)…………………………………
34
2.1
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk………………………
34
2.1.1 Inleiding…………………………………………………………….
34
2.1.2 Doelstelling met die hoofstuk…………………………………….
35
2.2
Die term mite………………………………………………………..
36
2.3
Mite vs. die mitologie………………………………………………
38
2.3.1 Die “mitologiese”……………………………………………………
39
2.3.2 Die “mitiese”…………………………………………………………
41
2.4
Die aard en oorsprong van die mite………………………………
42
2.5
Die funksie van mites in die lewe van indiwidue
en gemeenskappe/volke………………………………………………
45
2.6
Die siening van Joseph Campbell oor die krag van mites…………
48
2.7
Mites en taal: die kognitiewe semantiek……………………………… 51
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
ii
2.7.1 “Kategorieë van die brein”……………………………………………… 51
2.8
Mites vs. geskiedskrywing…………………………………………….. 53
2.9
Voorbeelde van die ontstaan van ’n mite: drie gevallestudies…….
57
2.9.1 Mites tydens ’n geveg, oproer of staking…………………………….
57
2.9.2 Abraham Esau se oorlog, 1899-1901: mite en martelaarskap……. 57
2.9.3 ’n Stuk outobiografiese vertelling: die belangrike rol van die
“mitemaker/-skepper”…………………………………………………… 61
2.10
Samevatting…………………………………………………………….. 67
Hoofstuk 3: “Verbeelde gemeenskappe” en politieke miteskepping… 71
3.1
Doelwit met die hoofstuk………………………………………………… 71
3.2
Die mite van die eie groep (“verbeelde gemeenskappe” erkenning aan Benedict Anderson)…………………………………… 72
3.2.1 Inleiding……………………………………………………………………72
3.2.2 Die konstruksie van identiteit………………………………………….. 72
3.2.3 Nasie, volk en nasionalisme…………………………………………… 74
3.2.4 Geskiedenis van die ontstaan van nasionalisme……………………. 76
3.2.5 Die verband tussen nasionalisme en taal
in die agtiende en negentiende ………………………………………… 78
3.2.6 Nasionalisme in die twintigste eeu…………………………………….. 79
3.2.7 Na die Eerste Wêreldoorlog……………………………………………. 80
3.2.8 Na die Tweede Wêreldoorlog………………………………………….. 80
3.2.9 Suid-Afrika in die dekades na die Tweede Wêreldoorlog…………… 81
3.3
Politieke miteskepping/mitologie………………………………………. 82
Hoofstuk 4: Die eerste mite: Die liefdesband tussen Afrikaans
en die Afrikaners (1875-1948)……………………………………………
90
4.1
Inleiding, doelwitstelling en werkwyse……………………………..
91
4.1.1 Inleiding………………………………………………………………..
91
4.1.2 Doelwitstelling……………………………………………………….
93
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
iii
4.1.3 Werkwyse…………………………………………………………….
94
4.2
Agtergrond vir Augustus 1875………………………………………
95
4.2.1 Boere en Afrikaners………………………………………………….
95
4.2.2 Historiese gebeure voor 1875………………………………………
100
4.3
14 Augustus 1875: die begin van die mite………………………..
105
4.4
Vaslegging van die mite (1875-1900)………………………………
110
4.5
Die uitbreiding van die mite: Afrikanersolidariteit (1902-1915)…..
113
4.5.1 Die impak van die Tweede Vryheidsoorlog op miteskepping……..
114
4.5.2 Die mite van die “volgehoue vryheidsdroom” (erkenning aan
M.E.R.)…………………………………………………………………… 116
4.5.3 C.J. Langenhoven se pleidooi vir Afrikaans as voertaal in die “laer”
onderwys tydens die jaarvergadering van die “Zuid-Afrikaanse
Akademie vir Taal, Letteren en Kunst” te Bloemfontein in 1914…
121
4.5.4 Afrikaans as mitiese “middel tot die (politieke) opheffing en
vereniging van Afrikaners”…………………………………………….
4.6
124
Die mite “kry vlerke”: die stigting van die Nasionale Party en
statusverwerwing vir Afrikaans (1915-1925)………………………… 125
4.6.1 Die “Afrikaner-party” en Afrikaans……………………………………. 125
4.6.2 Miteskepping in die Afrikaanse pers, 1915…………………………… 126
4.6.3 Die begin van die ekonomiese mobilisasie deur Afrikaners………… 128
4.6.4 Die Afrikaner-“Broederbond”…………………………………………… 129
4.6.5 Ampstaalwording van Afrikaans……………………………………….. 129
4.7
Die handhawing van die mite (1925-1938)…………………………… 131
4.7.1 Die “handhaaffase” van die “na-oorlogse taalbeweging”…………… 131
4.7.2 Korpusontwikkeling ter ondersteuning van die mite………………… 132
4.7.3 Vir en teen Afrikaans-moedertaalskole………………………………. 132
4.7.4 Enkele gebeure in Afrikanergeledere en in die groter Suid-Afrika
in die jare tussen 1923-1938 wat ’n impak op die gang van die
mite gehad het………………………………………………………….. 134
4.7.5 Die “simboliese ossewatrek”, 1938…………………………………… 137
4.8
Die mite seëvier: 1938-1948…………………………………………… 139
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
iv
4.8.1 Die Ossewa-brandwag………………………………………………….. 140
4.8.2 Die Reddingsdaadbond…………………………………………………. 140
4.8.3 Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en Smuts se besluit
oor deelname…………………………………………………………… 141
4.8.4 Die OB en die oorlogsjare…………………………………………….. 141
4.8.5 Die “1948-oorwinning” ………………………………………………… 145
4.9
Die rol van die Afrikaner se godsdiens in miteskepping……………. 145
4.10. Die vroeë Afrikaanse letterkunde en miteskepping………………….. 148
4.10.1 Voor 1900………………………………………………………………… 149
4.10.2 Na 1900…………………………………………………………………… 152
4.11
Gevolgtrekkings…………………………………………………………. 155
4.12
Samevatting……………………………………………………………… 158
Hoofstuk 5: Die tweede mite: Afrikaans, die verdrukkerstaal
(1948-1994)………………………………………………………………….
5.1
160
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk……………………………. 161
5.1.1 Persoonlike manifes…………………………………………………….. 163
5.1.2 Die terminologie van die “apartheids-gesprek”………………………. 164
5.2
Die aanloop tot die mite…………………………………………………. 165
5.2.1 Die eerste jare na 1652…………………………………………………. 165
5.2.2 Die slawekwessie aan die Kaap………………………………………. 168
5.2.3 Die vestiging van die mite van wit dominansie gedurende die
18de en 19de eeue…………………………………………………….. 170
5.2.4 Na die Anglo-Boereoorlog: Die soeke na ’n “witmansland”
(erkenning aan Giliomee, 2003)……………………………………….. 172
5.2.5 Die vestiging van die mite van eksklusiewe Afrikaner-etnisiteit
en die Afrikaner- burgerlike godsdiens (1938 tot 1948)…………….. 177
5.3
Die institusionalisering van die mite: Die apartheidsjare (1948 en
verder)…………………………………………………………………… 180
5.4
Die bruin mense, “bruin” mites en Afrikaans…………………………. 184
5.4.1 Herkoms, status en impak op Afrikaans in die vroeë Kaapse
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
v
geskiedenis……………………………………………………………
5.4.1.1
Herkoms……………………………………………………….
5.4.1.2
Status van die bruin mense in die vroeë Kaapse
geskiedenis…………………………………………………….
5.4.1.3
184
184
186
Die Kaapse Moesliemgemeenskap en die Afrikaanse
publikasies in die negentiende eeu…………………………… 188
5.4.2 Die twintigste eeu………………………………………………………. 189
5.4.3 “Bruin” mites en Afrikaans……………………………………………… 190
5.4.4 Die invloed van die Britte op “bruin” mites voor 1948……………….. 192
5.4.5 “Bruin” miteskepping na 1948………………………………………….. 194
5.4.6 Die impak van “bruin” apartheidsmites op Afrikaans: die
sewentigerjare …………………………………………………………
5.4.7 Die tagtigerjare: “So naby mekaar en tog só ver apart ………..
197
201
5.4.8 Die negentigerjare: “Nineteen-ninety four [daai djaar van
waterskeiding vi’ ons land]”…………………………………………….. 205
5.4.9 Teenoor verdrukking: bevryding………………………………………. 209
5.5
“Swart” mites rondom Afrikaans as verdrukkerstaal:
die apartheidsjare………………………………………………………
210
5.5.1 Inleiding…………………………………………………………………. 211
5.5.2 Die “verhouding” tussen swart mense en Afrikaans voor 1948………
212
5.5.3 Die ontwaking van “swart” bewussyn en die miteskeppende rol
van die ANC en PAC………………………………………………….
213
5.5.4 “Deur die oog van ’n naald”………………………………………….
219
5.5.5 Die 1976-onluste……………………………………………………….
221
5.5.6 Die narratiewe van die apartheidslagoffers voor die WVK
en die gepaardgaande miteskepping rondom Afrikaans/
die Afrikaners……………………………………………………………. 224
5.5.6.1
Die verhaal as “waarheid”……………………………………… 225
5.5.6.2
Miteskepping in die WVK-narratiewe rondom Afrikaans/
die Afrikaners…………………………………………………… 228
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
vi
5.6
Samevatting……………………………………………………………… 232
Hoofstuk 6: Die neerslag van die mites…………………………………… 235
6.1
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk……………………………. 236
6.2
Die Afrikaanse historiografie…………………………………………… 240
6.3
Die onderwys/-leerplanne………………………………………………. 252
6.4
Die Afrikaanse letterkunde……………………………………………… 261
6.4.1 Inleiding…………………………………………………………………….261
6.4.2 Die “Afrikanermites” en die letterkunde……………………………….. 262
6.4.3 Die “verdrukkingsmite” en die “protes/-bevrydingsmite” en die
gepaardgaande ont-/hermitologisering van die “Afrikanermites”
in die Afrikaanse letterkunde…………………………………………… 269
6.5
Die polemiek rondom “Kersliedjie” van D.J. Opperman
(as voorbeeld van die impak van miteskepping by sommige
van die deelnemende polemici)……………………………………..
6.6
Samevatting……………………………………………………………… 299
Hoofstuk 7: En nou, Afrikaans? (Erkenning aan Hans du Plessis)….
7.1
292
300
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk…………………………… 300
7.1.1 Inleiding………………………………………………………………….. 300
7.1.2 Doelstellings met die hoofstuk………………………………………… 305
7.2
Samevatting van hoofstukke 2- 6……………………………………... 305
7.2.1 “Mites waarmee ons leef”……………………………………………… 305
7.2.2 “Verbeelde gemeenskappe” en politieke miteskepping……………. 306
7.2.3 Die mite van Afrikaans en die Afrikaners……………………………... 309
7.2.4 Die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal……………………………. 312
7.2.5 Die neerslag van die mites……………………………………………… 315
7.2.6 Gevolgtrekkings………………………………………………………….. 320
7.3
Die mites rondom Afrikaans na 1994…………………………………. 322
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
vii
7.3.1 Inleiding: standpunte van taalsosioloë in die aanloop tot 1994….
322
7.3.2 Die WVK (1996-1998)………………………………………………..
325
7.3.3 “Boetman is die bliksem in” (2000-2001)……………………………. 325
7.3.4 Die verskyning van Hermann Giliomee se “biografie van ’n volk”
(The Afrikaners: biography of a people) (2003)………………………. 329
7.3.5 Die “versteuring van veilige patrone” …………………………………. 330
7.4
En nou, Afrikaans?……………………………………………………… 332
7.4.1 Het die “wonderboom” geval? (Erkenning aan J.C. Steyn en
Réna Pretorius)………………………………………………………
335
7.5
Slotsom van die ondersoek.…………………………………………
336
7.6
Aanbevelings…………………………………………………………
336
7.6.1 Leef saam met die mites…………………………………………….
337
7.6.2 “Liesit, praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit” (Erkenning aan
Marius F. Titus – uit “Skryfwerk”)……………………………………
338
7.6.3 Wees ’n miteskepper rondom die rol van Afrikaans in Suid-Afrika…. 342
Bibliografie…………………………………………………………………….. 347
Samevatting……………………………………………………………………. 361
Summary………………………………………………………………………… 364
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
1
’n Woord vooraf
Hierdie proefskrif oor mites rondom my “moedertaal” (’n mities-gelaaide frase) is
- in die woorde van een van Afrikaans se grootste miteskeppers, M.E.R. – “my
beskeie deel” wanneer dit kom by ’n bydrae tot die volgehoue gesprek rondom
Afrikaans.
Die “woord vooraf” word in werklikheid laaste geskryf. Die aanhalings rondom
mites wat later volg, gee kerngedagtes weer rondom die aard en funksie van
mites soos byeengebring uit die werk van verskeie denkers, filosowe,
letterkundiges en – kom ons noem hulle maar so – mitoloë wie se werk rondom
mites as eerste ondersoekterrein vir die proefskrif gegeld het. Daar word met die
spesifieke aanhalings gepoog om die aard, impak en veral die singewende rol
van mites te verwoord.
Die proefskrif val binne die oorkoepelende raamwerk van die taalsosiologie en
sosiolinguistiek, en meer spesifiek die taalpolitiek, waarbinne taal gesien word as
’n merker van sosio-kulturele identiteit (vgl. Webb 1992:9). Die primêre
vertrekpunt is die vraag of miteskepping rondom Afrikaans in (veral) die
twintigste eeu deels verantwoordelik is vir die huidige (moontlik) problematiese
situasie rondom Afrikaans.
Daar sal in die loop van die diskoers eksemplaries gewys word op die mate
waarin bepaalde mites rondom Afrikaans sin gegee het aan die bestaan van die
mense binne wie se groep die mites ontstaan het. Daar sal ook geargumenteer
word dat dieselfde mites in ’n groot mate nog steeds as die “heilige” waarheid
geglo word binne die betrokke groepe. My bydrae is dan om miteskepping
telkens eksplisiet te verwoord as die invalshoek van die betoog oor die
geskiedenis, rol en stand van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse werklikheid.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
2
Dit is myns insiens nie moontlik om oor Afrikaans te praat sonder om die kwessie
van miteskepping te betrek nie. Talle kundiges op die terrein het dit dan ook in
soveel woorde of by implikasie reeds gedoen. Miteskepping as fenomeen was
egter so ver ek kon vasstel nog nie die sentrale uitgangspunt in ’n ondersoek van
hierdie aard rondom Afrikaans nie.
In hoofstukke 4 en 5 word twee (grootliks) opponerende mites rondom Afrikaans
bespreek, nl.
•
die mite “Afrikaans, taal van die Afrikaner” wat sy beslag gekry het in veral
die eerste vyftig jaar van die twintigste eeu, en
•
die mite “Afrikaans, verdrukkerstaal” wat weer veral beslag gekry het in
die tydperk van geïnstitusionaliseerde apartheid.
Die kernvraag is dan ook nie in elke geval of die betrokke mite “waar” of “vals” is
nie (of meer nog: watter mite waar en watter vals is nie), maar wel wat die impak
van die mite op die taal en sy sprekers was. Daarom is die titel van die
proefskrif: “Mites rondom Afrikaans.”
Daar moet op gewys word dat aspekte van die bespreking van die twee mites
ook narratiewe en stories binne die kontekste van die betrokke mites as deel van
miteskepping en mitebevestiging sal betrek. Elkeen van die narratiewe (bv. die
WVK-narratiewe as deel van die hoofstuk oor die mite van Afrikaans as
verdrukkerstaal) verteenwoordig dan nie telkens ’n spesifieke singewende mite
wat uitgespel kan word nie, maar word betrek om die wyer konteks van
miteskepping rondom Afrikaans as verdrukkerstaal te verhelder.
Die term “mite” kan vanuit soveel verskillende dissiplines benader word dat dit ’n
komplekse saak is om dit met die oog op hierdie studie in een enkele definisie
vas te pen. Dit is waarskynlik naaste aan die waarheid – hoewel “waarheid” ook
weer ’n veelkantige begrip is – om te sê dat “mite” en “’n narratief of storie oor die
singewende fasette van die menslike bestaan”, in ’n hoë mate in die proefskrif
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
3
aan mekaar gelyk gestel word. Daarom is ’n kernuitgangspunt dié van een van
die belangrikste mitoloë van die twintigste eeu, Joseph Campbell, wat beweer
dat mites stories is van die mens se soeke deur al die eeue na waarheid,
betekenis en singewing (“truth, meaning, significance”) (in Flowers 1988:5).
’n Belangrike aspek rondom die begrip is ook dat daar - in die woorde van
Conradie (sien die aanhaling later) - ’n “ontwykende kern” in elke mite is wat
hoegenaamd nie met redelike begrippe bereik kan word nie. Hierdie “buiteredelike” aspek van die mite is daarom ook een van die uitgangspunte wat baie
belangrik is vir die diskoers in hierdie proefskrif. Dit gaan nie noodwendig oor wat
ons weet nie; dit gaan oor wat ons glo dat ons weet.
Die onderwerp van mites is dan by nabetragting in ’n sekere sin te omvangryk
om deeglik te verreken in ’n akademiese studie van hierdie aard. Maar, soos in
’n latere aanhaling (in hoofstuk 4) van M.E.R. : “die droom bly”. En saam met die
droom is daar die poging om te probeer sin maak van “die mites waarmee ons
leef” (hoofstuk 2).
Ons in bogenoemde is hier die inklusiewe “ons” van die menslike bestaan: ons
wat meer is as stof, meer as die diere, wat (volgens ons mites) lewende en
onsterflike siele in ons omdra, ons wat dink, wat leef om meer as brood te wys vir
ons werk en bemoeienisse op aarde, wat omgee, en wonder en vra: veral vra –
want om te vra, is om te soek, en om te soek is om sin te probeer maak.
Waarvan probeer ons sin maak? Juis van dié dinge wat volgens die mites
waarmee ons leef sin kan géé aan ons bestaan. Ons wil bv. weet waar ons
vandaan kom, waarom ons is wie ons is, watter verskil ons lewe op aarde maak
en waarheen ons op pad is. (Om maar ’n paar te noem.) Wanneer hierdie
soeke na sinvolheid aan die hand van ’n mite verklaar en geïnternaliseer word,
glo ons die betrokke mite in die “diepst van (ons) gedachten” en in die “binnenst
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
4
van (ons) ziel…” (om Kloos aan te pas). So ’n mite word dan vir ons ’n
geloofsekerheid.
Die ironiese of paradoksale aspek van ’n “geloofsekerheid” is dat dit in ’n sekere
sin twee begrippe versoen wat oënskynlik onversoenbaar is, maar wel bv. in die
Christelike teologie versoen word. In Hebreërs 11:1 word “om te glo” omskryf as:
… om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van
dinge wat ons nie sien nie.”
Suiwer empiries gesproke is dit immers nie moontlik om “seker te wees” van
dinge waarop ons eintlik net “hoop” nie en eweneens ook nie om “oortuig te
wees” van dinge wat “onsigbaar” is nie. Dit is egter myns insiens die
fundamentele aspek van die mite: ons is seker van die waarheid daarvan, selfs al
is die inhoude nie noodwendig empiries bewysbaar nie. Die rede waarom ons
“seker is” van die mites waarmee ons leef, is omdat ons hele bestaan as
geestelike wesens afhang van die geloofwaardigheid van ons mites. Ons durf
daarom in ’n sekere sin nie ons mites betwyfel nie omdat dit die sinvolheid van
ons bestaan in die gedrang kan bring. Dit geld indiwidue, maar ook groepe as
entiteite waarbinne indiwidue hulle skaar in wat Anderson (soos in hoofstuk 3
uiteengesit) “verbeelde gemeenskappe” noem.
Dit gaan ook nie in hierdie diskoers om die (redelik oppervlakkige) simbole of
eietydse miteskepping wat vir baie mense die lewe interessant en plesierig maak
nie. Voorbeelde hiervan is Blou Bul-truie en -horings, McDonald’s-uithangborde,
en meer as lewensgroot advertensies van voorkeurbiersoorte. Al dié “warmterondom-die-hart”-simbole word gedryf – en gemitologiseer - deur die geweldige
impak van die propagandaskeppende media van die verbruikersera.
’n Belangrike faktor in eietydse miteskepping is die rol van globalisering,
waardeur sekere simbole nou gedeelde mites word. Soos in die werk van
Roland Barthes en ander sou daar ’n volledige studie aan hierdie “nuwe mites”
van die twintigste-eeuse (nou: een-en-twintigste-eeuse) mens gewy kon word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
5
Daar word ook nie hiermee beweer dat hierdie eietydse mites geen verband hou
met die mites wat in die proefskrif aan die orde gestel word nie. Mites genereer
steeds verdere mites, en elke poging tot ontmitologisering werk nuwe en
verskerpte miteskepping in die hand. Hierdie eietydse mites is egter nie die
fokus van hierdie studie nie.
Die mites waarmee in die diskoers hierna omgegaan word se singewing lê op ’n
dieper vlak as dié van bobotie, bier en boerewors. Die uitgangspunt, soos in ’n
latere aanhaling van Adam Small (in hoofstuk 5) verwoord word, is dat die
“essentials van die dinge” en die “memories” bly voortbestaan en uiteindelik
gereduseer word tot ’n “storie” – en binne hierdie diskoers dan tot ’n mite.
Mites wat ter sprake kom, is bv. die “ontstaansmites” van groepe asook mites
rondom die groep se “helde” wat daarop gerig is om selfrespek en ’n gevoel van
eiewaarde te kweek. Laasgenoemde mites word onder meer deur ouers of
grootouers in kinderkamers of rondom kampvure as slaaptydstories of
slaapliedjies oorgedra (vgl. die outobiografiese vertelling in hoofstuk 2).
Andersyds word daar egter ook dikwels verwys na “radikale mites” wat veral
verband hou met politieke miteskepping en wat weer daarop gerig is om die
ander groep se mites te probeer ontmitologiseer of selfs demoniseer. Albei die
genoemde soorte mites (d.w.s. sowel ontstaansmites asook radikale mites) word
in hoofstuk 3 verder bespreek na aanleiding van die insigte van Leonard
Thompson en vind ook neerslag in die uiteensetting van die twee “hoof”-mites
rondom Afrikaans in hoofstukke 4 en 5.
Die uitgangspunt rondom mites in hierdie proefskrif is dan dié van mites as
stories rondom sin in die lewe van die soekende mens. Leroux word onder meer
aangehaal (in hoofstuk 2): die mens kan eerder sterf van honger as om sonder
sy mite te leef. Die rede hiervoor is dat die mens sonder ’n mite per slot van
sake nie veel meer as ’n verganklike wese sonder doel of rigting is nie. Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
6
inhoude van bepaalde mites kan dus moontlik oor tyd aangepas word as gevolg
van nuwe omstandighede en nuwe behoeftes van die groep waarbinne hulle
ontstaan het, maar die behoefte aan die mite se singewende rol bly
voortbestaan.
Enige mite kan van alle kante bekyk en beskryf word. Dit kan uitgebou of
gedekonstrueer word deur die beredenerings van mense wat hulle eie mite wil
bevestig deur “die ander” se mite as vals of onhoudbaar te bewys. Andersyds
sou dit kan gebeur dat polemici die mite wat hulle besig is om te dekonstrueer, in
werklikheid self “in die binnenst van (hun) ziel” glo, maar nogtans wil bewys dat
hulle dit wel kán dekonstrueer. So ’n dekonstruksieproses kan dus net ’n
serebrale oefening wees, terwyl die persoon wat daarmee besig is, nie werklik
daarin slaag om die mite in sy eie lewe te dekonstrueer nie.
Mites kan “gekaap” word deur politieke figure, uitgebuit word deur bemarkers,
ingespan word deur skrywers en ontrafel word deur eksegete. Die kaping van
mites deur politieke figure en ander openbare leiers vir propagandadoeleindes en
die dryf van hulle persoonlike ambisies word wel in die loop van die diskoers
verreken. Daar word egter daarop gewys dat die feit dat mites wel soms vir
minder “edele” doeleindes ingespan word, nie die singewende rol van die mite vir
diegene wat daarin glo, ongeldig kan maak nie.
Sentraal tot die diskoers is dus die mens se geloof in die wesentlike geldigheid
van dié mites waarmee hy van jongs af geleef het. Soos reeds gesê, kan mites
mettertyd verander en aangepas word en in sekere omstandighede kan daar
selfs mites wees wat uitgedien raak en derhalwe verdwyn. ’n Belangrike
uitgangspunt van die proefskrif is egter dat mites nie maklik binne een geslag
ontmitologiseer of selfs hermitologiseer kan word nie. Die rede hiervoor is dat
die mite vir diegene wat daarin glo, so diep verweef is met die sin van hulle
bestaan dat hierdie bestaan nie sonder die mite ingedink kan word nie. Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
7
sinvolheid van hulle lewe word gemeet in terme van die “waarheidskwaliteit” van
die spesifieke mite.
Dit sal egter uit die bespreking blyk dat “waarheid” selde of ooit werklik volledig
bewys kan word en dat selfs historici soos Samuel & Thompson, na wie se
insigte daar dikwels in hoofstuk 2 en later verwys word, dit hiermee eens is. Die
waarheid wat egter wel voorgehou word en wat die fokuspunt van die diskoers is,
is die waarheid van die mite vir diegene wat daarin glo: ’n waarheid wat dieper lê
as die rede en die redelike. In hierdie sin kan die term mite dus beswaarlik, soos
in die HAT-definisie (in hoofstuk 2 uitgewys), verklaar word as ’n “storie sonder
grond.”
’n Mite ontstaan gewoonlik oor ’n relatiewe lang tyd en word eers mettertyd binne
’n groep as die waarheid erken en geïnternaliseer. Hierdie proses kan twee
kante hê: politieke figure kan doelbewus mites skep met die oog daarop om
mense te beïnvloed en te manipuleer. In hierdie geval kan miteskepping in
werklikheid met politieke propaganda gelyk gestel word. Andersyds kan mites
egter by die gewone mense van ’n groep ontstaan (hoewel in wisselwerking met
die groep se intellektuele leiers). ’n Mite wat so ontstaan, gee dan rigting aan die
groepslede se bestaan, en kan eers later deur die politieke leiers ingespan word
om sekere oogmerke te bereik. Dit is veral hierdie “spontane” mitevorming in die
kollektiewe onbewuste van groepe deur sosialisering en gedeelde historiese
werklikhede en bestaansvorme wat die fokus van die diskoers in hierdie
proefskrif is. (Vergelyk ook die uitgangspunte en navorsingsvrae in hoofstuk 1
hierna.)
’n Belangrike uitgangspunt rondom mites is verder dat dit nie moontlik is om ’n
nuwe mite as ’t ware oornag te skep nie. In hoofstuk 2 word die ontstaan van
mites deur ’n outonome proses van simboolvorming in die diepste lae van die
sogenaamde kollektiewe onbewuste (aan die hand van Jung se uiteensetting)
verduidelik. Jung se gevolgtrekking is dat die mite geen waarde het as dit ’n
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
8
“verstandelike konkoksie” is nie (Leroux in Kannemeyer 1980:18-19). ’n
Kunsmatig geskepte mite sal derhalwe nooit die “waarheidskwaliteit” vertoon van
’n ware mite nie. So bv. het die mite van die “bevryding” van Afrikaans van die
“albatros om sy nek” wat ná 1994 “verkondig” is (om ’n frase te gebruik wat by
implikasie negatief is), myns insiens nog nie werklik as lewende mite posgevat
nie. Die rede hiervoor is dat die nuut geskepte mite tans nog in stryd is met
bestaande mites wat op ’n dieper vlak steeds waar gebly het.
Ook die mite van die “reënboognasie” - met Engels as sy taal van nasionale
eenheid – kan beswaarlik ’n lewende mite word omdat dit lynreg in stryd is met
een van die mites rondom Afrikaans wat in hierdie proefskrif aan die orde gestel
word en waarvoor mense in sommige gevalle letterlik, en in sommige gevalle
metafories, bereid was en sou wees om te sterf.
In die bespreking van die mites rondom Afrikaans word die feitelike gebeure
anekdoties en eksemplaries aan die orde gestel. Die feitelike is naamlik dikwels
die “grondstof” waaruit – metafories gesproke – die mite voedingskrag put vir sy
groei. Die “mite van die Afrikanervolk” (wat in hoofstuk 4 bespreek word) het bv.
oor ’n lang tyd ontstaan en gegroei, maar dit het momentum gekry en werklik
mitiese afmetings aangeneem as gevolg van die traumatiese gebeure rondom
die Anglo-Boereoorlog. Die mite van “Afrikaans as verdrukkerstaal” (wat weer in
hoofstuk 5 uiteengesit word) het ’n lang aanloop in die koloniale geskiedenis van
Suid-Afrika gehad, maar het weer momentum gekry ná gebeure soos Sharpeville
en Soweto 1976 en die dood van Hector Petersen.
Die doel van die eksemplariese werkswyse is dan enersyds om te bewys dat
miteskepping vanuit verskillende hoeke rondom Afrikaans wel plaasgevind het en
andersyds om die impak van die betrokke mite, as deel van die “storie van
Afrikaans”, te verwoord. Die fokuspunt van die diskoers is egter nie die gebeure
self nie, maar die ontstaan en impak van die betrokke mite. Die doelwit hiermee
is om te wys op die mate waarin mites rondom Afrikaans vir indiwidue, maar in
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
9
die konteks van die taalsosiologie en taalpolitiek veral ook vir groepe, hulle eie
bestaan verklaar en verhelder het.
Op grond van die uitgangspunt hierbo dat mites en stories/ narratiewe grootliks
verband hou met mekaar (en in die diskoers dikwels sinomiem gebruik word)
volg die afleiding dat daar saam met elkeen van die twee “hoof”-mites rondom
Afrikaans wat in hierdie proefskrif bespreek word, ’n legio ander mites (of stories)
gegroei het. Dit moet onomwonde gestel word dat dit vanweë die omvang
daarvan nie moontlik is om al die mites en mitiese figure wat deel uitmaak van
die “storie van Afrikaans” selfs net te noem nie. Hieruit volg dat ’n seleksie
noodwendig gemaak moes word. Daar word egter nie beweer dat die
voorbeelde naastenby alle miteskepping rondom Afrikaans verteenwoordig nie.
Dit is wel so dat die resultaat van die ondersoek die indruk kan skep van ’n
polemiese gesprek rondom Afrikaans. Die rede hiervoor is dat verskillende
persone na wie se uitgangpunte en bydraes tot miteskepping verwys word,
dikwels verskillende standpunte rondom Afrikaans (ge)huldig (het). ’n Diskoers
oor mites rondom Afrikaans – en mites in die algemeen – is, soos gesê, ’n
komplekse saak. Selfs die term “mite” is moeilik vas te vang binne ’n enkele
klinkklare definisie. Die rol van miteskepping kan ook nie afdoende empiries
bewys word nie. Uiteindelik is die vraag of die ondersoek kan meehelp om die
rol van miteskepping in die “storie van Afrikaans” uit te wys en om sekere
aanbevelings te maak oor die hantering van uiteenlopende mites rondom
Afrikaans in die huidige bestel. Daar word in hierdie verband na die
gevolgtrekkings en slotopmerkings in hoofstuk 7 verwys.
Die volgende aanhalings rondom mites, miteskepping en stories as “singewing
aan die eie bestaan” kan dan beskou word as sentraal tot die diskoers in hierdie
proefskrif omdat hulle lig werp op die uitgangspunt van mites (en ook van
narratiewe of stories) as singewende en waarheidskeppende kragte in die mens
se bestaan. (Kursiverings is my eie ter wille van beklemtoning.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
10
Oor mites en die mitiese…
Die mite mag miskien ’n blote ‘fiktiewe’ verhaal wees volgens die populêre
en verkeerde definisie, maar die krag daaragter is ’n onomstootlike
werklikheid. Die hele verloop van geskiedenis kan verander word onder
die aanslag daarvan… (Leroux 1960 in Kannemeyer 1980:12).
Daar is ’n ontwykende kern in elke mite wat ons hoegenaamd nie met
redelike begrippe kan bereik nie (Conradie 1964:10).
For it is only our consciousness that does not yet know; the unconscious
seems already informed…. (Jung 1964:78).
Throughout the inhabited world, in all times and under every
circumstance, the myths of man have flourished… It would not be too
much to say that myth is the secret opening through which the
inexhaustible energies of the cosmos pour into human cultural
manifestation (Campbell 1972:3).
Die mite (Gr. muthos, verhaal) is sedert die vroegste tye die mens se
manier om deur middel van ’n eenvoudige vertelling die sin, samehang en
doel van die kosmos te verklaar. Die mitiese vertelling beskryf op epiese
wyse […] die herkoms en uiteinde van die dinge… (Malan1978:39).
Myths are stories of our search through the ages for truth, for meaning, for
significance… (Campbell in Flowers 1988:5).
… myth is a fundamental component of human thought. One has only to
consider the magical feelings attaching to authority, or the glamour
attributed to celebrities, or the power of divided historical origins and
cultural traditions to set modern communities – in Ireland or Israel, Sri
Lanka or the Lebanon – tearing themselves apart, to see that myth has
lost neither its imaginative purchase nor its living power as a historical
force today (Samuel & Thompson (reds.) 1990:4).
We know of no people without names, no languages or cultures in which
some manner of distinction between self and other, we and they, are not
made […] Self-knowledge – always a construction (dus: miteskepping –
AMJ) no matter how much it feels like a discovery – is never altogether
separable from claims to be known in specific ways by others (Calhoun
1994:9-10).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
11
En alles
- die essentials vannie dinge Here - is niks
ma’ niks oek minder
as ’n storie …
(Adam Small 1994: nuwe verse)
I am busy with the truth … my truth. Of course, it’s quilted together from
hundreds of stories that we’ve experienced or heard about in the past two
years. Seen from my perspective, shaped by my state of mind at the time
and now also by the audience I’m telling the story to. In every story there
is hearsay, there is grouping together of things that didn’t necessarily
happen together, there are assumptions, there are exaggerations […],
there is downplaying … And all of this makes up the whole country’s truth
(Krog 1998:170,171).
We make sense of things by fitting them into stories… Nations tell stories
of their past in terms of which they try to shape their futures ( Krog
1998:196).
We all are, I suppose. Trying to invent our version of the story. All human
odes are essentially one: ‘My life: what I stole from history, and how I live
with it’ (Kingsolver 1999:492).
“Dis nie die storie wat jy ons vantevore vertel het oor hoe jou mense hier
gekom het nie, “ maak Katja beswaar. “Oor die twee broers by die groot
boom.” Kahapa haal sy skouers in die donker op. “Ons het baie stories,”
sê hy. “En al die stories is waar. Jy moet net reg leer luister …” (Brink,
2002: 202).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
12
HOOFSTUK 1: PROBLEEMSTELLING;
TEORETIESE RAAMWERK EN TERMINOLOGIE;
WERKWYSE; VERWAGTE UITKOMSTE
1.1
Probleemstelling
Soos die titel van die proefskrif aandui, gaan dit hier oor ’n ondersoek na mites
rondom Afrikaans. Die ondersoek is nie uitsluitlik gerig op ’n verkenning en
beskrywing van die mites nie, maar behoort insigte te bied en selfs beperkte
oplossings voor te stel rondom die huidige (moontlik) problematiese situasie vir
sowel die moedertaalsprekers van Afrikaans asook vir niemoedertaalsprekers
van Afrikaans vir wie Afrikaans in baie gevalle nog steeds ’n belangrike
ekonomiese funksie vervul.
Voor 1994 was Afrikaans naas Engels die belangrikste lingua franca en
hoëfunksietaal in Suid-Afrika. Die belangrikste redes hiervoor is onder meer die
feit dat moedertaalsprekers van Afrikaans die derde grootste taalgroep was en
dat die taal geografies die wydste verspreiding van die elf hooftale in die land
gehad het, omdat dit in agt van die nege (nuut voorgestelde) provinsies een van
die drie grootste huistale was (vgl. Webb 1992:28-29). Nog ’n belangrike faktor
was die feit dat ongeveer 17 miljoen mense in Suid-Afrika in 1994 aangedui het
dat hulle oor ’n tweedetaalkennis van Afrikaans beskik (volgens syfers van die
SABC se sogenaamde Broadcasting Research Unit, aangehaal deur Vic Webb in
sy klasaantekening vir die Taalpolitiek-studente aan U.P.). Die heel belangrikste
faktor was egter die feit dat Afrikaans op daardie stadium (1994) reeds vir amper
sewentig jaar ampstaalstatus geniet het.
Daar kan dus met stelligheid beweer word dat Afrikaans oor die algemeen in
1994 ’n gunstige sosiolinguistiese profiel gehad het en as ’n belangrike taal vir
groot groepe mense beskou kon word omdat hulle daardeur in staat gestel is
om, in die woorde van Van Rensburg (1992:26), “hulle menslike potensiaal
optimaal te ontwikkel.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
13
Houdingstudies (soos onder andere ook aangehaal in Webb 1992:37 en verder)
dui wel soms op negatiewe gesindhede teenoor Afrikaans en die ongunstige
stereotipering van Afrikaanssprekendes. In hierdie geval kan die rol van
miteskepping rondom Afrikaans nie uitgeskakel word nie, soos later in die
proefskrif in diepte bespreek sal word (veral in hoofstukke 4 en 5).
Die gunstige sosiolinguistiese posisie van Afrikaans het in sommige opsigte nie
noemenswaardig verander na 1994 nie, soos afgelei kan word uit die volgende
inligting rondom sprekersgetalle en geografiese en demografiese verspreiding
van die elf hooftale in die land in 1996 en 2001. Die inligting is met sy
toestemming onttrek uit ’n referaat van Vic Webb by die International seminar on
Applied Linguistics in a global world by die Universiteit van Delhi in Desember
2003 en verteenwoordig gegewens uit die 1996- en 2001-sensusopnames.
Politieke kaart van Suid-Afrika
1 amptelike tale (1996- and 2001-sensusopnames
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
14
Tabel 1: Sprekersgetalle van die 11 amptelike tale (1996- and 2001sensusopnames
Taal
T1 1996 (G)
% 1996
T1 2001 (G)
%
9 200 144
7 196 118
5 811 547
3 695 846
3 457 467
3 301 774
3 104 197
1 756 105
1 013 193
876 409
586 961
40 583 573
22.7
17.7
14.3
9.2
8.5
8.1
7.7
4.3
2.5
2.2
1.5
10 677 305
7 907 153
5 983 426
4 208 980
3 673 203
3 677 016
3 555 186
1 992 207
1 194 430
1 021 757
711 821
44 819 778
23.8
17.6
13.3
9.4
8.2
8.2
7.9
4.4
2.7
2.3
1.6
Zulu
Xhosa
Afrikaans
Noord- Sotho
Engels
Tswana
Sesotho
Tsonga
Swazi
Venda
Ndebele
TOTAAL
Geraamde kennis: T1 + T2
26.3 miljoen
19.0
16.3
13.3
17.7
11.4
11.4
5.4
3.5
2.7
3.0
Tabel 2: Huistaal volgens etniese groep: 1996; 2001 as %
Afrikaans
Engels
Zulu
Xhosa
Ndebele
Swazi
Pedi
Sesotho
Tswana
Tsonga
Venda
Ander
TOTALE
(2001)
Swart
0.7; 0.7
0.4; 0.5
29.3; 30.1
23.0; 22.3
1.9; 2.0
3.2; 3.4
11.8; 11.9
Bruin
81.4; 79.5
16.2; 18.9
0.2; 0.3
0.3; 0.3
0.1; 0.0
0.0; 0.1
0.1; 0.1
Asiër
1.5; 1.7
93.2; 93.8
0.2; 0.2
0.1; 0.1
0.0; 0.3
0.0; 0.0
0.0; 0.0
Wit
57.7; 59.1
38.6; 39.3
0.1; 0.1
0.1; 0.1
0.1; 0.1
0.0; 0.0
0.0; 0.0
Ander
23.6
19.7
14.4
8.4
0.8
1.2
4.7
Totaal
14.3; 13.3
8.5;
8.2
22.7; 23.8
17.7; 17.6
1.5;
1.6
2.5;
2.7
9.1;
9.4
9.9; 10.0
10.5; 10.3
5.6; 5.6
2.8; 2.9
0.9; 0.3
35 416 166
0.2; 0.2
0.4; 0.4
0.0; 0.0
0.0; 0.0
1;
0.2
3 994 505
0.0; 0.0
0.0; 0.0
0.0; 0.0
0.0; 0.0
5.0; 3.8
1 115 467
0.0; 0.0
0.0; 0.1
0.0; 0.0
0.0; 0.0
3.4; 1.1
4 293 640
3.4
3.8
2.4
1.2
16.6
7.7;
7.9
8.1;
8.2
4.3;
4.4
2.2;
2.3
1.5;
0.5
44 819 778
Tabel 3: Drie grootste huistale volgens provinsie, 2001, %
OosKaap
Xhosa
83.4
Afr
9.3
Eng
3.6
Vrystaat
Gauteng
S.So.
64.4
Afr
11.9
Tsw
6.8
Zulu
21.5
Afr
14.4
S.So.
13.1
KwaZuluNatal
Zulu
80.9
Eng.
13.6
Xhosa
2.3
Limpopo
N.So.
52.1
Tsonga
22.4
Venda
15.9
Mpumalanga
Swazi
30.8
Zulu
26.4
Ndeb.
12.1
NoordKaap
Afr.
68.0
Tswana
20.8
Eng.
2.5
NoordWes
Tswana
65.4
Afr.
7.5
Xhosa
5.8
WesKaap
Afr.
55.3
Xhosa
23.7
Eng.
19.3
Die afleidings uit die voorafgaande tabelle rondom Afrikaans se posisie is die
volgende:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
15
•
Afrikaans verteenwoordig in 2001 steeds die derde grootste
moedertaalgroep in Suid-Afrika, nl. 13.3 % of bykans 6 miljoen van die
amper 45 miljoen sprekers;
•
na raming is daar 16,3 miljoen T1- en T2-sprekers van Afrikaans1
(teenoor 17,7 miljoen met ’n eerste- of tweedetaalkennis van Engels);
•
Afrikaans figureer demografies sterk in twee etniese groepe (naamlik in
die wit en bruin groepe) met ongeveer 79,50 % van die bruin groep en
59,1 % van die wit groep wat in 2001 aandui dat hulle
moedertaalsprekers van Afrikaans is); en
•
Afrikaans het geografies die beste verspreidings van al elf tale deurdat dit
in twee provinsies die grootste en in vier provinsies die tweede grootste
taalgroep verteenwoordig.
Verdere belangrike aspekte rondom die sosiolinguistiese profiel van Afrikaans is
dat dit terminologies op al die belangrike vakwetenskaplike terreine ontwikkel is
om die eise van die een-en-twintigste eeu die hoof te kan bied, oor ’n gevestigde,
produktiewe en steeds groeiende letterkunde beskik en nou reeds vir bykans
tagtig jaar een van die amptelike tale van Suid-Afrika is (’n status gedeel met
Engels en Nederlands sedert 1925, vanaf die vyftigerjare net met Engels, en na
1994 met Engels en nege ander tale).
Die laaste feit is veral van groot belang vir hierdie ondersoek. Afrikaans deel nl.
sedert 1994 sy ampstaalstatus nie net met Engels nie, maar ook met die nege
ander hooftale van Suid-Afrika, nl. Zulu, Xhosa, Noord-Sotho, Tswana, Sesotho,
Tsonga, Swazi, Venda en Ndebele (sien Tabel 1 hierbo). Die keuse vir elf
amptelike tale in die oorgangsgrondwet (en vasgelê in die finale grondwet in
1996) onderskryf die beginsels van die menseregte-handves, nl. nie-
1
As hierdie syfer met dié van 1994 (vergelyk bladsy 12) vergelyk word, kan die volgende
afleiding gemaak word: Die jongste syfer dui op ongeveer 10 miljoen T2-sprekers (16.3 miljoen in
totaal minus ongeveer 6 miljoen T1-sprekers), terwyl daar in 1994 nog ’n geraamde 17 miljoen
T2-sprekers was. Dit beteken dus ’n redelik dramatiese afname van ongeveer 7 miljoen ná
1994. Die impak van miteskepping rondom Engels?
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
16
diskriminasie, respek vir groepsregte (ook van minderhede) en diversiteit asook
die reg van die indiwidu om in sy eie taal met die owerheid te kommunikeer.
In praktyk wil dit egter voorkom asof die elftalige ampstaalbeleid van die
nuwe regering nie haalbaar is nie, en kies die owerheid toenemend vir die
gebruik van Engels as die belangrikste (of in baie gevalle die enigste)
hoëfunksietaal en die erkende lingua franca. Die gevolg hiervan vir Afrikaans
is voor-die-hand-liggend: ’n onteenseglike verskraling van die taal se funksionele
status in terme van die situasie voor 1994. Hierdie funksionele verskraling van
Afrikaans is ’n onderwerp wat in die afgelope jare (sedert die ANC aan bewind
gekom het) feitlik daagliks op die een of ander wyse in (veral) die Afrikaanse
media ter sprake gekom het.
Verskeie aanduidings van die toenemende keuse vir Engelseentaligheid (of
minstens ’n voorkeur vir Engels) in die parlement, die staatsdiens en
munisipaliteite, aan tersiêre onderriginstansies en in die uitsaaiwese word in
berigte en hoofartikels in dagblaaie uitgewys. ’n Bewys van die voorkeur vir
Engels in die uitsaaiwese is voor-die-hand-liggend, nl. dat die SAUK (die SuidAfrikaanse Uitsaakorporasie) die Afrikaanse afkorting laat vaar het en kort na
1994 slegs bekend begin staan het as die SABC (South African Broadcasting
Corporation). Wat TV betref, is Afrikaans se posisie slegs enigsins beredder
deur die skep van ’n Afrikaanse betaalkanaal, KykNET.
Enkele spesifieke voorbeelde van beriggewing rondom Afrikaans se ingekorte
funksionele status word vervolgens kortliks bespreek.
Op 29 Julie 1994 (dit wil sê ongeveer drie maande na die ANCbewindsoorname) word in Beeld berig dat Afrikaans by Eskom (nie meer die
Afrikaanse akroniem, Evkom, nie -AMJ) gaan “sneuwel”. Mnr. Peter Adams,
mediawoordvoerder van Eskom, regverdig die besluit om “voortaan net Engels
as amptelike interne voertaal te gebruik” deur te verduidelik dat dit geneem is vir
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
17
“praktiese redes.” In Rapport van 7 Augustus 1994 doen Piet Muller oor hierdie
selfde saak verslag. ’n Meegaande diagram by sy berig dui aan dat die huistaal
van 47,42 % van Eskom-werknemers Afrikaans is, teenoor 23,85 % wie se
huistaal Engels is (terwyl die orige ongeveer 30 % gedeel word deur Zulu,
Xhosa, Sesotho, Noord-Sotho en Tswana in die spesifieke volgorde). ’n Verdere
“interessantheid” is dat die opsteller van die Eskom-memorandum, mnr. Juan la
Grange, die uitsluitlike gebruik van Engels motiveer as sou dit ten doel hê “ […]
to ensure and enforce clear, unambiguous communication […] for the safety of
personnel and plant” en dan byvoeg dat navorsing getoon het dat “in cases
where Afrikaans are (sic) used” die “pure form” nie gebruik word nie (wat die
wenkbroue metafories gesproke kan laat lig oor die opsteller se eie gebruik van
’n nie-“pure form” van Engels.)
Ongeveer vier jaar later is die proses van die funksionele verskraling van
Afrikaans steeds een van die fokusareas van die Afrikaanse pers en berig
Rapport op 10 Mei 1998 onder die opskrif “Poskantoor word nou net Engels”
soos volg:
Die Poskantoor het besluit dat Engels sy enigste ampstaal gaan word.
Alle vergaderings, memoranda, kennisgewings, briewe, advertensies vir
vakatures en notules van vergaderings sal daarom uitsluitlik in Engels
wees nadat Afrikaans en die nege amptelike Afrika-tale uitgefaseer is. Die
Personeel van die Poskantoor is pas van die besluit, wat die bestuur op
16 April geneem het, verwittig. Dit lyk egter of die Poskantoor se stap
straks teenstand gaan kry. Prof. Cynthia Marivate, hoofamptenaar van die
Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) sê dié stap skend die Grondwet.”
In ’n artikel in Afrikaans Vandag, Julie 2000, verwoord J.C. Steyn die funksionele
verskraling van Afrikaans verder. Hy verwys na ’n toespraak (aangehaal in
Rapport van 4 Junie 2000) van dr. Karel Prinsloo, uitvoerende direkteur van die
Stigting vir Afrikaans, by ’n internasionale konferensie in Puerto Rico oor
taalregte en meertaligheid. In die toespraak het dr. Prinsloo melding gemaak
van die ontstaan van ’n “breë Afrikaanse beweging” as gevolg van “die sterk
druk vir verengelsing.” Steyn verduidelik die saak soos volg:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
18
Die koerante lewer inderdaad dag vir dag bewyse vir die noodsaak van
taalaksies (om die benadeling van die ampstale in Suid-Afrika ten gunste
van Engels te verminder – AMJ). Die pers het in Junie 2000 die aandag
daarop gevestig dat pres. Thabo Mbeki nog nie ’n belangrike belofte
nagekom het wat hy in Maart 1999 gedoen het nie. Dit is om ’n
meganisme in te stel wat moet verseker dat grondwetlike taalregte
beskerm word.
Steyn se slotsom (2000:9) is dat “dit alles leë woorde gebly (het)”. Hy brei soos
volg hierop uit:
Spoedig ná Mbeki se toespraak is die aftakeling van Afrikaans […] hervat.
So is begin met stappe om van Engels die enigste verslagtaal in howe te
maak. Engels het die Weermag se amptelike operasionele taal geword,
en gaan ingefaseer word as die enigste taal van Weermagopleiding.
Pansat wys op die een oortreding van die Grondwet na die ander.
En verder:
Die onderwysdeskundige Huw Davies het vermeld dat uit ’n totaal van
2 800 Afrikaansmediumskole meer as 800 sedert 1994 oorgeskakel het na
parallel-, dubbel- of selfs Engelsmedium. Sowat agt persent van die skole
in die land is Afrikaansmedium, terwyl agt persent van die leerlinge ook
Afrikaans is. Nogtans word gereeld verkondig dat daar veels te veel
Afrikaanse skole is, en het Blade Nzimande van die ANC beweer dat die
strewe van die Afrikaanse skole om Afrikaans te bly, van ’n
volkstaatmentaliteit getuig.
1.2
Miteskepping as belangrikste uitgangspunt in die probleemstelling
Die verband tussen die probleem van die verskraling van Afrikaans se status en
die kwessie van miteskepping rondom Afrikaans sal die fokuspunt van die
diskoers in hierdie proefskrif wees.
Vanuit die uitgangspunt van mites en hulle impak is dit reeds interessant dat die
effek van miteskepping implisiet teenwoordig is in die frase van Blade Nzimande
in die aanhaling hierbo, nl. in sy verwysing na “’n volkstaatmentaliteit.”
Die afleiding kan reeds gemaak word dat een van die grootste probleme
wanneer daar gekyk word na die huidige posisie van Afrikaans, die moontlikheid
is dat enige redelike aandrang op taalregte vir Afrikaans sonder meer
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
19
teruggevoer sal word na die apartheidsmites (wat in hoofstuk 5 bespreek word).
Hierdie afleiding word gestaaf deur die feit dat ’n ANC-politikus op neerhalende
wyse na die “strewe van Afrikaanse skole om Afrikaans te bly”, verwys as ’n
“volkstaatmentaliteit.”
Andersyds weer kan selfs ’n redelike en kundige taalsosioloog soos J.C. Steyn
nie volkome daarin slaag om die mites waarmee hy tot nog toe geleef het, uit die
gesprek te weer nie en kan die impak van die Afrikanermites (wat in hoofstuk 4
bespreek word) myns insiens afgelei word uit woorde en frases in sy
kommentaar in Afrikaans Vandag, Julie 2000, soos hierbo aangehaal. Emotiewe
woorde en frases (wat die neerslag van miteskepping sou kon weerspieël) is
onder meer “taalaksies”, “leë woorde”, “die aftakeling van Afrikaans” en “ […]
word gereeld verkondig …”.
Dit is ook nie net J.C. Steyn wat vanuit ’n nugter en wetenskaplike uitgangspunt
as taalsosioloog nogtans die invloed van miteskepping in sy lewe laat blyk nie.
Die historikus, prof. Hermann Giliomee, wie se biografie oor die Afrikaners as ’n
belangrike bron vir hierdie diskoers sal dien, skryf volgens ’n berig in Rapport van
13 Mei 2001 aan die onderwysminister, mnr. Kader Asmal, die “regering se
nasionale plan vir hoër onderwys het hom tot ‘wanhoop’ gedryf oor die toekoms
van Afrikaans en ander nie-dominante tale op universiteitsvlak.”
In ’n insiggewende artikel in Beeld van 23 Mei 2001 (p.15) doen Jorisna
Bonthuys verslag oor die standpunte rondom moedertaalonderwys soos gestel
deur Praesa (die Sentrum vir Alternatiewe Onderrig aan die Universiteit van
Kaapstad). Praesa se navorsing wys op lesse uit die koloniale geskiedenis van
Afrika: ná onafhanklikheidswording het die meeste Afrikalande die taal van die ou
koloniale moondheid as ampstaal aanvaar “ter wille van (die mite van - AMJ)
nasiebou”. Die gevolg hiervan verwoord die skryfster van die artikel soos volg:
Terwyl die gesprek oor die veeltaligheidsbeleid plaaslik hoofsaaklik deur
politiek onteiende Afrikaanssprekendes gevoer en oorheers word, worstel
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
20
die res van die vuisvoos vasteland met die nalatenskap van sy verkeerde
taalkeuses dekades gelede.
Bonthuys wys daarop dat onlangse navorsing van Praesa daarop dui dat die
“algemeen aanvaarde vooroordeel dat inheemse taalsprekers hul eie taal wil
versaak (ter wille van) Engels […] gewoon net nie waar (is) nie.” Sy haal ook die
direkteur van Praesa, dr. Neville Alexander aan, wat dit onomwonde stel dat die
regering moeilike besluite oor die toepassing van die taalbeleid sal móét neem
en wat die vertraging in die toepassing van die “taal-in-onderrigbeleid in SuidAfrika” (wat neerkom op moedertaalonderwys met “toegevoegde tweetaligheid”)
toeskryf aan “’n skreiende gebrek aan politieke wil.”
In die uitsprake van dr. Alexander (’n man wat, terloops, ook sy draai op
Robbeneiland gemaak het gedurende die apartheidsjare) gaan dit nie om die
verskraling van Afrikaans se status nie, maar om die feit dat die ANC nie handel
in ooreenstemming met die grondwetlike bepalings van veeltaligheid en die party
se eie voorstelle voor 1994 nie. (Jordaan 1995:54,55 wys op die ANC se
verbintenis tot ’n “aggressiewe regstellende-aksieprogram” om die “onderdrukte
tale, veral die Afrikatale (volgens hulle eie definisie - AMJ) (te) bemagtig”, soos
uiteengesit in ’n konsepvoorstel deur die party se taalkommissie en voorgelê
tydens die International Culture and Development Conference in Johannesburg
op 25 April 1993.)
Die slotsom waartoe dr. Alexander kom, word in miteskeppende taal verwoord:
Sonder taalbemagtiging en onderrig in die heem- en broodtaal
(moedertaal) is die Afrika-renaissance en die intellektuele en kulturele
revolusie van sy mense gewoon net nie moontlik nie en huiwer Suid-Afrika
op die rand van ’n groot treurspel (my kursivering).
Wat betref die uitsprake van dr. Alexander soos in bogenoemde artikel verwoord,
is die fokus van sy besware teen die hegemonie van Engels die leerders wat niemoedertaalsprekers van Engels is nie en wat skade ly as gevolg van die “nietoepassing” van veeltaligheid en die keuse vir Engelseentaligheid.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
21
Vanuit die uitgangspunt van miteskepping binne die konteks van die taaldebat,
sou daar egter ook reeds die afleiding gemaak kon word dat daar ’n duidelike
bewys van die neerslag van mites (soos in hoofstuk 6 bespreek sal word) in
sowel Alexander se uitsprake as Bonthuys se eie kommentaar waarneembaar is.
Enkele frases in die berig word ter stawing van hierdie standpunt uitgelig:
•
(Die eerste twee paragrawe van die berig):
Verengelsing. Bemagtiging. Eng, eksklusiewe taaldebatte. Onteiening.
Politieke mag. Oorlewing. Onderdrukking. Veeltaligheid. Beleidsinisme.
Taalapatie. Tweetaligheid. Groeiende verset.
’n Eg Suid-Afrikaanse kakofonie van botsende belange en
verpolitiseerde en emosionele taaldebatte? Beslis nie.
•
vuisvoos vasteland
•
ter wille van nasiebou…
•
Beheerliggame kies “die weg van die minste weerstand” (nl.
Engelseentaligheid – AMJ)
•
Die lot van inheemse tale…
•
Talle onderwysmense en taalaktiviste meen […] inheemse tale, Afrikaans
inkluis, sal om pedagogiese redes ’n ystervuis moet bal…
•
Ondanks al die politieke retoriek skram die besluitnemers weg van
moeilike besluite omdat die mite (sic) dat Engels ’n samebindende
uitwerking op nasiebou kan hê steeds voortleef.
•
Die koloniale taal (lees:Engels) was dus nie die enigste weg en waarheid
nie (moontlik ’n Bybelse verwysing? – AMJ), meen hy (dr. Alexander –
AMJ).
In Beeld van 10 April 2001 word daar verslag gedoen van ’n lesing deur die
redakteur van Die Burger, Arrie Rossouw, by die KKNK (die Klein Karoo
Nasionale Kunstefees). Rossouw het nl. kapsie gemaak het teen die “optogte en
betogings” ter wille van die “taalstryd” wat volgens hom Afrikaanssprekendes se
“aandrang op taalregte oneindig skade (kan) berokken.” Volgens die politieke
redaksie van die koerant, wat die outeurs van die berig is, is Rossouw se
verwysing na ’n “groep Gautengse filosowe wat aan openbare debatte oor
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
22
Afrikaans deelneem” (onder andere dr. Dan Roodt – AMJ). Rossouw se
uitsprake teen die “taalstryders” is onteenseglik in mities-gelaaide taal geklee:
Ek sien beelde van stryd en bloed en van Don Quichotterige bestormings
van Coco-Cola-koeldrankblikkies en Parmalat-joghurtbakkies en
opstandige, bebrilde Afrikaanse raasbekke met hul designer-kapsels en
byderwetse baarde wat stapels Engelse koffietafelboeke voor die
Uniegebou verbrand. Engels, alles net Engels!
(Die verwysing na die blikkies en bakkies hou verband met die besware van
Afrikaanse taalaktiviste teen die uitsluitlike gebruik van Engels op byvoorbeeld
padtekens en verpakkings van produkte. Rossouw se standpunt is dat die taal
op produkverpakkings “geen duit” verskil sal maak aan die oorlewing van
Afrikaans nie. Sonder om te diep op hierdie saak in te gaan, kan daar net
verwys word na soortgelyke aansprake binne die EEG vir die gebruik van
Nederlands op verpakkingsmateriaal wat my in 1996 tydens ’n besoek aan die
Lae Lande opgeval het. Die oordeel dat hierdie oënskynlik klein funksieverlies
“geen duit” verskil aan Afrikaans se oorlewing sal maak nie, mag moontlik
taalpolities beskou nie diepgaande genoeg gefundeer wees nie. Vanuit die
invalshoek van miteskepping speel soortgelyke “klein” bewyse van ’n taal se
status myns insiens ’n belangriker rol as wat Rossouw vermoed. Dié
uitgangspunt word onderskryf deur prof. Deon Knobel van die Universiteit van
Kaapstad wat in dieselfde berig aangehaal word. Knobel se standpunt is dat,
indien die kleinste reg weggeneem word, ander dinge ook verlore mag gaan:
“Hoe kan borriegeel voortleef as daar geen verpakte borrie meer is nie?”)
Dr. Dan Roodt, wat waarskynlik beskou word as die prototipiese “Afrikanertaalaktivis” vir Afrikaans in die “nuwe taalstryd” ná 1994 antwoord op Rossouw se
uitspraak deur te beweer dat “die denkpatroon (miteskepping? – AMJ) van
politieke korrektheid en konformering wat deur die Broederbond gekweek is, […]
deesdae weer vaardig (is) by mense wat politiek korrek wil wees. Dis soos ’n
kwasi-Broederbond. Hulle is bang om die neergelegde reëls te oortree” (my
kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
23
In die slothoofstuk van die proefskrif oor die huidige situasie rondom Afrikaans
(En nou, Afrikaans?) word daar weer na enkele resente miteskeppende of miteondersteunende uitsprake van taalaktiviste verwys. Die bostaande voorbeelde
behoort voldoende te wees om aan te dui dat daar ’n verband bestaan tussen die
verskraling van Afrikaans se funksionele status en die impak van miteskepping
rondom Afrikaans.
1.3
Uitgangspunte
Samevattend kan die uitgangspunte rondom die bostaande probleemstelling en
die kwessie van miteskepping rondom Afrikaans soos volg verwoord word:
1) Daar is duidelike tekens van die inkorting van Afrikaans se funksionele
status ná 1994;
2) Hierdie saak het ’n negatiewe impak op die optimalisering van die
potensiaal van (veral) die moedertaalsprekers van Afrikaans wat in dié
taal hul “tuiste” (Steyn 1980) vind;
3) Daar word soms uitsprake deur (soos in die berig van Bonthuys hierbo
gestel) “politiek onteiende Afrikaanssprekendes” gemaak soos die
volgende: “Wat my nog hier (in Suid-Afrika) hou, is my taal, en as dít
verlore gaan, is daar eintlik niks vir my hier nie.” (So ’n uitspraak hou
natuurlik direk verband met die “mitiese liefdesband” tussen Afrikaans en
die Afrikaner wat in hoofstuk 4 van die proefskrif bespreek word.)
4) Sou Afrikaans dus verder gedefunksionaliseer word op veral die
hoëfunksieterreine, bestaan die moontlikheid dat nog meer goed
opgeleide Afrikaanssprekendes hulle heil elders sal gaan soek;
5) Baie Afrikaanssprekendes ly aan die gevolge van wat beskryf kan word as
’n ontgogeling met die “lewende mites” waardeur hulle voorheen gedryf en
geïnspireer is. (Hierdie saak sal in die slothoofstuk onder oënskou
geneem word deur bv. na die “Boetman”-debat te verwys);
6) Soos in die voorafwoord gestel, kan mites nie oornag ontmitologiseer
word nie, maar die gedurige pogings deur ander (en ook deur die eie
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
24
taalgenote) om die mites waarmee van jongs af geleef is, te dekonstrueer,
kan lei tot apatie, depressie en rigtingloosheid (vgl. die uitspraak van John
Steinbeck waarna in in die slothoofstuk verwys word, nl. dat disillusie die
emosie is wat ontstaan wanneer die mens se “veilige patrone” versteur
word);
7) Die moedertaalsprekers van Afrikaans wat die nadeligste geraak word
deur die inkorting van die taal se funksies is veral die laer geletterde of
ongeletterde Afrikaanssprekendes wie se kennis van Engels onvoldoende
is om toegang te hê tot wat Webb (1992:32) beskryf as “die vernaamste
goedere en dienste in die land, die regte en die voorregte, die mag en die
status;”
8) Die moontlikheid bestaan verder dat die toenemde hegemonie van Engels
en veral sy gebruik as enigste lingua franca ook ’n negatiewe rol mag
speel in die werkverrigting en deelname aan die demokrasie van dié
segment van die (geraamde) 10 miljoen T2-sprekers van Afrikaans wat
steeds meer tuis is in Afrikaans as in Engels. Hierdie groep (d.w.s. T 2sprekers met ’n beter beheersing van Afrikaans as van Engels) word
eweneens weerhou van die genoemde voorregte soos hierbo geskets;
9) Ten spyte van die elftalige ampstaalbeleid is alle aanduidings dat die
ANC-regering nie werklik erns maak met die implementering van
veeltaligheid bv. op onderwysvlak nie;
10) Die twee ampstale van voor 1994 se funksionele status is steeds baie
groter as dié van die ander nege tale, hoewel die betoog hierbo dui op die
groter rol van Engels as van Afrikaans;
11) Die taaldebat rondom Afrikaans word dikwels gekenmerk deur emotiewe
uitsprake – selfs in die geval van taalsosioloë wat meen dat hulle redelike
standpunte stel ;
12) Die rol van miteskepping en die neerslag van mites2 rondom Afrikaans,
soos verderaan in die proefskrif deeglik verreken sal word, is duidelik
2
Mites word in die diskoers hierna beskou as “singewende” narratiewe en nie as vervalsings of
onwaarhede nie
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
25
waarneembaar in beriggewing, briefwisseling en uitsprake van politici en
taalbeplanners en dié van “gewone mense”;
13) Daar is wel sprake van die “kaping” van mites deur politieke figure en
ander leiers ter wille van hulle eie persoonlike ambisies soos mag en
beheer, en in hierdie geval kan “goeie” mites versteur word en “demoniese
magte” ontketen (soos wat in hoofstuk 3 verwoord word na aanleiding van
die standpunte wat Leonard Thompson stel en in hoofstuk 5 en verder
eksemplaries verken word);
14) Die twee “hoof”-mites onder bespreking word uiteindelik beoordeel op
grond van hulle impak op Afrikaans se status in die land; en
15) Die invalshoek van miteskepping rondom Afrikaans as fokuspunt van die
diskoers behoort insigte te kan lewer wat ’n nuwe bydrae tot die
taalpolitieke gesprek rondom Afrikaans kan maak.
1.4
Spesifieke navorsingsvrae
Spesifieke vrae wat in die loop van die ondersoek beantwoord behoort te word, is
dan veral die volgende:
1) Wat is mites?
2) Wat is die rol van mites in die lewe van indiwidue en groepe?
3) Wat is die spesifieke impak van nasionalisme en die rol van politieke
miteskepping?
4) Watter mites rondom Afrikaans het veral in die loop van die twintigste eeu
’n rol gespeel, enersyds in die wordingstryd van Afrikaans en die
Afrikaner, en andersyds in negatiewe persepsies rondom Afrikaans as
metaforiese verdrukkerstaal by sommige groepe binne die SuidAfrikaanse samelewing?
5) Wat was die “neerslag” van die mites in verskillende Afrikaanse sisteme?
6) In watter mate het die mites rondom Afrikaans wat in die proefskrif
bespreek word, aanleiding gegee het tot die verskraling van Afrikaans se
status en funksies na 1994?
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
26
7) Watter “mitiese elemente” vind steeds neerslag in die uitsprake van
gespreksgenote in die Afrikaanse taaldebat?
8) Sou ’n begrip vir die betrokke mites van die ander groep kon bydra tot
beter kommunikasie oor kultuurgrense heen en derhalwe ook tot gunstiger
persepsies binne en buite die Afrikaanse taalgemeenskap?
9) Watter rol kan die “verstaan” van mekaar se “stories” speel in die
herwaardering van mekaar en daarmee saam tot ‘n herevaluering van die
posisie van Afrikaans binne die Suid-Afrikaanse konteks?
1.5
Terreinafbakening
In die ondersoek sal daar eksemplaries op die volgende aspekte gefokus word:
•
die term “mite” en die verwante afleidings “mitologiese/mitiese”;
•
die aard en funksie van sogenaamde “lewende” mites in die lewe van
indiwidue en veral groepe mense en die rol van die kollektiewe onbewuste
(Jung) in die skep van die betrokke mites;
•
die rol van die sogenaamde “miteskepper”;
•
die feit dat, in die woorde van Leroux (1960, aangehaal in Kannemeyer
1980:12) “die meeste ideologieë vandag ’n vorm van die mite (is)”;
•
die polemiese aspekte rondom die historiografie van Afrikaans as
voorbeelde van ideologiese verskilpunte en die rol van miteskepping;
•
die rol van Afrikaans as dryfveer/mitiese simbool in die wording van die
Afrikanervolk na 1900 en die sukses van die Nasionale Party in 1948 (met
verwysings na sommige van die eksponente van Afrikaans se rol as
bindingsmiddel binne die Afrikaanse politieke en literêre sisteme soos
president Steyn, genl. Hertzog, C.J. Langenhoven en M.E.R.);
•
die “positiewe” en “negatiewe” mites (gesien vanuit die oogpunt van die
posisie van Afrikaans) in die apartheidsera, waartydens die “Wonder van
Afrikaans” en die vooruitgang van die taal op vele terreine in kontras
gestel kan word met die groeiende mite van Afrikaans as
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
27
onderdrukkerstaal binne die gemarginaliseerde Afrikaanssprekende en
niemoedertaalgemeenskappe;
•
die “negatiewe mite” van Afrikaans en Soweto 1976 (vgl. Steyn,1980);
•
die neerslag van bogenoemde “positiewe” en “negatiewe” mites in die
skryfwerk van geselekteerde eksponente van die “mites van Afrikaans”,
bv. N.P. van Wyk Louw, D.J. Opperman, J.C. Steyn, Hermann Giliomee,
Antjie Krog en enkele sogenaamde “bruin” digters/skrywers;
•
die veranderde konteks van Afrikaans na 1994 en die noodsaak om
oënskynlik verlore mites rondom Afrikaans vir die Afrikaanse
taalgemeenskap te herdefinieer tot voordeel van die hele Suid-Afrika.
1.6
Teoretiese raamwerk
Die ondersoek val binne ’n taalsosiologiese (veral: taalpolitieke) raamwerk,
waarbinne die rol van taal as ’n simbool of merker van sosio-kulturele indentiteit
veral belangrik geag word. Hierdie vakwetenskap hou ook steeds rekening met
psigologiese aspekte soos persepsies en denkraamwerke en daarom ook met
miteskepping wat onweerlegbaar hierin ’n rol speel. Binne hierdie raamwerk
word taalbeplanning, die behoud van taaldiversiteit in ’n veeltalige land en
kommunikasie oor kultuurgrense heen ook as van groot belang beskou.
Du Plessis (1991:85) beskryf die proses van taalbeplanning as “’n sistematiese
ingryping in die bestaan en funksionering van taal binne die samelewing.” Dit
beteken dat die taalbeplanner moet poog om na die taalbelange van al die
sprekers van ’n meertalige land te kyk.
Webb (1991:14) verwys na die belang van die groter Suid-Afrikaanse
gemeenskap en verduidelik die belangrikheid van taalbeplanning soos volg:
Given the conflict potential in South Africa, it should be clear that the
planning of the country’s languages is necessary – just as family planning,
town planning, economic planning and political planning is necessary and
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
28
important. Language can play an important part in the construcion of a
new social, economic and political order.
Jordaan (1995:9) omskryf die rol van die taalbeplanner soos volg:
Die taalbeplanner as taalsosioloog, wat veral die lotgevalle van mense op
die hart dra, kan egter nie die groei en kwyn van tale somaar aan die
noodlot oorlaat nie, maar behoort wetenskaplik daarvoor te beplan…
En verder:
In Suid-Afrika, byvoorbeeld, het verskeie tale naas mekaar en ook in
konflik tot mekaar bestaan, gegroei, status verwerf (of nie status verwerf
nie), onafhanklik van enige doelbewuste taalbeplanningsproses vir die
land as geheel. Dit is egter die konflik as gevolg van die reeds bestaande
taalreëlings wat taalbeplanning noodsaaklik maak.
Die verwikkelde aard van taalprobleme maak ook deel uit van die teoretiese
raamwerk van hierdie studie. So verduidelik Cobarrubias (1983:6) dat besluite
oor taalstatusbeplanning dikwels beïnvloed word deur “ideological considerations
of powerful groups and counteracting forces.” Hy gaan voort om te sê dat die
ideaal by taalbeplanning behoort te wees om objektiewe kennis, geformuleer as
geloofwaardige hipoteses, te skei van groepsbelange en ideologiese
verbondenhede.
Aan die ander kant sou die stelling gemaak kon word dat selfs die navorser wat
erns maak met objektiewe en wetenskaplike navorsing binne die taalpolitieke
terrein beswaarlik volkome vry is van ’n eie ideologiese raamwerk. Die ideaal
van objektiwiteit is dus waarskynlik selfs met die beste pogings nie volkome
haalbaar nie.
’n Goeie bewys van bogenoemde stelling is dat ook Steyn se gesaghebbende
publikasie oor die taalpolitiek van Afrikaans, Tuiste in eie taal (1980), eindig op ’n
toon wat nie as ideologies neutraal ervaar kan word nie. Die slotwoord gee
naamlik blyke daarvan dat die skrywer sekere “lewende” mites binne die groep
met wie hy deurgaans identifiseer, onderskryf (Steyn 980:459-460):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
29
En waarom sou daar ooit enggeestigheid kon wees in die houding wat ’n
figuur in een van Hennie Aucamp se verhale soos volg uitdruk: “My
bestaan, my identiteit, my kern, my alles lê opgesluit in Afrikaans. ’n
Bestaan in ’n ander taal sal vir my tweedehands wees”? Die grootste
gevaar van ’n “tweedehandse” lewe kom wanneer ’n mens saam met ’n
stroom beweeg terwyl jy meen dat jy meehelp om die rigting daarvan te
bepaal.
’n Mens aanvaar baie moeilik die ongeldigheid van jou eie mite omdat, soos
reeds gestel, die sinvolheid van jou bestaan dan in die gedrang kom. Hieruit volg
dat die enigste moontlike oplossing vir teenstellende mites rondom ’n saak –
soos in hierdie diskoers aan die orde gestel word – geleë is in kommunikasie met
lede van dié groepe wat “ander mites” as jyself “geleef” het. Kommunikasie oor
kultuurgrense heen is dikwels moeilik en “ongemaklik”, maar dit bied waardevolle
insigte en kan uiteindelik respek kweek vir die feit dat daar “baie stories is wat
almal waar is solank jy net reg leer luister” (om die aanhaling van Brink uit
Anderkant die stilte, 2002, wat in die voorafwoord en weer in hoofstuk 6 ter
sprake kom, te parafraseer).
1.7
Terminologie en konsepte
Die terminologie en konsepte wat in die studie ter sprake sal kom, is veral die
volgende:
•
Mite – “A myth is a story – a symbolical fable as simple as it is striking –
which sums up an infinite number of more or less analogous situations”
(De Rougemont, 1956:18). (Vgl. o.a. ook Bulfinch, Campbell, Jung,
Leroux, Samuel & Thompson (reds.) en Steenberg). Voortvloeiend uit die
term “mite” ook: die mitiese/die kollektiewe onbewuste (vgl. Jung);
mites vs. geskiedskrywing (vgl. Samuel; & Thompson (reds.) en
samelewingsmites (vgl. Roland Barthes);
(Die begrip “mite” en die afgeleide begrippe en terminologie wat daarmee
verband hou, geniet in hoofstuk 2 deeglik aandag.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
30
•
Ideologie – “Denkwyse tipies vir ’n volk of groep, wat heersend onder
hulle is/ Idee(s) wat die grondslag vorm van ’n politieke of ekonomiese
teorie of stelsel, veral sulke idees wat tot starheid, onversetlikheid van
denke of optrede lei.” (Die HAT); vgl. ook Leroux, 1960 (aangehaal in
Kannemeyer,1980:12): “Die meeste ideologieë vandag is ’n vorm van die
mite.”;
•
Taal - Menslike taal as kommunikasie-instrument, maar veral as “merker
van sosio-kulturele identiteit” (Webb 1992:9) (vgl. ook die “eie taal as
tuiste” (Steyn, 1980) en die aanhaling uit Hennie Aucamp hierbo);
•
Kultuur - “Die ganse geestelike besitting van ’n volk of ander
groep(ering) op elke terrein” (volgens die HAT), asook verskeie ander
omskrywings;
•
Identiteit - Dit wat eie is aan ’n persoon of groep, dit wat die persoon of
groep veral kenmerk (vgl. Castells);
•
Sosio-kulturele identiteit - Identiteit wat veral verband hou met die
mens se “behoort tot” ‘n bepaalde sosiale groep wat uit vrye keuse saam
groepeer (vgl. o.a Webb);
•
Nasionalisme - “Liefde vir die eie volk of nasie” (volgens die HAT). Vgl.
ook Steyn 1980:134: “Die gevoel van bloedverwantskap het baie bygedra
tot die nasionale ontwaking van die Afrikaners” en sy verwysing na
Fishman (1977:18): “’Kinship’ is the basis of the felt bond to one’s own
kind. It is the basis of one’s solidarity with them in times of stress. It is the
basis of one’s right to presume on them in times of need.” (Die kwessie
van die “ontwaking” van nasionalisme geniet veral aandag in hoofstuk 3);
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
31
•
“Verbeelde gemeenskappe” – Groepe wat ’n “mitiese verbondenheid” as
groep onderling ervaar (vgl. Anderson se “imagined communities”,
hoofstuk 3);
•
Die historiografie van Afrikaans - Die beskrywing van die ontstaan van
Afrikaans as selfstandige taal: sy herkoms, sy standaardisering en
ontwikkeling en polemiese aspekte rondom sy status as Europese of
Afrikataal) (vgl. Van Rensburg, Raidt, Grebe, Willemse e.a.);
•
Afrikaans – ’n Taal wat Nederlands as die vernaamste brontaal daarvan
het, maar op unieke wyse op Afrikabodem ontwikkel/verander het en
grootliks beïnvloed is deur die wisselwerking met aanleerders van
Nederlands/Afrikaans as doeltaal, soos die historiografie daarvan getuig
(sien bo); ook die simbool van Afrikanernasionalisme enersyds en ’n
negatiewe simbool van die ideologie van apartheid andersyds;
•
Afrikaanssprekendes - Die taalgemeenskap van Afrikaans, te wese
almal wat die taal as moedertaal/eerste taal gebruik;
•
Die nie-primêre spraakgemeenskap van Afrikaans - Mense wat
Afrikaans hoofsaaklik vir ekonomiese redes of as lingua franca gebruik,
maar wie se tweede of verdere taal dit is;
•
Afrikaner(s) - “Persoon wat Afrikaans is deur geboorte of afstamming,
veral iemand wat Afrikaans as moedertaal het” (Die HAT-definisie, wat
dus veral klem lê op die deurslaggewende rol van die taal in die bepaling
van wie as Afrikaners beskou kan word). Vir die doel van hierdie studie
sal die definisie van Afrikaners uitgebrei word om te verwys na die
groep/volk wat veral na die Anglo-Boereoorlog, dus aan die begin van die
twintigste eeu, kragte saamgesnoer het teen die Britse owerheid rondom
Afrikaans as mitiese bindingsmiddel en wat hulleself waarskynlik gesien
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
32
het as Afrikaanssprekend, blank, Christelik-gelowig, dikwels landelik,
hardwerkend en polities behorende tot die latere Nasionale Party.
Sinoniem met Afrikaner word die term Boer soms gebruik.
Laasgenoemde benaming kan, afhangende van die ideologiese hoek van
die spreker, ’n aanprysing of ’n belediging wees;
•
Ontmitologisering – ‘n Proses waarvolgens daar gepoog word om
bestaande mites van hulle lewende krag te ontneem (deur ’n proses van
dekonstruksie wat die betrokke mites “uitmekaar haal” en probeer
ontluister) en wat dikwels lei tot ontgogeling vir die groep wat volgens die
betrokke mites geleef het. Die uitgangpunt van hierdie diskoers is egter
dat “lewende mites” nie sonder meer ontmitologiseer kan word nie,
aangesien hulle vir die groepe waarbinne hulle ontstaan het, onlosmaaklik
deel is van die singewing rondom die eie bestaan;
•
Hermitologisering van mites rondom Afrikaans – ’n Poging om die
bogenoemde ontgogeling teen te werk deur nuwe inhoude aan die
vroeëre mites te gee (vgl. Prinsloo en Van Rensburg (reds.)1984, Du
Plessis & Du Plessis (reds.)1987 en Du Plessis & Van Gensen (reds.)
1999 e.a.)
1.8
Werkwyse
’n Literatuurondersoek en verkenning van geselekteerde bronne oor mites, die
aard en krag van mites en miteskepping vs. geskiedskrywing sal die eerste
ondersoekterrein van die navorsing wees. Terminologie en konsepte wat
betrekking het op hierdie saak (vgl. 1.6 hierbo) sal in die loop van die proefskrif
vollediger gedefinieer of bespreek word.
Vervolgens sal verskeie ander bronne oor die geskiedenis en posisie van
Afrikaans in Suid-Afrika geraadpleeg word. Verskillende fases in die ontstaan/
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
33
bestaan van Afrikaans (veral met betrekking tot die twintigste-eeuse geskiedenis
van Afrikaans) sal noukeurig onder die soeklig geplaas word ten einde die
mitiese en geïdeologiseerde aard van die historiografie van Afrikaans en die
neerslag van mites binne bepaalde Afrikaanse sisteme te bepaal.
1.9
Verwagte uitkomste
Die taalpolitiek van Afrikaans as vakgebied het veral sedert 1980 (vergelyk
Prinsloo (1980) en Steyn (1980) in die bronnelys) die aandag van (veral)
Afrikaanse vakwetenskaplikes begin geniet. Tot hierdie gesprek het verskeie
bydraers in onder andere Afrikaans: Stand, taak, toekoms (Prinsloo & Van
Rensburg (reds.)1984), Theo du Plessis in Afrikaans in Beweging (1986), en
kundiges in Afrikaans en Taalpolitiek (Du Plessis & Du Plessis (reds.) 1987) en
in Afrikaans ná Apartheid (V.N. Webb (red.)1992) toegetree. Nog meer resent is
Taal en stryd 1989-1999 gedenkbundel (Du Plessis en Van Gensen (reds.)1999)
en The Afrikaners: biography of a people (Giliomee 2003).
Hierdie studie steun dus sterk op reeds verworwe kennis en insigte van onder
meer die bogenoemde vakwetenskaplikes, maar het uiteindelik ten doel om tot ’n
geïntegreerde slotsom te kom oor die rol van mites rondom Afrikaans en
sodoende ’n nuwe bydrae te lewer tot die gesprek rondom die taalpolitiek van
Afrikaans.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
34
HOOFSTUK 2: DIE AARD EN FUNKSIE VAN MITES
(“Mites waardeur ons leef”- erkenning aan Samuel
& Thompson)
2.1
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk
2.1.1 Inleiding
Sing van die wrok, o godin, van Peleus se seun, Achilles, die verderflike
wrok, wat tienduisende smarte oor die Achajers gebring het, en baie sterk
siele van helde voor Hades geslinger het en hulleself ten prooi van die
honde en al die roofvoëls beskik het – en die plan van Zeus is voleindig! –
ja, vandat Atreus se seun, koning van manne, en die goddelike Achilles vir
die eerste keer in twis van mekaar geskei het… (Homeros: Ilias, Boek 1,
1-9).
Prof. J.P.J. van Rensburg verwys in die voorwoord tot sy Afrikaanse vertaling
van die Ilias van Homeros na dié klassieke werk, oorspronklik in Grieks geskryf,
as “die oudste letterkundige werk van ons Westerse kultuur”(Van Rensburg s.j. :
“Vooraf”). Die Ilias dateer uit die negende eeu voor Christus en vertel die
geskiedenis van die val van Troje (of Ilios) na ’n verraderlike inval deur die
Grieke.
Die vraag is egter in watter mate die Ilias en sy Latynse “opvolger”, die Aeneïs
van Vergilius, blote letterkundige versinsels is, en in watter mate albei hierdie
grootse epiese gedigte die belangrikste mites en legendes van hulle eie tyd maar
net digterlik vertolk.
Reeds in die aangehaalde eerste nege versreëls van die Ilias is daar immers die
name van drie figure in die Griekse mitologie en wat dus deel uitmaak van die
Grieke se kollektiewe onbewuste soos Jung daarna verwys wanneer dit gaan oor
mites as argetipes (Conradie, 1964:9). Die drie mitologiese helde en gode is
Achilles, Hades en Zeus. Die volgende opsommende inligting uit Conradie:
Achilles
Die seun van Peleus, koning van Thessalië, by die seegodin Thetis
(Conradie, 1964:118). Sy dood is lank voor sy sterfdag tydens die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
35
Trojaanse oorlog deur sy moeder voorspel. Hy was net op sy hak
wondbaar, want na sy geboorte het sy moeder hom in die Styxrivier gedoop om hom onkwesbaar te maak, maar sy het hom aan
sy hak vasgehou en die water kon nie die hak oorspoel nie. Die
gode het hierdie geheim omtrent Achilles geken (Conradie,
1964:137).
Hades
Die god van die onderwêreld wat oor die gestorwenes heers
(Conradie, 1964:16).
Zeus
Die hoofgod van die Grieke (Latyns: Jupiter), wat ook die god van
die hemel is en wat reën, sneeu en hael stuur. Hy straf veral
meinediges en mense wat die regte van gaste skend. Hoewel hy
die hoofgod is, het hy dikwels moeite om die ander gode tot
gehoorsaamheid te dwing (Conradie, 1964:15).
Hades en Zeus is hier maar twee van talle gode wat in die epos verskyn asof
hulle vanselfsprekend deel uitmaak van die verloop van die verhaal. Hulle
teenwoordigheid verhef die storie – en ook die historiese feit van die bestaan van
‘n stad soos Troje en die inval daarvan deur vyandige magte - tot die vlak van die
mitologiese.
Die belangrike rol van mites vanaf die heel vroegste letterkundetradisies van die
Westerse wêreld, en waarskynlik baie lank daarvoor in orale vertellings, kan dus
moeilik oorskat word.
2.1.2 Doelstelling met die hoofstuk
In hierdie hoofstuk sal daar as primêre ondersoek met die oog op die latere
bespreking van mites rondom Afrikaans eers aan die hand van ’n breë
literatuurondersoek besin word oor die kwessie van mites en miteskepping soos
wat dit neerslag vind in verskeie vakdissiplines. Die doel van hierdie werkswyse
is om nie aan die begin van die studie reeds te eng na die kwessie van mites en
miteskepping te kyk nie, aangesien hierdie saak so kompleks is en soveel
verskillende toepassingsmoontlikhede het (onder meer binne die letterkunde,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
36
sielkunde, teologie, historiografie, filosofie en taalsosiologie) dat dit as wenslik
geag word om as ‘t ware in gesprek te tree met “mitoloë” wat reeds
gesaghebbend binne hulle betrokke vakdissipline oor mites nagevors en geskryf
het.
Dit moet ook reeds op hierdie stadium duidelik gestel word dat dit op geen
manier binne die bestek van hierdie proefskrif oor mites rondom Afrikaans
moontlik is om al die literatuur en uitgangspunte rondom mites en miteskepping
(selfs binne die Suid-Afrikaanse akademiese konteks) te betrek nie. Mites kan
teruggevoer word na die heel eerste oertye van die mens, en het bv. nog voor
die eerste skrif gestalte gevind in onder meer rotstekeninge. Die inleiding hierbo
maak melding van die “oudste letterkundige werk van ons Westerse kultuur”; dis
egter seker dat die Ilias nie die eerste miteskepping van die mens op aarde
verteenwoordig nie. ’n Poging om alle miteskepping vanaf die vroegste tye en
beskawings (soos dié waarna Van Wyk Louw verwys in “Beeld van ’n jeug: duif
en perd”) tot en met die jongste navorsing omtrent die onderwerp selfs net te
noem, is gewoon nie haalbaar nie.
’n Seleksie uit die werk van toonaangewende navorsers uit verskillende
dissiplines oor mites en miteskepping in (veral) die twintigste eeu is dus gemaak
en sal as uitgangspunt dien vir die verdere bespreking in hierdie hoofstuk van die
term mite en van die ontstaan, aard en funksie van mites.
Die verwagting is dat daar teen die einde van die hoofstuk wel tot ’n slotsom
gekom sal kan word oor die betekenisonderskeiding(s) van die term en die
beskouings oor die aard en funksie van mites wat in die loop van die verdere
ondersoek as vertrekpunte sal dien.
2.2 Die term mite
The distinctive quality of myth, the aspect of it that gives its peculiar value
for literature, is its capacity to express in story form the primary emotional
and imaginative workings of the human mind (Kirkwood 1958:22).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
37
’n Mite is meer as ’n blote storie. Die moderne gebruik van die woord
‘mities’ as sinoniem vir ‘vals’ is baie misleidend. As die mite niks meer as
’n onware verhaal was nie, sou dit baie moeilik gewees het om te verklaar
waarom dit eeue lank so ’n geweldige invloed uitgeoefen het (Conradie
1964:9).
Die mite is ’n literêre vorm wat d.m.v. ‘n verhaal in eenvoudige taal
gestalte gee aan ’n standhoudende waarheid oor die wesensaard van die
werklikheid en terselfdertyd gekenmerk word deur ‘n veelheid van
moontlikhede (Steenberg, 1999: 313).
In die lig van die bogenoemde aanhalings lyk die definisie van die term mite in
die jongste uitgawe van die HAT (Handwoordeboek van die Afrikaanse taal)1, die
1994-uitgawe, beslis yl en onvoldoende. Hiervolgens word mite verklaar as:
1
Oorlewering omtrent gode en godsdiens; godeverhaal; en
2
Fabel; storie sonder grond.
Veral die omskrywing “sonder grond”, wat wil dui op die inherente “onwaarheid”
wat in die mite opgesluit lê, is problematies vir die doel van hierdie ondersoek.
Simoons (1974:9) bekyk die genealogie van die term mythos en vergelyk dit met
dié van die term logos. Sy gevolgtrekking is dat die twee terme se oorspronklike
betekenisse eintlik sinoniem is:
Wie Grieks kent, weet dat mythos en logos eingelijk synoniemen zijn. Mytheo en
lego betekent spreken. Mythos en logos zijn beide woord.
Simoons gaan egter verder om daarop te wys dat die twee begrippe lateraan
totaal verskillende betekenisonderskeidings gekry het: mythos bring ons volgens
hom voor “een schier onoverzichtelijke veelheid van materiaal uit die primitieve
1
My promotor, prof. Christo van Rensburg, het ernstige besware teen die gebruik van die HAT as
bron om sekere sleutelbegrippe te verklaar. My motivering vir hierdie gebruik is egter juis die feit
dat ’n verklarende Afrikaanse woordeboek as middel tot leksikalisering bygedra het tot die
“mitologisering” van sekere standaardterme in Afrikaans.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
38
godsdiensten”, terwyl logos die gedagtes rig op “de moderne wetenschappen en
hun technische verworvenheden.”(1974:9).
Hierdie siening van mite verwys myns insiens na dié aspek wat terugspeel op die
“mitologiese”, en wat dus nie genoegsaam dui op die lewende krag van ’n mite,
ook in die moderne konteks, nie.
Die verwagting is reeds dat mite in die loop van hierdie studie nie beperk sal
word tot die verhale van “primitiewe godsdienste” nie, en nog minder sinoniem
gestel sal word met ‘n “onwaarheid”, maar veel eerder met dit wat eintlik “meer
as waarheid” is, wat hom juis uitspreek oor fundamentele lewenswaarhede.
Leroux (1960, opgeneem in Kannemeyer 1980:11) beweer:
Mite is nie sinoniem met onwaarheid nie: andersom, ’n lewende mite kan
ook ’n lewende waarheid wees.
Watter kriteria bepaal dat ’n mite inderdaad “lewend” is, is ’n volgende vraag wat
deur die loop van die studie beantwoord behoort te word.
2.3
Mite vs. die mitologie
Verskeie definisies vir die term mite is reeds hierbo gegee. Mitologie,
daarenteen, word (ook in die HAT) beskryf as “Al die oorgelewerde mites van ’n
volk” en kan dus as die versamelterm beskou word. Die afgeleide byvoeglike
naamwoorde, mitologiese en mitiese kan dus enersyds in die
betekenisonderskeiding gebruik word van “volgens die mites, wat in verband
staan met die oorgelewerde mites van ’n volk” en andersyds in die
betekenisonderskeiding (vgl. weer die HAT) “fabelagtig, verdig”.
Vir die doel van hierdie ondersoek sou ek graag wou probeer om konsekwent die
afleidings “mitologies” en “mities” nie as sinoniem met mekaar te gebruik nie,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
39
maar telkens ’n afsonderlike polisemiese betekenisonderskeiding te aktiveer, en
wel soos volg:
2.3.1 Die “mitologiese”
Steenberg (in Cloete, 1999:312) verduidelik in sy omskrywing van die term mite
dat uiteenlopende omskrywings al vir dié term gegee is omdat die opvatting van
wat dit behels, afhang van die ondersoeker se benadering, bv. histories,
filosofies-teologies, esteties, sosiologies of oorkoepelend. Hy verwys na die
benadering van die Grimm-broers wat mite gesien het as “’n groep tekste wat
met mites verband hou en rondom mites gebou is, bv. sages, fabels en
soortgelyke vertellings oor die algemeen. Die neiging is hier om mite gelyk te
stel aan mitologie, ‘n versamelterm vir avontuurverhale waarin oorspronklik
mitiese figure as handelende karakters optree” (Steenberg, 1999:313) (my
kursivering).
Kyk ons dan na laasgenoemde benadering tot die term mite, kry ons dus te doen
met die betekenisonderskeidings wat ek in verband sou wou bring met die
beskrywende term die mitologiese. Hiermee word dan myns insiens verwys na
fabels, legendes en verhale vanuit die vroegste tye wat aan die mens bekend is
deur oorlewerings. Van die heel bekendste en mees aangehaalde mitologiese
verhale van die Westerse wêreld is dié van die Grieke en Romeine, wie se
kultuur en literatuur as die oerbronne binne dié wêreld beskou kan word. Hierdie
verhale het heel waarskynlik vermaak en estetiese bevrediging ook ten doel
gehad, maar was veral gerig op die oordrag van sekere waardes en
denkpatrone. De Rougemont (1956:18) stel dit soos volg:
[…] a myth expresses rules of conduct of a given social or religious group.
It issues accordingly from whatever sacred principle has presided over the
formation of this group.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
40
Thomas Bulfinch (1796 – 1867) sluit hierby aan in sy voorwoord tot die klassieke
werk “Bulfinch’s Mythology”(Bulfinch, s.j.) wat in 1993 heruitgegee is in die
Wordsworth Reference-reeks (1993:ix):
If no other knowledge deserves to be called useful but that which helps to
enlarge our possessions or to raise our station in society, then Mythology
has no claim to the appellation. But if that which tends to make us happier
and better can be called useful, then we claim that epithet for our subject.
For Mythology is the handmaid of literature; and literature is one of the
best allies of virtue and promoters of happiness (my kursivering).
Bulfinch wys verder in die genoemde voorwoord op die talle klassieke
mitologiese verwysings in die Engelse letterkunde, bv. in die werke van Byron,
Milton, Spenser en ander. In sy werk oor die mitologie neem hy onder andere
ook mitologiese verhale van die Skandinawiese lande, die Ooste, Karel die Grote
en Egipte op. Hy wys ook daarop dat dit nodig sal wees om die Grieke se
wêreldbeeld te ken om sodoende die verhale beter te verstaan.
Die Grieke het nl. geglo aan ’n plat, ronde aarde, met Griekeland in die middel
daarvan en die Berg Olympus, woonplek van die gode, weer as die sentrale punt
van die land. Die ronde skyf van die aarde is van oos na wes deur die
Middellandse See verdeel, terwyl die “Rivier-oseaan” rondom die aarde gevloei
het en water aan die Middellandse See en al die riviere op aarde voorsien het.
Die Griekse oppergod, Zeus (Romeins: Jupiter), is gebore uit Cronos(Saturnus)
en Ops (Rhea), die kinders van Aarde en Hemel, wat weer uit Chaos gebore is.
Bogenoemde kort samevatting gee die klassieke wêreldbeeld en
skeppingsverhaal in ’n neutedop. Bulfinch se werk oor die mitologie beslaan
amper sewehonderd bladsye en handel veral oor gode en helde in die mitologieë
van die betrokke lande en kulture. In hierdie geval word die
betekenisonderskeiding geaktiveer wat na mites verwys as “godeverhale” (vgl.
die HAT-definisie hierbo).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
41
Wanneer daar ’n eeu na die dood van Bulfinch verwys word na die
“mitoreligieuse substratum” in Hilaria van Etienne Leroux (Malan, 1978: 31) word
daar eweneens gewag gemaak van die mitologiese “misteriekultusse” uit die
antieke wêreld, nl. dié van Cybele-Attis en die misterieë van Eleusis. Malan
verduidelik dat Cybele die aardgodin is en haar eggenoot/seun Attis ’n
vegetasiegod. Daar word ook gewys op die feit dat die Attis-misterieë ’n
belangrike invloed op die Christelike rituele en oorlewerings gehad het. Attis is
bv. op 24 Desember om middernag gebore, en sterf onder ‘n denneboom. In
Leroux se ouevre word antieke mites met Christelike motiewe in verband
gebring, bv. die “lam” in Die mugu, die “sondebok” in Een vir Azazel, en “dooden-herlewing” in18-44. (Malan, 1978:31-32).
Sonder om dieper in te gaan op die talle mitologiese verwysings in die drie
trilogieë van Leroux (wat nie die onderwerp van hierdie ondersoek is nie), sou ’n
mens kon aflei dat verwysings na klassieke mitologiese figure beslis funksioneel
aangewend word in sy werk. Die mitologiese substratum, soos Malan dit hierbo
stel, dien dikwels as onderbou vir die tekste.
Dit is ook nie uniek aan Leroux om mitologiese figure as spieëlbeelde vir sy
karakters te gebruik nie, hoewel hy sekerlik die Afrikaanse skrywer tot hede is
wat dit by uitstek doen. Die digteres Elisabeth Eybers het bv. ook dikwels
verwysings na klassieke mitologiese figure, bv. in “Dido se afskeid”, “Vlug uit
Troje” en “Daedalus en Icarus”. ’n Intensiewe studie sou ongetwyfeld baie meer
voorbeelde kon uitwys.
2.3.2 Die “mitiese”
Daar sal in die loop van hierdie ondersoek gepoog word om die
beskrywingsterm, die mitiese, (en nie die mitologiese nie) te gebruik en
sodoende die betekenisonderskeiding te aktiveer van “dit wat in verband staan
met al die oorgelewerde mites van ’n volk”.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
42
Dit gaan immers in hierdie ondersoek oor die soeke van die mens na
sogenaamde “lewende mites” om daardeur sin aan sy eie bestaan en ook aan
dié van sy groep/volk te gee. Soos Leroux (in Kannemeyer 1980: 12) dit stel:
Aangespoor deur ’n lewende mite kan ’n hele volk tot fantastiese dade
oorgaan; sonder ’n mite kan ‘n volk alle belang in die lewe verloor en
verdwyn. Dis kenmerkend van ’n mite, daardie emosionele aspek wat ’n
enkeling of ’n hele volk kan laat verander… Die mens kan eerder sterf van
honger, maar sonder sy mite kan hy nie klaarkom nie.
En wanneer Leroux in dieselfde konteks (Kannemeyer 1980:12) verwys na die
fisiese en emosionele puin wat deur die Tweede Wêreldoorlog in Europa
agtergelaat is, beweer hy verder:
Dit was nie ’n fisieke wêreld wat ten gronde gegaan het nie, dit was ’n
mite…
Heelwat meer oor die mites wat in ’n volk leef later.
2.4
Die aard en oorsprong van die mite
Om die oorsprong van die mite te beskryf, gee Leroux in sy reeds aangehaalde
lesing voor die Afrikaanse Studiekring in Stellenbosch, 1960, ’n samevatting van
die leer van Carl Gustav Jung in verband met die sogenaamde onbewuste van
die mens. Volgens Leroux het Jung hom besig gehou met “die skeppende
bedrywighede wat in die mikrokosmos van die menslike psige plaasvind” (in
Kannemeyer 1980:13).
Jung se opvattings in verband met die menslike psige kom daarop neer dat daar
in die psige drie lae voorkom, nl. die Bewuste, die Persoonlike Onbewuste en die
groot, skeppende area van die Kollektiewe Onbewuste. Die laaste vlak verwys
na “iets generies … in die mensheid, d.w.s. materiaal wat kollektief deur alle
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
43
mense gehou word en wat te voorskyn kom as vormgewing aan psigiese
prosesse wat oorgeërf word.” (Kannemeyer, 1980:14).
Die manifestasies van ’n groep se kollektiewe onbewuste word “oerbeelde” of
argetipes genoem en hierdie argetipes maak deel uit van al die mites wat in die
groep leef. Die argetipes wissel egter van kultuur tot kultuur en het dus nie vir
almal dieselfde inhoud nie. Die rede hiervoor is dat dit nie die inhoud van die
argetipes is wat oorgeërf word nie, maar die mens se vermoë tot
simboolvorming. Die moontlike betekenis van ’n verskeidenheid simbole vir die
mens (of vir verskillende groepe mense) word deur Jung omvattend beskryf in sy
werk, Man and his symbols, 1964.
Wat die argetipes en hulle verband met die ontstaan van mites betref, redeneer
Jung dat die feit dat die argetipes in elke tydperk van die mens se geskiedenis
voorkom daarop dui dat daar ’n mite-skeppende struktuur in die menslike psige is
wat in elke nuwe generasie steeds aktief is.
…just as personal complexes have their individual history, so do social
complexes of an archetypal character. But while personal complexes
never produce more than a personal bias, archetypes create myths,
religions, and philosophies that influence and characterize whole nations
and epochs of history (Jung 1964:79) (my kursivering).
Hoewel elke groep dus sy eie simbool-inhoud aan die gemelde argetipes toeken,
is daar sekere basiese motiewe wat telkens herhaal en wat meebring dat daar
ooreenkomste bestaan tussen die inhoude in verskeie godsdienste of mites
dwarsdeur die wêreld en deur alle tye.
Voorbeelde van herhalende argetipes is dié van die aardgodinne van die Griekse
en Romeinse godsdienste en die Vrou of Maagd in baie ander en die argetipe
van die Held in die Keltiese, Skandinawiese, Griekse en ander mites.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
44
Wat die argetipiese held betref, kom Campbell in sy studie oor die argetipiese
held in die wêreld se mitologieë, The Hero with a Thousand Faces, tot die
volgende slotsom in verband met die aard van die held:
The hero, therefore, is the man or woman who has been able to battle
past his personal and local historical limitations to the generally valid,
normally human forms. Such a one’s visions, ideas and inspirations come
pristine from the primary springs of human life and thought. Hence they
are eloquent, not of the present, disintegrating society and psyche, but of
the unquenched source through which society is reborn (Campbell
1972:19,20).
In Campbell se gesprek met Bill Moyers waaraan hierna breedvoeriger aandag
gegee word, maak hy die universele aard van die held in die mitologie nog
duideliker (Flowers 1988:136):
Essentially, it might (even) be said there is but one archetypal mythic hero
whose life has been replicated in many lands by many, many people. A
legendary hero is usually the founder of something – the founder of a new
age, the founder of a new religion, the founder of a new city, the founder
of a new way of life…
Wat die onstaanswyse en funksie van mites betref, maak Leroux (in Kannemeyer
1980:18-19) die volgende samevatting van Jung se standpunte wat hierdie
ontstaanswyse en funksies motiveer:
Alhoewel die simbool, en dus die mite, deur die gemeenskap daargestel
word, is dit nie ’n produk van sosiale verkeer of van die menslike brein nie.
Die simbool ontstaan spontaan deur ’n outonome proses van
simboolvorming in die diepste lae van die Kollektiewe Onbewuste deur die
argetipes. Die mite, bestaande uit simbole, is vir die individu dan ‘n
lewende mite en ‘n bron van krag vir die enkeling en die gemeenskap.
Verloor die simbool om een of ander rede daardie eienskap van lewend te
wees, word dit ’n dooie simbool en die mite ’n dooie mite… Die mite het
geen waarde as dit ’n verstandelike konkoksie is nie… Die mite verskyn
… nie as ’n produk van die rede nie, nie as ’n produk van die persoonlike
Onbewuste nie, maar spontaan uit die Kollektiewe Onbewuste en by wyse
van openbaring of intuïsie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
45
Myns insiens is die volgende uitspraak van Samuel en Thompson (1990:14,15)
ook ’n raak uitspraak oor hoe mites hulle houvas op indiwidue en groepe kry en
hoe dié houvas as’t ware in wisselwerking tree tussen die indiwidu en die groep:
… the most powerful myths are those which influence what people think
and do: which are internalized, in their ways of thinking, and which they
pass subconsciously to their children and kin, their neighbours, workmates
and colleagues as part of the personal stories which are the currency of
such relationships. What each of us selects and absorbs from publicly
offered myth is crucially influenced through this continual mutual exchange
of individual experience (my kursivering).
Dit lyk dus asof persoonlike mites, gegrond op die eie – dikwels onbewuste –
interpretasie van lewensomstandighede en die gepaardgaande vorming van ’n
eie lewensbeskouing, ‘n invloed het op en dikwels help vorm gee aan die mites
van die groter gemeenskap waarbinne die indiwidu leef. In hierdie opsig sou ’n
mens beslis kon beweer dat “lewende” mites ongetwyfeld ‘n belangrike funksie
het in die lewe van indiwidue en groter gemeenkappe of volke. Hierdie saak
word vervolgens kortliks in oënskou geneem.
2.5
Die funksie van mites in die lewe van indiwidue en gemeenskappe/
volke
That’s what people are doing all over the place – dying for metaphors
(Joseph Campbell in Flowers 1988:230).
Storytelling is… not an idle practice… Although some use stories as
entertainment alone, tales are, in their oldest sense, a healing art… In
dealing with stories, we are handling archetypal energy, which is a lot like
electricity… Archetype changes us; if there is no change, there has been
no real contact with the archetype. The handing down of a story is a very
big responsibility… (Estes 1992:463).
Wanneer daar gekyk word na die funksie van mites in die lewe van die mens,
gaan dit hier oor die sogenaamde “lewende mites”, wat ’n besonder kragtige
werking in die lewe van indiwidue en groepe openbaar. Soos wat verderaan
behoort te blyk, manifesteer genoemde werking as ‘n dryfkrag wat indiwidue en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
46
groepe mense kan rig, inspireer en soms ook manipuleer. Soos wat Leroux dit
stel:
Die mite, bestaande uit simbole, is vir die individu dan ’n lewende mite en
‘n bron van krag vir die enkeling en die gemeenskap (in Kannemeyer,
1980:18).
Dieselfde mening word gehuldig deur De Rougemont (1956:19) wanneer hy die
bewering maak dat “the most profound characteristic of a myth is the power
which it wins over us, usually without our knowing”.
Steenberg (1999:313) onderskei skeppings- en apokalipsmites, “mites wat bloot
sekulêre antwoorde op sosiale of voortbestaanvrae gee” en mites waarin sekere
(helde)figure bydra tot die “bevryding van ‘n getiranniseerde of bedreigde
volk/gemeenskap.” Voorbeelde van sodanige mitiese bevryders is volgens
Steenberg (1999:314) Jeanne d’Arc, Wilhelm Tell, Saul Barnard in Kringe in ‘n
Bos (Matthee, 1984) en Andries Pretorius en Sarel Cilliers in F.A. Venter se
Gelofteland (1969). In hierdie gevalle is daar volgens Steenberg sprake van ’n
“kreatiewe krag by die ontstaan van die mites (wat) daartoe by(dra) om ook
hierdie soort mite bo die geskiedenis te verhef tot ’n tydlose wêreld van vrae,
vrese, verlange, drome en konflikte” (1999:314).
’n Belangrike gevolgtrekking van Steenberg is dat daar in sodanige mites ’n
“tydlose waarheidskwaliteit” teenwoordig is wat by die “sensitiewe ontvanger” ’n
ooreenstemmende reaksie uitlok en wat meebring dat “die mite universeel werk”
(1999:314).
Hierdie universaliteit en waarheidskwaliteit van die mite hang myns insiens saam
met een van die “oerpatrone” in die menslike psige, nl. die soeke na die
Waarheid, die Lig, of, sou ons kon sê, na God. In die lig van hierdie diskoers en
die uitgangspunte wat in die “woord vooraf” uiteengesit is, kan daar beweer word
dat die belangrikste funksie van mites dié van singewing aan die menslike
bestaan is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
47
Dié singewende funksie van die mite hang saam met die soeke van die mens na
die Argetipiese Goeie en werk daarom opheffend en troosryk in op sy bestaan.
Jung (1964:79) stel dit soos volg:
…myths of a religious nature can be interpreted as a sort of mental
therapy for the suffering and anxieties of mankind in general – hunger,
war, disease, old age, death.
En verder:
…we can perhaps understand how the ordinary man can be liberated from
his personal impotence and misery and endowed (at least temporarily)
with and almost superhuman quality. Often enough such a conviction will
sustain him for a long time and give a certain style to his life. It may even
set the tone of a whole society.
Uit bostaande kan afgelei word dat daar sowel positiewe as negatiewe mites
bestaan. Samuel en Thompson (1990:15) praat van mites wat te doen het met
idealisering enersyds en met demonisering andersyds:
Splitting the world into images of absolute good and evil is – as the
psychoanalysts know well – a classic way of handling our own fears about
ourselves.
In dié opsig sou ’n mens tot die slotsom kon kom dat mites in die lewe van
indiwidue in die eerste plek veral dien om die werklikheid van die stryd tussen
goed en kwaad te onderskryf en te bevestig deur idealisering en demonisering
van dié twee uiterstes. Tweedens dien mites vir indiwidue, soos ook vir groepe,
as ’n soeke na wortels, dit wil sê as ’n manier om die eie afkoms te verklaar en,
in ’n mate, te regverdig. Samuel en Thompson (1990:10) glo “(a)ny life story,
written or oral, more or less dramatically, is in one sense a personal mythology, a
self-justification” (my kursivering).
In groepe of gemeenskappe het idealiseringsmites dan ook ’n besliste
singewende funksie: dit dien om hulle wordingstryd as groep uit te beeld, sin te
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
48
gee aan hulle bestaan en die nuwe geslag tot nog groter hoogtes te inspireer.
Verderaan in hierdie ondersoek behoort voorbeelde hiervan die saak nog
duideliker te maak.
2.6
Die siening van Joseph Campbell oor die krag van mites
Die krag van mites, ook vir die moderne mens, word myns insiens baie duidelik
onder woorde gebring in gesprekke tussen Joseph Campbell en Bill Moyers,
soos vervat in Flowers 1988.
Campbell was bekend as een van die twintigste eeu se outoriteite oor die
mitologie (wat hy vir amper veertig jaar gedoseer het by die Sarah Lawrence
College) en waaroor hy gesaghebbend gepubliseer het. Bill Moyers was ’n
bekende televisiejoernalis by onder andere CBS News.
Betty Sue Flowers het in haar geredigeerde weergawe van die genoemde
gesprekke tussen Campbell en Bill Moyers (Flowers 1988) gebruik gemaak van
transkripsies van die oorspronklike gesprekke, wat in 1985 en 1986 oor ’n bestek
van ongeveer vier-en-twintig uur vir televisie verfilm is, maar later geredigeer en
gesny is tot ’n ses-uur-reeks.
In die inleiding tot die genoemde werk van Flowers (1988:xiv en verder) vertel
Moyers die staaltjie van iemand wat van een van Moyers se kollegas wou weet
waarom hulle met Joseph Campbell saamwerk. Die vraagsteller het haarself as
’n moderne mens beskou en was van mening dat “all these Greek gods and
stuff” irrelevant is vir die twintigste-eeuse menslike staat (“human condition”).
Moyers se opmerking in dié verband is:
What she did not know – what most of us do not know – is that the
remnants of all that ‘stuff’ line the walls of our interior system of belief, like
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
49
shards of broken pottery in an archaeological site. But as we are organic
beings, there is energy in all that ‘stuff’. Rituals evoke it.
’n Voorbeeld wat Moyers gee is dié van ‘n regter. Indien sy posisie in die
samelewing net sosiologies belangrik was, en nie ook mitologiese ondertone
veronderstel het nie, sou hy nie sy swart toga hoef te gedra het nie: “For the law
to hold authority beyond mere coercion, the power of the judge must be
ritualized, mythologized” (my kursivering).
Op Moyers se eerste vraag oor die noodsaak van mites (Flowers, 1988:3)
antwoord Campbell dan soos volg:
One of our problems today is that we are not well acquainted with the
literature of the spirit. We’re interested in the news of the day and the
problems of the hour. It used to be that the university campus was a kind
of hermetically sealed-off area where the news of the day did not impinge
upon your attention to the inner life… When you get to be older, and the
concerns of the day have all been attended to, and you turn to the inner
life – well, if you don’t know where it is or what it is, you’ll be sorry.
Hierdie uitspraak van Campbelll hou weer eens direk verband met die sentrale
uitgangspunt van hierdie diskoers, nl. dié van singewing aan ons bestaan deur
die mites waarmee ons leef.
Die hele diskoers van Joseph Campbell: The Power of Myth is in werklikheid
relevant vir hierdie studie. Daar word egter volstaan met enkele verdere
aanhalings uit die werk, wat almal veral verband hou met die aard van mites en
ook met wat hierbo genoem is die funksies van mites in die lewe van indiwidue
en groepe:
Myths are clues to the spiritual potentialities of the human life (p.5).
Read myths. They teach you to turn inward, and you begin to get the
message of the symbols… Myth helps you to put your mind in touch with
this experience of being alive (p.6).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
50
What we have today is a demythologized world. And, as a result, the
students I meet are very much interested in mythology, because myths
bring them messages… They’re stories about the wisdom of life…(p.9).
Mythology teaches you what lies behind literature and the arts, it teaches
you about your own life. It’s a great, exciting, life-nourishing subject…
myths offer life models. But the models have to be appropriate to the time
in which you are living… (pp. 11,13).
’n Laaste aanhaling, wat myns insiens veral belangrik is vir die doel van hierdie
ondersoek, verdeel die mitologie in twee bene, nl. mitologie wat handel oor die
mens se “natuurlike bestaan” en mitologie wat ‘n sosiologiese grondslag het:
… myths are metaphorical of spiritual potentiality in the human being, and
the same powers that animate our life animate the life of the world. But
also there are myths and gods that have to do with specific societies or
the patron deities of the societies. In other words, there are two totally
different orders of mythology. There is the mythology that relates you to
your nature and to the natural world, of which you’re a part. And there is
the mythology that is strictly sociological, linking you to a particular
society. You are not simply a natural man, you are a member of a
particular group (pp.22-23) (my kursivering).
Dit sou dus uit bostaande aanhaling moontlik wees om die afleiding te maak dat
die “mitologiese” (vgl. 2.3.1 hierbo) veral verband hou met mites rondom die
mens as natuurlike wese en met die lewensiklusse waarna Campbell ook verwys
wanneer hy praat van “the stages of life, the initiation ceremonies as you move
from childhood to adult responsibilities, from the unmarried state to the married
state. All of those rituals are mythological rites”(Flowers, 1988:11).
Die “mitiese” (vgl. 2.3.2 hierbo) daarenteen, sou veral verband hou met die mens
as sosiale wese en dan ook as deel van ’n groep wat ’n “lewende mite” vir hulself
geskep het, met ander woorde met die tweede groep mites waarna Campbell
hierbo verwys. Soos genoem, is dit veral hierdie “mitiese” as verskynsel wat in
die loop van die ondersoek aandag sal geniet.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
51
2.7
Mites en taal: die kognitiewe semantiek
Lakoff se siening rondom kategorisering bring insigte rondom die rol van mites
op taalkundige terrein.
2.7.1 Die “kategorieë van die brein”
’n Interessante invalshoek waaruit die invloed van mites op taal bekyk sou kon
word , is dié van die kognitiewe semantiek. Ondersoeke in hierdie verband is
byeengebring deur George Lakoff in sy 1987-publikasie Women, Fire and
Dangerous Things: What categories reveal about the mind.
In verband met die titel van sy werk maak die skrywer die volgende opmerking
(1987:5):
Many readers, I suspect, will take the title of this book as suggesting that
women, fire and dangerous things have something in common – say, that
women are fiery and dangerous. Most feminists I’ve mentioned it to have
loved the title for that reason, though some have hated it for the same
reason.
Lakoff verduidelik die nuwe teorie rondom kategorisering (nuut in terme van die
tagtigerjare waarin sy aangehaalde werk verskyn het) as die sogenaamde
“prototipe-teorie” en maak die stelling dat kategorisering nie ’n saak is wat ligtelik
opgeneem kan word nie (1987:5-8):
There is nothing more basic than categorization to our thought,
perception, action and speech…Without the ability to categorize, we would
not function at all, either in the physical world or in our social and
intellectual lives. The approach to prototype theory that will be presenting
here suggests that human categorization is essentially a matter of both
human experience and imagination – of perception, motor activity, and
culture on the one hand, and of metaphor, metonymy, and mental imagery
on the other.
In ’n latere hoofstuk (1987:92-94) verlaat Lakoff hom op die navorsing van Dixon
(1982). Uit genoemde navorsing blyk dit dat in die Australiese outochtone taal,
Dyirbal, daar vier klasse naamwoorde bestaan het, voorafgegaan deur een van
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
52
die klassifiseringsvorme bayi, balan, balam of bala. Volgens hierdie sisteem
word in die tweede groep (balan) onder andere vroue, honde, sekere slange, die
meeste voëlsoorte, skerpioene, water, vuur en verwante sake asook sterre en
spiese saam gegroepeer. Dit verklaar die titel Women, Fire and Dangerous
Things (maar nie noodwendig dat vroue saam met honde, skerpioene en spiese
ingedeel word nie!).
Volgens Lakoff het Dixon gevind dat daar soms afwykings binne die vasgelegde
klassifikasiepatrone in Dyirbal is wat slegs verklaar kan word deur terug te gaan
op sekere volksgelowe en mites. Lakoff noem hierdie ontdekking van Dixon die
“myth-and-belief principle”:
Birds are believed to be the spirits of dead human females, and so are in
class II…Three species of willy-wagtails (‘n algemene voëlsoort in
Australië – AMJ) are believed to be mythical men, and so are in class I
with men. The spangled drongo is in myth the bringer of fire (from the
clutches of the rainbow snake); thus, the spangled drongo is in class II
with fire…In myth, crickets are ‘old ladies’and so are in class II. According
to myth, the moon and the sun are husband and wife; consequently the
moon is in class I with other husbands, while the sun is in class II with
other wives (Lakoff 1987:94).
Lakoff se gevolgtrekking omtrent die sogenaamde “myth-and-belief principle” is
dat mites en gelowe ’n belangrike rol speel by kategorisering en dus deel
uitmaak van die wyer menslike ervaringveld. Of anders gestel: sekere
ervaringsdomeine is belangrik met die oog op kategorisering en mites is een van
dié ervaringsdomeine (in die geval van Dyirbal, maar waarskynlik in die meeste
kulture/tale. (Hoewel nie self ‘n kenner van die Afrikatale nie, sou ‘n studie van
die woordklasindeling bes moontlik ook soortelyke resultate kon lewer – AMJ).
In ’n persoonlike mededeling het prof. Christo van Rensburg ook gewys op die
invloed van die mite van die “vrou as lewe-gewer” soos afgelees kan word uit die
Koi-Afrikaanse vorm van “put”, nl. “puts” ( waar –s = (+vrl) omdat ’n put geboorte
gee aan water).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
53
Daar is sekerlik nog ander invalshoeke waaruit die invloed van mites op taal
sinvol bekyk sou kon word, bv. deur na die etimologie van sekere woorde te kyk,
maar vir die doel van hierdie studie word daar met bogenoemde siening van
Lakoff volstaan.
2.8
Mites vs. geskiedskrywing
Die reeds aangehaalde insiggewende werk van Samuel & Thompson, The myths
we live by (1990) is saamgestel na ‘n geskiedeniskongres oor “orale
geskiedenisoordrag”. Die kongres, wat in September 1987 in Oxford
plaasgevind het, se tema was “Myth and History”
Die redakteurs wys in die inleiding tot hulle publikasie daarop dat
geskiedskrywers eintlik verkies (het) om met die “harde feite” te werk (maar
dekonstrueer dan later in hulle werk deur verskeie anekdotes hierdie
uitgangspunt van die geskiedskrywing as die “oordrag van feite.” Die outeurs
stel dit soos volg:
We (d.i. geskiedskrywers – AMJ) cleave to precise locations, dateable
periods, delimitable fields of study. Our chronologies are marked in
numbered years rather than the succession of generations of lost golden
ages…We look for the reality content in our documents rather than what
they may tell us about the symbolic categories through which reality is
perceived. We build our arguments around empirically verifiable truths…
most historians are apt to see myth, if they notice it as all, as an
impediment to their true work (Samuel & Thompson, 1990:1, 3).
Die redakteurs argumenteer egter verder in die inleiding (p.2 en verder) dat
die oënskynlike teenspraak tussen mite en “historiese waarheid” as’t ware
opgehef behoort te word (my beklemtoning). Verskeie argumente wat ter
stawing van dié standpunt gestel word, word hier kortliks saamgevat:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
54
-
Gemeenskappe wat slegs van orale literatuur afhanklik is omdat
hulle nie oor ’n skryfkultuur beskik nie, word sodoende nie
uitgeskakel uit die “optekening” van die geskiedenis nie;
-
Sommige eietydse historici het begin insien dat alle
geskiedskrywing in werklikheid niks anders is nie as a “narrative
construction”;
-
Daar is literêre kritici wat metafore sien as “clues to social
consciousness”;
-
Elke indiwidu se lewensverhaal word sodoende belangrik as “a vital
document of the construction of consciousness, emphasizing both
the variety of experience in any social group, and also how each
individual story draws on a common culture” (Hierdie siening staan
dus teenoor die standpunt dat die optekening van geskiedenis
spesifiek na die “politieke geskiedenis” verwys – AMJ);
-
Daar kan ’n sterk saak uitgemaak word vir die universaliteit van
mites as “a constituent of human experience.” Hierdie aspek word
verder omskryf deur te verduidelik dat die identifikasie van mites as
deel van orale geskiedskrywing nie “onware”
geskiedenisoptekening veronderstel nie (“onwaar” in terme van die
aanhaling van Samuel & Thompson hierbo nl. dat geskiedskrywers
oor die algemeen hulle argumente opbou rondom “empiries
verifieerbare “waarhede” – AMJ). Immers: “…a high proportion of
the rich detail in a typical life story remains objectively valid:
sometimes demonstrably so, from other sources…”(p. 6).
Wat die verband tussen geskiedskrywing en mites betref, wys Passerini
verderaan in Samuel & Thompson (1990:49) daarop dat die twee terme in
Grieks, mythos en istoria een gemeenskaplike betekenis gedeel het, nl.
“diskoers” of “vertelling”. Hierdie gemeenskaplike betekenis reflekteer veral in
die mondelinge vertellings wat die basis vorm van orale geskiedenisoordrag (en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
55
wat uiteindelik juis vanweë optekening/ die “neerskryf” daarvan, wyer trefkrag kry
- AMJ.)
Tonkin omskryf weer die belangrike rol van die mens se herinneringe as riglyne
vir sy toekoms.
All understandings of the past affect the present. Literate or illiterate, we
are our memories. We try to shape our futures in the light of past
experience – or what we understand to have been past experience – and,
representing how things were, we draw a social portrait, a model which is
a reference list of what to follow and what to avoid (Tonkin,1990: 25).
Bogenoemde aanhaling sou natuurlik ewe goed kon tuishoort onder die vroeëre
opskrif wat handel oor die funksies van mites. Dit kom voor in die inleiding van
die afdeling, The making of myth.
Interessant genoeg handel Tonkin se betoog rondom die “maak van mites” juis
oor die sogenaamde “myth of realism” en maak sy ’n saak uit vir die feit dat
geskiedskrywers glo in die “mite van realiteit”. Absolute waarheid, soos wat
geskiedskrywers glo dat hulle dit beet het, is egter volgens Tonkin die eerste mite
(hier in die sin van “veralgemening” of selfs “vervalsing” – AMJ). Dit kom dus
daarop neer dat die “waarheid” in die teks van ’n geskiedskrywer eindelik ook
weer aan dekonstruksie onderwerp kan word.
Min of meer dieselfde standpunt word by implikasie teruggevind in die
slotopmerkings van Lize Kriel in haar proefskrif oor die verskillende weergawes
van dieselfde historiese gebeurtenis (nl. die “Boer-Hananwa-oorlog van 1894):
Met die dekonstruksie van elke teks word wéér ’n teks gekonstrueer, wat
met elke keer dat dit gelees word, blootgestel word aan ’n núwe
dekonstruksie (Kriel 2002:374).
Hieruit blyk myns insiens die feit dat ook die historiese navorser as ‘t ware ’n teks
skep wat dekonstrueer kan word, en dus die “waarheid” van die historiese teks
aan kritiek blootstel.
Kriel se standpunt word verder bevestig deur ’n
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
56
gesaghebbende bron wat sy aanbeveel het, nl. dié van Alun Munslow van
Staffordshire University.
Munslow se eie definisie oor geskiedskrywing word
binne ’n postmodernistiese konteks geplaas en lui soos volg (1997:15):
As a self-reflexive historian, I define written history as a socially
constituted narrative representation that recognises the ultimate failure of
that narrative form to represent either accurately or objectively (my
kursivering).
Wat betref die mitiese elemente in indiwidue se lewensverhale verduidelik Peneff
(1990:36) dat hierdie elemente die raamwerke vorm waarbinne indiwidue hulle
persoonlike geskiedenisse verduidelik, orden en interpreteer. Een tipiese
voorbeeld van ’n herhalende mite is dié van die dinamiese entrepeneur wat arm
grootgeword het of die selfgemaakte man:
America has been carried away with the myth of the self-made man, who
builds up his fortune and honour by his own efforts, an example for the
whole nation…
Peneff gee voorbeelde van verdere mitiese elemente in persoonlike
geskiedenisse en kom tot die slotsom dat baie van hierdie lewensverhale nie as
die absolute onvervalste waarheid aanvaar kan word nie (1990:41):
You have to adjust the screen of what is said and portrayed; you have to
judge the degree of distortion… I have suggested some intellectual
mechanisms ‘reflecting’ the image of the past; sublimation or blackening,
exaggeration or cover-up…
Enkele voorbeelde van die onstaan van ’n mite word vervolgens bespreek. Die
eerste twee voorbeelde kom uit die werk onder bespreking, The myths we live
by, terwyl die laaste ’n outobiografiese vertelling is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
57
2.9
Voorbeelde van die ontstaan van ’n mite: drie gevallestudies
2.9.1 Mites tydens ’n geveg, oproer of staking
Basso (1990: 61-64) beskryf ’n geval waar ’n kontemporêre mite tydens ‘n
skielike staking in 1977 by ’n middelbare skool in die suide van Italië ontstaan
het. Die rede vir die skielike staking was dat die sentrale verhittingstelsel van die
skool vir ’n paar dae buite werking was, en die gerug die oggend versprei is dat
dit nog steeds stukkend is. Die staking het maar een en ’n half uur lank geduur.
Die besware is aan die hoof oorgedra en daarna is die leerlinge terug klas toe.
Die ondersoeker het 222 onderhoude met leerlinge gevoer na die betrokke
staking, en het gevind dat leerlinge nie dieselfde persepsie gehad het van wat ’n
staking presies impliseer nie. Nogtans was die “staking” volgens hulle suksesvol,
want ’n gesamentlike slagspreuk is uitgeroep en sodoende is standpunt
ingeneem– “through the single instrument of communication that the children had
at their disposal – their voices.” Basso se gevolgtrekking is dat hierdie tipe mite
van verbygaande en korte duur is en tog ook ’n invloed op die gebeure van elke
dag het:
The school strike shows us how myth can provide us not only with clues to
the deeper meaning of human existence, present and past, but also with
an imaginative leap to immediate everyday life, the daily history which
shapes our own lives (Basso, 1990:59) (my kursivering.)
2.9.2 Abraham Esau se oorlog, 1899-1901: mite en martelaarskap
Hierdie mite word uit verskeie voorbeeldstudies in The myths we live by gekies
omdat dit op Suid-Afrikaanse bodem plaasgevind het: Die verteller is Bill
Nasson, ten tye van die publikasie se verskyning ‘n dosent in ekonomiese
geskiedenis aan die Universiteit van Kaapstad:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
58
Abraham Esau was ’n Namakwalandse skrynwerker en smid. Sy storie is
nagespeur deur met plaaslike mense te praat wat dit kon onthou en deur gewone
geskrewe bronne na te gaan.
Die skrywer maak dit duidelik dat sy bedoeling met die vertelling nie is “to
reconstruct a sequence of events […] but to consider how qualities of martyrdom,
myth and legend have come to cluster around this man who became a civilian
victim of a distant South African war nearly ninety years ago”(Nasson, 1990:111).
Abraham Esau is in 1865 in Kenhardt in die Noordwes-Kaap gebore. Hy was die
oudste van ’n hele paar kinders van Adam Esau en Martha April. Die gesin het
aanvanklik los werkies gedoen op plasies, maar later permanent gaan werk en
woon by ‘n ryk veeboer, William Seton. Die Esaus het Seton kultureel
nageboots, die Anglikaanse geloof aangeneem en Engels gepraat. Hiermee het
hulle gedistansieerd geraak van die ander sogenaamde kleurlinge in die
omgewing deurdat laasgenoemde eerder die Afrikaanse/Boerekultuur hulle eie
gemaak het. Hy word dus in die plaaslike herinneringe onthou as ’n “Engelse
kleurling”. As volwassene was Esau dus bewustelik ’n Brit, met ’n Britse sosiale
en kulturele identiteit.
Esau het hom in die agtien tagtigs as smid in Calvinia gevestig. Hierdie
vakmanne kon deel in die stemreg, wat op daardie stadium in die Kaapkolonie
gekwalifiseer is deur sekere minimumopleidingsvereistes en grondbesit en wat
dus ’n groot aantal swart en arm wit mense uitgesluit het. Hierdie “vry” nasie in
die Kaapkolonie is in stand gehou deur Britse koloniale hegemonie, waarvan
koningin Victoria volgens Nasson die simbool was (p.112).
Die uitbreek van die oorlog in Oktober 1999 het spanning in Calvinia
meegebring, want Boere-guerillas het van die Vrystaat af in Namakwaland
geïnfiltreer terwyl die inwoners van Calvinia hulleself as Brits gesien het en sterk
anti-republikeins begin betoog het. Die sentrale figuur was Abraham Esau. Op
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
59
19 Mei 1900 tree hy in die openbaar na vore as hoof van ’n oorwinningsparade
na die ontsetting van Mafeking. Vier maande later voer hy ’n groot groep manne
aan wat wapens wil eis van die plaaslike magistraat, Peter Dreyer.
Laasgenoemde weier die wapens aan bruin burgers omdat dit volgens hom
moeilikheid sal beteken. Hierna lei Esau sy “bende” tot gewapende weerstand,
hoewel in sommige gevalle met beeshorings. Hierdie weerstand het volgens
Nasson sy karakter gekry op grond van “a distinct element of personal
leadership… The village blacksmith was becoming a warrior; men and women
not only listened to him but were ready to stand with him against rifles, whips,
and horses” (pp.113,114).
In Oktober 1900 stel Esau ’n formele petisie vir wapens op waarmee die dorp en
die omliggende gebied verdedig kan word, maar weer eens word dit geweier met
die bykomende opmerking dat die oorlog witmenssake is en niks met die
kleurlinge te doen het nie. Esau word hierna naby Williston opgemerk op ’n
Basoetoeponie en die afleidings wat mense maak is dat hy ’n onderhoud verkry
het met luitenant James Preston, ’n Britse leëragent in Clanwilliam. Hy word so
’n spioen en dra nuus oor in verband met die bewegings van Boererebelle.
Esau word hierna dikwels op ’n swart perd gesien, terwyl hy ’n swaard in die
hand hou en kleurlingsteun soek vir die imperiale saak. Sodoende werf hy baie
van sy mense vir die Britse kant en verwys na hulle as sy “faithful children.”(p.
115).
Hierdie groep van Esau word beskryf as saamgesnoer deur ’n kollektiewe
identiteit en verbind tot geheimhouding deur ’n eed. So vorm hulle “a solid core
of spies, snoops and informers.” Hulle aksies is om inligting byeen te bring wat
beskryf word as “a mixture of incriminating hard information, petty gossip, and
slander about the character, opinions, and actions of suspect Boer rebels…”
(p.115). Die orale vertellings gee weer dat hierdie groep van Esau baie van die
eienskappe van ’n plattelandse geheime beweging besit het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
60
Esau het hom natuurlik in die proses baie ongewild gemaak by plaaslike
republikeinse ondersteuners, en versinsels is versprei, bv. van ’n ondergrondse
arsenaal wat Esau gereed gemaak het vir ’n opstand teen die plaaslike bevolking
in Januarie 1901. Hoorsê het dit ook gehad dat hy baie perde en krugerrande
van die Britte ontvang…
And they built him up into a mythic individual. Several tales refer to his
cunning ability to assume ‘whiteness’ for deception… Another powerful
and emotive story said that he had shaved off his moustache, grown his
hair, and bundled himself up in women’s clothing to snoop around farmers’
kitchens (p.116).
Op 7 Januarie 1901 word Calvinia egter deur ’n groep kommando’s van die OVS
ingeneem en krygswet word afgekondig, Charles Niewoudt word die landdros
van Calivinia en regeer volgens oorlewering veral met die sambok. Esau bly tot
aan die einde die segspersoon van sy groep “Britse kleurlinge” en wys volgens
die vertelling van ’n ou vrou vir die Vrystaters die oor van ’n dooie Boer wat hy in
sy sak gedra het, terwyl hy aandui dat hyself net so doof soos daardie oor is. Op
15 Januarie word hy deur veldkornet Van der Merwe tot vyf-en-twintig houe
gevonnis en op 5 Februarie kom daar ’n bevel vir sy teregstelling, wat volvoer
word deur ene Stephanus Strydom.
Nasson maak die stelling dat die verhaal van Esau in die dekade na die oorlog
uitgebuit is deur Engelse politici in die Noordwes-Kaap om die bruin stem vir
hulle verkiesingsveldtog in 1904 te werf. “A bitter and vituperative political
contest was a good moment for the creation of martyrdom, and for this brief
moment Esau became visibly the Coloured martyr of a Cape liberal political
culture” (p.118) (my kursivering). Dit was egter nie net die politici wat van Esau
’n martelaar gemaak het nie. Volgens Nasson het ook die kleurlinge hom
gebruik as ’n simbool van die onreg teen en vervolging van hulle gemeenskap.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
61
In the years following the South African War, the martyrdom of Abraham
Esau served a recognizable function. It met a psychological need….and
offered an integrating element at this particular historical moment. Esau
became the mythic symbol of a revivified British patriotism in Calvinia
village life. (p.118).
2.9.3 ’n Stuk outobiografiese vertelling: die belangrike rol van die
“mitemaker/-skepper”
Samuel & Thompson se volledige motivering (1990:2) vir die plek van
“persoonlike narratiewe” in geskiedenisoordrag lui soos volg:
As soon as we recognize the value of the subjective in individual
testimonies, we challenge the accepted categories of history. We
reintroduce the emotionality, the fears and fantasies carried by the
metaphors of memory, which historians have been so anxious to write out
of their formal accounts. And at the same time the individuality of each life
story ceases to be an impediment to generalization, and becomes instead
a vital document of the construction of consciousness, emphasizing both
the variety of experience in any social group, and also how each individual
story draws on a common culture; a defiance of the rigid categorization of
private and public, just as of memory and reality… (my kursivering).
Op grond van die bogenoemde motivering deur twee gesaghebbende outeurs
binne die konteks van die historiografie en orale geskiedenisoordrag word daar
vervolgens “gewaag” om ’n stuk outobiografiese vertelling binne die konteks van
’n akademiese diskoers in te sluit:-
My oupa aan vaderskant, bekend as “oom Jan” Neethling, is tydens die Eerste
Vryheidsoorlog gewond en het daarna sy plaas in die destydse Oos-Transvaal
verkoop en Pretoria toe getrek. Hy het later ’n klein oudstryderspensioen
ontvang. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog/Anglo-Boereoorlog was hy onder
huisarres in Pretoria. Sy vrou, Erdmuthe Wilhelmina Schmidt, was van Duitse
afkoms. Hulle het voor die oorlog reeds drie seuns en twee dogters gehad.
Albei hierdie dogters is oorlede, Sofie as sesjarige van masels, en Franki saam
met haar baba in die 1919-griepepidemie. Sy was interessant genoeg getroud
met die bekende J.E.W. Grosskopf.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
62
My pa, Johann Christiaan, vernoem na sy Duitse moeder se broer(?) is op 21
Februarie 1900 in Pretoria gebore. Oupa Neethling het ’n klein “boerdery” in die
hartjie van die huidige Brooklyn bedryf, met ’n perdestal, wat later in nog ’n
woonhuis omskep is en steeds as sodanig bewoon word, ’n melkery en ’n
groentetuin en vrugteboord. My pa moes soggens voor skool op ’n paar plekke
gaan melk aflewer en het volgens sy eie getuienis nogal skaam gekry as van die
skoolmeisies hom gesien het.
Chris (soos my pa se noemnaam was, aangesien sy ouer broer se eerste naam
Johan was) was in Brooklyn Primary en in Pretoria Boys’ High omdat daar geen
Afrikaanse skole in Pretoria was tot nadat sy skoolopleiding voltooi was nie.
Daarna het hy by die pas gestigte T.U.K. ’n B- en M-graad in die ekonomie
gevolg, waarna hy met ’n beurs Amerika toe is om aan die Cornell-universiteit
aan sy doktorsgraad in ekonomie te werk. ’n Aanbevelingsbrief van sy professor
in Amerika aan ’n Engelse professor, by wie my pa na voltooiing van sy D-graad
op pad terug na Suid-Afrika sou aandoen, verwys na hom as ’n knap student en
“a prince of a fellow”.
Die bostaande inligting is net relevant om te wys dat Chris Neethling nie absoluut
eng-Afrikaans grootgeword het nie, maar beslis in sy vormingsjare ook
blootstelling aan die Engelse kultuur en later aan ’n groter internasionale
gemeenskap gehad het. Sy Afrikaneridentiteit moes egter tuis reeds goed
vasgelê gewees het, want hy het onder andere vertel hoe hy as veertienjarige in
1914 saam met ander gehelp het om Jopie Fourie se briewe wat uit die
gevangenis geskryf is, per hand oor te skryf sodat dit landswyd versprei kon
word.
Na sy terugkeer uit Amerika het Chris werk in die Landboudepartement aanvaar
en verlief geraak op Anna Pohl, met wie hy toe in die vroeë dertigerjare getroud
is. Daarna het sy bekend geword as Anna Neethling-Pohl en het sy vir baie jare
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
63
haar merk in Suid-Afrika as toneelspeelster en kultuurstryder gemaak. Chris en
Anna het een dogter gehad, Evelynn Erda, vernoem na haar twee oumas, maar
bekend as Linda.
In die woelige jare voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Chris
geleidelik al hoe meer oortuig geraak van die unieke aard van die Afrikaner. Vir
die Engelse as groep het sy mense uiteraard geen besondere voorliefde gehad
nie. ’n Vriend het op sy begrafnis in 1982 vertel hoedat hulle in die Koffiehuis in
Kaapstad ontmoet het. Op sy vraag dié dag aan Chris of hy nie sy lot by die
Ossewabrandwag (en by implikasie ook die Stormjaers) wil inwerp nie, sou
laasgenoemde geantwoord het dat hy besig is om die saak te oorweeg.
Die “oorweeg” het uitgeloop op ‘n aktiewe en openlike lidmaatskap van die
Ossewabrandwag. Daar is ’n foto in my besit van my pa met sy OB-uniform en
die inskrywing agterop: Chris Neethling, Hoofkommandant Ossebrandwag
Noord-Transvaal. Die lidmaatskap van die Stormjaers, ’n meer militante antioorloggesinde groep, sou natuurlik minder openlik gewees het. Dit het nietemin
gelei tot sy internering in die Koffiefontein-kamp vir die duur van die oorlog.
Briewe wat Chris uit die interneringskamp vir Linda geskryf het oor die
gewoontes van verskillende voëlsoorte wat hy en sy mede-geïnterneerdes
dopgehou en deels mak gemaak het, het uitgeloop op ‘n boekie wat later
gepubliseer is met die titel Vreemde vriendjies. Op die buiteblad is naas die
afbeelding van ’n voëltjie, die huisies van die kamp en die doringdraad duidelik
sigbaar.
Na Chris uit die interneringskamp vrygelaat is, kon hy sy werk as ekonoom in die
Departement Landbou hervat, hoewel met verbeuring van krediet vir die
diensjare voor die oorlog. ’n Verdere terugslag was dat Anna hom op daardie
stadium vir ’n egskeiding gevra het. Hoewel baie ongretig, het hy daartoe
ingestem.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
64
Linda was toe ’n hoërskoolleerling aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool in
Pretoria en as gevolg van haar ma se betrokkenheid by toneelreise was sy ook in
die koshuis. ’n Geskiedenisonderwyseres aan dieselfde skool, mej. Annie van
Niekerk, is deur gemeenskaplike vriende aan Chris voorgestel en aan die einde
van 1946 is hulle getroud. Chris was veertien jaar ouer as Annie (of “Niek”) maar
hulle was tog bevoorreg om ses-en-dertig jaar getroud te kon wees, tot met sy
dood op twee-en-tagtigjarige ouderdom in 1982.
In 1948 het Chris en Niek Neethling die oudste onder die groep Duitse
oorlogweeskinders wat deur bemiddeling van die sogenaamde Dietse
Kinderfonds na Suid-Afrika toe gebring is, aangeneem. Tussen Chris en sy
aangenome seun, Lothar Paul, het ’n besondere band van wedersydse
toegeneentheid bestaan. In 1950 het Niek, hoewel toe reeds ses-en-dertig jaar
oud, ook geboorte geskenk aan hulle eie dogter, Annette.
Met my geboorte was my pa dus reeds vyftig jaar oud. Albei stelle grootouers
was toe lank reeds oorlede en my pa het blykbaar teenoor my ma en vriende
genoem dat hy beplan om maar die rol van ’n oupa naas die pa-rol in sy dogter
se lewe te vertolk. Een van sy selfopgelegde “take” in dié verband was om vir
my saans ‘n paar “slaapliedjies” te sing. Dié ritueel het waarskynlik voortgeduur
tot die “dogtertjie” skool toe is. Hy het volgens my ’n mooi stem gehad, hoewel
die neiging om die verlede rooskleurig in te kleur, my moontlik so laat dink.
Gewone wiegeliedjies soos “Slaap my kindjie, slaap sag”, en selfs ’n Engelse
liedjie, “Golden slumbers kiss your eyes” is ook gesing, maar gewoonlik is die
aand afgesluit met twee besondere liedere, wat in retrospek nie konvensionele
slaapliedjies is nie. Algou het die ongeveer vyfjarige dogtertjie ’n spesiale klank
in haar pa se stem ervaar by die sing van dié liedere. Enkele frases en strofes
uit die twee liedere het veral opgeval (miskien te meer omdat woorde – maar
veral die stories agter die woorde - toe reeds fassinerend was):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
65
Slaap rustig, dapper helde, verby is al jul leed…
en
Land van die vaders, land van vrome Trekkers,
jy is ons dure pand, ons geliefde vaderland,
dierbaar Suid-Afrika!
Hierdie “mities gelaaide” woorde bring tot vandag toe ’n emosionele
gevoelsopwelling wat moeilik redelik te verklaar is. Soos in die aanhaling van
Conradie (1964:10) aan die begin van hierdie hoofstuk sou ‘n mens hier ook kon
beweer dat daar ’n “ontwykende kern in elke mite (is) wat ons hoegenaamd nie
met redelike begrippe kan bereik nie”.
Kortweg: ’n mens sou waarskynlik met sekerheid kon beweer dat ’n proses van
miteskepping in daardie kinderkamer begin is wat juis vanweë die amper
terloopse aard daarvan ’n baie sterk indruk gemaak het. Die “helde uit die
verlede” het rigtingwysers vir die eie strewes geword en die ideaal om “getrou te
bly aan dit waarvoor hulle goed en bloed geoffer het”, het ’n lewende mite
geword wat ’n belangrike singewende funksie in die eie lewe begin vervul het.
Die oud-OB-generaal en die oud-geskiedenisjuffrou (wat dikwels nog afgelos het
by een van die naaste hoërskole) het natuurlik ook hulle kind by die
Voortrekkerbeweging laat aansluit, waar Gerrit Viljoen toe kommandant van die
plaaslike kommando was en die mitologiseringsproses momentum gekry het.
Op hoërskool (in die vroeë sestigerjare) het my ouers my ’n keer saamgeneem
na die jaarlikse dinee van die sogenaamde “Rampokkers” (die Bond van OudGeïnterneerdes en Politieke Gevangenes) waarby adv. John Vorster die
betrokke aand die spreker was. Die grootste oomblik was toe die mans saam
om ’n klavier gaan staan het en die trane vrylik oor die meeste van hulle – en ook
my pa – se wange gerol het terwyl hulle uit volle bors saam met die begeleiding
gesing het: “Hoor die wekroep in ons land, los van Engeland!”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
66
Dit sluit die vertelling af, behalwe om te vermeld dat op grond van iets wat Chris
op ’n stadium teenoor sy vrou Niekie genoem het, sy grafskrif in die helde-akker
van die Ossebrandwag in Verwoerdburg – nou Centurion – lui: “Hy was ’n goeie
Boer.”
Die gevolgtrekking uit hierdie persoonlike geskiedenis is die onbetwisbare bewys
wat dit kan bied van die groot invloed van die persoon wat ‘n mens sou kon
noem die mitemaker of miteskepper.
Die afleiding is dat die statuur, geloofwaardigheid en volgehoue integriteit van die
mitemaker ’n baie sterk invloed kan uitoefen op die vestiging en die herhaalde
bevestiging van die mite. Indien die mitemaker se lewensbeskouing te eng
voorkom, sal die geloofwaardigheid van die mite myns insiens in die slag bly
wanneer die ontvanger ook kontak maak met ander lewensbeskouings.
Andersyds sal daar ook ontgogeling of disillusie kan intree indien die mitemaker
“ontmasker” word as vals of selfgerig (sien onder meer die bespreking van die
“Boetman”-debat in hoofstuk 7).
In my pa se geval was hy nooit eng, “kleinburgerlik” of “boers” in die negatiewe
sin van dié woorde nie. Hy kon lang stukke Engelse poësie uit sy matriekjaar
onthou, het vir my boeke gegee om te lees soos Freckles en A girl of the
Limberlost van ’n Amerikaanse skryfster en het op sy oudag gereeld sy Zane
Gray-boeke herlees. In sy optrede was hy, ten spyte van ’n vinnige humeur en
die gewone menslike tekortkominge, ’n voorbeeld van ’n “ware heer” en ’n mens
van integriteit. Sy deurleefde Afrikanerskap en sy onwankelbare lojaliteit teenoor
sy volk en mense – hoe hy hulle dan ook vir homself gedefinieer het – het egter
so ’n sterk indruk gemaak dat dit die eienskap is wat bo alle ander uitgestaan
het. Dit is myns insiens die rede waarom hy die mite van die Afrikanervolk as ’n
besondere groep mense, van wie die meeste eintlik helde was, so deeglik by my
gevestig het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
67
Die gevolgtrekking is verder dat, soos Samuel & Thompson dit in die aanhaling
aan die begin van hierdie vertelling (1990:2) stel, “the individuality of each life
story […] becomes a vital document of the construction of consciousness.”
Dieselfde twee outeurs beweer ook in verband met lewensverhale binne die
genre van orale geskiedenisoordrag:
They (life stories – AMJ) should be seen, not as blurred experience, as
disorderly masses of fragments, but as shaped accounts in which some
incidents were dramatized, others contextualized, yet others passed over
in silence, through a process of narrative shaping in which both conscious
and unconscious, myth and reality, played significant parts (p.5).
Min of meer dieselfde sienswyse oor die totstandkoming van die “mitiese”
verhaal as rekonstruksie deur die verteller binne die Suid-Afrikaanse konteks
word verwoord deur Antjie Krog in Country of my skull, wanneer sy beweer
(1998:85):
… there are actually two stories: the story and the under-story, the matrix,
the propelling force determining what is left out, what is used, how it is used
…. Telling is […] never neutral, and the selection and ordering try to
determine the interpretation… (my kursivering).
Die slotsom is dat “geskiedskrywing” ook ’n rekonstruksie van die werklikheid is
en dat die ideologie van die “verteller” en die mites waarmee hy leef noodwendig
die seleksie en ordening van die stof beïnvloed en rig. Ook in hierdie geval sal
mites dus ’n deurslaggewende rol in singewing speel.
2.10 Samevatting
Die betoog tot hier het gelei tot ’n paar baie belangrike afleidings in verband met
mites wat vir die res van hierdie studie van groot belang is. Enkele van die
hoofmomente rondom die bespreking word kortliks saamgevat:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
68
•
Mites speel ’n fundamentele rol in die lewe van die mens vanaf die
vroegste tye tot datum;
•
een van die belangrikste eienskappe van die mite is dat dit gestalte gee
aan die mens se soeke na waarheid of anders gestel na die sin,
samehang en uiteinde van die kosmos;
•
die krag van ’n sogenaamde “lewende” mite vir die moderne mens is ‘n
onomstootlike werklikheid;
•
die meeste ideologieë het ’n mitiese onderbou.
•
Wat die term mite betref, is die eerste afleiding dat die HAT-definisie, nl.
“godeverhaal” en “fabel of storie sonder grond” te beperkend is. In die
oorspronklike Grieks het mythos en logos albei “woord” beteken, maar
later is die onderskeid getref van mite as materiaal uit die primitiewe
godsdienste en logos as die term vir die moderne wetenskappe en
tegnologie.
•
Wat betref die polisemiese betekenisonderskeidings van “mite”, “die
mitologie”, “mitologies” en “mities” is die slotsom dat, vir die doel van
hierdie ondersoek, die beskrywingsterm “mitiese” konsekwent gebruik sal
word in betekenisonderskeidings wat dui op “lewende mites” soos wat
Etienne Leroux daarna verwys het. Hierdie lewende mites ontstaan
volgens Carl Gustav Jung in die kollektiewe onbewuste van groepe deur
middel van simbole wat weer aanleiding gee tot argetipes bv. dié van die
universele held. Die ontstaan van die argetipes is ’n bewys daarvan dat
daar ’n mite-skeppende struktuur in die menslike psige voorkom wat in
elke generasie aktief is.
•
Die “ontmoeting” met die argetipes verander die mens; daarom is die
oorvertel van ’n storie ‘n verantwoordelikheid. Mites verteenwoordig ’n
“tydlose waarheidskwaliteit”(Steenberg 1999:314) in die lewe van mense
en werk dus universeel. Godsdiensmites bring verligting vir die angste
van die mensdom: oorlog, siekte, ouderdom en die dood.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
69
•
Daar is wel positiewe en negatiewe mites, wat daartoe bydra om die
wêreld te verdeel in goed en kwaad deur idealisering of demonisering van
dié twee uiterstes.
•
Mites verklaar ook vir indiwidue en groepe hulle afkoms en dien soms as
regverdiging vir die optrede van die voorouers. Dit word bevestig deur
Samuel & Thompson (1990:10) wanneer hulle beweer dat elke
lewensverhaal beskou kan word as “a personal mythology, a selfjustification.”
•
Joseph Campbell, as een van die twintigste eeu se outoriteite oor mites,
se gesprekke rondom die onderwerp soos vervat in Joseph Campbell: The
Power of Myth (Flowers:1988) bied ook baie interessante insigte oor die
aard en funksies van mites. Om maar een aanhaling te gee (Flowers
1988:9): “…myths bring … messages… They’re stories about the wisdom
of life…”
•
Wat die neerslag van mites op taalkundige terrein betref, word die
invalshoek van die kognitiewe semantiek, soos beskryf deur George
Lakoff, veral as uitgangspunt gebruik. Die afleiding hier is dat mites een
van die ervaringsdomeine is wat belangrik is met die oog op
kategorisering in die taal.
•
Die verband tussen mites en die geskiedskrywing is ook bekyk, soos
deeglik verwoord deur onder andere die samestellers van The myths we
live by, Samuel & Thompson, 1990. Die afleiding is dat die streng
skeidslyne tussen openbare en private geskiedenis en tussen mite en
werklikheid opgehef word. Drie gevallestudies rondom die ontstaan van
mites in die lewe van ’n groep of indiwidu word aan die orde gestel. Die
gevolgtrekking is dat ook ’n individuele lewensverhaal kan dien as “a vital
document of the construction of consciousness, emphasizing both the
variety of experience in any social group, and also how each individual
story draws on a common culture…” (Samuel & Thompson, 1999:2).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
70
Verderaan in die proefskrif sal die bostaande samevatting in verband met die
oorsprong, aard en funksies van mites dan as uitgangpunt gebruik word in die
ondersoek na die vernaamste mites wat sedert die ontstaan van Afrikaans
rondom dié taal en sy sprekers ontstaan het, en waarvan die impak tot in die
huidige tydsbestel duidelike waarneembaar is.
Wat betref die term mite en die gepaardgaande proses van miteskepping sal die
betekenisonderskeiding en funksie van die mite wat veral geaktiveer word, dié
wees van die mite as storie/narratief met ’n “tydlose waarheidskwaliteit” en
wat daarop gerig is om die singewende fasette van die menslike bestaan te
verwoord. Van al die aanhalings rondom “mite” waarna al verwys is, word daar
dus waarskynlik die sterkste gesteun op dié van Malan (1978:39) wat beweer dat
die mite “sedert die vroegste tye die mens se manier (is) om deur middel van ’n
eenvoudige vertelling die sin, samehang en doel van die kosmos te verklaar.”
Daar moet egter reeds op hierdie stadium daarop gewys word dat dit nie in alle
gevalle moontlik sal wees om die spesifieke mite onder bespreking as
singewende narratief uit te wys nie. Hiermee word bedoel dat sogenaamde
“negatiewe” mites rondom Afrikaans, en veral dan die mite van Afrikaans as
verdrukkerstaal, nie per se sin gegee het aan die bestaan van die groepe
waarbinne die mite ontstaan het nie. In dié geval word die mite wel bespreek as
een van die pertinente mites rondom Afrikaans, maar daar word terselfdertyd na
ander voorbeelde van miteskepping binne die betrokke groepe verwys.
Vervolgens word daar enersyds daarop gewys dat hierdie eie mites wel as
singewende en lewende waarhede binne hierdie groepe gefunksioneer het en
andersyds aangetoon hoe hierdie eie miteskepping die persepsie van die
negatiewe rol van Afrikaans dikwels versterk het. Wat betref die mite(s) rondom
Afrikaans is die fokus in so ’n geval die impak wat die mite gehad het of steeds
het op die voortgesette rol en status van Afrikaans in die land na 1994.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
71
HOOFSTUK 3: “VERBEELDE GEMEENSKAPPE” EN
(POLITIEKE) MITESKEPPING
3.1
Doelwit met die hoofstuk
In hoofstuk twee is daar hoofsaaklik generies na die aard en impak van mites in
die lewe van groepe en indiwidue gekyk. Oor die algemeen is hierdie impak
positief geëvalueer omdat mites, as lewende kragte, die mens se lewe kan rig en
sin en betekenis daaraan kan gee. Anderson betrek die “verbeeldingryke”
aspek van menslike groeperings rondom bepaalde gedeelde mites waarmee
hulle indentifiseer deur na dié groeperings as “verbeelde gemeenskappe”
(“imagined communities”) te verwys. Singewing speel myns insiens ook hier ’n
belangrike rol.
Daar is egter ook ander aspekte van miteskepping wat nie spontaan in die
menslike psige ontstaan as gevolg van sekere miteskeppende strukture nie (vgl.
Leroux se uiteensetting van Jung se standpunt oor mites in 2. 4), maar wat
dikwels doelbewuste pogings van bv. politieke figure is om mense te beïnvloed
en te manipuleer.
Een van die mites wat voortvloei uit persoonlike/indiwiduele miteskepping, maar
wat dan dikwels polities gemanipuleer word om die oogmerke van politieke figure
te ondersteun, is die mite van die eie groep: die eenling wat homself deel voel
van ’n baie bepaalde groep mense, of volk/nasie. Die mite van ’n indiwidu se
groepsbetrokkenheid (wat Anderson (1991) “verbeelde gemeenskappe” of
“imagined communities” noem) asook die gepaardgaande kwessies van
groepsidentiteit en nasionalisme word kortliks in hierdie hoofstuk bespreek,
aangesien dit myns insiens onontbeerlike agtergrondsinsig bied t.o.v. politieke
miteskepping en die mites rondom Afrikaans waarop daar in die volgende twee
hoofstukke gefokus sal word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
72
Verderaan in hierdie hoofstuk word die aard van politieke miteskepping as
sodanig ook vlugtig belig.
3.2
Die mite van die eie groep (“Verbeelde gemeenskappe” – erkenning
aan Benedict Anderson)
3.2.1 Inleiding
Nasionaliteit is en bly voorasnog die mees permanente, algemene en
kragtige element in die dryfvere van menslike gemeenskappe, en in die
historiese faktore wat daardie dryfvere bepaal, sodat dit nie verwaarloos
kan word in die uitbeelding van die geskiedenis nie (Preller 1941:8).
Whatever the unifying nature of religion … the history of religions has also
been the history of great discord. It would seem that nothing can more
effectively set people at odds than the demand that they think alike. For,
given our many disparate ways of life, we couldn’t really think alike, even if
we wanted to (Burke 1961:v).
In Mankiewicz’s Julius Caesar all the characters are wearing fringes.
Some have them curly, some straggly, some tufted, some oily, all have
them well combed, and the bald are not admitted although there are plenty
to be found in Roman history (Barthes 1972:26).
Yes, it is quite accidental that I am born French; but, after all, France is
eternal (Debray 1977, aangehaal in Anderson 1991:12).
Identity is people’s source of meaning and experience (Castells, 1997:6).
3.2.2 Die konstruksie van identiteit
Is truth (en daarom ook binne hierdie diskoers: miteskepping – AMJ) that
closely related to identity? It must be. What you believe to be true
depends on who you believe yourself to be (Krog 1998:99) (my
kursivering).
Castells (1997:6) haal Calhoun (1994:9-10) soos volg aan in verband met die
konstruksie van identiteit:
We know of no people without names, no languages or cultures in which
some manner of distinction between self and other, we and they, are not
made … Self-knowledge – always a construction no matter how much it
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
73
feels like a discovery – is never altogether separable from claims to be
known in specific ways by others (my kursivering).
Hierdie siening van selfkennis – en dus van die eie identiteit – as ’n konstruksie
eerder as ’n ontdekking hang myns insiens ten nouste saam met die kwessie van
miteskepping. ’n Konstruksie van die werklikheid is immers reeds ’n herskepping
(en daarom ook ’n mitologisering) daarvan en herinner dus aan die aanhaling
van Samuel en Thompson (1990:5) in hoofstuk 2 hierbo:
(Life stories) should be seen, not as blurred experience, as disorderly
masses of fragments, but as shaped accounts in which some incidents
were dramatized, others contextualized, yet others passed over in silence,
through a process of narrative shaping in which both conscious and
unconscious, myth and reality, played significant parts (my kursivering).
Castells (1997:6,7) definieer identiteit soos volg:
By identity … I understand the process of construction of meaning on the
basis of a cultural attribute, or related set of cultural attributes, that is/are
given priority over other sources of meaning… Although … identities can
also be originated from dominant institutions, they become identities only
when and if social actors internalize them, and construct their meaning
around this internalization… I define meaning as the symbolic
identification by a social actor of the purpose of her/his action.
Castells meen egter dat die werklike vraag is hoe, waaruit, deur wie en met
watter doel identiteit gekonstrueer word.
Wat betref die hoe, waarmee en deur wie is sy afleiding dat die boumateriaal
kom van die geskiedenis, die geografie, die biologie, van produktiewe en
reproduktiewe instellings, van “collective memory and [… ] personal fantasies…”
Vergelyk in hierdie verband die verduideliking deur Leroux van Jung se siening
rondom die ontstaan van mites (in Kannemeyer 1960:18-19):
Die mite verskyn […] nie as ’n produk van die rede nie, nie as ’n produk
van die persoonlike Onbewuste nie, maar spontaan uit die Kollektiewe
Onbewuste en by wyse van openbaring of intuïsie. (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
74
Vervolgens, meen Castells, prosesseer en rangskik indiwidue, sosiale groepe en
gemeenskappe hierdie materiaal in ooreenstemming met hulle eie sosiale
strukture en ruimte- en tydraamwerke:
I propose, as a hypothesis, that, in general terms, who constructs
collective identity, and for what, largely determines the symbolic content of
this identity and its meaning for those identifying with it or placing
themselves outside it (1997:7).
Castells meen voorts dat die konstruksie van identiteit altyd binne die konteks
van magsverhoudings plaasvind, en onderskei daarom tussen drie vorme en
oorspronge van identiteitskepping (die “met watter doel?” van identiteitskepping):
•
“Legitimizing identity” - Identiteitskepping wat deur die dominante
rolspelers/groepe of instelling aangewend word om hulle dominansie te
regverdig;
•
“Resistance identity” - Identiteitskepping deur dié rolspelers wat deur die
dominansie van ander gedevalueer of gestigmatiseer is en wat dien om
weerstandmerkers op te rig teen die beginsels wat deur die gevestigde
orde voorgehou word as geldig;
•
“Project identity” - Identiteitskepping wat dien om te help met die opbou
van ’n totaal nuwe identiteit vir die self om sodoende die skepper se
posisie in die samelewing te herdefinieer. Hierdie soort identiteitskepping
streef dus in werklikheid die transformasie van die hele sosiale struktuur
na.
Al bogenoemde aspekte hou direk verband met miteskepping en die kwessie van
singewing en identiteitskepping by wyse van mites soos wat dit verderaan in die
proefskrif uitgewys sal word.
3.2.3 Nasie, volk en nasionalisme
Nasionalisme is volgens die HAT die “liefde vir die eie volk of nasie”. Myns
insiens is daar selfs in die definisie die neerslag van ’n mite te vinde, nl. die
kwessie dat ’n mens jou volk/nasie kan liefhê (ten spyte van hierdie entiteit se
redelik amorfe gedaante). Dit impliseer voorts dat daar ’n bewussyn by die groep
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
75
moet wees oor wie dan die “eie volk of nasie” is. Daar kan ook afgelei word dat
“nasie” en “volk” hier as sinoniem gesien word en dat “nasionalisme” dan sou
verwys na ’n gevoel van vaderland-, groeps- en kultuurgebondenheid.
Dit wil egter voorkom asof daar mettertyd ’n wesentlike verskil tussen die
begrippe “nasie” en “volk” ontwikkel het, soos wat hier verder uitgeengesit sal
word.
Daar is sekere objektiewe maatstawwe om nasieskap te help bepaal, onder meer
die bestaan van geografiese grense en ’n sentrale regering. Om weer eens die
HAT as uitgangspunt te gebruik: nasie
1
Groep enkelinge wat tot dieselfde staat behoort,
wat ’n politieke eenheid vorm.
Hierteenoor - d.w.s. teenoor die begrip “nasie” as ’n politieke eenheid - staan
volk” as ’n hoofsaaklik kulturele eenheid. Dit wil egter lyk asof die afgeleide
begrip “nasionalisme” geleidelik ’n betekenisverskuiwing ondergaan het om nie
soseer te dui op “liefde vir die nasie” nie, maar vir die kleiner kultuurgroep, tensy
die betrokke nasie ’n hoofsaaklik homogene gemeenskap is met dieselfde
kultuurwaardes en norme (soos wat mens egter beswaarlik ooit in die werklikheid
sal vind, aangesien so ’n homogene gemeenskap binne die definisie van ’n
“nasie” nie bestaan nie).
In die soort gemeenskap wat Woshinsky (1995:55) as ’n voorbeeld van ’n
heterogeen-aktiewe kultuur voorhou – “we find in heterogeneous-active culture a
basic disunity exacerbated by a series of profound divisions” – kan daar wel
geografiese grense en ’n sentrale politieke sisteem teenwoordig wees, maar van
nasionale eenheid en ’n oorkoepelende nasionalisme is daar min sprake.
Inteendeel, Woshinsky meen:
It (die heterogeen-aktiewe kultuur – AMJ) is a society of diverse and
clearly differentiated people, deeply suspicious of each other and
fundamentally at odds over most of the issues people care about.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
76
As daar na twee voorbeelde uit die 20ste eeuse Suid-Afrika gekyk word, sou
daar beweer kon word dat politieke groeperings soos die Nasionale Party en die
African National Congress ontstaan het – nie as manifestasies van “nasieskap”
nie – maar eerder op grond van die “nasionalistiese” dryfvere van kleiner
groeperings. Nie een van die genoemde groeperings of partye hou nl. verband
met die nasionale gevoel van ’n Suid-Afrikaanse nasie nie.
Die groei en uiteindelike oorwinning in 1948 van die Nasionale Party, soos in die
volgende hoofstuk verder bespreek sal word, is stellig nie los te dink van die
toenemende volksbewussyn van die Afrikaners in die eerste vyftig jaar na die
Anglo-Boereoorlog nie. Toe ’n regser groep van die Afrikaners nie meer ’n
ideologiese tuiste in die Nasionale Party gevind het nie omdat, volgens hulle, die
volksbelang nie meer gedien is nie, is die Herstigte Nasionale Party in die lewe
geroep.
Die African National Congress (ANC) weer is die politieke manifestasie van veral
swart nasionale bewussyn en vryheidstrewes wat gekulmineer het in die
oorwinning van die ANC in 1994. Hierdie uitgesproke nasionalistiese beweging
kan dus ook nie as die neerslag van inklusiewe Suid-Afrikaanse nasieskap
gesien word nie.
Die slotsom is dus dat, wanneer nasionalisme as verskynsel bekyk word, dit
gaan om die gevoel van “een-wees” wat ’n groep mense saambind tot ’n bykans
mitiese eenheid wat dikwels eerder ’n volk as ’n nasie genoem kan word.
3.2.4 Die geskiedenis van die ontstaan van nasionalisme
Anderson (1983:12 en verder) verklaar die opkoms van nasionalisme en
nasionale state teen die einde van die agtiende eeu as ’n resultaat van die
geleidelike aftakeling van die voorafgaande twee sterk kulturele sisteme, nl. die
godsdienstige gemeenskap en die koninkryk. Sy standpunt is dat bogenoemde
sisteme vir die mense van hulle tyd as vanselfsprekende verwysingsraamwerke
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
77
gedien het, en dat hulle aftakeling noodwendig plek gemaak het vir ’n nuwe
raamwerk, wat uiteindelik dié van nasionalisme was. Anderson stel dit soos volg
(1991:12):
What I am proposing is that nationalism has to be understood by aligning
it, not with self-consciously held political ideologies, but with the large
cultural systems that preceded it, out of which – as well as against which it came into being.
Die afleiding uit hierdie stelling van Anderson is dat nasionalisme ’n raamwerk
bied waarbinne groepe mense in die laaste twee eeue gedink en gefunksioneer
het, of, binne die konteks van hierdie ondersoek gestel, dat die konsep van
nasionalisme in die negentiende en twintigste eeue ’n “lewende mite” geword
het.
Verderaan in sy betoog oor wat hy noem die “imagined community of the nation”
(1991:24), beweer Anderson dat twee belangrike vorme van “verbeelding”
(“imagining”) in die loop van die agtiende eeu hulle verskyning gemaak het wat
verband hou met die verbeelde gemeenskap van die nasie, naamlik die roman
en die koerant. Die resultaat was volgens Anderson “print-capitalism, which
made it possible for rapidly growing numbers of people to think about
themselves, and to relate themselves to others, in profoundly new ways.”
(1991:36). Veral die koerant se impak kan feitlik as dié van mitiese
bindingsmiddel gesien word:
[…] the newspaper reader, observing exact replicas of his own paper
being consumed by his subway, barbershop, or residential neighbours, is
continually reassured that the imagined world is visibly rooted in everyday
life (Anderson 1991:36).
3.2.5 Die verband tussen nasionalisme en taal in die agtiende en
negentiende eeue
Anderson (1991:47 en verder) wys voorts daarop dat die jong Amerikaanse state
van die laat-agtiende, begin negentiende eeu nie deur taalverskille geskei is nie,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
78
aangesien die VSA-state, die voormalige Spaanse kolonies en bv. Brazilië almal
kreoolse1 state was waarbinne die mense ’n gemeenskaplike taal gepraat het en
’n gemeenskaplike afkoms gehad het, hoewel hulle dikwels teen mekaar geveg
het.
Hierteenoor het “nasionale drukkerstale” in die negentiende eeu in Europa
simbole van nasionale onderskeid begin word:
[…] in almost all of them (die nasionale groepering in Europa na 1820 –
AMJ) ‘national print-languages’ were of central ideological and political
importance, whereas Spanish and English were never issues in the
revolutionary Americas (Anderson, 1991:67).
Hierdie tendens om die kultuurvariëteit (om die term van Ponelis, 1992:72 te
gebruik – “’n algemene, toonaangewende, versorgde en eenvormige […] variëteit
[…] wat veral as skryftaal aangewend word…”) van die onderskeie tale as
merkers van nasionale identiteit te begin sien, is reeds teen die einde van die
agtiende eeu soos volg deur Johann Gottfried van Herder (soos aangehaal deur
Kemiläinen,1964:42) verwoord:
Denn jedes Volk ist Volk; es hat seine Bildung wie seine Sprache.
Anderson (1991:68) meen dat hierdie toenemende koppeling van nasieskap aan
’n sogenaamde “private-property language” ’n groot invloed uitgeoefen het op
Europese denke in die negentiende eeu, maar ook op “subsequent theorizing
about the nature of nationalism.”
In die lig hiervan lyk dit nie vreemd dat die geleidelike bewuswording van ’n eie
volksidentiteit by die Afrikaner in die laaste drie dekades van die negentiende
eeu eweneens gepaard gegaan het met die ontwaking van ’n amper fanatiese
taalbewustheid en taalnasionalisme nie. Du Toit (1987:66) wys daarop dat daar
1
Kreool - (volgens Anderson se definisie) - Persoon van (teoreties) suiwer Europese afkoms
maar gebore in die Amerikas en (later ook) verwysend na sodanige persone wat op enige ander
plek buite Europa gebore is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
79
in die vyftigerjare van die negentiende eeu wel in die Kaapkolonie “herhaaldelik
uitdruklike ontkennings daarvan (was) dat die nasionalistiese model op die
koloniale situasie van toepassing kan wees.” Daarteenoor reflekteer tekste uit
die sewentigerjare van die negentiende eeu “doelbewuste en uitdruklike pogings
tot politieke mobilisering op taal- en etniese gronde, asook die totstandkoming
van ’n nasionalistiese denke waarin die Afrikaanse taal en nasionaliteit tot
grondslag gemaak word van die geprojekteerde bestaan van ’n Afrikaner‘nasie.’”2 Ook Theo du Plessis (1986:1) wys op die verband wat daar van meet af
bestaan het tussen die G.R.A.-taalbeweging en die Afrikanergeskiedenis :
Wat in werklikheid gebeur het, is dat die hele geskiedenis van die
Afrikaanse taalbeweging doodgewoon by die Afrikanergeskiedenis
geïnkorporeer is. Hierdie situasie sou uiteindelik lei tot ’n onafwendbare
mitologisering van beide dié globale geskiedenis en in die besonder dié
van die Afrikaanse taalgeskiedenis. Uiteraard geskied dié mitoligisering
binne ’n bepaalde ideologiese raamwerk (my kursivering).
Dit is nie verbasend nie dat die Britse Eerste Minister, Harold Macmillan, in 1960
met sy besoek aan Suid-Afrika in retrospek na die opkoms van
Afrikanernasionalisme verwys as “the first of the African nationalisms” (soos
aangehaal op die flapteks van Van Jaarsveld, 1961). Meer hieroor in die
volgende hoofstuk.
3.2.6 Nasionalisme in die twintigste eeu
Dit spreek vanself dat nasionalisme of ’n nasionale bewussyn by
groepe/volke/nasies ’n belangrike rol moes gespeel het in ’n eeu waarin daar
twee oorloë net meer as twintig jaar uit mekaar was waarby die meeste lande in
die wêreld op die een of ander wyse betrek is. Die impak van hierdie twee
gebeure was daarom verreikend.
2
Vergelyk Castells se “resistance identity” soos hierbo uiteengesit, wat ten doel het om die
gevoel van eiewaarde van ’n groep wat hulself as gedomineer of gestigmatiseer ervaar, te
verbeter.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
80
3.2.7 Na die Eerste Wêreldoorlog
Anderson meen dat die konsep van dinastieë na die eerste wêreldoorlog (1918)
feitlik uitgedien was. Hy stel dit soos volg (Anderson 1991:113):
From this time on, the legitimate international norm was the nation-state,
so that in the League (van nasies – AMJ) even the surviving imperial
powers came dressed in national costume rather than imperial uniform.
3.2.8 Na die Tweede Wêreldoorlog
Hoewel dit nie die doel van hierdie proefskrif is om dieper in te gaan op
miteskepping binne ander nasies/volke of groepe (as dié rondom Afrikaans nie)
nie, sou die opkoms van die Nasionaal-Sosialisme in Duitsland en die impak van
die miteskepping rondom die superieure Ariese ras as klassieke voorbeeld kon
dien van die enorme impak van miteskepping. Vergelyk maar die volgende
aanhaling uit die roman van Ursula Hegi, The Vision of Emma Blau:
[…] what felt terribly familiar in all this was that attitude of superiority she
knew from having grown up there, from seeing it bloom so quickly against
anyone who was considered to be different. Still – how could it have
turned into something so monumental? (Hegi 2000:229).
Anderson wys daarop dat baie van die nuwe state wat na die Tweede
Wêreldoorlog ontstaan het, nie-Europees was, maar wel Europese tale as hulle
amptelike tale aangeneem het. Die probleme wat hierdeur ontstaan het, is ’n
studie op sy eie en word onder andere deur Webb (1992:5-6) verwoord. Die
belangrike aspek t.o.v. die bloei van nasionalisme is egter die blote feit dat
koninkryke en keiserryke nou plek gemaak het vir nasionale state met
geografiese grense en sentrale regeringstelsels, van watter aard ookal. Dit is
waarom Anderson kan beweer:
After the cataclysm of World War II the nation-state tide reached full flood
(Anderson 1991:113).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
81
3.2.9 Suid-Afrika in die dekades na die Tweede Wêreldoorlog
Dit was dus binne die konteks van nasionale state in Europa, maar onder andere
ook in Afrika, dat die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand gekom het.
Daar is beoog om ook aan die sogenaamde TBVC-lande (die Transkei,
Boputhatswana, Vendaland en die Ciskei) onafhanklikheid as nasionale state te
gee.
In ooreenstemming met die standpunt van Woshinsky (soos hierbo aangehaal),
was daar egter geen sprake van een nasie met een homogene kultuur nie, maar
wel van ’n sogenaamde heterogeen-aktiewe kultuur met ernstige interne konflik
en verskille:
[…] we find in heterogeneous-active culture a basic disunity exacerbated
by a series of profound divisions (Woshinsky, 1955:55).
Die diepgaande verskille wat verdeeldheid in die Suid-Afrikaanse samelewing
meegebring het, was veral onderlinge wantroue en onverdraagsaamheid tussen
die verskillende etniese groeperings, ideologiese verskille (bv. tussen
aanhangers van die kapitalisme vs. aanhangers van die sosialisme of
Kommunisme), godsdiensverskille (onder meer tussen Christene en Moesliems,
maar ook tussen sub-groeperings van dieselfde godsdiens) en konflik tussen die
verskillende taalgroepe.
Laasgenoemde verskille (tussen die taalgroepe) was nie beperk tot ’n
wedywering om dominansie tussen Engels en Afrikaans nie – wat in die
sestigerjare waarskynlik minder fel was aangesien albei tale gelyke status as die
twee ampstale van die land geniet het – maar ook teen die verpligte gebruik van
Afrikaans as onderrigmedium in swart skole binne die Republiek. Hierdie stryd
het uiteindelik in 1976 uitgeloop op die Soweto-opstande, waarna in hoofstuk 5
breedvoeriger verwys sal word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
82
Vervolgens word die kwessie van politieke miteskepping vlugtig in oënskou
geneem.
3.3
Politieke miteskepping/mitologie
Thomspon (1985) se definisie van ’n politieke mite is dat dit ’n verhaal is wat oor
die verlede vertel word met die uitsluitlike doel “to legitimize or discredit a
regime.” Hy brei dan soos volg hierop uit:
By a political mythology (I mean) a cluster of such myths that reinforce
one another and jointly constitute the historical element in the ideology of
the regime or its rival” (1985:1).
Thompson wys voorts op die manipulerende aard van verskeie Amerikaanse,
Britse en Russiese “patriotiese” staaltjies, wat die doel het om ’n gevoel van
eiewaarde te skep en die “ander” te diskrediteer. So bv. is die mitiese verhaal
van die “Black hole of Calcutta” volgens hom ’n oordrewe weergawe van
historiese gebeure om daardeur die wreedheid te illustreer van die “lesser breeds
without law” (Thompson, 1985:2).
Thompson meen egter dat daar ook politieke mites is wat veel meer is as stories
oor die verlede, maar wat eerder “indispensable, integral parts of a regime’s
ideology” is (1985:2). Een van die kernmites wat hy bv. identifiseer t.o.v. die
Afrikaner-geskiedenis is dié van die gelofte-aflegging op 16 Desember 1938 voor
die slag van Bloedrivier tydens die Groot Trek.
’n Verdere voorbeeld van ’n mite wat ’n integrale deel van ’n ideologie uitmaak, is
volgens Thompson die mitiese ophemeling van Lenin en Stalin deur die
twintigste-eeuse Kommunisitese miteskeppers.
Nog ’n insiggewende aspek van Thompson se uiteensetting van politieke
mitologie, is dat hy twee soorte politieke mites onderskei, nl. “konserwatiewe”
mites en “radikale” mites. Volgens hom (1985:3 en verder) is konserwatiewe
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
83
mites dié soort mites wat die geskiedenis vertel van die totstandkoming van ’n
staat, soos bv. van Aeneïs as die stigter van Rome. (Hierdie mite is deur die
Romeinse digter Vergilius in ’n epiese gedig wat baie boeke beslaan, verewig.)
Ook wat betref die ontdekking van Amerika is daar mitiese uitsprake, nl. dat dié
“nuwe wêreld” se oogmerk is “to spread freedom across the continent and
throughout the world” (1985:3).
Radikale mites is dan mites waarvan die hoofdoel is om die vyand – plaaslik of
elders – te diskrediteer en sy val te veroorsaak. Radikale mites “herskryf” met
hierdie doel voor oë die geskiedenis, of gee eskatologiese toekomsprojeksies
waarin daar gewys word op die moontlike katastrofiese gevolge indien die vyand
nie gestuit word nie. Hierdie soort mites is volgens Thompson al vir gruwelike
(“nefarious”) doeleindes ingespan.
’n Baie negatiewe siening oor die rol van politieke mites kom van Cassirer, soos
aangehaal deur Thompson:
The power of mythical thought (is) perhaps the most important and the
most alarming feature in this development of modern political thought
(Cassirer, 1946:3). It (die politieke mite – AMJ) is always there, lurking in
the dark and waiting for its hour and opportunity. This hour comes as
soon as the other binding forces of man’s social life, for one reason or
another, lose their strength and are no longer able to combat the demonic
mythical powers.” (1946:280). (my kursivering.)
Bogenoemde standpunt is strydig met die belangrikste momente van die
bespreking oor die aard en impak van mites (in hoofstuk 2 van hierdie studie)
waarvolgens mites hoofsaaklik as lewende en positiewe kragte in die mens se
bestaan gesien word. Die taal waarin die mite deur Cassirer “verdoem” word,
blyk bowendien self miteskeppend te wees (vgl. “lurking in the dark”, “waiting for
its hour” en “demonic mythical powers”.) Dit mag natuurlik wees dat die
negatiewe aspekte van politieke miteskepping in die twintigste eeu en veral
tydens die aanloop tot en duur van die Tweede Wêreldoorlog Cassirer se siening
(in 1946 verwoord) help kleur het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
84
Wat betref die standpunt van die historikus Barraclough (1979:211), nl. dat
geskiedenisoordrag ’n mite-vrye wetenskap moet word, is Thompson (1985:7) dit
nie eens nie. Laasgenoemde wys daarop dat die mite nie uit die mens se kultuur
weggeneem kan word nie omdat dit ’n noodsaaklike funksie verrig. Hy wys
verder daarop dat daar ook in die Oxford English Dictionary geleidelik ’n nuwe
betekenisonderskeiding tot die begrip “mite” toegevoeg is: in 1908 is “mite”
beskryf as “a purely fictitious narrative”, terwyl die supplement van die OED die
term verklaar met ’n verwysing na die “British Journal of Sociology”, waarin die
mite beskryf word as “a tale which is told to justify some aspect of social order or
of human experience.”
Die geskiedskrywers Samuel & Thompson, wat dikwels in hoofstuk 2 hierbo
aangehaal is, gaan nog verder deurdat hulle mites bestempel as “vital
document(s) of the construction of consciousness” (1999:2).
Daar moet ook in gedagte gehou word dat geskiedskrywers self gewone mense
is en dat hulle – soos alle ander mense – beswaarlik enige gebeurtenis waaroor
verslag gedoen word, honderd persent objektief en neutraal kan benader. Hulle
kom na die gebeure met ’n eie voorkennis en verwysingsraamwerk en met die
mites waarvolgens hulle self leef as onvermydelike meelopers.
Daar sou eintlik na aanleiding van die bespreking tot so ver die stelling gemaak
kon word: as ek as mens sinryk wil lewe, is my mites vir my onontbeerlik.
Wat egter belangrik is om in gedagte te hou, en wat ook deur Thompson
bevestig word (1985:8), is dat die inhoud van veral politieke mites nie vas en
onveranderlik is nie. Politieke mites verander soos wat opeenvolgende geslagte
en regerings se belange verander, en kan selfs uitsterf. Daar is egter wel “limits
to the adaptability of myths.” (1985:11). (In hierdie verband kan ook verwys word
na die standpunt van die semioloog, Roland Barthes, (aangehaal deur O’
Sullivan e.a.1983:216) wat mites sien as “a chain of concepts widely accepted
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
85
throughout a culture, by which its members conceptualize or understand a
particular topic or part of their social experience … These myths are […] culture
specific” (my kursivering).)
Thompson meen dat politieke mites aan drie toetse onderwerp sou kon word om
te oordeel of hulle bestaansreg het al dan nie, nl.
1. Is die mite versoenbaar met historiese data? In dié geval sal
opspoorbare dokumentasie of geloofwaardige getuienis in verband met
geskiedkundige gebeure die mite staaf.
2. Is die mite verifieerbaar op wetenskaplike gronde? So bv. was daar
pogings tussen die twee wêreldoorloë om rasseverskille wetenskaplik te
bewys. Politici het die sogenaamde “scientific racism” vir eie doeleindes
gebruik en wel as “a perfect fit with the global political economy of the
period of white hegemony.” (1985:14). In die loop van die twintigste eeu
is “wetenskaplike rassisme” egter deur verskeie antropoloë en bioloë
weerlê en veral na die Tweede Wêreldoorlog, toe die mite van Ariese
superioriteit aanleiding gegee het tot die ongebreidelde vervolging van
Jode, het hierdie mite ernstige kritiek gekry.
3. Is die mite nuttig/bruikbaar? Hierdie toets onderwerp die mite nie aan die
oordeel van “waar” of “vals” op wetenskaplike gronde nie, maar eerder op
morele gronde. Die vraag is dus hier of die mite se effek “goed” of “sleg”
is. Die antwoord op hierdie toets is egter nie noodwendig eenduidig nie,
aangesien dit sou afhang van die waardesisteem van die persoon wat
antwoord. Thompson wys bv. daarop dat Plato reeds in sy uiteensetting
van die “ideale republiek”, die mite van klasseverskille help skep het.
Plato het nl. in mities gelaaide metaforiese taal verduidelik dat God die
leiers van die volk van goud gemaak het, die helpers (van die leiers) van
silwer en die ambagsmanne en boere van yster en brons. Hy het boonop
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
86
die handhawing van die klasse-onderskeiding as ideaal voorgehou en die
orakel tot sy ondersteuning ingeroep in hierdie verband:
For an oracle says that when a man of brass or iron guards the state, it
will be destroyed” (Aangehaal deur Thompson, 1985:18).
Die afleiding is myns insiens dat mites (ook sogenaamde politieke mites) dikwels
nie in diens staan van leiers met onkreukbare integriteit of van idealiste in die
ware sin van die woord wat die eie groep of ander “verbeelde gemeenskappe” wil
saambind en ophef nie. Daar is ook dikwels gevalle waar die begeerte na
politieke of ekonomiese mag indiwidue daartoe dryf om die “lewende mites”, wat
grootliks spontaan by indiwidue en groepe ontstaan het, te manipuleer ter wille
van hulle eie oogmerke. So word “goeie mites” as’t ware besoedel. In so ’n
geval lyk die aangehaalde standpunt van Cassirer hierbo, waarvolgens verwys
word na “demonic mythical powers” wat in die donker skuil en hulle oomblik van
glorie afwag, nie so vergesog nie. Die uitgangspunt van hierdie diskoers is egter
steeds dat die inherente “waarheid” – en ook die waarde – van ’n mite vir die
groep wie se sinryke bestaan daardeur gekwalifiweer word, nie werklik vernietig
kan word deurdat bv. politici die mite vir eie gewin probeer kaap nie.
Dit is myns insiens ook dikwels moeilik om tussen hierdie twee aspekte van
miteskepping, nl. die skep van “goeie mites” en die negatiewe/nadelige
manipulering van mites te onderskei. Thompson wys immers daarop dat morele
oordele omtrent die waarde van ’n bepaalde mite nou saamhang met die
waardesisteem van die persoon wat die oordeel uitspreek.
Soos dan verder in die loop van hierdie studie sal blyk, word die “hoof”-mites
rondom Afrikaans (soos in hoofstukke 4 en 5 uiteengesit) deur twee
uiteenlopende ideologiese gesigspunte verteenwoordig, omdat die betrokke
“miteskeppers” se ideologieë radikaal verskil, en so ook dan “die mites waarmee
hulle leef” (vergelyk Samuel & Thompson in hoofstuk 2).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
87
Die uitgangspunt van die volgende hoofstukke is om steeds te probeer om die
term “mite” te gebruik in die betekenis van ’n “lewende” en rigtinggewende mite
of verhaal rondom die eie herkoms en die sin van die eie bestaan. Dit is
egter nie altyd moontlik nie. Daar is heelwat voorbeelde in die taalpolitieke
konteks waar aan “mite” veel eerder die betekenis van “vervalsing” of ten minste
“oorveralgemening” toegeken word. Om maar een van verskeie moontlike
voorbeelde in hierdie verband aan te haal:
Dr. Albert Weideman van die Universiteit Pretoria het, omdat hy bewus is van
hierdie ondersoek rondom mites, ’n kopie laat kry van werk wat deur drs. Phil
Brouwer gedoen is rondom miteskepping. Brouwer het veertien “stellings
rakende mites en fiksies in die Afrikaner se politiek/lewensbeskoulike mondering”
opgesom as deel van ’n voorlesing wat hy gelewer het by die jaarvergadering
van die lektorevereniging van die Universiteit van die OVS op 16 Oktober 1981.
Volgens Brouwer is “fiksies” ’n uitvloeisel van “mites”. (“Fiksies is soos
geloofstukke, maar berus op mites.”) “Mites” definieer hy soos volg:
1. Mites is misplaaste geloofsekerhede wat soos egte geloofsekerhede nie
bevraagteken word nie.
Die verskil in die betekenis van “mite” soos in bogenoemde definisie teenoor die
betekenis van “mite” soos wat dit in die loop van hierdie studie geaktiveer word,
hou nie verband met die tweede deel van die definisie nie, nl. “wat nie
bevraagteken word nie.” Ook “lewende”, rigtinggewende mites word tot ’n groot
mate nie bevraagteken nie, aangesien hulle deel uitmaak van die singewende en
kollektiewe onderbewuste van mense en groepe, en daarom as “sekerhede”
geïnternaliseer word.
Brouwer se definisie van “mites” as “misplaaste geloofsekerhede” sou wel van
toepassing kon wees op dié soort mites wat negatiewe impak het op die lewe
van die indiwidue en groepe binne die gemeenskappe waarin hulle ontstaan. Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
88
betekenis wat egter in die meeste gevalle in hierdie diskoers geaktiveer word, nl.
van mites as stories of narratiewe wat singewend werk, sou nie as “misplaas”
beskryf kon word nie.
Lewende mites word in hierdie diskoers wel gelyk gestel met “geloofsekerhede”
(sien die bespreking in die “Woord vooraf”), maar die klem op “misplaas” kan nie
in verband met singewing deur miteskepping gebring word nie. Hierdie
negatiewe betekenisgewing rym dus nie met die belangrikste sienings omtrent
die aard en funksies van mites soos uiteengesit in hoofstuk 2 nie. Vergelyk bv.
die standpunt (in Flowers 1988:5) van een van die twintigste eeu se grootste
mitoloë, Joseph Campbell, dat mites beskou kan word as “stories of our search
through the ages for truth, for meaning, for significance… “ Immers kan die
soeke na “waarheid”, “betekenis” en “sinvolheid” tog nie “misplaas” wees nie.
Dit moet duidelik gestel word dat die inhoud van drs. Brouwer se stellings
omtrent die mites en fiksies in Afrikanerpolitiek (soos bv. dat geen bepaling van
Afrikaneridentiteit sinvol kan wees “sonder verwysing na die nabyheid van
anderskleuriges nie”) nie as sodanig bevraagteken word nie. Oor die algemeen
strook die mites/ fiksies wat hy noem met die afleidings wat in hoofstuk 4 hierna
gemaak word. Dit gaan egter veral oor die funksie van mites soos dit in die
diskoers verwoord word – nl. as singewende kragte –teenoor Brouwer se
dekonstruksie van dieselfde mites as “misplaas” en dus afbrekend. Dit is ook nie
volgens my betoog moontlik om mites sonder meer van hulle geldigheid te
ontneem deur ’n proses van dekonstruksie nie, aangesien die mite te diep
verweef is met die betrokke groep se gevoel van eiewaarde, identiteit en die
sinrykheid van sy bestaan. Dekonstruksie in hierdie geval is selde meer as ’n
serebrale oefening.
Wanneer daar in die loop van hierdie studie gekyk word na die mites rondom
Afrikaans, sal daar nie in die belangrikste instansie van “misplaaste” mites of
vervalsings/veralgemenings gewag gemaak word nie. Daar sal eerder gepoog
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
89
word om te onderskei tussen “goeie mites” as mites wat bygedra het tot die groei
en status van die taal en “negatiewe mites” as mites waardeur die taal skade
aangedoen is. Die uitgangspunt sal dus wees om te probeer vasstel watter mites
die taal Afrikaans bevoordeel het, en watter eerder tot die inkorting van sy
status en spekersgetalle gelei het.
In die volgende hoofstuk val die klem dan veral op die “goeie mite” van Afrikaans
as belangrike hulpmiddel in die opheffing, herwinning van selfrespek en
eenwording van die Afrikaner na die Anglo-Boere-oorlog. Hierdie mite word nie
as “goed” beoordeel op grond van die winste (of nadele) van
Afrikanernasionalisme as sodanig nie, maar op grond van die feit dat dit
meegehelp het /regverdiging daaraan verleen het om ampstaalerkenning in
1925 en verdere uitbreiding op talle lewensterreine vir Afrikaans te beding en by
(ten minste) een groep van sy sprekers ’n gevoel van eiewaarde en trots te skep.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
90
HOOFSTUK 4: DIE EERSTE MITE:
DIE “LIEFDESBAND” TUSSEN AFRIKAANS EN DIE
AFRIKANERS
(1875-1948)
“Land van vrome Trekkers…”
“Slaap rustig, dapper helde…”
“Daar het ’n doringboompie vlak by die pad gestaan…”
“Hoeke Boerseuns ons was…”
“Trouwe Afrikaners”
“Ek sien haar wen, vir man en seun en broeder…”
De taal van een volk is zijn meest gewaardeerde kleinnood (C.R. de Wet
1896, aangehaal deur Steyn 1980:169).
Waar is die waarheid. Ja, waar is hy, dis waar. Maar waar ís hy? (C.J.
Langenhoven – Uit: Spreuke van Langenhoven, byeengebring deur Jan
Scannell 1993:33).
Iedere nuwe geslag verlustig hom ’n oomblik in die duurgekogte regte en
vryhede van die vorige … maar binne ’n menseleeftyd het ons die prys
vergeet, waarvoor dit alles verkoop en betaal word (Gustav Preller in sy
feesrede, 1917, soos aangehaal in Steyn 1987: Voorwoord).
[…] die geskrewe woord, sê die Latynse spreekwoord, bly staan. En
daardeur kry hy ’n beïnvloedingsmag wat hom nie altyd toekom nie
(M.E.R 1972:5).
Die bekende Engelse skrywer, Lawrence Green, vestig die aandag op
twee baie interessante ooreenkomste tussen Israel en die Boere – ’n
gevolgtrekking waartoe hy na jare se studie van die Boerevolk gekom het,
nl. (a) dat mens nêrens buite Palestina soveel plekke en dorpe met
Bybelname kry as in Suid-Afrika nie en (b) dat die Afrikaner, meer as
enige ander volk ter wêreld, oor die gawe van profesie beskik (Adriaan
Snyman 1995:30 – my kursivering).
Die doel van hierdie publikasie is om een perspektief op die talegesprek in
Suid-Afrika te gee. Omdat ek Afrikaans is, is dit ’n Afrikaanse perspektief
(Hans du Plessis 1992:1 - my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
91
To understand is not necessarily to pardon, but there is no harm in trying
to understand (Kitto 1951:132, aangehaal deur Giliomee 2003:xiii).
4.1
Inleiding, doelwitstelling en werkwyse
4.1.1 Inleiding
“DI AFRIKAANSE PATRIOT” Een Afrikaanse koerant! Wie het dit ooit gedroom! Ja, Afrikaanders!
een koerant in one ei’e taal! Dit het baiang moeite gekos om so vêr te kom; dit kan ek julle
verseker, want die meeste Afrikaanders is nes steeks pêrde, hulle wil mos nie glo dat ons een
ei’e taal het nie. Die ou’e Patriotte hou vas, en klou vas, an die Hollans taal; die jong mense vind
die Engelse taal weer so danig mooi, en o’ertui’e gaat net so moeilik, as om steeks pêrde te leer
pronk in die voortuig. Ons wil nou met ons “Patriot” an die wereld wys, dat ons wel de’entlik een
taal het waarin ons kan sê net wat ons wil. “AFRIKAANSE PATRIOT” Ja, dit is die naam van
ons blad! Een beter naam kan ons nooit kry nie, want een “Patriot” is een flukse vent, en so wil
ons ons koerant ook maak:- klein, maar fluks.
(Heruitgawe van die eerste nommer van Di Afrikaanse Patriot, Saterdag 15
January (sic), 1876, No.1 – heruitgegee deur die Paarlse Drukpers vir die
Afrikaanse Taalmuseum, Paarl.)
Raidt (1976:83) maak die volgende stelling:
Die wordingsgeskiedenis van Afrikaans val waarskynlik saam met die ontstaan
van die Afrikaanse volk.
Alhoewel Raidt nie praat van die Afrikanervolk nie, maar wel van die Afrikaanse
volk, is daar ’n sterk moontlikheid dat sy hier wel na die Afrikaners verwys,
aangesien die begrip “volk” reeds per definisie ’n groep mense is wat ’n duidelike
gevoel van samehorigheid en historiese verbondenheid beleef. (Vergelyk die
bespreking rondom die begrippe “nasie”, “volk” en “nasionalisme” in hoofstuk
3.2.3 – AMJ.)
Op skool is ons, as Afrikaanse leerlinge, geleer dat die amptelike begin van
Afrikaans teruggevoer kan word na die stigting van die G.R.A. (Genootskap van
Regte “Afrikaanders”) op 14 Augustus 1875 aan huis van Gideon Malherbe in die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
92
Paarl. Daar sal in hoofstuk 6 rondom die geïdeologiseerde aard van die
Afrikaanse historiografie weer na hierdie persepsie en die moontlike kritiek
daarteen verwys word.
Die verklaarde doel van die G.R.A. was om te staan “ver ons Taal, ons Nasie en
ons Land.” (Steyn 1980:138). L.T. du Plessis (1986:1) trek die verband tussen
die stigting van die G.R.A. as een van die mitiese momente in die geskiedenis
van Afrikaans en dié van die Afrikanervolk soos volg:
Die feitelike korrektheid van bv. gegewens oor die Genootskap van Regte
Afrikaners (voortaan:G.R.A.) word … nie bevraagteken nie. Wat in
werklikheid gebeur het, is dat die hele geskiedenis van die Afrikaanse
taalbeweging doodgewoon by die Afrikanergeskiedenis geïnkorporeer is.
Hierdie situasie sou uiteindelik lei tot ’n onafwendbare mitologisering van
beide dié globale geskiedenis en in die besonder dié van die Afrikaanse
taalgeskiedenis. Uiteraard geskied dié mitoligisering binne ’n bepaalde
ideologiese raamwerk (my kursivering). 1
Vanselfsprekend het hierdie (mitiese?) begin (die stigting van die G.R.A.) en
hierdie datum (14 Augustus 1875) ’n langer aanloop gehad. Soos blyk uit die
bespreking in hoofstuk 2, ontstaan mites selde oornag, maar word hulle as
lewende mites gevorm en bevestig deur verskeie prosesse, waarvan onderlinge
sosialisering ’n vername deel uitmaak. Daar is in genoemde hoofstuk melding
gemaak van die standpunt van Samuel en Thompson (1990:14,15) wat beweer
dat miteskepping deur ’n proses van sosialisering tot stand kom, waarvolgens
mense mites oordra op ’n manier wat die outeurs beskryf as “…subconsciously “
en wat dan oorgedra word aan ”their children and kin, their neighbours,
workmates and colleagues as part of the personal stories which are the currency
of such relationships.” Hierdie “onbewuste” oordrag dra by tot die feit dat die
mites ook deur die ontvangers as ’t ware “onbewustelik” aanvaar en
geïnternaliseer word en later in die “diepste van hul gemoed” (sien die “Woord
vooraf”) geglo word.
1
Alle verdere kursiverings in hierdie hoofstuk is my eie tensy anders vermeld.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
93
Bogenoemde sosialiseringsproses staan nie los van ’n ander proses waardeur
mites soos dié van die verbondenheid tussen Afrikaans en die Afrikanervolk tot
stand kom nie, maar hou waarskynlik verband met wat ook in hoofstuk 2 beskryf
word as die werkinge van die sogenaamde “kollektiewe onbewuste” en die
manifestasie hiervan in die ontstaan van “social complexes of an archetypal
character” (Jung 1964:70).
Binne hierdie konteks word die agtergrond vir die eerste mite onder bespreking–
dié van die verbondenheid tussen Afrikaans en die Afrikaner - vervolgens
beskou.
4.1.2 Doelwitstelling
In hierdie hoofstuk gaan daar gekyk word na die mate waarin Afrikaans as
mitiese bindingsmiddel in Afrikanernasionalisme meegewerk het om rigting
en sin te gee aan die nasionale en groepstrewes van Afrikaanssprekende
“Afrikaners” sedert 1875, maar veral in die eerste vyftig jaar van die
twintigste eeu.
Die doelwit van die hoofstuk is voorts om vanuit ’n agterna-perspektief te bepaal
of die mite waarna verwys sal word as die “mite van die verbondenheid tussen
Afrikaans en die Afrikaner” werklik as ’n lewende mite bestaan het en, indien wel,
hoe hierdie mite in die loop van net meer as sewentig jaar (tussen 1875 en 1948)
ontstaan het en uitgebou is en wat die impak daarvan op die taal se status en
funksies was.
Daar is reeds deur verskeie taalsosioloë, taalkundiges en (kultuur)historici en
meer onlangs ook deur taalpolitici boekdele vol geskryf oor die ontstaan en
ontwikkeling van Afrikaans (op sowel die gebied van korpusontwikkeling as dié
van statusontwikkeling) in die ongeveer drie en ’n halwe eeue na die koms van
die Nederlanders na die Kaap van Goeie Hoop. Dit is ’n haas onbegonne taak
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
94
om met al dié geleerdes as ‘t ware in gesprek te tree in die loop van hierdie
studie. Daar word wel na baie van hulle verwys en waar nodig vir die argument
word hulle standpunte weergegee.
Dit moet ook hier gestel word dat, nadat die eerste konsep van hierdie hoofstuk
reeds voltooi was, die omvattende werk van Giliomee oor die Afrikaners die lig
gesien het. Daar sal in die loop van hierdie studie dikwels na Giliomee se werk
verwys word, maar dit het nie as primêre naslaanbron gedien vir die insigte wat
in hierdie hoofstuk bereik word nie.
Die doel van die hoofstuk is dan om
•
Die kronologiese verloop van die ontstaan en vestiging van die mite
onder bespreking, nl. dié van die verbondenheid tussen Afrikaans en die
Afrikaners, in die bykans vyf-en-sewentig jaar tussen 1875 en 1948 weer
eens onder oënskou te neem met die oog op latere afleidings en
gevolgtrekkings;
•
Enkele stemme uit die tydperk onder bespreking aan die woord te
stel, soos onder andere die skryfster M.E.R., uit wie se eie woorde en
kommentaar die proses van miteskepping rondom Afrikaans en die
Afrikaner duidelik afleibaar is.
4.1.3 Werkwyse vir hoofstuk 4
Verskeie primêre bronne uit die tydperk onder bespreking is nagegaan en
relevante stof in verband met miteskepping is aangeteken. Sekondêre bronne,
dit wil sê bronne waarin daar kommentaar gelewer word oor dieselfde tydperk, is
ook geraadpleeg. Sommige van die laasgenoemde bronne lewer self
kommentaar op die miteskepping in die tydperk, maar daar is ook bewyse dat
sommige van die sekondêre bronne op hulle beurt weer miteskepping in die
hand gewerk het (vgl. o.a. die Nienabers se werk, Die Opkoms van Afrikaans as
Kultuurtaal, later in hierdie hoofstuk).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
95
Die resultaat van die ondersoek behoort stof te lewer wat reeds aan kenners van
die taalhistoriese agtergrond van Afrikaans bekend is. Die wins is egter dat die
klem deurgaans op miteskeppende elemente val, soos onder meer:
o Metaforiek en woordkeuses wat miteskeppend werk (bv. vroom, edel,
dapper, helde, heiligdom en so meer);
o retoriese middele (bv. herhaling, retoriese vrae, ens.), en
o sintaktiese middele (plasing van belangrike miteskeppende elemente in
sleutelposisies in die sin).
Die wyse van miteskepping is nie die oogmerk van dié ondersoek nie, maar wel
die feit van miteskepping, op watter wyse dan ookal. Laasgenoemde feit word
deurgaans beklemtoon deur die kursivering van miteskeppende frases en
middele. Soos reeds genoem, is kursivering deur die loop van die hoofstuk my
eie, tensy anders vermeld. Die kursivering dien die spesifieke doel om
miteskepping eksplisiet aan te toon. Hierbenewens word die kommentaar van
outeurs wat oor die tydperk berig ook gekursiveer indien daar eksplisiet of
implisiet deur die betrokke outeurs na miteskeppende prosesse verwys word.
Enkele afleidings word aan die einde van die hoofstuk gemaak. Vollediger
kommentaar oor die impak van die betrokke mite en dié van die mite oor
Afrikaans as verdrukkerstaal (hoofstuk 5), asook oor die neerslag van dié mites
binne bepaalde (Suid-) Afrikaanse taal-en kultuursisteme (hoofstuk 6) word egter
eers in hoofstuk 7 gegee.
4.2
Agtergrond vir 14 Augustus 1875
4.2.1 Boere en Afrikaners
“Afrikaners” (en sy variant “Boere”) is terminologie wat reeds voor 1875 in
gebruik was.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
96
Fouché 1914 (aangehaal deur Steyn 1980:108) haal voorbeelde uit die briewe
van W. A. van der Stel aan die begin van die 18de eeu aan die Here XVII aan
waarin die goerwerneur verwys na die “boere wat kla” en die “lompe schoften
van boeren.” Dit volg uit ’n klagskrif van die Kaapse vryburgers oor wat beskou
is as Van der Stel se wanbestuur en korrupsie. Fouché se standpunt is dat die
vryburgers bygedra het tot die “politieke selfbewussyn van die Afrikanervolk”
en voeg by:
Wanneer Van der Stel honend zijn tegenstanders uitkrijt voor ‘boeren’,
beseffen wij, dat deze scheldnaam geen stand of klas bedoelt; hij
bestempelt een natie. Een nieuw-geboren volk heeft hier zijn naam
ontvangen.
Steyn (1980:108) wys daarop dat J. du P. Scholtz nie volkome saamstem met
Fouché se standpunt nie. Scholtz (1969:14) huldig volgens Steyn die siening dat
Afrikaans nooit “uitsluitend ’n boeretaal” was nie en die Afrikaners nooit
“uitsluitend ’n boerevolk nie”. Tog lyk dit asof die eerste verband tussen “Boer”
en “Dutch colonist” (Scholtz 1969:14) sy oorsprong so vroeg as die begin van die
18de eeu het.
Wat betref die benaming Afrikaner is hierdie naam in die sewentiende eeu vir
boorlinge van Afrika gebruik. J. du P. Scholtz (1975) maak melding van ’n
argiefstuk waarin daar in 1768 verwys word na ene Andries as “een slaaven
jongen … dewelken een africaner is”. Die implikasie is hier dat genoemde
Andries nie ’n “Dutch colonist” of nasaat van laasgenoemde groep is nie, maar ’n
slaaf (waarskynlik gekleurd), wat in dié land gebore is. (In hierdie geval is
africaner dus waarskynlik niks anders nie as ’n vertaling vir die Engelse African
– ’n (gekleurde) persoon van Afrika-afkoms – AMJ.)
Van Jaarsveld (1961:10) wys daarop dat wit mense aan die Kaap in die
sewentiende eeu “koloniste” genoem is, terwyl die terme “Afrikaan” (“African”),
“Africaander” en “Africaaner” na die gekleurde inboorlinge van die Kaap verwys
het. Eers sedert die begin van die 18de eeu is daar ’n nuwe inhoud aan dié
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
97
begrip gegee, toe daar in ’n gedrukte dokument sodoende verwys is na wit
koloniste wat in Suid-Afrika gebore is om hulle te onderskei van Hollanders en
Franse wat in Europa gebore is. Daar is ook deur reisigers na die Kaap
opgemerk dat die wit koloniste aan die Kaap wat nie Engelssprekend was nie,
maar van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms, hulleself “Africaanders” begin
noem. Van Jaarsveld merk op dat hierdie groep reeds ’n eie gemeenskap
gevorm het, wat ander karaktertrekke openbaar het as dié van hulle
Nederlandse, Duitse en Franse voorouers:
By the beginning of the 19th Century, the name ‘Africaander’ or Afrikaner
was in general use among the White colonists to identify themselves as a
group… They were rather like a big family. The 18th Century was the
period in which they were firmly forged together and in which their
characteristics were strongly developed (1961:10).
Giliomee (2003:217-218) onderskryf grootliks bostaande uiteensetting, deur die
term te verduidelik as aanvanklik verwysende na slawe wat in Afrika gebore is en
dié se nageslag, asook na vry swartes en Khoisan, maar later hoofsaaklik
gereserveer vir burgers en koloniste van Nederlandse, Duitse en Franse afkoms.
Maar die term was nog elasties en in sommige kringe het die verwagting geheers
dat die term later na sowel koloniste uit die Dietse en Franse wêreld as na dié
van Britse afkoms sou kon verwys.
Descent, not language, was the defining characterictic (Giliomee
2003:217).
Die historikus, G.D. Scholtz, meld dat daar teen die jaar 1810 31 194 Afrikaners
aan die Kaap was en teen 1854 in die land as geheel (dus in die Kaapkolonie en
die binneland tesame) ongeveer 150 000 (Scholtz 1970:31-36). Hierdie
toename in die Afrikaanse bevolking word hoofsaaklik toegeskryf aan ’n proses
van natuurlike bevolkingsaanwas, omdat die Afrikaanse gesinne “kinderryk” was
(Steyn 1980:124). Inbegrepe by hierdie “Afrikaanse gesinne” sou natuurlik ook
nog etlike individuele Nederlanders wees wat in die negentiende eeu na Suid-
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
98
Afrika geïmmigreer het en hulle by die Afrikaanse gemeenskap aangesluit het.
So word in Het Volksblad van 26 Julie 1881 verwys na die gebruik van
“Afrikaander” en “Dutchman” deur ’n Engelse blad as feitlik sinoniem (Steyn
1987:15).
’n Duidelike verandering tree met verloop van tyd in die definisie van “Afrikaner”
in, en in 1847 skryf die Trekkerleier, Andries Pretorius, die volgende: “Daar ik
nooyd sullen ophouden (een) Afrikaander te zyn kan ik niet zwygen wanneer ik
myne land(genoten) sien dwaalen…” (Van Schoor 1963:97, aangehaal deur
Steyn, 1987:14). In die loop van die negentiende eeu moes daar ’n geleidelike
herdefiniëring van die term Afrikaner gewees het. Hoewel dié term nog steeds
verwys het na iemand wat op Afrikabodem gebore is, het daar ’n geleidelike
betekenisverskuiwing ingetree sodat dit teen 1847 nie meer na (gekleurde)
boorlinge van Afrika verwys het nie, maar na die nageslag van die Nederlandse
koloniste wat “Hollands” en gaandeweg “Afrikaans” as taal gehad het. ’n Groot
groep van hierdie “Afrikaners” het hulle bowendien met die “Trekker-ideale”
vereenselwig, waarvan een van die oorheersendste die begeerte was om
onafhanklik te leef van die Britse bewind aan die Kaap (in ooreenstemming met
die mite van vryheid en onafhanklikheid van Brittanje).
Baie Afrikaners wat in die aanloop tot 1875 steeds in die Kaapkolonie onder
Britse heerskappy geleef het, het hulle in baie gevalle sterk met die lot van die
Voortrekkers vereenselwig en bv. geld en lewensmiddele ingesamel vir die
slagoffers van die Zoeloe-moorde in Natal en Piet Retief verdedig teen aanvalle
deur The African Commercial Advertiser wat hom ’n “madman” genoem het
(Steyn 1980:134). Steyn wys daarop dat die gevoel van bloedverwantskap baie
bygedra het tot die nasionale ontwaking van die Afrikaners, en haal in dié
verband vir Fishman (1977:18) aan:
‘Kinship’ is the basis of the felt bond to one’s own kind. It is the basis of
one’s solidarity with them in times of stress. It is the basis of one’s right to
presume upon them in times of need.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
99
Die Paarlse “Patriot-Afrikaners” het mettertyd ook die belange van die Afrikaanse
taal steeds sterker op die hart gedra en veral om hierdie rede hulleself in 1875 as
Regte Afrikaners (of “Afrikaanders”) bestempel.
Daar moet ook hier gemeld word dat, volgens Steyn (1987:14,15), die term
Afrikaner in die 1880-erjare en tot en met die 1930-erjare dikwels “in toespraaken hoofartikel-politiek” ook in ’n breër betekenis gebruik is. Steyn verwys onder
andere na ’n hoofartikel in Ons Land van 25 Mei 1899, waarin Afrikaner
beskryf word as “iemand die Zuid-Afrika als zijn vaderland erkent en liefheeft”, en
waar “ras” of nasionaliteit nie so deurslaggewend is nie as “de toets of ZuidAfrika zijn vaderland, zijn ‘home’ is”. Hierdie breër definisie vind ook baie
interessante neerslag in die “Hertzogtoesprake” (Deel 2,166-67) waarvolgens
genl. Hertzog in ’n toespraak oor die taalstryd in 1911 gesê het dat
“Hollandssprekendes” wel “in ‘t eerste gelid der Afrikaners” staan, maar dat daar
ook (op die aand waartydens die betrokke toespraak gelewer is) Afrikaners
teenwoordig is “wier moedertaal Engels is.” (Die afleiding hier sou kon wees dat
betekenisverskuiwings soms doelbewus geïnisieer kan word.)
In die loop van die twintigste eeu het die gebruik om onder sekere voorwaardes
ook na mense met Engels as moedertaal as “Afrikaners” te verwys, egter
vervaag. Andersyds is daar volgens Steyn (1987:15) sedert die 1960-erjare
pogings aangewend om “die betekenis van Afrikaner so uit te brei dat dit alle
Afrikaanssprekendes, dus ook gekleurde Afrikaanssprekendes insluit.” Steyn se
slotsom is egter dat “die algemeenste betekenis van Afrikaner nog altyd wit
Afrikaanssprekende (is)” en dat dit dan ook die betekenis is wat daaraan geheg
word “wanneer ons van Afrikanernasionalisme praat.”
Van Jaarsveld verwys na die veeboer-pioniers op die grense van die
Kaapkolonie as ’n groep wat geleidelik hulle eie identiteit ontwikkel het, met as
simbole die wa, die os, die geweer en die perd – almal landelike simbole wat
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
100
meegewerk het tot die benaming “Boer” as latere sinoniem vir die Afrikaner
(1961:11). Volgens Van Jaarsveld is karaktertrekke soos onafhanklikheid,
handigheid, koppigheid en volharding en vryheidsdrang gevorm deur die isolasie
van die groot plase en die groot oop ruimtes. Hy wys verder daarop dat die
pioniers ook ’n spesifieke geloof aangehang het, nl. dié van die Calivinistiese
Protestantisme, en dat hieruit gevolg het die diepgewortelde konsep van
“Christen” teenoor “heiden”, wat geleidelik sinomiem geword het met “Europeër”
teen “nie-Europeër”. (Hierdie onderskeiding wat so vroeg reeds deur die wit
pioniers gemaak is, verklaar waarskynlik ten dele die diepgewortelde
kleurvooroordeel van die latere Afrikaners – AMJ.)
4.2.2 Historiese gebeure voor 1875
Tussen 1652 en die einde van die agtiende eeu het Nederlands of HoogHollands min werklike kompetisie as hoëfunksietaal aan die Kaap gehad
(behalwe moontlik op grond van getal sprekers van Portugees), hoewel die
spreektaal geleidelik “krom Hollands” of Afrikaans begin word het. Franse en
Duitse immigrante in die laat-sewentiende en agtiende eeu se tale het om
verskeie redes – waaronder ’n doelbewuste beleid van taalassimilasie, klein
getalle sprekers en ondertrouing met Nederlanders - nie werklike kompetisie
gebied nie en taalassimilasie met Nederlands het meestal plaasgevind (Steyn
1980:111-113).
Gebeure in Europa, waar Brittanje groter status as Nederland begin kry het en
waar die oorlog tussen Brittanje en Frankryk daartoe aanleiding gegee het dat
Brittanje in 1795 die Kaap vir strategiese redes verower het, het egter ’n impak
op die Kaapse geskiedenis gehad. Na ’n kort tydperk van hernude Bataafse
bewind het die Kaap in 1806 weer in Britse hande geval. Nederlands (en “Krom
Hollands”) moes nou vir die eerste keer meeding met ’n sterk koloniale en
handelstaal. Verder het Afrikaans aan die begin van die negentiende eeu nie
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
101
hoë aansien geniet nie en is dit beskou as ongeskik as kultuurtaal (Steyn
1980:119 -120).
Die koms van die Britse Setlaars in 1820 het vanselfsprekend ’n verdere impak
gehad op die verengelsing van die Kaap; hoewel daar natuurlik in baie gevalle
weerstand hierteen gebied is. In die hoë taalfunksies is die verengelsing
uiteraard aangehelp deur die doelbewuste verengelsingspogings van Lord
Charles Somerset. Sy voorgangers het egter ook reeds toegesien dat “Engels in
die staatsadministrasie die alleenheerskappy toegewys is” (Nienaber & Nienaber
1958:10). Etlike voorbeelde van hierdie “alleenheerskappy” van Engels in die
Kaapse regering in die negentiende eeu word verderaan (1958:11-13) gegee:•
Sir John Cradock bepaal in 1813 dat “Engels-onkundiges” Engels moet
aanleer en dat die land eentalig regeer moet word, “aangesien die
beginsel van vertaling vreemd is aan alle doeltreffende uitvoering van
landsake”;
•
In 1822 proklameer lord Charles Somerset die regbank eentalig Engels;
•
Vir die Hollandse gemeentes word Skotse leraars van die Presbiteriaanse
kerk ingevoer en gaandeweg word preekdienste hoofsaaklik in Engels
waargeneem;
•
Somerset vervang die ou Hollandse sg. “kosterskole” deur gratis Engelse
staatskole, hoewel daar in 1839 die toegewing gemaak word dat Hollands
ook ’n “klein plekkie” in hierdie staatskole ontvang. Met inspeksies in die
skole is egter hoofsaaklik kennis van Engels getoets.
Ten spyte van bogenoemde maatreëls was daar sekere bepalende faktore wat
die Afrikaners in die eerste dekades van die negentiende eeu van grootskaalse
verengelsing gered het. Steyn (1980:130) verwys na die feit dat baie Afrikaners
(waarskynlik veral in die uitgesterkte plattelandse gebiede en in die Bo-Kaap,
waar die Maleiers veral gewoon het) steeds eentalig was en dat Engels selfs in
groot dele van die Kolonie nooit gehoor is nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
102
Verder het Afrikaanse gesinne, soos reeds genoem, heelwat kinders gehad en is
die posisie van Afrikaans uiteraard deur die toenemende getal Afrikaners
versterk.
Politieke gebeure het ook aanleiding gegee tot die Groot Trek, waarvan die
amptelike aanvangsjaar 1938 is. Die Groot Trek kan beskou word as ’n
georganiseerde migrasie van Afrikaners na die binneland van die latere Vrystaat
en Transvaal. Sodoende is die Afrikaans van die Kaapse burgers, en veral die
Oosgrensboere, gaandeweg oor ’n groter geografiese gebied versprei.
Kwantitatief het Afrikaans dus gegroei, maar die taal het nog mank gegaan aan
wat beskou kan word as kwalitatiewe gebreke.
Afrikaans sou ontwikkel moes word tot volwaardige kultuurtaal en daarmee saam
sou die Afrikaners hulleself ook polities moes mobiliseer om taalverplasing te
voorkom. Intussen het die status van Afrikaans aan die Kaap egter verswak.
Von Wielligh (1922:3) meld dat Afrikaners wat in 1870 amptenare in Afrikaans
aangespreek het, as antwoord gekry het “Speak English!” Binne hierdie klimaat
word die G.R.A. gestig.
Du Toit (1987) maak ’n ontleding van Kaapse dokumente met taal, religie en
nasionaliteit as onderwerp in die tydperk 1824-1886. Volgens Du Toit
(1987:65,66) dien ’n sogenaamde nasionalistiese raamwerk gewoonlik as
uitgangspunt vir standaardweergawes van die Afrikaanse taalbewegings:
Hiervolgens (vanuit die “nasionalistiese raamwerk” – AMJ) is die
Afrikaanse etniese groep vanaf die begin van die 19de eeu gekonfronteer
met Britse pogings om ’n sistematiese beleid van verengelsing op hulle af
te dwing. Dit het uiteraard toenemend die Afrikaanssprekendes gegrief en
is al meer deur hulle verwerp, ’n proses wat uitgeloop het op die stigting
van die Genootskap van Regte Afrikaners en die oprigting van Di Patriot,
en sodoende uitdrukking gegee het aan dit wat eintlik deurentyd die
onuitgesproke waardes en betrokkenheid van die Afrikaanse groep was.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
103
Du Toit vind egter in sy ontleding van die genoemde dokumente ’n tendens wat
hy beskryf as ’n “verrassende patroon” wat dui op ’n besliste afwyking t.o.v. die
sogenaamde nasionalistiese raamwerk. In breë trekke kom dit daarop neer dat
daar in die twintiger- en vroeë dertigerjare van die negentiende eeu, toe die
verengelsingsbeleid aan die Kaap hoogty gevier het, slegs beperkte verset teen
genoemde beleid was. In die vyftigerjare, daarenteen, toe die
verengelsingsbeleid minder heftig was, was daar meer bemoeienis met
“kwessies van taal, religie en nasionaliteit” (1987:66). Die konsensus in die
vyftigerjare, toe daar uitgebreide debatte oor genoemde onderwerpe was, was
dat Engels uiteindelik wel sal seëvier. Teen die sewentigerjare word Afrikaans
egter weer as ’n moontlike opsie gesien en terselfdertyd word daar vir die eerste
keer “partye” gevind wat “op grondslag van taal en etniese kwessies
gemobiliseer word, met verreikende politieke implikasies” (1987:66).
Du Toit kom dan tot die gevolgtrekking dat die nasionalistiese raamwerk nie
voldoende verklaring bied vir die afwykende patroon nie, en dat daar eerder
binne ’n historiese raamwerk na die diskoers rondom taal, religie en nasionaliteit
in genoemde tydperk gekyk moet word. Hy ontleed die historiese gebeure tussen
1824 en (vir hierdie doel) 1875 soos volg (1987:67-69):
•
In die twintigerjare, met die doelbewuste verengelsingsbeleid van die
Britse koloniale regeerders, het die staat nog oor beperkte middele beskik
en die beleid het nie ’n groot impak op die sosiale en kulturele lewe van
die Afrikaanse gemeenskap gehad nie;
•
In die vyftigerjare is verteenwoordigende regering ingestel. Daar was ook
’n uitbreiding van die infrastruktuur van die land in die vorm van beter
hawes en paaie na die binneland. Die onderwys en kerlike lewe is
georganiseer en het ’n binnelandse pers tot stand gekom. Daar was ook
in die vyftigerjare ’n sterk ekonomiese opbloei. Al die genoemde faktore
verklaar die groter betrokkenheid in die vyftigerjare met kwessies van taal,
religie en nasionaliteit;
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
104
•
In die sestigerjare toe op die ekonomiese opbloeifase ’n lang en ernstige
depressie gevolg het, was daar weer ’n afname in betrokkenheid oor
genoemde onderwerpe;
•
In die sewentigerjare vind weer eens ’n kwalitatiewe politieke verandering
plaas deurdat verantwoordelike bestuur ingestel word. Terselfdertyd was
daar ’n sterk ekonomiese opbloei nadat diamante ontdek is en spoorweë
gebou word. Vir alle betrokkenes was daar nou ekonomies en polities
meer op die spel.
Du Toit se afleidings t.o.v. die verband tussen die gemeenskap se betrokkenheid
by o.a. taalkwessies en bogenoemde historiese gegewens, kan moontlik lig werp
op enkele fasette van die wisselwerking tussen taal en ideologie.
In die twintigerjare en dertigerjare is Engels ten spyte van die
verengelsingsbeleid nie as ’n wesentlike bedreiging gesien het nie. Engels was
wel die taal van die staat, maar Nederlands/Afrikaans was die taal van gesin,
kerk en samelewing. Voorstelle van owerheidskant om Engels ook die taal van
die gemeenskap te maak, is volgens ’n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan van 12
Oktober 1832 gesien as die eise van “so many petty tyrants” (Du Toit 1987:68).
Toe Engels egter teen die vyftigerjare begin het om ook die kerklike en
gesinslewe binne te dring, het twee stelle kontrasterende opvattinge volgens Du
Toit na vore gekom, waarvan die eerste gegaan het oor die aard van die
ontwikkeling self. Ook hieroor was daar twee kontrasterende sienings:
1. Die siening dat die meer volledige indringing van Engels ook in die
private, sosiale domeine onafwendbaar is en dat verengelsing ’n
“natuurlike” sosiale proses is;
2. Die siening dat hierdie proses geensins ’n natuurlike een is nie, maar
een van doelbewuste inmenging deur die staat. Laasgenoemde
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
105
proses is omkeerbaar, maar die konsensus in die vyftigerjare was dat
die prys in linguistiese en etniese konflik dan te hoog sou wees.
Die tweede opvatting het gehandel oor die kwessie van taal as sodanig.
Reeds in daardie stadium is ingesien dat taal verskillende funksies verrig,
enersyds as instrument wat neutraal is en as sodanig die middel tot doelwitte
wat te make het met politiese, morele en religieuse kwessies. Taal is nie ’n “doel
op sigself nie”, maar vervul slegs ’n pragmatiese funksie. Andersyds egter was
daar ’n minderheidsopvatting wat taal gesien het as “die medium vir ons denke
en konstitutief vir ons begrip”. Kulturele en religieuse waardes van ’n groep is
volgens hierdie beskouing ingebed in die taal self en besluite oor taalvoorkeur en
taalverandering kan nie slegs op pragmatiese gronde geneem word nie. Die
gebeure in die sewentigerjare van die negentiende eeu (en die besluit oor die
stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners – AMJ) moet volgens Du Toit
teen die agtergrond van laasgenoemde siening beoordeel word (1987:69):
Taal en nasionaliteit word nou die basis vir politieke mobilisering ten einde
beheer te verkry oor die regering as hoofmiddel tot die strukturering van
die samelewing en die staatsbestel. Terwyl daar in die vyftigerjare van die
19de eeu nog ’n konsensus was dat taal- en etniese konflikte te verdelend
sou wees, word taalpolitiek nou ’n sterk mag en word taal en nasionaliteit
steutelkwessies in die openbare beleid.
4.3
14 Augustus 1875: Die begin van die mite
Soos vroeër genoem, het Afrikaans as taal kwantitatief gegroei in die eerste
sewe dekades van die negentiende eeu, maar moes die taal as kultuurtaal
ontwikkel word om status te kon geniet, ook onder die eie sprekers daarvan.
Die amptelike begin van hierdie poging word deur sommige (miteskeppers?)
gesien as die stigting van die G.R.A. Om hierdie rede kan 14 Augustus 1875
gesien word as die aanloop tot die mite van Afrikaans as die taal van die “Regte
Afrikaners”.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
106
Soos in hoofstuk 2 hierbo genoem, beskou Campbell (in Flowers 1988:5) mites
as “stories of our search through the ages for truth, for meaning, for
significance.” Elke storie het die een of ander begin, al is dit dan in die geval van
’n sprokie “Eenmaal, lank, lank gelede…” Soos die sprokie, wat in sy “onskuld”
sekere waarhede wil oordra, was die oordrag van die G.R.A.-storie aan
Afrikaanse skoliere op skool sekerlik ook daarop gerig om die mite van Afrikaans
en die “Regte Afrikaners” as singewende waarheid te help vestig.
Die storie van Afrikaans as die taal van die “Regte Afrikaners” begin volgens
hierdie betoog in die Paarl in 1875.
Die neerslag van die mite van Afrikaans as die moedertaal en nasionale
bindingsmiddel van die Afrikaner vind ons ongeveer tagtig jaar na die stigting van
die G.R.A. terug in die volgende uitspraak van Nienaber & Nienaber (1958:20):
Hulle (die Afrikaners – AMJ) moet eers bewus gemaak word van die
eenvoudige waarheid dat Afrikaans hulle moedertaal is (skrywers se
kursivering). Bekerings- en oortuigingswerk moet vooraf verrig word – en
soos dit altoos met groot hervormingsbewegings die geval is, sal een of ’n
paar intellektueles ’n beter begrip van die reddingsmiddels hê en as
hartstogtelike pleitbesorgers vir die nuwe saak optree. Daar moet dus
eers leiers kom wat ’n duidelike visioen kry en dissipels vir die ideaal werf.
Dit is dus duidelik dat die Nienabers bewus was van die storie (soos hierbo) en
dat hulle self ook mitiese elemente daaraan toegevoeg het, soos bv. dat
“bekerings- en oortuigingswerk” nodig was voordat die intellektueles as
“hartstogtelike pleitbesorgers” in staat was om die volk te oortuig en sodoende
“dissipels” vir hulle ideaal te werf.
Alle uitsprake van die Nienabers getuig dus myns insiens van die impak van die
betrokke miteskepping in hulle eie lewe, maar ook van die wyse waarop hulle self
weer miteskeppend te werk gaan.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
107
Hierdie “intellektueles”2, “hartstogtelike pleitbesorgers” en “leiers” met ’n
“duidelike visioen” kan gelykgestel word aan die “miteskeppers” na wie in
hoofstuk 2 verwys is, terwyl hulle self ook mitiese figure word.
Nienaber & Nienaber 1958 se beskrywings (1958:20-22) van dr. Arnoldus
Pannevis (1838-1884) en van C.P. Hoogenhout (1843-1922) roep die beelde van
“miteskeppers” maar ook van mitiese figure in eie reg sterk op, hoewel die
skrywers nie as sodanig na die twee taalstryders verwys nie. Die relevante
woordgebruik word kursief aangedui (sien “Werkwyse” hierbo):
(Pannevis) was Nederlander van geboorte, ’n groot kenner van die
klassieke en verskeie moderne Europese tale en ’n geleerde wat deur ds.
S.J. du Toit geroem is as die grootste taalkundige wat Suid-Afrika gehad
het. Pannevis was baie godsdienstig. Hy het hulle (C.P. Hoogenhout en
S.J. du Toit – AMJ) se oë oopgemaak vir die goeie reg van Afrikaans as
kultuurtaal, en hulle aangevuur om daarvoor in die bresse te tree.
Casper Peter Hoogenhout (1843-1922) is ook ’n Hollander. Die vrome
Pannevis het hom nie alleen gehelp om sy onderwyserseksamen af te lê
nie, maar onder Pannevis se invloed het Hoogenhout ook tot bekering
gekom. In later jare het Hoogenhout hom gedenk as sy ‘dierbaarste
vriend op aarde’. In gesprekke met Pannevis het die jong onderwyser hom
van sy vooroordele ten opsigte van Afrikaans kon ontdoen en hy het toe ’n
ywerige voorstander geword. As dertigjarige bring hy die bewys van sy
geloof in en entoesiasme vir die jong Boeretaal…
(Weer eens is dit interessant om daarop te let dat die twee Nienabers hier bydra
tot die mitologisering van hierdie eerste “taalstryders” se karakters en rolle, maar
dat die skrywers terselfdertyd ook as miteskeppers optree – AMJ.)
2
Ana Deumert lewer op 5 Februarie 2004 ’n referaat (gereël deur Vic Webb) aan U.P. oor haar
navorsing rondom die standaardiseringsgeskiedenis van Afrikaans. Deumert het onder meer die
private korrespondensie van ongeveer 137 ondersoekpersone in die laaste dekades van die
negentiende eeu as navorsingsbron gebruik en data versamel oor genoemde persone se
voorkeur vir Nederlandse of Afrikaanse vorme. ’n Interessante brokkie inligting is dat persone wat
in hulle persoonlike briewe voorkeur gee aan Afrikaanse vorme eerder as aan Nederlandse
vorme jonk, geleerd en entoesiastiese Afrikaner-nasionaliste is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
108
Hoewel Pannevis volgens Nienaber & Nienaber die “vader van die Afrikaanse
Beweging” genoem kan word en veral die wenslikheid van die Bybel in Afrikaans
as ideaal voorgehou het, was hy nie teenwoordig by die stigtingsvergadering van
die G.R.A. nie. Moontlik was hier ’n botsing van belange omdat Pannevis, soos
genoem, as dryfveer vir die Afrikaanse beweging die vertaling van die Bybel in
Afrikaans voorop gestel het.
Du Plessis (1986:37-49) beskryf die tydperk van 1872-1878 in die geskiedenis
van die Afrikaanse taalbewegings onder die opskrif die
“Bybelvertalingsbeweging” en wys op die uiteindelike mislukking van dié
beweging. In ’n latere hoofstuk (hoofstuk 6), oor onder andere die wisselwerking
tussen die historiografie van Afrikaans en mites rondom Afrikaans, verwys ek
weer na Du Plessis se standpunt dat die “hele GRA-verering berus op valse
aannames” (1986:48). Kennis word intussen geneem van teenargumente teen
die G.R.A.-beweging as die werklike “Eerste Afrikaanse Taalbeweging” en
bowendien van 14 Augustus 1875 as die begindatum van genoemde
taalbeweging.
Interessant genoeg is hierdie datum deur Pannevis self teengestaan in ’n brief
aan De Hollandsche Afrikaan, 22 Augustus 1883, waarin hy betoog dat sy eie
eerste skrywe in verband met die Afrikaanse Bybelvertaling op 7 September
1872 die begin van die Eerste Beweging inlui (Von Wielligh 1922:37, aangehaal
deur Van Rensburg, 1989:95):
Want van het eerste begin van de Beweging af was ik daar ten nauwste in
betrokken en ten alle tijde is het lot der volkstaal mij een onderwerp van
hoge belangstelling en opmerkzaamheid geweest; ook heb ik van die
voorgevallende gepaste aantekeningen gehouden, zodat men naar de
mens gesproken van mij de zuivere waarheid omtrent dit punt kan
verwachten.
Teenoor Pannevis se belangrikste oogmerk, nl. om Afrikaans “gereed te maak”
en te begin standaardiseer vir die vertaling van die Bybel daarin, het die G.R.A.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
109
veel eerder “’n nasionale beweging beoog, met die taalstryd as die vernaamste
terrein van aksie in die begin.” (Nienaber & Nienaber 1958:27).
Die rede vir die voortgesette keuse van 14 Augustus 1875 as die mitiese
beginmoment van die storie van Afrikaans en die Afrikaner, is veral die voorkoms
van besliste mitiese elemente in die volgende uittreksels uit die manifes van die
G.R.A. (Nienaber & Nienaber 1958:30) wat hulle in die vorm van ’n “Ope Brief”
aan die publiek uiteensit. Nienaber & Nienaber meen dat die G.R.A.-lede in
hierdie ope brief “hulle belydenis van hulle nuwe liefde aflê, met skriftuurlike
bewyse die goeie reg van hulle saak verdedig en om ondersteuning vra.”
Elke poging, al is dit nog so swak, om ons moedertaal, wat ons dierbaar
en heilig is, te bewaar en te verdedig, sal ons voorstaan en bevorder so
lank as ons leef… En wat gaan ons dan maak? … Regte Afrikaners, ons
roep julle op om saam met ons te erken dat die Afrikaanse taal ons
moedertaal is wat ons Liewe Heer vir ons gegee het; om saam met ons te
staan vir ons taal deur dik en dun; en nie te rus nie vóórdat ons taal in alle
opsigte algemeen erken is as die volkstaal van ons land…
Dié miteskeppende gesprek word voortgesit in ’n hoofartikel in De Zuid-Afrikaan
van 15 Januarie 1876 wat saamval met die eerste aflewering van Di Afrikaanse
Patriot (Nienaber & Nienaber 1958:31):
So moes meer as een Afrikaner wat verstand en gees het, stilbly, omdat
hy geen taal het waarin hy hom kon uitdruk nie. En die Hollandse of
Engelse taal wat hy daartoe wou gebruik, kom hom net so sleg te pas as
Saul se wapenrusting vir Dawid (vgl. 1 Samuel 17 – AMJ). Nee, jonge
Afrikaners! Gooi nou weg die vreemde wapenrusting van Dawid… Ja,
nou kan elke Afrikaner skrywe wat hy wil in sy eie taal…
Dit behoort in die lig van bogenoemde aanhalings duidelik te wees waarom daar
vir die doel van hierdie ondersoek steeds betoog word dat 14 Augustus 1875 die
begin van die “storie van Afrikaans en die Afrikaner” verteenwoordig.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
110
4.4 Die vaslegging van die mite (1875-1900)
Steyn (1980:138) wys daarop dat die G.R.A. baie vyande gehad het. Onder
andere het ds. J.H. Hofmeyr van Somerset-Oos beweer dat die Patriot oproer
teen die regering verkonding. Die verengelste hoofregter J.H. de Villiers het van
Afrikaans gesê:
Poor in the number of its words, weak in its inflections, wanting in
accuracy of meaning and incapable in expressing ideas connected with
the higher spheres of thought, it will have to undergo great modification
before it will be able to produce a literature worthy of the name (aangehaal
in G.D. Scholtz 1974:278).
Die anneksasie van Transvaal deur Shepstone in 1877 het volgens Steyn nie
slegs ’n nasionale gevoel by die Afrikaners laat ontwaak nie, maar ook ’n sterker
taalbewustheid. Dit hou volgens hom verband met die aspek van taalbewegings
wat daarop neerkom dat “geskrifte wat draer is van die ideale en behoeftes van
die bevolking ook ’n nuwe band skep met die taal waarin dit opgestel is”
(1980:139). Die De Zuid-Afrikaan van 6 November 1880 verdedig op hierdie
stadium Die Afrikaanse Patriot in mities-gelaaide woorde deur te beweer dat
“Die Patriot snaren heeft doen trillen van naar nationale uiting smachtende
Afrikaanders” en dat dit die rede is “dat het blad zoo grooten opgang maakt
onder het volk.”
Dit herinner aan die uitspraak van Campbell (Flowers 1988:23) in hoofstuk 2:
[…] there is the mythology that is […] sociological, linking you to a
particular society. You are not simply a natural man, you are a member of
a particular group. (Vergelyk ook Fishman se beskrwying van “kinship”
soos aangehaal in 4.2.1 hierbo.)
Cilliers (1953 ) (aangehaal in Steyn 1980:142) haal ’n uitspraak in hierdie tydperk
van ds. Du Toit aan waarin hy die verengelsing van die meisieskole in die Kaap
eweneens in mities-gelaaide taal kritiseer:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
111
Di Engelse Meisiiskole in ons land is di listigste en gevaarlikste aanslag
teen ons Moedertaal; dit verdring ons taal in di huisgesinne en vergiftig di
fontein van ons nasionaliteit … Onse dogters word daar in AmerikaansEngelse gees en taal en sede opgelei […] en vergiftig […] tot
taalverraaiers.
Afgesien van die metaforiese taalgebruik waarmee die mite van die moedertaal
as entiteit wat verraai kan word, en die huisgesin en by name die jong vrou as
draer (“fontein”) van volksbewussyn of nasionaliteit verwoord word, is dit ook
interessant om te let op die sterk verband wat daar tussen “gees, taal en sede”
getrek word en op die Bybelse taalgebruik, soos onder meer “listig” waarmee die
mite ingeklee word.
Die afleiding kan gemaak word dat uitsprake soos dié by monde van een van
hulle vooraanstaande leiers ’n besliste bydrae gemaak het tot die vestiging van
die lewende mite van die Afrikaanse taal as draer - nie net van die
nasionale strewe nie – maar ook van die kulturele en geestelike waardes
van die Afrikaner.
Na die taalbewusmakingsfase (vgl. Steyn 1980:79-81) wat waarskynlik een van
die belangrikste winste van die vroeë G.R.A.-jare was, het die stigting van die
Afrikanerbond in 1880, soos wat tradisioneel aanvaar word, die “politieke fase”
van die G.R.A. ingelui (Du Plessis 1986:51). Van hierdie fase beweer Du
Plessis dat dit “dié vooroorlogse taalbeweging (was) waar die ‘resep’ taal as
middel tot ’n politieke doel, sekerlik die beste gewerk het, en beslis die
skouspelagtigste resultate gelewer het” (1986:52). In hierdie geval vaar Du Toit
nie in sy doelwitstelling uit teen “taalverraaiers” (sien hierbo) nie, maar teen
“landsverraaiers” en kry sy betoog ’n duidelike politieke kleur. Hy stel as een van
die doelwitte met die Afrikanerbond die daarstel van ’n organisasie wat “die oog
hou op die politiek, om landsverraaiers uit die raadsaal te weer, en te sorg dat
ware vrinde van die vaderland hulle plase inneem” (Du Toit, 1882:5).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
112
Die miteskepping hier is duidelik: Afrikaners is “vrinde van die vaderland”, die
ander is “landsverraaiers”. In hierdie geval word daar ’n “breër” definisie van
“Afrikaner” gegee (vgl. die verwysing na die Hertzogtoesprake vroeër) nl. “almal
wat Afrika erken as hulle Vaderland, same woon en werk as broeders van één
huis, al is hulle van Engelse, Hollandse, Franse of Duitse afkoms…” (1882:4) en
word daar nie melding gemaak van die rol van die Afrikaanse taal as mitiese
bindingsmiddel in die bepaling van wie Afrikaners is nie. Maar uit ander
aanhalings blyk dit dat S.J. du Toit wel die Afrikaner in die handel wil vestig sodat
hy nie aan die Engelse ekonomie ondergeskik hoef te wees nie, en sy verklaarde
taalbeleid vir die Afrikaanse besighede word soos volg deur sy seun, J.D. du Toit
(Totius), weergegee (1917:217-218):
Net een ding, die Boerewinkels moet deur en deur Hollands of Afrikaans wees,
nie Engels nie…
Die mite van die verbondenheid tussen taal en “nasie” word ook bevestig in een
van die doelwitte wat deur Du Toit vir die Afrikanerbond uitspel (1882:8-9):
Die beskerming van ons Landstaal moet hoofsaak wees van so ’n Bond,
want taal en nasi is één; en di wat dit ni tot doelwit stel ni, moet liewers ni
lid worde van ons bond ni.
Du Plessis (1986:58) wys daarop dat Du Toit , alhoewel hy die waarde van
Afrikaans as propagandamiddel vir die vestiging van die Afrikanerbond hoog
aangeslaan het, versigtig was om Nederlands te negeer, en self die begrip
“landstaal” verder omskryf het deur te verklaar dat “Hollands of Afrikaans”
daardeur verstaan kon word – “daaroor hoef ons nie te strij nie.” (1917:149).
Die Afrikanerbondideaal het volgens Du Toit (1917:174) nie werklik sukses in die
Boererepublieke behaal nie omdat die Republieke reeds in die politieke
aspirasies van die Afrikaner voorsien het. Ironies genoeg word in die tydperk net
voor die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog ’n sterk anti-nasionale
gesindheid aan S.J. du Toit toegeskryf. Du Toit het nl. geweier “om met
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
113
Rhodes te breek na die Jameson-inval” en het “die skuld vir die komende
Tweede Vryheidsoorlog op die Transvaalse regering gepak.” (Steyn 1980:143).
Die karakter van Di Patriot verander van nasionaal in anti-nasionaal. Daardeur
word ook die taal wat deur die koerant gedra is, skade gedoen.
J.H.H. de Waal skryf terugskouend (De Waal 1939:64-65) dat die lesers van die
Patriot in die Eerste Vryheidsoorlog nagenoeg almal Republikeine was, maar ten
tye van die dreigende Tweede Vryheidsoorlog verwoede Imperialiste en antiRepublikeine. De Waal se uitspraak in hierdie verband onderskryf eweneens die
mite van die verbondenheid tussen die Afrikaners en Afrikaans baie sterk:
Watter vooruitsig was daar vir Afrikaans in die hande van so ’n
omgekeerde, on-Afrikaanse klas? Dis my ondenkbaar dat jy kan draai
teen jou nasie maar darem nog sy taal net so kan waardeer en bemin as
vantevore…
4.5 Die uitbreiding van die mite: Afrikanersolidariteit (1902-1915)
Volgens Nienaber & Nienaber (1958:48) was toestande in die Kaapkolonie teen
1900 baie ongunstig vir die Afrikaner en Afrikaans. Die skolewet van 1865 het
daartoe gelei dat Engels deur “opgevoede Afrikaners” gebruik is vir
briefwisseling en selfs in gesprekke.
’n Boerseun wat hom nie ‘torrerig’ wil voordoen nie, moes die Boernooi in
Engels in die openbaar aanspreek, tensy hy haar wil beledig… Die
toekoms was vir die Afrikaner so donker soos nog nooit van tevore nie.
Van owerheidsweë is alles in die werk gestel om die gebruik van Hollands
te ontmoedig en die Boerevolk los van sy tradisies en instellings te
maak…
Ook in die “twee worstelende Republieke” het Engels “al ’n houvas op baie
burgers gehad…” (Nienaber & Nienaber 1958:49).
Die implikasie van die skrywers is duidelik: die Afrikaners was teen 1900 besig
om te verengels en dit sou beteken dat “die Boerevolk” ook van sy tradisies – en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
114
sy identiteit – vervreem sou raak. Ironies genoeg was dit juis die impak van die
Anglo-Boereoorlog wat hierdie proses van verengelsing in ’n groot mate help
stuit het. Miteskeppping as ’n proses van singewing aan die “Boerevolk” se
bestaan en die kweek van ’n hernude gevoel van selfrespek het hier ’n baie groot
rol gespeel.
4.5.1 Die impak van die Tweede Vryheidsoorlog op miteskepping
I know little of the actual Peace Conference as I was not a delegate, but
the outcome was a foregone conclusion. Every representative had the
same disastrous tale to tell of starvation, lack of ammunition, horses and
clothing, and of how the great block-house system was strangling their
efforts to carry on the war. Added to this was the heavy death-roll among
the women and children, of whom twenty-five thousand had already died
in the concentration camps, and the universal ruin that had overtaken the
country. Every homestead was burned, all crops and live-stock destroyed,
and there was nothing left but to bow to the inevitable (Reitz 1983:322 oorspronklik in 1929 uitgegee deur Faber and Faber, Londen).
Die Anglo-Boere-oorlog as historiese gebeure is nie die fokus van hierdie studie
nie, hoewel die miteskepping daaromheen ’n integrale deel is van die
miteskepping rondom die Afrikaner waarmee baie Afrikaanse kinders in die loop
van die twintigste eeu groot geword het.
Ons is onder meer vertel van die legendariese ontsnappings van Christiaan de
Wet, selfs wanneer hy van alle kante omsingel was deur Britse magte, van
bekende en minder bekende oorlogshelde (terwyl daar neerhalend en
ongeskakeerd teen die “joiners” of “hanskakies” kapsie gemaak is – AMJ), van
die laakbare “Verskroeide Aarde”-beleid, van die dood van 26 000 vroue en
kinders in konsentrasiekampe, van die ingryping en liefdesdiens van Emily
Hobhouse en van Milner se hatigheid teen die Afrikaners. Etlike verhale, gedigte
en liedere het hierdie miteskepping ondersteun. Dit is duidelik waarom Leroux
(1960, aangehaal in Kannemeyer 1980:12) kan beweer dat die krag agter die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
115
mite “’n onomstootlike werkliheid (is)” en byvoeg dat “(d)ie hele verloop van
geskiedenis verander (kan) word onder die aanslag daarvan.”
Baie vrae kan na aanleiding van die afloop van die Anglo-Boere-oorlog gevra
word, maar die antwoorde bly gegrond op spekulasie. Sou die Afrikaner as
groep werklik sterker gestaan het sonder verlies van die groot aantal kinders en
vroue wat hulle lewe in Britse kampe verloor het? Indien die wrok by die
Afrikaner juis as gevolg daarvan nie so sterk was nie, sou hulle dan nie dalk
makliker met Milner se uitgesproke beleid om hulle as afsonderlike groep “tot niet
te maak” meegegaan het nie? Wat was die impak van die vlaag van
Afrikanernasionalisme as gevolg van die vergrype deur Brittanje op die verloop
van die eerste helfte van die twintigste eeu in Suid-Afika? En op Afrikaans?
Soos genoem, berus die moontlike antwoorde op hierdie vrae op aannames en
vermoedens wat moeilik feitelik bewys kan word, hoewel daar moontlik groot
waarheid in steek. Jung (1964:78) beweer dat die mens dikwels nie bewustelik
oor sekere kennis beskik nie maar … “the unconscious seems already informed.”
Conradie weer meen dat daar “’n ontwykende kern in elke mite (is) wat ons
hoegenaamd nie met redelike begrippe kan bereik nie. (Die moontlikheid
bestaan natuurlik dat juis dié “ontwykende kern” die teiken kan word vir
“ontmitologiseerders” wat hulle argumente bou op die feit dat die mite se
waarheid nie bewys kan word nie – AMJ.) Die skrywer voer sy argument verder:
As die mite egter niks meer as ’n onware verhaal was nie, sou dit baie
moeilik gewees het om te verklaar waarom dit eeue lank so ’n geweldige
invloed uitgeoefen het” (Conradie 1964:10).
Die impak van die miteskepping rondom die oorlog en daaruit voortvloeiend
rondom die Afrikaner en sy taal, kan in ’n mate verder “afgelees” word uit die
gebeure na die Vrede van Vereeniging op 31 Mei 1902.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
116
4.5.2
Die mite van die “volgehoue vryheidsdroom” (erkenning aan M.E.R.)
In 1901, nog voor die afloop van die oorlog, skryf Milner in ’n brief (aangehaal in
Steyn 1980:172 uit Headlam, 1933) die volgende oor sy oogmerke met die
Afrikaners en by implikasie met Afrikaans:
I am all for the most forbearing and generous treatment of the Boers when they
are once completely beaten – if only because that is the sole means of absorbing
and ultimately getting rid of them as a separate, exclusive caste.
(Vanuit die Afrikaanse perspektief – sien Du Plessis 1992:Vooraf, soos hierbo
aangehaal – sal dit ’n mens seker vergewe word as jy wens dat Milner kon sien
dat die poging ’n eeu later nog nie geslaag het nie en dat die weerstand teen
finale uitwissing nog deur die “Boere” voortgesit word – AMJ.)
Dieselfde standpunt is ook gestel deur
•
Joseph Chamberlain, die Britse minister van kolonies wat in 1903 op
besoek in Suid-Afrika beweer het “any aspirations for a separate Dutch
identity … are absurd and ridiculous” (Scholtz 1978:268, aangehaal in
Steyn 1987:49); en
•
The Star, 18 Maart 1904, wat hom sterk uitgespreek het teen (die
Afrikanerstrewe) “to preserve the ‘taal’ from extinction and maintain the
burgher population as a separate people living a life apart from that of
their English neighbours.” Die koerant se standpunt was dat dit nie
moontlik sou wees vir die land om eenheid en ’n “golden unification of
races and interests” te bereik nie “unless the Boers modify their
pretentions and forego this aspiration” (Scholtz 1978:433, aangehaal in
Steyn 1987:49).
Daar was onmiddellike en diepgaande weerstand deur sommige Afrikanerleiers
teen bogenoemde standpunte van onder andere Milner, Chamberlain en die
Engelse pers. Een so ’n leier was die legendariese generaal Christiaan de Wet,
wat naas sy militêre leierskap in die Anglo-Boereoorlog na die Vrede van
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
117
Vereeniging ook weer as kultuur- en politieke leier prominent was. As “sterk
taalbewuste Afrikaner” (Steyn 1980:195) het hy hom reeds in 1904 by ’n
nasionale kongres uitgespreek ten gunste van die stigting van C.N.O.-skole
(Christelik-Nasionale Onderwysskole):
Al moeten wij onszelf en onze familien van benodigdheden afkniipen om
onze taal te behouden, zullen wij het doen tot den dag dat het God sal
behagen het hart van die Regering te weken alvorens ons volk uitgewist is
(“Speciaal Bijvoegsel tot Het Westen, 23/2/1915”, aangehaal in Steyn
1980:195).
Wat myns insiens veral insiggewend is in verband met die bostaande uittreksel,
is die implikasie dat die taal behou moet word sodat die volk nie uitgewis word
nie . Daar is hiervolgens ’n mitiese binding tussen taal en volk wat duidelik dui
op die simboliese status wat Afrikaans reeds in 1915 vir die Afrikaner gehad het.
’n Prominente figuur binne die Afrikaner-kultuurmilieu wat haar eie persepsie oor
hierdie tyd onder woorde gebring het, is die skryfster M.E.R. (Maria Elizabeth
Rothmann). Teenoor die standpunt van Milner om “toegeeflik” te wees ter wille
van assimilering van die Afrikaner as groep binne die Engelse kultuur, gee
M.E.R. ’n uiteensetting van die politieke dryfvere van sowel die “Engelse volk” as
“die Afrikaner” (1972:166): (Daar is soveel relevante stof hier in verband met
miteskepping dat die hieropvolgende uittreksel uit die skryfster se bespreking
woordeliks aangehaal word.)
Wat met ons as volk gebeur het, het vir my, soos vir elke normale
Afrikaner, altyd diep aangegaan…. Ook leef ’n mens nie alleen in die eie
persoon nie, maar deur en met jou volk. Word die volk se lewensfunksies
gekeer, kwyn die indiwidu ook… Vir hulle (die Engelse – AMJ) was onse
volksgees net so tot ewige las… Maar hierdie Engelse volk is met die
oortuiging gebore dat ander volke, ander tale, ander tradisies, sedes,
gewoontes nie eintlik daarop aankom nie, en dat die enigste werklike
bestaansreg, dié van die Engelse volk, tog eindelik deur almal erken moet
word… “Vryheid, vryheid, dierbaar ding!” Dit is die droom wat elk van die
twee geërf het van die voorsate (nogal oorspronklik gesamentlike
voorsate!) – ’n standhoudende droom. En elk, as hy die nugter
bestaansfeite bekyk, kan glad nie sien hoe hy die dierbare vryheid kan
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
118
besit nie as die ander daar is. Maar, vas aan sy droom, droom elk ook
sommer dat die ander skielik van wese sal verander, of dat hy deur ’n
towerslag uit Suid-Afrika sal wegraak. Wat het die Afrikaners tog nie al
onder die betowering van die vryheidsdroom beleef en verduur nie!
Slagtersnek. Die Trek. Vegkop. Bloedrivier. Majuba. Rhodes. Jameson.
Die Tweede Vryheidsoorlog. Vereeniging. Milner. Die goud- en
diamantbase. Die Konsiliasiepolitiek. Die droom bly nog.
Die skryfster skets vervolgens die gebeure na die Vrede van Vereeniging (1902)
toe “selfregering” in 1906 deur die Liberale Party in Engeland aan die voormalige
Boererepublieke toegestaan is. Volgens haar het oud-president Steyn van die
Vrystaat in dié jare ’n baie belangrike rol gespeel deurdat hy “gewerk (het) vir die
bewaring van die siel van sy volk. Al het die volk, soos die Bybel leer, die hele
wêreld verloor, sy siel moes nog behoue bly.” Steyn met die “gebroke liggaam
en sterk, groot gees” het “in alle rigtings gewerk – vir Unie, vir die viering van
Dingaansdag oor die hele land, vir die Vrouemonument, en vir al die onsigbare
versterkings wat so ’n arme siel so nodig het.” In die lig hiervan is die skryftster
se gevolgtrekking: “Ek wonder wat van ons in daardie tyd sonder Steyn sou
geword het?”(1972:167).
Die voortsetting van hierdie vryheidstrewe asook die Afrikaners van destyds se
ontnugtering met Louis Botha, skets M.E.R. verder soos volg (1972:167):
Oral in die land, op onse dorp kon jy dit (die voortsetting van die
vryheidsdroom – AMJ) sien in die stigting van ’n tak van die Arikaanse
Taalvereniging, nieteenstaande die afkeuring van die ou mense (wat
Nederlands nog aangehang het – AMJ). Onse liewe ds. Botha, toe
moderator van die Kaaplandse kerk, het die A.T.V. genoem die “Arme
Taalverknoeiers”. En ons kon dit sien aan die hele geskiedenis van die
Privaatskool en die verowering van leierskap in die onderwys deur die
Afrikaner. Maar dit het baie swaar gegaan: ons was oral, op die kleinste
dorp, omring van teenstand. As ek nou die lewensbeskrywing van Steyn
en Hertzog lees, vind ek in hulle briewe van daardie tyd, soos in ’n spieël,
ons hele nimmerverslappende opdraand gesukkel om onsself te bly.
Hierdie stryd van die Afrikaner “om homself te bly” word ook verwoord in ’n artikel
in Die Brandwag in 1910, geskryf deur “Nig Miemie” (moontlik ook M.E.R.) soos
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
119
verhaal in Steyn (1987:80-81). Dit handel oor taaltoestande in sommige
Kaaplandse skole, waar kinders strafmerke (’n R in rooi ink in hulle strafboekies)
gekry het as hulle een van die skoolreëls oortree deur “Hollands” te praat. Daar
is dan, volgens die artikel, op sekere spesiale vakansiedae een van die
moedigste meisies afgevaardig om “die hoofonderwijseres verlof te gaan vra om
tog Hollands te mag praat.” Die skryfster sê dat sy in haar geestesoog “nog die
ou klompie sien staan […] met ’n gemengd gevoel van twijfel en versekering die
aankoms van die afgevaardigde af te wag…”
Steyn se slotsom in hierdie verband is:
’n Deel van die eienaardige Afrikaner-reaksie op die Engelssprekende
reaksie op die stryd vir die erkenning van Afrikaans kan mens seker uit
hierdie deerniswekkende omstandighede verklaar. Die beeld van sulke
Afrikaners oor hoe ’n Afrikaner moet wees, is gevorm na die beeld van
hoe ’n Engelssprekende meen ’n Afrikaner behoort te wees – onder meer
iemand wat die wêreld nie omkrap deur hom vir sy eie taal te beywer nie.
M.E.R. skets ook die Afrikaner se intense teleurstelling in hierdie tyd (rondom
1910) in Louis Botha, sy eens heldhaftige generaal. Die rede waarom die
teleurstelling in Louis Botha soveel meer intens was as dié rondom Smuts spel
sy soos volg uit:
Jan Smuts het nog baie meer vir Engelse belange gewerk as wat Louis
Botha ooit by magte was om te doen, maar die gevoel wat ons omtrent
Smuts gehad het, was nooit teleurstelling nie. Hy het nooit onse liefde
gehad nie – sou dit ook nie hê nie. Maar Louis Botha was ons geliefde
held en hy het daardie liefde en verering verdien… (M.E.R.1972:168).
Maar:
Toe kom Unie in 1910. Die verwydering tussen Botha en Hertzog het …
steeds groter geword. Die twee het verskillende vryheidsdrome gehad:
Botha se één prediking was konsiliasie: dié van Hertzog was “Suid-Afrika
Eerste”… Op elke dorp en plaas was daar Hertzogmanne en
Bothamanne. Moeders het hulle seuntjies geleer sê: Ek is ’n Hertzogman!
as hulle nog skaars kon praat (1972:169).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
120
Steyn (1980:201) haal uit Engelenburg, 1928 aan om die omvang van die
teleurstelling in Botha te illustreer. Hy is uitgekryt as ’n Judas, bloedhond,
verraaier en moordenaar.
Smuts het egter nie ligter daarvan afgekom nie. Volgens Steyn (1980:201) vertel
Crafford( s.j.) hoedat Smuts se vergaderings in die 1915-verkiesingsveldtog
“dikwels in wanorde uiteen (is).” Mense het “van heinde en verre” na Smuts se
vergaderings in sy kiesafdeling, Pretoria-Wes, gekom en hom toegeroep:
“Renegaat!”, “Moordenaar!”, “Storter van broederbloed!” Daar is dan ook op
feitlik elke vergadering uitgeskree: “Waar is Christiaan Beyers?” “Wie het De la
Rey doodgemaak?” “Wie het Jopie Fourie vermoor?” (Met die implikasie dat
Jan Smuts verantwoordelik gehou moet word in al hierdie gevalle – AMJ.)
Dit is duidelik dat die genoemde verwysings na heldefigure soos die 1914-rebel
Jopie Fourie wat deur sy mede-Afrikaners ter dood veroordeel is miteskeppend
gewerk het net soos die geval was met Abraham Esau (vgl. hoofstuk 2):
And they built him up into a mythical individual […] the martyrdom of
Abraham Esau served a recognizable function. It met a psychological
need […] and offered an integrating element at this particular historical
moment. (Nasson 1990: 116,118).
M.E.R. skets dan die impak van Hertzog se bekende De Wildt-toespraak in 1912
waarin hy weer sy “Suid-Afrika eerste”-droom uitspel en ’n krisis ontstaan in die
Botha-kabinet, “’n krisis oor Suid-Afrika eerste, en dit omdat Louis Botha dit nie
meer kon uithou dat iemand oral en openlik die belange van Suid-Afrika bo alle
ander belange stel nie – Louis Botha, die dapper, die onverskrokke, die geliefde
kommandant-generaal van die republieke” (1972:169).
Uit bostaande kommentaar is dit duidelik in watter mate leiers soos Steyn en
Hertzog na die Anglo-Boereoorlog meegehelp het om te bou aan die mite van die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
121
voortsetting van die Afrikanervolk – “gewond maar onoorwonne” – en sy taal,
Afrikaans.
4.5.3 C.J. Langenhoven se pleidooi vir Afrikaans as voertaal in die “laer”
onderwys tydens die jaarvergadering van die “Zuid-Afrikaanse
Akademie voor Taal, Letteren en Kunst” te Bloemfontein in Julie
1914
Daar bestaan geen twyfel nie dat C.J. Langenhoven, soos M.E.R., in ongeveer
dieselfde tydperk ’n baie belangrike miteskepper rondom die Afrikaner en
Afrikaans was.
Langenhoven het nog ná die oorlog ’n keuse vir Engels gemaak teen die
“onbruikbare, onleerbare, in Suid-Afrika morsdooie Hooghollands… “ (U
dienswillige dienaar, 1932:345) en het selfs sy stiefkinders gemaan om Engels te
praat aan tafel ter wille van ’n beter opvoeding (Kannemeyer 1995:224).
Na ’n “definitiewe deurbraak omstreeks April of Mei 1910” het hy egter “sy
eintlike missie in die lewe gevind, naamlik om te veg vir die regte van Afrikaans
en om literatuur te skep wat die aansien van die taal sou verhoog (Kannemeyer
1995:236).
Sonder om al die besonderhede te gee van sy goed beredeneerde uiteensetting
in 1914 voor die hierbo genoemde Akademie rondom die wenslikheid van
Afrikaans as onderwysmedium, word daar op die onteenseglik miteskeppende
diskoers in hierdie lesing gewys:-
Langenhoven begin sy betoog met die anekdote van Euklides wat in twintig
stellings die teorie uiteengesit het dat die “regstreekse koers die kortste pad is na
’n gegewe bestemming.” Sy leerling het hom daarvan beskuldig dat hy onnodig
omslagtig is omdat ’n “dors donkie” dit ook weet deur die kortste pad dam toe te
kies in plaas van ’n ompad. Hierop het Euklides geantwoord dat ’n donkie dit
mag weet, maar dit nie sou kon bewys nie! Wat betref miteskepping rondom
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
122
Afrikaans en die behoefte aan Afrikaans by die “nasie” verduidelik Langenhoven
die saak steeds binne die metaforiek van die donkie en die water soos volg
(1934:15):
Die donkie het dors. Sy vulletjie het dors. Hy sien duisende ander
dorstige vulletjies rondom hom van sy nasie. Hy weet waar die dam water
is om die dors te les. Hy weet die naaste pad soheentoe; maar die pad is
verspér.
(Uit die res van die lesing word die vermoede bevestig dat die “water wat die
dors kan les” die huistaal van die “vulletjies”, Afrikaans, is – AMJ.)
Langenhoven bou sy volgende argument rondom die ooreenkomste en verskille
tussen die woorde moeder en mother wat klankmatig feitlik dieselfde is en
uiteraard albei dieselfde “logiese definisie” het. Die Engelse mother het hy egter
by sy Engelse goewernant geleer en die woord verteenwoordig daarom vir hom
’n “intellektuele geskiedenis” en nie ’n “psiegiese” een nie, terwyl die Afrikaanse
moeder “’n goue draadjie deur die bonte weefsel van (sy) siele-geskiedenis
(vleg)” (1934:20). Hy verwys dan na die feit dat Latyn in die Middeleeue die taal
van geleerdheid was, en dat geleerdes dit goed geken het. Nogtans was dié
tydperk letterkundig gesproke ’n “dorre woestyn”: die “mother wou maar nie hulle
moeder word nie” (1934:23).
Die uitgangpunte van eietydse taalsosioloë soos onder meer Vic Webb (wat na
taal as “merker van sosio-kulturele identiteit” verwys – soos voorheen
aangehaal), word deur Langenhoven in 1914 reeds soos volg verwoord:
…ons het reeds gesien dat die moedertaal van die indiwidu meer is as sy
verstands-medium. Dit is ook sy gevoels-medium. En juis omdat dieselfde
gevoels-medium die kommunkasie-band vorm tussen al die lede van die
volk, daarom is die volks-taal die semént van nasionale gevoel (1934:2526) (my kursivering).
Hy spreek voorts ’n kommer uit wat myns insiens in die eie tyd steeds ewe geldig
is, nl. dat Afrikaanse kinders wat Engels as die meerderwaardige taal en kultuur
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
123
ervaar, die persepsie sal ontwikkel dat hulle self minderwaardig is – “nie omdat
(h)y (die Engelssprekende - AMJ) dit sê nie, maar deur my eie erkentenis:”-
Ons kinders word nie opgevoed om op hulle bors te kan slaan en hulle
hoof hoog te hou en ’n ander nasie-man in die oë te kyk en te sê: “Ek is ’n
Afrikaner en jou gelyke, en as dit op dade daarop aankom, jou meerdere”
nie… (1934:66).
’n Laaste baie belangrike aspek van miteskepping in hierdie lesing van
Langenhoven is sy bekende uitspraak rondom Afrikaans (1934:67):
… dis ons kostelikste roem, ons hoogste besitting: die éen enigste
witmans-taal wat in Suid-Afrika gemaak is en nie oor die seewater klaar
gekom het nie, wat die spore van die lief en leed dra van alles wat ons en
ons vadere hier deurleef en deurworstel en deurtriomfeer het; die éen
band wat ons as nasie aan mekaar het; die uitgedrukte siel van ons volk
(my kursivering).
Twee afleidings uit bostaande woorde van een van Afrikaans se heel
belangrikste vroeë miteskeppers, is die volgende:
•
Afrikaans is in die naoorlogse tydperk baie eksplisiet deur sy intellektuele
leiers as mitiese bindingsmiddel van Afrikaner-volksidentiteit en
Afrikanernasionalisme verwoord; en
•
Afrikaans is deur Langenhoven beskou as uitsluitlik ’n “witmans-taal”
(volgens Steyn 1980:276 moontlik juis so gedefinieer in reaksie op die
stigmatisering van Afrikaans in die negentiende eeu as “Hotnotstaal”).
Hierdie stelling van Afrikaans as “witmans-taal” het waarskynlik bygedra tot die
vestiging van die mite van Afrikaans as “eksklusiewe besit” van wit
Afrikaanssprekendes (soos in hoofstuk 5 van hierdie proefskrif weer bespreek
word), maar is deur die werk van latere taalsosioloë rondom die “veelrassige”
aard van Afrikaans, hermitologiseer.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
124
Binne die diskoers van hierdie proefskrif sou daar egter beweer kon word dat
sekere aspekte van Langenhoven se miteskeppende standpunt nog in baie
opsigte as geldig beskou kan word:
1. Afrikaans is wel ’n taal wat in Afrika gemaak is en wat dus nie oor die see
gekom het nie;
2. Afrikaans dra steeds die “spore” – in sy woordeskat, letterkunde en
simboolwaarde – van die “lief en leed” van die Afrikanervolk; en
3. Alhoewel die historiografie van Afrikaans ná Langenhoven die beduidende
impak van die slawe uit die Ooste, asook van die inheemse bevolkings
van Suid-Afrika op die wording van Afrikaans deeglik in berekening bring,
bevestig navorsing (soos onder meer dié van Theo du Plessis rondom die
Afrikaanse taalbewegings) dat (wit) Afrikanernasionalisme ’n belangrike
bydrae gelewer het tot die statusverwerwing van Afrikaans.
Die “mite van Afrikaans as witmans-taal” het dus nuwe inhoude gekry en is
hermitologiseer om die rol van bruin en swart mense in die wording van
Afrikaans te verreken, maar die wesentlike “waarheid” van die
Afrikaverbondenheid van Afrikaans en van wit mense se belangrike bydrae
t.o.v. statusverwerwing vir Afrikaans het steeds ’n “tydlose waarheidskwaliteit”
wat die mite nie volkome ongeldig maak nie.
4.5.4 Afrikaans as mitiese “middel tot die (politieke) opheffing en
vereniging van Afrikaners”
Verskeie taalstryders het ’n intuïtiewe insig gehad in die taalsosiologiese
faktore wat die groei van ’n taal bepaal – pres. Steyn in die selfbeeld, genl.
Hertzog en pres. Steyn in die waarde van amptelike erkenning, verskeie
ander in die belangrikheid van die ekonomiese aantrekkingskrag, kulturele
waarde en onderwys (Steyn 1980:215-216).
In verband met die sogenaamde “naoorlogse taalbeweging” en Hertzog se rol
daarin maak Du Plessis die volgende insiggewende opmerkings (1986:72,73):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
125
Die Naoorlogse Afrikaanse Taalbeweging vanaf 1914 kan beskou word as
’n Afrikaanse taalbeweging omdat Afrikaans (noordelike Afrikaans)
pertinent deur leiers soos J.B.M. Hertzog gebruik is as middel tot die
politieke opheffing en vereniging van Afrikaners binne die nuwe Afrikanerpartypolitieke organisasie, die Nasionale Party. Heelwat gegewens uit die
beskikbare literatuur bevestig hierdie waarneming.
Du Plessis haal voorts onder andere vir Giliomee en P.J. Nienaber aan in
verband met die rol van Hertzog:
Hertzog […] from an early stage employed language as a mobilizing tool
… (Giliomee 1979:106);
en
(Hertzog het) die taal as uitgangspunt vir die handhawingstryd van die
Afrikaner geneem (Nienaber 1964:82).
Volgens Du Plessis het Hertzog “Hollands” gebruik as taal vir die genoemde
politieke manipulasie van die Afrikaner. Hierby het Hertzog Nederlands en
Afrikaans ingesluit. Du Plessis wys egter daarop dat “so ‘n indeling op geen
(taalkundige) gronde (berus) nie, aangesien Hollands ’n dialek van Nederlands
is” (1986:74). Die plan het nogtans vrugte afgewerp, want in 1917, drie jaar na
die stigting van die Nasionale Party, is Afrikaans as die party se amptelike taal
aanvaar, en in 1925 word Afrikaans ’n amptelike taal naas Engels en
Nederlands.
(Besonderhede oor genoemde gebeure is nie hier so belangrik as die afdoende
bewyse van die resultate van die mitologiseringsproses tot op daardie stadium
nie – AMJ.)
4.6 Die mite “kry vlerke”: die stigting van die Nasionale Party en
statusverwerwing vir Afrikaans (1915-1925)
4.6.1 Die “Afrikaner-party” en Afrikaans
Du Plessis (1986:74) haal uit Van Heerden, 1975:241 aan om daarop te wys dat
die Nasionale Party binne twee jaar na sy stigting in 1914 reeds “sy vlerke oor
die hele land gespan (het)” en die “boodskap van Afrikanernasionalisme kragtig
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
126
uitgedra het.” Du Plessis wys daarop dat volgens Scholtz (1979:39) hierdie
nasionalisme “die Afrikaner gedwing (het) om vir die gelyke erkenning van sy taal
te stry” en maak dan die volgende afleiding (1986:75):
In die lig daarvan spreek dit vanself dat elke politieke terrein wat die
Nasionale Party sou verower, ook ’n wins vir Afrikaans sou wees. Die
party het gestaan vir die Afrikanerbelang – ook vir sy taalregte.
(Hierdie feit was van toepassing op die jare wat beskou kan word as die aanloop
tot die Nasionale Party-meerderheid in 1948, maar ook daarna en uiteindelik tot
met die einde van dié party se bewind na die demokratiese verkiesing deur alle
stemgeregtigdes van alle bevolkingsgroepe in die land in 1994.)
4.6.2 Miteskepping in die Afrikaanse pers, 1915
Naas die stigting van die Nasionale Party in 1914, kom daar in 1915 ook twee
invloedryke Afrikaanse koerante, Het Westen (na Maart 1915 Het Volksblad) en
De Burger tot stand.
Hoewel Het Westen nie die rebellie steun nie, toon die koerant duidelik begrip vir
die rebelle en herinner lesers daaraan dat “ze nog ons vlees en bloed” is. (Steyn
1980:198).
Die mite van één Afrikanervolk in wording word in verskeie uitsprake in Het
Westen in 1915 uitgespel. So bestempel die koerant homself as “een mondstuk
van de Afrikaner” (12 Maart 1915, aangehaal in Steyn 1980:198) en verduidelik
in die laaste uitgawe voor die naamsverandering na Het Volksblad dat die
koerant tuis gekom het in baie huise in die Oos- en Wes-Transvaal, baie huise in
elke distrik in die Vrystaat en die meeste dele van die Kaapkolonie.
En verder:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
127
Dit nationale blad was feitelik een volksblad geworden… Het is het volk,
het is Z.A. die ons roept en wel met een stem welke met elke post al luider
klinkt en meer nadruk er op legt… (23 Maart 1915, Steyn 1980:198).
Oor die reaksie van lesers op die koerant, berig die redakteur van Het Westen
op 16 Maart 1915 soos volg (Steyn 1980:199):
Geen vleierij, geen kunstmatige praatjes van dank. Nee, een onkeerbare
stroom van volksliefde en diepte van gevoel welke we niet kunnen
vertolken… Wat is dit? Wat betekent het? Het nationale hart begint te
spreken, begint te smachten naar zijn eigen dat hem toebehoort, zijn
Afrikaner volk. Het smacht naar dat wat Afrikaans is, zelfs ’n kind smacht
naar zijn moeder die afwezig is. Overdreven is het niet. De tekenen zijn
er; ze stromen op dit kantoor binnen.
Hierdie “roering van die volkshart” soos die koerant dit ervaar, word nog verder
verduidelik in die uitgawe van 26 Maart 1915 (Steyn 1980:199):
Het is werkelik onverklaarbaar. Het is ’n roering welke uit het hart opwelt
naar de lippen en die zeggen met tevredenheid en met trots: “Ik is
Afrikaner”. Het is een stille zachte, vredelievende stroom die door ZuidAfrika gaat en elkeen die daarmee in aanraking komt doet zuchten: “Ek is
daarom blij dat ik Afrikaner is”. En met dit zucht verdwijnt de Vaal Rivier,
verdwijnt de Oranje Rivier, verdwijnt het woord Kapenaar, Vrijstater of
Transvaler. Er is net één uitroep in het hart: “Ik is Afrikaner” en het hart
wordt week tegenover dat wat Afrikaans is…
Dit is van belang vir hierdie studie om daarop te let dat, hoewel die taal in
bostaande aanhaling nog meer Nederlands as Afrikaans is (hoewel met
insiggewende afwykings soos “Ik is Afrikaner”), die begrip “Afrikaner” en
“Afrikaans” reeds teen 1915 goed gevestig blyk te wees. Daar is ook duidelik
reeds ’n onteenseglike verband tussen die Afrikaner en Afrikaans (vergelyk bv.
die uitspraak dat diegene wat verklaar dat hulle “Afrikaners” is, se harte ook
“week” word “tegenover dat wat Afrikaans “ is). Mens sou dus kon beweer dat
die mite van Afrikaans as die bindmiddel en “eiendom” van die Afrikaner hier
reeds gevestig begin raak het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
128
4.6.3 Die begin van ekonomiese mobilisasie deur Afrikaners
Afrikanernasionalisme het vinnig opgebloei in die eerste dekade van die
twintigste eeu, en het veral momentum gekry na die 1914-rebellie (waartydens
broerdertwis ontstaan het oor deelname saam met Brittanje aan die Eerste
Wêreldoorlog al dan nie) en die 1922-Mynwerkerstaking. Hierdie staking oor
loonsverlaging het onder die steenkoolmynwerkers begin en daarna na die
goudmynwerkers uitgebrei. Genl. Smuts het die staking met geweld onderdruk,
maar dit het hom politieke steun gekos en die Nasionale Party-/ Arbeiderspartykoalisie in 1924 die verkiesing laat wen. Die belange van die werkers – onder
wie op hierdie stadium baie Afrikaners was – is deur hierdie koalisie gedien.
M.E.R. beskryf hierdie gebeurtenis en die Afrikaner-reaksie daarop soos volg
(1972: 222):
[…] die Nasionaliste het in 1924 aan bewind gekom, vir die eerste maal.
Die opgewondenheid in onse redaksiekantore in Keeromstraat (sy was toe
in die redaksie van Die Burger – AMJ) was groot! Ek onthou ook hoe ek
eendag, toe die eerste vreugderoes verby was … gesê het: ”En wat gaan
die Mammon nóú maak?” Want vir my was dit ’n onmoontlikheid dat die
Mammon op die Nasionale Kabinet die geringste vat kon kry. Nou … kan
die Afrikaner ons land en volk regeer en al die dinge tot uitvoer bring, ten
bate van land en volk, waarvan ons al so lank gepraat en geskryf het, en
wat die Engelse nimmer en nooit sou uitvoer nie. So het ek […] gedink;
en so ook seker duisende Afrikaners.
Hoewel hierdie twee gebeure (die Rebellie en die mynwerkerstaking) in sigself
traumaties was, het hulle positiewe gevolge gehad ten opsigte van Afrikaans en
Afrikanerrnasionalisme. Steyn (1980:197, 201) reken dat Afrikaans onregstreeks
daardeur bevorder is omdat die volksgevoel van die Afrikaner daardeur versterk
is.
Afrikanernasionalisme en die eenheidsgevoel onder Afrikaners het ook
aanleiding gegee tot die “Helpmekaar-geldinsameling” na 1914 waarmee
skuldeise teen en boetes van die Kaapse rebelle betaal is deur mede-Afrikaners,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
129
veral van die Vrystaat en Kaapland. Genoeg geld is hiervoor ingesamel en daar
was selfs geld oor. Steyn (1980:200) se afleiding is dat die sukses van die
Helpmekaar-insameling “sielkundig van aard” was:
Die Afrikaners het besef dat hulle, hoe arm hulle ook al was, tog heelwat
geld het… ’n paar maande daarna, in Maart en April 1918, is die eerste
groot moderne Afrikanerondernemings gestig, naamlik Santam en
Sanlam.
4.6.4 Die Afrikaner-“Broederbond”
In die tydperk net na die 1914-rebellie en op grond van die sukses met die
Helpmekaar-fondsinsameling het die “gedagte posgevat om die AfrikanerBroederbond (AB) te stig” (Steyn 1980:200).
Daar was wel later jare heelwat kritiek teen die AB, skryf Steyn, maar “wat selfs
teenstanders toegee, is dat die stigting destyds geregverdig was en die AB baie
gedoen het om diskriminasie teen Afrikaners en Afrikaans te verminder. Die
Broeders het hulle byvoorbeeld beywer vir ’n geneeskunde-fakulteit aan ’n
Afrikaanse universiteit, die bevordering van Afrikaans in die regs- en
handelswêreld en die opheffing van verarmde Afrikaners.”
Hierdie neiging om die “eie groep” op te hef, na sy armes om te sien en sy
ongeletterdes te onderrig – al is dit soms deur miteskepping vanuit die eie
lewensbeskouing – is myns insiens een van die eienskappe wat baie
kenmerkend was van die Afrikaner in die tydperk onder bespreking. Dit het dan
ook weer verder bygedra tot die uitbouing van die Afrikanermites van
Christelikheid, nasionaliteit en die “Wonder van Afrikaans.”
4.6.5 Die ampstaalwording van Afrikaans
Du Plessis beweer dat die Naoorlogse Taalbeweging die “enigste taalbeweging
(is) wat uitgeloop het op die standaardisasie van Afrikaans” en daarom die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
130
“enigste suksesvolle taalbeweging.” (1986:75). Hierdie proses van
standaardisasie word in 1914 reeds aangevoor en loop uit op die erkenning van
Afrikaans as amptelike taal in 1925.
Onder die hoogtepunte in bogenoemde standaardisasieproses wat uitgeloop het
op ampstaalwording, noem Du Plessis (1986:76) onder meer die volgende
hoogtepunte:
•
Langenhoven se pleidooi in 1914 voor die Kaaplandse Provinsiale
Administrasie om Afrikaans as onderwysmedium in te voer3.
(Goedkeuring word verleen op voorwaarde dat die toe reeds gestigte
Akademie spel- en skryfreëls opstel en handboeke voorsien);
•
Goedkeuring op 15 September 1915 van die algemeen-erkende spelreëls
vir Afrikaans soos opgestel deur ’n Akademie-kommissie;
•
Die verskyning in 1917 van die eerste Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
(die AWS) van die Akademie in ’n oplaag van 2000 eksemplare (die AWS
beleef in 1921 reeds ’n derde druk);
•
Die verskyning in 1922 van ’n Afrikaanse vertaling van “Die Vier
Evangelies en die Psalms”;
•
Toekenning in 1925 van volle amptelike status aan Afrikaans naas Engels
en Nederlands;
•
Die opdrag in 1926 vir die saamstel van ’n omvattende Afrikaanse
woordeboek, die “Woordeboek van die Afrikaanse Taal” (die WAT).
3
Sien die bespreking rondom die soortgelyke pleidooi oor Afrikaans as voertaal in die laer
onderwys tydens die jaarvergadering van die Zuid Afrikaanse Akademie voor Taal, Letteren en
Kunst” in Bloemfontein in 1914 (4.5.3 hierbo).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
131
Vir die doel van hierdie studie is dit belangrik dat Afrikaans ook wat die
korpusbeplanningsaspekte van taalbeplanning betref, gestandaardiseer moes
word, aangesien standaardisasie en verskrifteliking van ’n taal ’n voorvereiste vir
amptelike status vir die betrokke taal is. Andersyds het die behoefte onder
Afrikanernasionaliste en -kultuurleiers aan statusuitbreiding vir Afrikaans die
motivering tot standaardisasie en kultivering van die taal gebied. Ponelis
(1992:72) bevestig hierdie stelling:
Die belangrikste sosiale dryfkrag agter die waardering en die
daaropvolgende kultivering van Afrikaans was Afrikanernasionalisme, wat in
die geskiedenis bekend staan as die Tweede Taalbeweging (Du Plessis: die
Naoorlogse taalbeweging – AMJ).
4.7 Die handhawing van die mite (1925-1938)
4.7.1 Die “handhaaffase” van die “naoorlogse taalbeweging”
Du Plessis (1986:78) wys daarop dat 1925 en die amptelike erkenning van
Afrikaans die “strydfase” van die Naoorlogse Taalbeweging afgesluit het en die
“handhaaffase” ingelui het, en maak dan die volgende afleiding:
Die dryfveer agter die “handhaaffase” van die Naoorlogse Taalbeweging is
steeds Afrikanerpolitiek. Afrikaans staan steeds in diens van hierdie
politiek. Dit is immers een van die redes waaroor Afrikaans vandag so erg
verpolitiseer is.
Hierdie uitspraak van Du Plessis is van belang vir die gang van hierdie studie,
aangesien dit reeds lig kan werp op die intense verbondenheid tussen “regte
Afrikaners” en hulle taal, wat tot in die huidige bedeling ingedra is en sommige
Afrikaners laat dreig om “die wapens op te neem” vir die behoud van Afrikaans.
Dit is ook die rede waarop P.H. Swanepoel in sy intreerede as departementshoof
van Afrikaans aan Unisa, 29 Augustus 1991, kon praat van die
“liefdesverhouding tussen Afrikaans en die Afrikaanssprekende”.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
132
Naas die korpusontwikkeling wat ook in die genoemde fase momentum gekry
het, was die handhawing van Afrikaans se nuutverworwe status vir die
taalstryders van die allergrootste belang. Afrikanerorganisasies soos onder
andere die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (die FAK) wat in 1929
opgerig is, het hulle doelgerig hiervoor bemoei.
4.7.2 Korpusontwikkeling ter ondersteuning van die mite
Volgens Du Plessis het die tweede fase van die Naoorlogse Taalbeweging ook
verdere korpusontwikkeling ingesluit in die vorm van leksikale modernisasie en
vaktaalontwikkeling. Soveel is na 1925 gedoen ten opsigte van die ontwikkeling
van Afrikaans as kultuurtaal dat die taalkundige, M.J. Posthumus, in 1956 kon
verklaar:
Ek glo nie ons generasie is in staat om die ontwikkeling van Afrikaans in die
afgelope dertig jaar in sy volle omvang te skat nie. Dit het alles so sonder
basuingeskal plaasgevind, maar die uitwerking daarvan is nou al beslissend vir
die toekoms (aangehaal in Steyn 1980:211).
Steyn beweer in hierdie verband dat ’n taalbeweging nie alleen “’n stryd (het) om
bepaalde ‘hoë funksies’ vir die taal te verower nie, maar ook om die taal geskik te
maak vir dié funksies (Steyn 1980:211).
4.7.3 Vir en teen Afrikaans-moedertaalskole
Intussen ontstaan daar in die jare twintig en dertig baie Afrikaanse
moedertaalskole. Baie Afrikaanse ouers het nie van die moedertaalskole gebruik
gemaak nie, maar steeds hulle kinders in Engelse skole gesit “ter wille van beter
kanse in die oorwegend Engelse stede” (Steyn 1980:208). (In hierdie verband
blyk die mite van “niks nuuts onder die son nie” duidelik waar te wees –AMJ.)
Andersyds was daar ook “trouwe Afrikaners” (vgl. Steyn 1987) wat op verskeie
maniere hulle taalgetrouheid gehandhaaf het. Een so ’n voorval wat in Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
133
Weste van 2 Oktober 1931 berig is, was dié van ’n seun wat op ’n
Johannesburgse sportbyeenkoms die halfmyl gewen het en toe sy medalje
geweier het omdat daar nie ook Afrikaans op was nie. Dieselfde besluit is deur
’n tweede seun by dieselfde byeenkoms geneem nadat hy die verspring gewen
het. Laasgenoemde het gevra of hy eers na die medalje mag kyk voordat hy dit
neem. Toe die persoon wat die medalje sou oorhandig, daarop antwoord dat
die seun die medalje moes neem of los, het hy dit geweier. Albei hierdie
leerlinge was atlete van die Afrikaans Hoër Seunskool van Pretoria (Steyn
1987:1).
Afrikaanse kinders wie se ouers minder taalgetrou was en verkies het dat hulle
kinders in Engels skoolgaan, het dikwels skolasties daaronder gely. Steyn noem
die geval van 102 kinders in een Engelse skool wat in 1933 in opdrag van die
Transvaalse Administrateur verstandelik ondersoek is omdat hulle nie kon vorder
nie. Daar is bevind dat hulle verstandelik niks makeer het nie, maar dat hulle nie
kon vorder nie omdat hulle almal Afrikaans was en nie in die Engelse skool kon
vorder nie (1980:209).
Engelse organisasies en die Engelse pers was sterk gekant teen Afrikaanse
moedertaalskole. Hierdie stryd het in die veertigerjare ’n hoogtepunt bereik.
Kampvegters teen moedertaalskole se hoofargumente het gehandel oor die feit
dat sodanige Afrikaansmediumskole “in die weg staan van tweetaligheid en
groter samewerking tussen die twee taalgroepe” (Steyn 1980:209).
Steyn meen die weerstand in die Engelse pers teen “separate ‘pure’ Afrikaanse
organisasies en skole (was) niks anders nie as ’n swak verbloemde teleurstelling
dat nie méér Afrikaners hulle laat verengels het nie” (1980:210).
Hierteenoor het kampvegters teen die sogenaamde parallel- en
dubbelmediumskole, onder andere prof. Chris J. Coetzee, verwys na die
“verswygde ideaal” van sodanige skole, nl. “die verengelsing van die Afrikaner” –
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
134
want “in die diepste hart van die Engelse voorstanders van die
Dubbelmediumskool, leef die hoop en die verwagting dat op dié wyse hulle hul
grootste moeilikheid in Suid-Afrika sal oplos, naamlike die aparte voortbestaan
van ’n Afrikanervolk” (in Inspan, Desember 1942, aangehaal in Steyn, 1980:210).
Die “Engelse voorstanders” na wie hierbo verwys word, was vanselfsprekend nie
vry van hulle eie mite nie, nl. die mite van die Engelse taal as die sinvolle weg –
’n “beter weg” as Afrikaans - na behoorlike opvoeding, geleerdheid en uiteindelik
sukses .
Dis duidelik dat op onderwysgebied, miskien meer as op enige ander terrein van
die maatskappy, mites gedy rondom die verbondenheid tussen ’n volk, sy taal en
sy volkskarakter, te wete sy waardes, tradisies en dryfvere. Die rede hiervoor is
waarskynlik omdat kinders die vatbaarste is vir beïnvloeding, en dus vir
miteskepping, en dat hierdie feit dikwels vir verskeie oogmerke uitgebuit word.
4.7.4 Enkele gebeure in Afrikanergeledere en in die groter Suid-Afrika in
die jare tussen 1923 en 1938 wat ’n impak op die gang van die mite
gehad het
Die presiese verloop van die historiese gebeure voor die oorwinning vir die
Nasionale Party in die 1948-verkiesing is nie die fokus van hierdie studie nie.
Wat wel van belang is, is die miteskepping binne Afrikanergeledere rondom
Afrikaans en die impak van Afrikanernasionalisme wat bygedra het tot hierdie
oorwinning.
Armoede onder baie Afrikaners in die dekades na die Anglo-Boereoorlog was ’n
brandende vraagstuk in Afrikanergeledere. M.E.R. beskryf die probleem soos
volg (1972:236):
Hierdie armoed-probleem wat in die na-oorlogse jare by ons al hoe meer
op die voorgrond getree het, het my in die loop van my werk in die
redaksie van Die Burger baie aangegryp. Moontlik omdat ek self arm
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
135
grootgeword het en tog nooit kon begryp dat ek om daardie rede aan ’n
ander volksgroep behoort het as die kinders van die welgesteldes nie.
Oor die eerste kongres van die “Nasionale Vroueparty” berig sy in Die Burger
van 13 Desember 1923 en haal aan uit die kongrestoespraak van die leier van
Kaapland se Nasionale Party, dr. Malan:
Die vrou gaan die politiek ophef, en gaan daar ideaal inbring…daar is sake
waarin die vrou net soveel weet as die man, en meer hart voor het, en in sulke
sake moet die vrou ’n medeseggingskap hê, byvoorbeeld opvoeding,
gesondheid, behuising, die groot toenemende arm-blank-kwessie (1972:228).
(In die lig van die geskiedenis van die vrou in die politiek – waar sy eers heelwat
later regtig ’n impak gemaak het - lyk hierdie ophemeling van die vrou in 1923
eerder na propaganda as ’n bona fide-voorneme om vrouens in die politiek van
die dag te betrek.)
Toe Hertzog se party in 1924 aan bewind gekom het, is politieke partye deur
wetgewing belet om deel te neem aan enige liefdadigheidswerk en “die vroue
wat hulle volk wou gesond maak, belese maak, opgevoed sien – hulle het ook
gesien dat hoewel dit nog hulle taak was, die partypolitiek nooit daarvoor gebruik
sou word nie” (M.E.R. 1972:228). Vroue het daarna soos mans lede geword
van die Nasionale Party.
In genoemde diskoerse (soos hierbo aangehaal deur M.E.R.) is daar duidelik
gebou aan die mite van die vrou as “opvoeder en versorger” en, hoewel die
vroueparty doodgeloop het, is hulle aanvoorwerk met groot ywer verder deur
vroue-organisasies soos die A.C.V.V. (Afrikaanse Christen-Vrouevereniging)
voortgesit.
’n Interessante gebeurtenis waaruit verdeeldheid binne Afrikanergeledere
afgelees kan word, word ook deur M.E.R. geskets (1972:251). Dit handel oor die
besluit van die Suid-Afrikaanse Engelse om in 1925 die Prins van Wallis vir
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
136
’n besoek te nooi. Die skryfster meen dat dit “begryplik (is) dat dit vir die
Engelssprekendes hartversterkend (was), want vir hulle beteken die koning
werklik sielsvoeding en hulle voel soms seker behoefte daaraan.” Problematies
vir baie Afrikaners was egter die feit dat sommige vooraanstaande Afrikaners na
die ontvangste gegaan het, dat die Stellenbosse studente die prins “feestelik en
met groot demonstrasie onthaal het” en dat die prins boonop ’n krans in
Bloemfontein “aan die voet van die Vrouemonument” gaan lê het.
In verband met die bostaande gebeure, het M.E.R. ’n brief, gedateer 15 April
1925, van haar swaer, Jan van Zyl, van Swellendam-distrik ontvang vir
publikasie in Die Burger. Miteskepping is duidelik waarneembaar in die
verwysing van Van Zyl na Jesus se antwoord aan die ryk jongeling wat salig wou
word, nl. dat hy alles wat hy het moet verkoop en Hom (Jesus) moet volg:
Ons is ryk, ons wil salig word, maar wil ons die prys betaal? Laat staan
die veroweraar en volg Suidafrika. Sal ons dit regkry? Wat het die
verlede ons geleer? Om die Engelse goedkeuring weg te dra, is ons
grootste swakheid… Dit is die wurm wat knaag aan die wortel van ons
ontwikkeling. Ons voormanne wat die kiem ingekry het, het almal daaraan
beswyk… (M.E.R. 1972:252).
In 1931 is ’n Afrikaanse jeugbeweging, die Voortrekkers, gestig. Baie Afrikaanse
kinders het voor 1931 aan die “Boy Scouts” en die “Girl Guides” van Baden
Powell behoort. Die gedagte het egter ontstaan aan “iets meer landseie” (M.E.R.
1972:253). Toe ’n kommissie van Afrikaanssprekendes saam met Scout-leiers
byeengekom het en lg. aangedring het op die Union Jack as simbool en die
sweer van trou aan die koning, het die Afrikaanse groep (onder andere M.E.R.,
Ben Taute, dr. N.J. van der Merwe, mevv. Pellisier, Tibbie Visser en M.M.
Jansen en genl. Hertzog) besluit “om ’n aparte Afrikaanse beweging te laat
gedy.” So kom die Voortrekkerbeweging tot stand, ’n Afrikaanse jeugbeweging
wat beslis ook sy deel vir miteskepping gedoen het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
137
In 1933 het veral ekonomiese oorwegings soos die wêreldwye depressie en die
feit dat Brittanje, een van Suid-Afrika se belangrikste kopers, van die
goudstandaard afgestap het, asook ernstige binnelandse droogtes Hertzog se
Nasionaliste gedwing tot ’n koalisie met die SAP-party (Steyn, 1987:82). Die
koalisie is opgevolg deur die sogenaamde “saamsmelting” (waardeur die
Verenigde Party tot stand kom). Baie Afrikaners was hieroor ongelukkig.
Intussen wou die Natallers afskei van die Unie omdat die verpligte tweetaligheid
hulle “beswaard laat voel (het)”. Die afstigtingsbeweging is gelei deur ene Stuart
Helps wat na tweetaligheid verwys het as “the bugbear of bilingualism”
(1987:83). Die afskeiding van Natal het nooit werklikheid geword nie.
Oor die posisie van die Nasionale Party na die samesmelting beweer M.E.R. dat
“die Nasionale Party swak geword (het), maar (dat) nasionalisme so sterk of
sterker (is) as voorheen” (1972:229).
4.7.5 Die “simboliese ossewatrek”, 1938
Die sogenaamde “simboliese ossewatrek” van 1938 vanaf Kaapstad en ander
verafgeleë plekke na Pretoria ter herdenking van die Eeufeesviering van die
Groot Trek en daarna die hoeksteenlegging van die Voortrekkermonument op 16
Desember 1938 het grootliks bygedra tot mite(her)skepping by die Afrikaner.
Dr. Cas Bakkes (2001:1) stel dit soos volg:
Die Simboliese Ossewatrek van 1938 lei tot ’n nasionale herontwaking by die
Afrikaner wat a.g.v. die depressie in die vroeë dertigerjare met 400 000 wit
mense onder die broodlyn in sy geledere leef… Die geesdrifwekkende
herdenking van die Groot Trek 100 jaar tevore het baie gedoen om die Afrikaner
se verrinneweerde selfbeeld te herbou. (Hierdie opmerking ondersteun die
uitgangspunt van hierdie diskoers, nl. dié van miteskepping as singewing
en die kweek van selfrespek en eiewaarde – AMJ.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
138
In sy “Boodskap aan die Afrikanervolk” in die voorwoord van die Gedenkboek
van die Ossewaens op die pad van Suid-Afrika, Eeufees 1838-1938, sê die
hoofleier van die simboliese ossewatrek, H.J. Klopper, onder meer:
God die Almagtige, is die Skepper van die heelal. Hy het mense geskape
en daarna volke in aansyn geroep. Die Afrikanervolk het Hy ook in
aansyn geroep en Suid-Afrika vir ons gegee as ’n tuiste en ’n vaderland.
Die vryheidsin is ’n gawe Gods. Niemand is gebore om iemand se slaaf te
wees nie, persoonlik, staatkundig, ekonomies, geestelik of andersins. Die
Afrikaner wil en gaan niemand se slaaf wees nie. Die rots waaruit ons
gekap is, die put waaruit ons gegrawe is, sal nooit toelaat dat die ideaal
van ’n afsonderlike nasieskap met alles wat dit meebring in elke opsig en
in die volste betekenis van die woord vir die Afrikaner verlore gaan nie…
Afrikanerdom, jy het ’n heerlike toekoms. Oorwinning is joune. God het
Suid-Afrika aan jou gegee. Die Voortrekkerideale leef nog steeds
brandende voort. Die Vrou van Suid-Afrika leef. Voor in die wapad brand
daar ’n lig. Die lig van nasieskap. Volg dit, en jy sal leef en seëvier…
Bogenoemde is maar een voorbeeld van miteskeppende of mite-ondersteunende
taal in ’n gedenkboek wat 813 bladsye beslaan. Tereg het dr. G.C. Cillié beweer
dat die “nuwe Trek van 1938 byna net so belangrik (is) (as dié van ’n eeu tevore
– AMJ) omdat dit ’n groot herlewing by ons volk teweeggebring het” (Mostert
1940:540).
Steyn (1980:219-221) skryf ook oor die impak van die simboliese trek, onder
meer soos volg:
Dr. N.J. van der Merwe, ’n bekende politieke en kultuurleier, het die aand
van 8 Augustus (toe die eerste kakebeenwa uit Kaapstad vertrek het –
AMJ) op Goodwood uitgeroep: “Vanaand dank ek God dat ek Afrikaner
is!”
Op … plekke het mense die waens gesoen en in trane uitgebars, blindes
het die waens van voor tot agter op elke plekkie bevoel, siekes en
kreupeles is van hul bedde uitgedra om die waens ook te kan sien.
Orals in die land is name van strate, parke en tuine verander na die name
van Voortrekkers, geskiedkundige gebeurtenisse en plekke.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
139
Schalk Pienaar het in sy verslag oor die hoeksteenlegging in Die Burger effe
oorboord gegaan met betrekking tot die miteskeppende aard daarvan (Steyn
1980:221):
VOORTREKKERSTAD, Vrydag
In hul tienduisende geskaar om die Afrikaner-heiligdom vir alle tye het die
Boerevolk vanmôre in die grootste fees wat Suid-Afrika nog gesien het,
homself opnuut gewy aan die ideale van ’n helde-voorgeslag.
Meer as honderdduisend mense was in die Eeufeeskamp aanwesig
toe die drie afstammelinge van die drie groot Voortrekkerhelde honderd
jaar na die Dingaanslag wat Afrika vir die blanke beskawing oopgestel het,
die hoeksteen van die Voortrekkermonument namens die volk gelê het.
Terselfdertyd is ‘Die Stem van Suid-Afrika’ as volkslied van die land
aanvaar deurdat die geweldige skare by die eerste klank van die
silwertroffels op die hoeksteen, hierdie lied spontaan aangehef het. Ook
die Transvaalse en Vrystaatse volksliedere, wat eweneens nie op die
program verskyn het nie, het magtig weerklink.
Steyn wys daarop dat Schalk Pienaar self later oor hierdie berig “gebloos” het. In
die lig daarvan dat die hoeksteenlegging die klimaks van ’n intensiewe proses
van miteskepping rondom die simboliese ossewatrek was, is die berig binne
konteks meer verstaanbaar. Die afleiding kan gemaak word dat die
miteskeppende leiers van die Afrikaner – bewustelik of onbewustelik - daarin
geslaag het om net ses-en-dertig jaar na die Vrede van Vereeniging in 1902, ’n
hernude gevoel van eiewaarde en volkstrots te laat gedy. Intussen het die
mite van die “Wonder van Afrikaans” ook gevestig begin raak. Dit was nou ’n
grootliks verenigde Afrikanervolk met ’n gekultiveerde, amptelike taal wat die
laaste fase voor 1948 binnegegaan het.
4.8 Die mite seëvier: 1938-1948
Steyn (1980:221) wys daarop dat daar tydens die simboliese trek ook
“taalinsidente” was. So wou die reëlingskomitee van die fees nie toelaat dat die
burgemeester van Port Elizabeth aan die fees deelneem nie omdat die stadsraad
vyandig gesind was teen Afrikaansmediumskole en Afrikaanse korrespondensie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
140
Die burgemeester mog eers die ossewa verwelkom het nadat hy aan ’n
afvaardiging die voorneme van die stadsraad oorgedra het om meer simpatiek
teenoor Afrikaanssprekendes te staan en Afrikaansmediumskole “in
heroorweging te neem.”
En by die Skiereiland se fees van 16 Desember het dr. Con de Villiers gewys op
die belangrikheid van “die Afrikaansste van alle Afrikaanse eienskappe – die
Afrikaanse taal” (Steyn 1980:221) vir die voortbestaan van die Afrikaner.
4.8.1 Die Ossewa-brandwag
Die nasionale oplewing het na Desember 1938 voortgeduur. Afrikanerleiers het
die moontlikheid gesien om die nasionalistiese gees te bestendig, en op 4
Februarie is die Ossewa-Brandwag (die O.B.) amptelik in Bloemfontein gestig.
Lede is beëdig met ’n eed “om nie te rus voor die vryheid van die Afrikanervolk
herwin is nie.” Van die impak van die O.B. beweer Steyn dat dit “die verbeelding
van tienduisende Afrikaners aangegryp (het). Afrikaners wat deur politieke twiste
verdeel was, en deur die Ossewatrek nader aan mekaar gebring is, het mekaar
in die O.B. weer gevind (1980:223). En M.E.R. het in ’n brief (Bouwer
e.a.1977:68) na die O.B. verwys as “een van die beste en mooiste dinge wat nog
aan ons volk gebeur het.” Bakkes (2001:1) meen dat die hoofoogmerke van die
O.B. was om “’n gedissiplineerde Afrikanerdom te kweek.”
4.8.2 Die Reddingsdaadbond
In dieselfde jaar (Oktober 1939) is ‘n Afrikaanse Ekonomiese Volkskongres
gehou, waarvan een van die uitvloeisels die stigting van die Reddingsdaadbond
in 1940 was. Hierdie bond het Afrikaanse ondernemings tot stand help bring of
geld aan bestaande ondernemings geleen en het werk aan duisende Afrikaners
verskaf. ’n Finansieringsmaatskappy, Federale Volksbeleggings, en die
Afrikaanse Handelsinstituut, asook dr. Anton Rupert se Rembrandt-groep (“…
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
141
rook ’n Rembrandt en hoes vir volk en vaderland” – persoonlike mededeling deur
Christo van Rensburg) het in die loop van die veertigerjare verder bygedra tot die
ontstaan van ’n Afrikaanse handelstaal.
Uit bostaande feite kan afgelei word dat die Afrikaner na 1938 nie slegs sy “mites
gedroom het nie”, maar ook konkrete gestalte daaraan gegee het en sodoende
vir die eerste keer ’n mag geword het om mee rekening te hou. Steyn
(1980:205) wys daarop dat die sterk mededinging deur Afrikaanse ondernemings
ook nie-Afrikaanse ondernemings verplig het om Afrikaanssprekendes in diens te
neem ter wille van ’n gelykwaardige diens aan Afrikaanse kopers.
4.8.3 Die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog en Smuts se besluit oor
deelname
Intussen het die Tweede Wêreldoorlog in Europa gedreig en is daar gevrees dat
Smuts sou besluit om troepe te stuur om saam met Engeland te veg, wat hoogs
waarskynlik ’n “tweede rebellie” onder Afrikaners sou ontketen. Suid-Afrika was
met die uitbreek van die oorlog op 1 September 1939 ’n “sowerein onafhanklike
koninkryk en nie outomaties in die oorlog betrokke op grond van Groot Brittanje
se oorlogsverklaring nie.” (Bakkes 2001:1). Engelsgesindes in Smuts se
regering het nietemin net vier dae na die uitbreek van die oorlog met ’n
meerderheid van dertien stemme besluit op deelname aan die kant van Brittanje.
Hierdie besluit het “matelose bitterheid” onder Afrikaners veroorsaak (Steyn
1980:222).
4.8.4 Die OB en die oorlogsjare
Bakkes vertel in sy referaat oor die strategieë van die O.B. in die oorlogsjare iets
van sy eie omstandighede as dertienjarige seun met die uitbreek van die oorlog.
Sy eie vader is dood toe hy elf maande oud was, en die behoefte aan vaderfigure
het hom Sondae in ’n hoek van die Neethlings se huis in Brooklyn laat bevind,
waar hy gretig geluister het na gesprekke oor landsake en oor die oorlog. Hier
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
142
byeen was dr. Chris Neethling, “’n landbou-ekonoom en hoof-generaal van die
O.B. in Noord-Transvaal” (sien die persoonlike vertelling oor die rol van die
miteskepper in hoofstuk 2), prof. W.P. de Villiers, adv. Fritz Steyn, dr. Hilgaard
Muller, dr. W. du P. Erlank en by geleentheid ook N.P. van Wyk Louw (dr.
Neethling se swaer). Bakkes het een Sondag in Junie 1940 saam met sy jong
vriend Jack van Dam na die Neethling-huis gegaan met die versoek om ’n
Penkopkommando as onderdeel van die O.B. te stig “wat kon help om die
Engelse hier te lande in die see in te dryf” (2001:3).
Die volgende bespreking bevat woordelikse aanhalings of samevattings uit
Bakkes se vertelling (2001:3-18) oor die O.B. en die oorlogsjare:
Na die vorming van die Penkopkommando het Chris Neethling my
benoem as rapportganger op sy staf en hoewel ek geen ordergroep
(offisiersvergadering) saam met die volwassenes bygewoon het nie, het
hy my in sy vertroue geneem en opdragte gegee om uit te voer.
Genl. Neethling het my daarop voorberei dat ’n staatsgreep (’n Putch)
teen die bewind van genl. Jan Smuts in die mou gevoer word en het dit
soos volg gemotiveer: Die val van Brittanje is na die oorgawe van die
Franse op 21 Junie op die kaarte en die Afrikaner moet ’n Republiek in
Suid-Afrika uitroep voordat Duitsland die oorwinning behaal. Wat
voorkom moet word, is dat die Union Jack in S.A. vervang word met die
Hakekruis. Ons moet as ’n onafhanklike Republiek met Duitsland in
onderhandeling tree en daar sal moet aanvaar word dat ons uit SuidwesAfrika sal moet onttrek…
Ons was as Afrikaners nie soseer pro-Duits nie, maar wel fel anti-Engels
en hewig gekant teen die Britse Empire waarvan ons geen deel wou
uitmaak nie.
Die embleem van die O.B. was ‘n arend met gespreide vleuels wat sit op
’n wawiel met in die onderste helfte van die wiel ’n ossewa met die
silhoeët van Majuba in die agtergrond.
(Hieruit kan afgelei word dat mites dikwels deur visuele tekens en simbole
ondersteun word – AMJ.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
143
Chris Neethling het aan my verduidelik dat ons ’n ondergrondse
bedreiging langs die weg van sabotasie, van allerlei aard, moes skep wat
Smuts sal verplig om magte in Suid-Afrika te hou en nie na die
buitelandse fronte te stuur nie… Die sabotasie moes egter beperk word tot
installasies en nie gerig wees teen soldate of burgerlikes nie.
Lewensverlies moes ten alle tye uitgeskakel word. Afrikanerbloed was
kosbaar en dit moes beskerm word en Smuts moes verhinder word om
troepe uit die land weg te kry. Bykomend moes reuse O.B. saamtrekke
gereël word met parades, braaivleisvure, pannekoek- en koffiestalletjies,
tablo’s met Republikeinse vlae, fakkels en toesprake. Met die saamtrekke
kon die Penkoppe en Boeredogters braai, verkoop en paradeer.
(Dit is duidelik dat hierdie “reuse sametrekke” veral miteskepping ten doel
gehad het – AMJ.)
Bakkes vertel voorts dat die besluit van die kommandant-generaal van die O.B.,
dr. Hans van Rensburg – ’n regsgeleerde met onder andere ook ’n M.A. in Duits
– dat daar sonder gewere opgetree moes word, konflik gebring het met onder
andere die joernalis Hans Rooseboom en die militante, nasionaal-sosialistiese
Robey Leibrandt. Tydens “relletjies tussen rooilussoldate en O.B.’s ”in Springs
en Johannesburg het Hans van Rensburg “hom na die tonele van geweld begeef
en tussen die dreigende skares in beweeg en kalmte bewerkstelling. Dit het na
albei kante indruk gemaak.”
Toe Smuts in Maart 1941 alle staatsamptenare lidmaatskap van die O.B. verbied
het, het Hans van Rensburg aan hulle “eervolle ontslag” uit die O.B. gegee. Van
hierdie staatsamptenaarlede het egter in die ondergrondse weerstandsbeweging,
die Stormjaers, opgegaan.
Bakkes is as vyftienjarige een nag in Brooklyn se polisie-aanklagkantoor
aangehou omdat hy en sy vriend Van Dam plakkate waarin “Bundles for Britain”
gevra is, gesabotteer het. Sy moeder het nie ingegryp nie, omdat sy as kind
twee keer beleef het dat haar ouers se opstal deur die Engelse afgebrand word.
Inligting is op ’n stadium bekom van ’n bataljon Stormjaers wat grootliks uit
polisielede bestaan het, en hierna is baie lede van die Strormjaers gearresteer
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
144
en geïnterneer. Onder andere was Chris Neethling vier-en-veertig maande lank
in gevangenskap.
Op grond van verskillende gesigpunte onder Afrikaners teen 1943 was daar later
drie partye, nl. die Herenigde Nasionale of Volksparty onder dr. D.F. Malan, die
Afrikanerparty onder mnr. Klasie Havenga en die Nuwe Orde Party onder adv.
Oswald Pirow. Smuts kon vryliker asemhaal op grond van hierdie verdeeldheid
en het ’n nog groter meerderheid in die 1943-verkiesing behaal. In 1947 het Van
Rensburg egter sy O.B.’s en Stormjaers begin aanmoedig om by Havenga se
party aan te sluit en ’n verenigde front binne Afrikanergeledere te help skep. Sy
strategie was: “Die Afrikanerparty is ’n party sonder ’n organisasie en die O.B. is
’n organisasie sonder ’n party.” Uiteindelik het daar oral “soos paddastoele”
Afrikanerparty-takke ontstaan en het hierdie party ook met Malan se Volksparty
’n ooreenkoms gestig t.o.v. die 1948-verkiesing. In Mei 1948 het hierdie
samewerking gelei tot Smuts se neerlaag en die oorwinning vir die Nasionale
Party. Dit was volgens Bakkes ook die direkte wegbereider vir “die stigting van
die Republiek van Suid-Afrika buite die Empaaier-statebond” (31 Mei 1961).
Bakkes sluit sy vertelling af deur te verwys na die dood van dr. Hans van
Rensburg in 1966 en sy begrafnis met volle militêre eerbewys.
Op sy grafsteen het die Bond van Oud-Geïnterneerdes en politieke
gevangenes geskryf: Afrikaners het hierdie gedenksteen ter ere van
doktor Hans van Rensburg opgerig omdat hy hulle gelei het op die lang
pad van protes en opstand na die uiteindelike Republiek van Suid-Afrika.
(2001:18).
Die bogenoemde vertelling is maar een enkele persoonlike dokument oor
Afrikaner-belewenisse tydens die woelinge in die veertigerjare. Dit word
voorgehou as voorbeeld van die voortgesette “vryheidsdroom” van die Afrikaner
waarna M.E.R. ook verwys het, en herinner aan die standpunt waarna in
hoofstuk 2 verwys is t.o.v. die belangrikheid van persoonlike getuienis om ’n
geskiedkundige tydvak se impak op ’n bepaalde kultuurgroep te rekonstrueer:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
145
As soon as we recognize the value of the subjective in individual
testinomies, we challenge the accepted categories of history. We
reintroduce the emotionality, the fears and fantasies carried by the
metaphors of memory…And at the same time the individuality of each
story ceases to be an impediment to generalization, and becomes instead
a vital document of the construction of consciousness emphasizing both
the variety of experience in any social group, and also how each individual
story draws on a common culture… (Samuel & Thompson 1990:2).
4.8.5 Die “1948-oorwinning”
Daar word nie vergeet dat die mite waaroor dit in hierdie hoofstuk gaan, dié van
Afrikaans en die Afrikaner is nie. Dit moet egter op hierdie stadium duidelik wees
waarom sonder vrees vir teenspraak beweer kan word dat die geskiedenis van
Afrikaans se vordering tot ’n hoëstatustaal in Suid-Afrika nie los te dink is van die
groei van Afrikanernasionalisme in die eerste helfte van die twintigste eeu en die
politieke oorwinning van die Afrikaner in 1948 nie. Daarsonder sou
Afrikaanssprekendes eenvoudig mettertyd moes swig voor die sterk dryfkrag van
Britse taalimperialisme.
Steyn (1980:224) bevestig hierdie standpunt:
Die 1948-oorwinning was ook ’n oorwinning vir Afrikaanse
taalnasionalisme. Die nuwe bewind het die regte van nasionaalgesinde
Afrikaners en van Afrikaans na jare van vyandigheid en onverskilligheid
opnuut bevestig en in ere herstel. Die tweetaligheidsvereiste in die
staatsdiens is verskerp, waardeur die meer tweetalige Afrikaners in baie
gevalle sterker bevoordeel is as die minder tweetalige Engelssprekende.
Met die krag van die bewind agter hom, het die Afrikaanse taal op baie
lewensgebiede in Suid-Afrika vinniger begin vorder,’ skrywe P.J. Cillié
(Steyn haal hier aan uit Cillié 1953:255.)
4.9
Die rol van die Afrikaner se godsdiens in miteskepping
Die impak van die Afrikaner se Calvinistiese lewensbeskouing op miteskepping
sou ’n studie op sigself kon wees. Uiteraand leen die metaforiek van godsiens
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
146
sig tot miteskeppende taalgebruik. Daar is ook in die loop van die bespreking
reeds verwys na taalgebruik wat aan die Bybel ontleen is.
Moodie (1975) verwys na die Afrikaner se “burgerlike godsdiens” (“civil religion”)
en tipeer dit as die geloof dat God die geskiedenis met betekenis klee, en haal
dr. D.F. Malan se miteskeppende uitspraak aan waarin hy volgens Moodie die
sentiment van alle Afrikaners verwoord:
Our history is the greatest masterpiece of the centuries. We hold this
nationhood as our due for it was given us by the Architect of the universe.
Indeed, the history of the Afrikaner reveals a will and a determination
which makes one feel that Afrikanerdom is not the work of men but the
creation of God (vertaal deur Moodie 1975:1).
Moodie gee ’n oorsig oor die Afrikanergeskiedenis voor en tydens die Groot Trek
en wys op die belangrikheid van onder andere die aflê van die Bloedrivier-gelofte
op 16 Desember 1838 en die oorwinning tydens die veldslag daarna om die
geloof van die Afrikaners in God se leiding en beskerming te versterk.
Die impak van die oorwinning word ongeveer honderd jaar later teruggevind, nl.
in die toesprake van Afrikanerleiers tussen 1930 en 1940 en in die Gedenkboek
van die simboliese ossewatrek (sien 4.7.6 hierbo). Daar word selfs in Die Burger
van 30 Maart 1940 “met groot respek” na die Gedenkboek verwys as die “Nuwe
Testament van Afrikanerdom” (Moodie 1975:11).
Die “burgerlike godsdiens” word ook ondersteun deur simbole soos die
Vrouemonument in Bloemfontein, wat die dood van vroue en kinders tydens die
Anglo-Boereoorlog herdenk en die Voortrekkermonument in Pretoria. In albei
gevalle – en ook by ander monumente in die land – bevind die Afrikaner homself
volgens Moodie by die “sacred shrines of the civil religion” (1975:18).
Die rol van die Afrikaner se godsdiens word ook duidelik uit ’n oorsig van Fourie
(1986) oor verarmde, verstedelikte Afrikaners in die “Goudstad” in die eerste
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
147
dekades ná die oorlog. Fourie wys op die belangrike rol van die Afrikaanse kerk
as “geestelike trooster” aan arm Afrikaners in die “Goudstad” en noem onder
meer die feit dat Afrikaanse kerke in die Afrikaanse voorstede Vrededorp en
Fordsburg teen 1909 glo stampvol was tydens eredienste (Fourie 1986:148).
Volgens Moodie is die oorsprong van die burgerlike godsdiens die Calvinisme,
aangesien Johannes Calvyn Luther se hervormingsgedagtes in essensie
aanvaar het, maar sterker klem gelê het op die opperheerskappy van God, en sy
direkte betrokkenheid by die lotgevalle van mense en volke. Paul Kruger,
president van die Transvaalse Republiek tydens die Anglo-Boereoorlog was die
eerste leier wat die burgerlike godsdiens, geskoei op die leer van Calvyn, onder
woorde gebring het in ’n reeks toesprake by Paardekraal. Kruger wys hier op die
uitverkorenheid van die Afrikanervolk, wat uit die Kaapkolonie na die wildernis
gelei is, versoek is sodat hulle God se hulp sou inroep, ’n gelofte afgelê het en
gered is uit die vyand se hand, en weer afgedwaal het. Die Britse besetting van
die republiek was dus God se straf, en die volk moes opnuut by Paardekraal trou
aan God sweer en sy genade afsmeek (Moodie 1975:22-27).
Hierdie soort diskoers bly deel van die Afrikaner se burgerlike godsdiens vir
dekades lank.
In 1942 beweer dr. Malan dat dit God se wil is dat die Afrikanervolk gedurig deur
ander volke bedreig word, maar tog verhoed dat die barbarisme die jong
Afrikanervolk verswelg (Moodie 1975:248, met verwysing na ’n artikel in Die
Transvaler van 16 Desember 1942).
Pelzer (1966:209 – 211) haal dr. Verwoerd se woorde tydens ’n geloftedagviering
in 1958 aan, waartydens die destydse Eerste Minister voortbou op die retoriek
van die burgerlike godsdiens deur na die doel van die Voortrekkers se lyding,
stryd en oorwinning te verwys as “an anchor and a stay for western civilization
and the Christian religion” (Moodie 1975:284).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
148
Moodie se betoog maak ongetwyfeld ’n sterk saak uit vir die bestaan van die
sogenaamde Afrikaner- burgerlike godsdiens, maar verreken myns insiens nie
die aard van die miteskepping volledig nie. Hy lê sterk klem op die retoriek van
die burgerlike godsdiens, maar nie genoeg op die miteskeppende struktuur wat
werksaam was in die kollektiewe onderbewuste van die gewone lede van die
Afrikanervolk nie. Sy slotsom is dat die Afrikaner se godsdienssin ’n integrale
deel van sy bestaan was, en dat daar in latere fases van sy geskiedenis steeds
gepoog is om “Christelik” en “nasionaal” met mekaar te rym.
Min of meer dieselfde standpunt word by implikasie deur De Klerk (2000:14-15)
verwoord wanneer hy die Afrikaner se klem op eksklusiwiteit verwoord deur te
wys op “vier bekende tradisionele aansprake en uitsprake” (2000:14), waarvan
(naas die “wit” karakter van die Afrikanervolk en die gedeelde Geus- en
Hugenoot-erfenis) twee daarvan spesifiek godsdienstig van aard is, nl.
•
Die Afrikaner is deur God geplant aan die suidpunt van Afrika om
die lig van die evangelie […] te versprei; en
•
Die Afrikaner is Christelik, maar meer spesifiek ’n Calvinistiese
Christen (sodat selfs Afrikaners uit die Pinksterkerke gweer is uit
onder meer die Broederbond, onderwys en godsdienstige
uitsendings van die SAUk).
De Klerk verwys nie in sy opsomming van Afrikaner-eksklusiwiteit spesifiek na
miteskepping nie, maar elkeen van die vier uitsprake kan myns insiens sonder
vrees vir teenspraak as sodanig geïnterpreteer word, onder meer omdat hulle ’n
duidelike strewe na singewing binne die groep weerspieël.
4.10
Die vroeë Afrikaanse letterkunde en miteskepping
Wanneer ’n groep se volksgevoel, miskien in ’n tydperk van bedreiging, vir
die eerste keer bewus word, is daar altyd in die begin ’n neiging om die
enger plaaslike kuns voort te bring. Die plante, diere, mense van die eie
omgewing, wat vroeër so doodgewoon gelyk het, kry nou ’n nuwe
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
149
betekenis en word met ’n nuwe liefde gesien, nie om hul eie ontwil nie,
maar omdat hulle simbole van die volk-wees is. So het by ons die plaas,
die plaasdiere, en –gereedskap, die boer self, sy gewoontes, ens.,
herinnerings aan ’n gelukkiger Afrikaanse bestaan vir die individu en vir
die volk wakker gemaak, en dié dinge het simbole van die Afrikaanse
verlede en strewe geword. Om hierdie rede alleen het hulle in ons
literatuur ingekom. Die os is so te sê nie om sy ewige dier-wees ‘besing’
nie, maar omdat hy herinneringe aan ’n Afrikaanse verlede gewek het en
omdat hy beeld van die eenvoudige taai Boerewil was (N.P. van Wyk
Louw 1986:15,16 – oorspronklik in Berigte te velde 1939).
[…] oral sien ons die drang tot meerdere selfstandigheid, die losmaking uit
geestelike en ekonomiese knegskap, die gestadige ontwikkeling volgens
eie geaardheid, die welige groei van ’n ontluitkende volksiel. Die
wassende kultuurmag styg uit die volk self op en die nasionale ideale
word vertolk deur die kunstenaars… (Schoonees 1927:40, aangehaal
deur Roos 1998:26).
Bogenoemde standpunt van Schoonees oor die Afrikaanse prosa van 1902 –
1927 onderskryf die standpunt van die meeste van sy “tydgenote en kollegas”, nl.
dat die letterkunde van die eerste twee dekades na die Anglo Boereoorlog “’n
vanselfsprekende eenheid gevorm (het)” met die “algemene strewes van die
Afrikanervolk” (Roos 1998:27). (Die letterkunde het dus – soos die mites – die
volk se soeke na sinrykheid vertolk – AMJ.)
Die afleiding is dat die miteskepping wat in hierdie hoofstuk onder bespreking is,
deur die Afrikaanse letterkunde in dieselfde tydvak ondersteun en selfs versterk
is.
4.10.1 Voor 1900
February (1998:5) beweer dat die eerste “tipies Afrikaanse geskrifte meestal
grappig (was) en “duidelik gerig op die gewone volk” (die laasgenoemde begrip
volgens February “omgewe deur ’n sekere eksklusiwiteit” en dus net met
betrekking tot wit mense.) Die spotgedig, “Lied ter ere van de Swellendamsche
en diverse andere helden bij de bloedige actie aan Muisenberg in dato 7 Aug.
1795”, wat later in die maandblad Hollandsch Zuid-Afrika gepubliseer word, is
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
150
“die oudste en eerste bewuste poging om iets sinnigs te skryf in die Afrikaanse
taal.” Verskeie ander spotverse het in hierdie periode verskyn waaroor February
oordeel dat dit “geen betoog (behoef) dat ons nie hier grootse poësie het nie.”
Louis Henri Meurant het in die tydperk voor 1875 reeds “’n twintigtal briewe en
samesprake in Afrikaans onder verskillende skuilname geskryf” (February,
1998:6). Vermaak was skynbaar die hoofoogmerk en hierin het die skrywer
beslis geslaag, soos blyk uit die volgende briewe deur lesers (1998:6-7):
“Mejuffrou Beuzemstok” se kommentaar was: “Daar staat sulke koddige nieuws
in, dat ik somtyds voor een half uur daarom lag.” En “Wysneus” beweer: “Waar jij
komt ziet je mense saan met de corant in de hande, hulle lag en gaat te keer op
een jammerlyke weyze…”
Dit is egter eers met die verskyning van Meurant se Zamenspraak tusschen
Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar in boekvorm in 1861 dat ’n politieke
vraagstuk, nl. die wenslikheid (volgens Meurant) van afskeiding deur die boere
van die Oostelike Provinsie van die Westelike Provinsie, in die Afrikaanse
letterkunde onder woorde gebring word. (Nienaber 1981:18 noem die taalgebruik
in die Zamenspraak “Dopper-Hollands”.) February meen dat Meurant se
stukkies “uitgestyg het bo die koddige voorbeelde tot op hede” (1998:7). Die
Swellendamse vader en seun, F.W. Reitz Senior en Junior was die eerstes “om
die verinheemsing van die Afrikaanse taal as kulturele uitdrukkingsmiddel
konkreet gestalte te gee” (February 1998:8). In 1870 verskyn Reitz Junior se
“Klaas Geswint en zijn Paert” in Het Volksblad, ’n omdigting van Burns se “Tam
O-Shanter” in Suid-Afrikaanse kultuurkonteks, met die reëls wat volksbesit
geword het en hulle eie soort miteskepping in die hand gewerk het:
Geluk is net ’n jong komkommer:
As jy hom pluk, verlep hy sommer;
Of nes ’n skilpad in sy dop in:
Soos jy hom vat, dan trek hy kop in.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
151
Reitz se gedig oor Wepener, wat as kommandant van die Vrystaatse magte op
15 Augustus 1866 op Thaba Bosigo gesterf het tydens die tweede Basoetoeoorlog (“Ter Nagedagtenis aan Kommandant Louw Wepener”, in Nienaber,
1978:37), bevat besonder treffende miteskeppende frases soos die volgende:
Sal vreemde digters ons verhaal
Van hulle grote helde,
En ek sal in my eie taal
Louw Wepener nie vermelde?
Nee, Broeder-Afrikaners, nee
Ons dappere blyf ons eie
God het ons Wepener gegee
Waarom sou ek dan swyge?
(en veral die slotreëls – AMJ)
Hy leg op Thaba Bosigo,
G’n grafsteen sal hy verge;
Sy monument het God gebou
Die bouheer van die berge…
“Dopper Joris en syn seiltjie” deur Pulvermacher (A.G. de Schmidt) in Het
Volksblad, 31 Julie 1873 word volgens February beskou as die eerste
oorspronklike Afrikaanse gedig van waarde.
February wys daarop dat baie van die tekste “wat die wordingsgeskiedenis van
Afrikaans verteenwoordig, gekenmerk (word) deur ’n byna kinderlike eenvoud
gemeng met ’n anti-Engelse sentiment en ’n ontluikende gevoel van
nasionalisme. Die Afrikaner was in die proses besig om konkreet gestalte te gee
aan sy identiteit ( singewing -AMJ) deur middel van die Afrikaanse taal in die
vorm van gediggies, artikels in koerante en soms in romans” (1998:14).
February gee verder voorbeelde van nasionalistiese verse wat ontstaan het in
die jare net voor en net na die stigting van die G.R.A. in 1875 (sien 4.2 tot 4.4
hierbo). So is daar C.P. Hoogenhout se klag dat “ons moedertaal vermoor word”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
152
deur Engels, wat al is “wat jy sien en hoor” en “Di Afrikaanse Folksliid” van
Pannevis, Hoogenhout en D.F. en S.J. du Toit, waarvan die openingsreëls lui:
’n Ider nasi het syn LAND:
Ons woon op Afrikaanse strand…
J. Lion Cachet (1838-1912) skilder die Afrikaanse taal as “’n arme Boerenôi, by
vele min geag” en verduidelik hierdie nooi se herkoms as sou haar “pa” uit
Holland gekom het en haar “liewe mooie ma” weer “uit Frankryk, waar die
druiftros swel…”
Hoewel die volksgevoel en die ontluikende taallojaliteit teenoor Afrikaans reeds
in hierdie heel vroegste Afrikaanse gedigte onder woorde gebring is, is dit egter
eers na die Anglo-Boereoorlog, en veral na die verskyning van Eugène N. Marais
se “Winternag” in 1905 dat daar werklik van ’n Afrikaanse letterkunde sprake kan
wees.
4.10.2 Na 1900
In verband met die verskyning van “Winternag” meen Marais & Marais
(1998:660) dat dié gedig “byna onmiddellik by sy publikasie in 1905 in diens van
die Afrikaanse taalstryd gekanoniseer en gemitologiseer is.” Volgens die
skrywers is Marais en ander skrywers se oeuvre(s) “aangebied en geïnterpreteer
in diens van ’n hele stel kulturele en politieke ‘Afrikaner’-waardes wat by wyse
van die skoolleerplanne as navolgenswaardig voorgehou is.”
Sonder om in besonderherde op die Afrikaanse letterkunde tussen 1905 en 1948
in te gaan, wat nie in sigself die objek van hierdie studie is nie, word net verwys
na ander tipiese voorbeelde van miteskeppende gedigte in Afrikaans.
Jan F. E. Celliers se gedig oor die ontberings in die konsentrasiekampe, “Die
kampsuster” asook sy bekende “Dis al”, wat vertel van die “balling gekom oor die
oseaan” om net “’n graf in die gras” te vind, het sonder twyfel die gemoedere oor
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
153
die lyding in die Anglo-Boereoorlog gaande gemaak. C. Louis Leipoldt het
dieselfde ontberings, die kwessie van verraad teen die eie volk en die Boereontberings verwoord in onder meer “Oom Gert vertel” (’n skrynende verwoording
van die skuldlas van iemand wat sy eie mense se dood veroorsaak het), “In die
konsentrasiekamp” en “Vrede-aand.” Totius (J.D. du Toit) herinner aan die onreg
deur die magtige Brittanje teen die Boerevolk in “Vergewe en vergeet” met as
onderskrif by die titel die mite-ondersteunende woorde van Deut. 4:9: “Dat gij niet
vergeet die dingen die uwe ogen gezien hebben.”
Volkshelde soos onder andere Genl. De Wet en Jopie Fourie (Celliers) en “Oom
Paul” (Toon van den Heever) word in die poësie in herinnering geroep, terwyl die
Gideon Scheepers-legende op unieke wyse deur D.J. Opperman in “Gebed om
die gebeente” bedig word. (Die openingsreël van dié gedig word beskou as van
die mooiste woorde ooit in die Afrikaanse digkuns - “O Heer, waar u Noordewind
die droë dissel rol en oor die skurwe brakland jaag van Afrika…”)
Soos uit die aanhaling hierbo van Van Wyk Louw (uit Berigte te velde) blyk, sou
mens ook in die Afrikaanse plaasromans feitlik ’n idealisering van die Afrikanerboerewortels kon aflees, waar die ploeg en die os onder andere simbole geword
het van ’n verlore “Afrikaner-leefwyse” ná aan die grond.
Die rol van C.J. Langenhoven om die volk te laat lees, nadat hy op ’n stadium
self wegbeweeg het van Engels as voorkeurtaal en baie produktief in Afrikaans
begin skryf het (sien weer 4.5.3), sou ’n studie op sigself kon wees.
Die sangbundel van die FAK (Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge) is ’n
versameling van veral Afrikaanse volksliedjies, met onder ander ’n spesifieke
afdeling oor “Volk en Vaderland”. (As Afrikaner-kinders het ons kleintyd in die
Voortrekkers, maar selfs op skool- en kerkkampe, dikwels van dié
miteskeppende liedere uit volle bors gesing.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
154
’n Klassieke voorbeeld van so ’n miteskeppende “vaderlandslied” is “Die Lied
van Jong Suid-Afrika”:
En hoor jy die magtige dreuning
Oor die veld kom dit wyd gesweef
Die lied van ’n volk se ontwaking
Wat harte laat sidder en beef
Van Kaapland tot bo in die Noorde
Beef dawerend-luid die akkoorde
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika
Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.
Sonder om nog meer besonderhede te gee, sou ’n mens die bewering kon maak
dat die Afrikaanse letterkunde – “hoog sowel as volks” – ’n groot impak op
miteskepping rondom en vir die Afrikanervolk gehad het. (Die neerslag van die
mites binne die letterkundige sisteem word in hoofstuk 6 verder bespreek –
AMJ.)
Ter afsluiting van die hoofstuk oor Afrikaans en die Afrikanervolk word enkele
reëls uit van C.J. Langenhoven se “Die Stem van Suid-Afrika” – die volkslied van
die Republiek van Suid-Afrika tot voor 1994, waarvan dele in Afrikaans (en ook in
die Engelse vertaling daarvan) in die nuwe volkslied opgeneem is – aangehaal:
In die merg van ons gebeente, in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede, in ons hoop op wat sal wees,
In ons wil en werk en wandel, van ons wieg tot aan ons graf –
Deel geen ander land ons liefde, trek geen ander trou ons af.
Vaderland! Ons sal die adel van jou naam met ere dra:
Waar en trou, as Afrikaners – kinders van Suid-Afrika.
Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou:
Skenk ook ons die krag, O Here, om te handhaaf en te hou –
Dat die erwe van ons vaad’re vir ons kinders erwe bly:
Knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry...
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
155
4.11 Gevolgtrekkings
Die eerste gevolgtrekking wat gemaak kan word, is dat daar ongetwyfeld
miteskepping met betrekking tot die intieme verbondenheid tussen die
Afrikaner en Afrikaans was. Verskeie voorbeelde hiervan is in die loop van die
bespreking aangedui. Om maar enkeles te herhaal:
1)
Regte Afrikaners, ons roep julle op om saam met ons te erken dat
die Afrikaanse taal ons moedertaal is wat die Liewe Heer vir ons gegee
het … die volkstaal van ons land… (Uit die manifes van die G.R.A. soos
aangehaal deur Nienaber & Nienaber 1958:30);
2)
Dis my ondenkbaar dat jy kan draai teen jou nasie maar darem nog
sy taal net so kan waardeer en bemin as vantevore …” (De Waal 1939:6465 se kommentaar oor dislojaliteit van Patriot-lesers teenoor die
Republieke se saak tydens die dreigende Twede Vryheidsoorlog):
3)
Di Engelse Meisiiskole in ons land is di listigste en gevaarlikste
aanslag teen ons Moedertaal; dit verdring ons taal in die huisgesinne en
vergiftig die fontein van ons nasionaliteit …(Steyn 1980:142);
4)
Die verwysing na die artikel in The Star van 18 Maart 1904, waarin
die skrywer van die artikel te velde trek teen die Afrikanerstrewe “to
preserve the ‘taal’ from extinction and maintain the burgher population as
a separate people…” en
5)
(Herzog het) die taal as uitgangpunt vir die handhawingstryd van
die Afrikaner geneem. (Nienaber 1964:82).
Daar is deurgaans in die hoofstuk verwysings na ander soortgelyke bewyse van
bewustelike en onbewustelike miteskepping wat betrekking het op die
verbondenheid tussen die Afrikaners en Afrikaans.
’n Tweede gevolgtrekking hou verband met die verskillende wyses waarop die
miteskepping geskied. Die opvallendste hiervan word kortliks bespreek.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
156
1.
Metaforiek
Voorbeelde van die gebruik van metafore om miteskepping in die hand te werk of
te versterk, is onder meer die volgende:
•
“… die vreemde wapenrusting van Dawid” (verwysende na Engels en
Hollands in teenstelling met Afrikaans);
•
“… di fontein van ons nasionaliteit” (verwysende na jong Afrikaanse
meisies in Engelse meisieskole);
•
“… ’n standhoudende droom” en die “nimmerverslappende opdraand
gesukkel om onsself te bly…”) (die woorde van M.E.R. wanneer sy verwys
na die vryheidstrewe van die Afrikaner);
•
“…’n roering welke uit het hart opwelt … En met dit zucht verdwijnt de
Vaal Rivier, verdwijnt de Oranje Rivier …” (Kommentaar oor Afrikanereenwording soos verwoord in Het Volksblad van 26 Maart 1915);
•
“… Ek onthou hoe ek eendag, toe die eerste vreugderoes verby was …
gesê het: ‘En wat gaan die Mammon nóú maak?” (M.E.R se kommentaar
nadat die Nasionaliste in 1924 vir die eerste keer aan bewind gekom het.);
•
“Die rots waaruit ons gekap is, die put waaruit ons gegrawe is, sal nooit
toelaat dat die ideaal van ’n afsonderlike nasieskap … vir die Afrikaner
verlore gaan nie…” en “Voor in die wapad brand daar ’n lig. Die lig van
nasieskap…” (H.J. Klopper se boodskap in die voorwoord van die
Simboliese Ossewatrek Gedenkboek.);
•
“die welige groei van ’n ontluikende volksiel…” (Schoonees 1927:40 oor
die Afrikaanse prosa sedert 1902);
2.
•
Die Nasionale Party het binne twee jaar na sy stigting reeds “sy vlerke
•
oor die hele land gespan” (aldus Van Heerden 1975:21);
Woordkeuse
Metaforiek en woordkeuse hou verband met mekaar, maar hier gaan dit oor die
keuse van woorde en frases wat doelbewus positief of negatief gelaai is om die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
157
eie groep op te hemel en die ander in ’n negatiewe lig te stel. Voorbeelde hiervan
is: “hartstogtelike pleitbesorgers”, “dissipels vir die ideaal”, “’n groot kenner van
die klassieke”, “baie godsdienstig”, “die vrome Pannevis”, “de zuivere waarheid”,
“ons moedertaal, wat ons dierbaar en heilig is”, “vergiftig … tot taalverraaiers”,
“elke normale Afrikaner”, “Vryheid,vryheid, dierbaar ding!” , “die betowering van
die vryheidsdroom”, “Louis Botha was ons geliefde held”, “een onkeerbare
stroom van volksliefde”, “Voortrekkerideale”, “die Afrikaner-heiligdom”, “die klank
van silwertroffels op die hoeksteen”, en so meer.
3.
Retoriese middele, bv. herhaling en retoriese vrae
Enkele voorbeelde van die gebruik van retoriese middele met die oog op
miteskeping kan aangetoon word, bv. die herhaling van “Afrikaner(s)” in die
hoofartikel van De Zuid-Afrikaan van 15 Januarie 1876:
So moes meer as een Afrikaner wat verstand en gees het stilbly, omdat hy
geen taal het waarin hy hom kon uitdruk nie. Nee, jonge Afrikaners! Gooi
nou weg die vreemde wapenrusting van Dawid… Ja, Nou kan elke
Afrikaner skrywe wat hy wil in sy eie taal…
’n Voorbeeld van ’n retoriese vraag kom voor in die sogenaamde “Ope Brief” aan
die volk, wat die manifes van die G.R.A. bevat het (Nienaber & Nienaber
1958:30), en waarin daar op die retoriese vraag “En wat gaan ons dan maak?”
geantwoord word dat die volk opgeroep word om te erken dat die Afrikaanse taal
hulle moedertaal is “wat ons Liewe Heer vir ons gegee het …”
4.
Sintaktiese middele
Ook die sintaksis word soms ingespan om miteskepping te bevorder, soos bv. in
die volgende voorbeeld wat ook uit die manifes van die G.R.A. gehaal is en
waarin die gebruiklike SVO-orde verander word om klem te lê op die
belangrikheid van elke poging om Afrikaans te bevorder. Die sin lui nie:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
158
“Ons sal elke poging om ons moedertaal te bewaar en te verdedig,
voorstaan en bevorder”, nie, maar wel:
“Elke poging … om ons moedertaal te bewaar en te verdedig, sal ons
voorstaan en bevorder so lank ons leef…” (OVS-orde).
Nog meer voorbeelde van sintaktiese omkerings sou waarskynlik uitgewys kon
word, maar daar word hiermee volstaan, aangesien al die bogenoemde middele
slegs bydraend is tot die proses van miteskepping, of die miteskepping nou ook
bewustelik of onbewustelik plaasvind.
4.12
Samevatting
In die voorafgaande bespreking is miteskepping wat gelei het tot die
“liefdesverhouding” tussen Afrikaans en die Afrikaner van nader bekyk.
Talle voorbeelde van miteskepping in die koerante van die dag, die digkuns,
politieke toesprake en kultuurgeleenthede soos die historiese ossewa-trek van
1938 is uitgewys.
Sommige van die Afrikaner-organisasies wat in die loop van die twintigste eeu op
sowel die kultuurfront as in die ekonomiese wêreld ontstaan het, is genoem en
hulle rolle asook hulle impak op die vestiging van die Afrikanermites is kortliks
aangedui.
Verskillende metodes om miteskepping te bewerkstellig is uitgewys, bv.
metaforiek en woordkeuse en retoriese en sintaktiese middele.
Laastens is die mitteskeppende rol van die Afrikaner se “burgerlike godsdiens”
(Moodie) en van die Afrikaanse letterkunde in dieselfde tydperk vlugtig belig.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
159
Die gevolgtrekking is dat daar sedert 1875 met die begin die “storie van
Afrikaans” in die Paarl, tot en met 1948, toe die “Afrikanerparty” die meerderheid
stemme in die verkiesing behaal het, onbewustelik en bewustelik gebou is aan
die mite van “Afrikaans, taal van die Afrikaner” en dat hierdie mite dus
grootliks bygedra het tot Afrikanereenheid en –nasionalisme.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
160
HOOFSTUK 5: DIE TWEEDE MITE:
AFRIKAANS, DIE VERDRUKKERSTAAL
(1948-1994)
Dit is die tragiese, skynbaar keerlose proses – en ’n onnoemlike verlies vir
Afrikaans – die verengelsing van ’n groot Afrikaanssprekende
bevolkingsgroep … (J. du P. Scholtz in Die Burger, 19 Julie 1978).
Die geskiedenis leer dat ’n groot taal baat vind by die onreg en
verdrukking deur sy sprekers, maar dat ’n klein taal skade ly weens die
onregverdigheid van die mense wat hom praat (Steyn 1980:305).
Suid-Afrika is my land, maar hy was nie fair met my nie (Die woorde van ’n
uitgeweke bruin loodgieter, aangehaal deur Steyn, 1980:278).
Dit spyt my as ek u te na kom, maar ek kan nie ’n moordkuil van my hart
maak nie. Die Afrikaners wil ons nie hê nie, en nou wil ons ook nie meer
die Afrikaners hê nie (onderhoud met Johannesburgse bruin man deur Die
Vaderland in 1974, aangehaal deur Steyn, 1980:279).
Die hele geskiedenis illustreer eintlik baie mooi ’n stelling (en dit geen
nuwe nie) wat Adam Small nou die dag hier in Pretoria op ’n vergadering
maak. Hy sê gesprek in dié land word al hoe moeiliker, met dat dieselfde
woord (hier “guerrillas” – AMJ) vir verskillende groepe sulke wild
uiteenlopende betekenis en emosionele kleur aanneem (Rykie van
Reenen in Rapport, 11 November 1973, opgeneem in Van Reenen
1980:67).
If we must do Afrikaans, Vorster must do Zulu […] Afrikaans will spoil our
future […] Away with Afrikaans […] We are not Boers… (Slagspreuke op
die plakkate van kinders in Soweto op 16 Junie 1976, aangehaal deur
Steyn 1980:288).
Ons verkeer in die ironiese situasie dat wat vandag gepropageer word as
“alternatiewe Afrikaans” in werklikheid die essensiële Afrikaans is: dit is
die establishment se taal – Apartaans, soos dit al genoem is – wat van die
spoor af is, wat gerelegeer behoort te word tot die alternatiewe (Brink in
Van den Heever 1988: motto).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
161
5.1
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk
In die vorige hoofstuk is daar redelik breedvoering na die ontstaan van die
sogenaamde “liefdesband” tussen die (hoofsaaklik wit) Afrikaners en Afrikaans
verwys omdat hierdie saak baie belangrik is vanuit die perspektief van
miteskepping.
Die bogenoemde mite is egter nie die enigste miteskepping rondom Afrikaans
nie. Wanneer daar metafories na ’n taal – en nie net na sy sprekers nie – as ’n
“verdrukker” verwys word, is dit duidelik dat daar ook miteskepping is wat
negatief teen die betrokke taal reflekteer. Die doel van hierdie hoofstuk is om die
“negatiewe mite” van Afrikaans as verdrukkerstaal te bekyk en die impak
daarvan op die taal te probeer uitwys.
Een van die vrae wat gestel kan word t.o.v. die mite van Afrikaans as
“verdrukkerstaal” is hoe dit dan gebeur het dat Afrikaans, wat in die eerste paar
dekades na die die Anglo-Boereoorlog nog ’n verdrukte taal was, binne die
bestek van ongeveer sestig jaar bekend kon word as ’n verdrukkerstaal? Daar
sal dus ook gepoog word om hierdie vraag in die loop van die hieropvolgende
bespreking te beantwoord.
Daar is egter probleme wat in die weg staan van ’n poging om die betrokke mite
se ontstaan en impak op Afrikaans so eerlik as moontlik weer te gee. Die mite
van Afrikaans as verdrukkerstaal het ’n lang aanloop in die koloniale geskiedenis
van Suid-Afrika. Miteskepping binne die gemeenskappe waar hierdie mite juis
ontstaan het, het tot ’n groot mate mondeling geskied as deel van informele orale
vertellings binne gesins- of stamverbande. Hierdie miteskepping is in baie
gevalle dus nie gedokumenteer soos dié waarna in die vorige hoofstuk verwys is
nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
162
Die rede vir die tekort aan aangetekende stories (en daarom ook vir die
gebrekkige dokumentasie oor miteskepping) binne die nie-dominante
gemeenskappe in Suid-Afrika, kan gedeeltelik verklaar deur gegewens wat Hein
Willemse voorhou in ’n lesing by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees op 30
Maart 1999. Willemse verduidelik nl. dat die “geskrewe woord” in ons land tot
onlangs “’n hindernis (was) wat voorkom het dat miljoene Suid-Afrikaners,
waaronder ook swart Afrikaanssprekendes, gehoor word.” Die rede vir “die
afwesige stemme van swart Afrikaanssprekende mense in die Afrikaanse
letterkunde en kulturele praktyk”, was nie net omdat publikasie moeilik was nie,
maar ook omdat “ongeletterdheid die mees volkome vorm van sensuur is”. Die
laaste uitspraak word ontleen aan Terry Eagleton. Dit is nietemin noodsaaklik
om met die gegewens wat wel ter beskikking is so deeglik moontlik oor die
tweede mite onder bespreking, dié van Afrikaans as verdrukkerstaal, te besin.
Soos reeds genoem, is die “negatiewe” mite van Afrikaans as verdrukkerstaal nie
per se singewend binne die groepe waar die betrokke mite veral ervaar is nie,
maar het dit ingespeel op die eie, singewende mites wat ook in hierdie hoofstuk
bespreek word. Die eie mites van die groepe onder bespreking is dus as ‘t ware
versterk juis deur die impak van die mite van Afrikaans as taal van die
verdrukker.
In hierdie verband is die rol van “narratiewe” as singewing ook van groot belang,
al is dit dan die persoonlike en oorgelewerde “stories” om kampvure waarna
vroeër verwys is. In ’n baie insiggewende uiteensetting van die rol van historiese
narratiewe binne ’n Suid-Afrikaanse stam (“chiefdom”), We spend our years as a
tale that is told, maak Hofmeyer (1993:181) ’n opmerking wat myns insiens
belangrik is binne die konteks van (veral) die diskoers in hierdie hoofstuk, maar
ook in die res van die proefskrif:
Anyone wishing to come to terms with popular consciousness and the role
it plays in political behaviour would do well to pay close attention to words
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
163
and stories, granting them an independence that is not inevitably yoked to
a material base (my kursivering).
5.1.1 Persoonlike manifes
In die loop van ’n ondersoek in 1982 vir ’n M.A.-verhandeling in Latyn is die twee
geskiedeniswerke van die Romeinse geskiedskrywer Publius Cornelius Tacitus
(gebore ongeveer 58 n.C.), die Annales en die Historiae, bestudeer om te bepaal
in watter mate die geskiedskrywer ook as mensekenner in sy werk na vore kom.
Tacitus is deur sommige geleerdes gekritiseer vir sy gebrek aan ’n vaste
lewensiening. My eie mening hieroor (Jordaan, 1982:11) het egter aangesluit by
dié van Ronald Syme (1958:527):
[…] it is by no means an advantage for a historian to be shut up in the
armour of an invulnerable doctrine. Certitude is not given to mortals and
Tacitus is redeemed by his respect for the eternal ambiguities. One of
those ambiguities is fundamental in the nature of men. The love of liberty
and the love of domination spring from a single root with good or evil
ensuing… (my kursivering).
Sedertdien het daar twintig jaar verloop, en hoewel respek vir die “eternal
ambiguities” sekerlik nie minder geword het nie, maar eerder toegeneem het,
besef ’n mens ook met groter eerlikheid dat die mites waardeur en waarmee tot
nog toe geleef is, wel vir jou beskerming (“armour”) gebied het teen dit wat jy
verkies het om nie raak te sien nie: die mites wat lynreg teen jou eie gestaan het.
In die vorige hoofstuk is die mite waarmee ons as Afrikaanse (Afrikaner-) kinders
grootgemaak is, bespreek. Die aanhaling van Hans du Plessis (1992:1) aan die
begin van die hoofstuk was dus as ’n soort apologie bedoel:
“Die doel van hierdie publikasie is om een perspektief op die talegesprek
in Suid-Afrika te gee. Omdat ek Afrikaans is, is dit ’n Afrikaanse
perspektief.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
164
Dieselfde kan nie gesê word van die mites rondom Afrikaans in die
apartheidsjare nie. Daar sal dus in hierdie hoofstuk gepoog word om ook
stemme aan die woord te stel van diegene wat die betrokke mites self aan die lyf
gevoel het, en vir wie dit dus ook ’n “lewende mite” (sien Leroux se uiteensetting
in hoofstuk 2) was, waardeur hulle bestaan in en deur Afrikaans grootliks
gekleur is. In enkele gevalle word ook ander stemme aan die woord gestel, nl.
van diegene wat nie self die mite geleef het nie, maar wat bewus was van
ongelykhede en diskriminasie en wat dan self meegewerk het aan die
mitologiseringsproses (of, anders gestel vanuit die “Afrikanermite”, aan die
ontmitologiseringsproses).
5.1.2 Die terminologie van die “apartheids”-gesprek
Dit sal onvermydelik nodig wees om in die loop van die bespreking na
verskillende groepe te verwys deur onderskeidings soos “bruin”, “swart” en
“blank/wit” te gebruik, aangesien die mites wat ontstaan het, tot ’n groot mate juis
ontstaan het omdat die betrokke onderskeidings gegeld het.
Thompson (1985:ix) wys ook op die problematiese aspekte van die terminologie
vir verskillende bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Hy vra bv. die vraag of “swart”
ook Asiërs en bruin mense insluit. T.o.v. lg. benaming (bruin mense of
“kleurlinge”) wil hy weet:
And what is to be done about the people whom the South African
government calls Coloured – people who descend in varying degree from
local Khoikhoi and San, from imported Asian and African slaves, and from
Whites?
Vir die doel van die verdere bespreking word daar deurgaans van wit mense,
bruin mense, swart mense en Asiërs gepraat, behalwe waar daar in
aangehaalde tekste na kleurlinge (dikwels met ’n hoofletter gespel) verwys
word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
165
5.2
Die aanloop tot die mite
5.2.1 Die eerste jare na 1652
Die verhaal van Afrikaans is in ’n groot mate die verhaal van
kommunikasie tussen wit en bruin in Suid-Afrika (Belcher, 1987:17).
Steyn (1980:102-104) gee verskeie redes aan vir die feit dat daar Nederlanders
na Suid-Afrika toe gekom het. Sommige van die redes het ’n direkte verband
met die koms van die “Hollanders” na die Kaap, terwyl ander as ’t ware
sekondêre gevolge was van ander gebeure in Europa en elders:
•
Die feit dat Wes-Europa as gevolg van ’n gematigde klimaat en kontak
met beskaafde volke reeds teen die sestiende eeu ’n toonaangewende
wêrelddeel was;
•
Die herontdekking van die Grieks-Romeinse wêreld, handelskapitalisme
en die drang om nuwe seeweë te verken wat lei tot die Renaissance en
die gevolglike wêreldwye uitbreiding van die Europese lande se mag;
•
Die gebrek aan grondstowwe wat Nederland verplig het om ’n
handelsmoondheid te word1;
•
Die oorlog met Filips II van Spanje (wat ook Portugal verower het) en wat
die hawe van Lissabon vir die Nederlanders gesluit het en hulle sodoende
verplig het om ’n eie roete na die Ooste te vind in plaas daarvan om hulle
Oosterse speserye soos voorheen in Lissabon te gaan koop waarheen
Portugese seevaarders dit gebring het;
•
Die behoefte aan ’n verversingspos op pad na die Ooste vir vars produkte;
•
Die groot Europese migrasie van daardie tyd (die 17de eeu);
•
Koninklike huwelike waardeur Nederland ’n Spaanse besitting geword het;
•
Die godsdienstige verdrukking van die Calviniste in Nederland deur Filips
II.
1
Deel van die Nederlandse kollektiewe “miteskepping”? (Is ’n mens werklik “verplig” om ’n
handelsmoondheid te word, of is daar ook ’n element van grootheidswaan betrokke?)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
166
(Christo van Rensburg wys in ’n toespraak by die prysfunksie van die
Departement Afrikaans, Universiteit van Pretoria, gedurende Maart 2003 op die
toenemende gewildheid van die Oosterse speserye, veral vir die preservering
van vleis, en die feit dat die landroetes waarvan ook gebruik gemaak is Ooste
toe, onveilig gemaak is deur rowers, ’n nagevolg van die Kruistogte.)
Steyn se slotsom (1980:104) is:
Afrikaans het dus sy ontstaan te danke aan die Renaissance, die opkoms
van Wes-Europa, koninklike huwelike, die Hervorming, godsdiensoorloë,
en die Nederlandse ‘Goue Eeu’: ‘Alles stroom deur grens en eeu aaneen,’
sê D.J. Opperman.
Belcher (1987:17) wys ook daarop dat ander tale soos Engels, Duits, Frans,
Portugees, Maleis en Arabies van verskeie volksgroepe aan die Kaap almal ook
in mindere of meerdere mate met verloop van tyd bygedra het tot die
ontwikkeling van Afrikaans. Afrikaans is egter veral oor “’n lang tydperk” gevorm
op grond van “kommunikasie tussen die Hollanders en die inheemse
bevolkingsgroepe aan die Kaap, met die taal van eersgenoemde die
rigtinggewende faktor.”
Dit is belangrik om in gedagte te hou dat die kolonisering van die Kaap binne die
breër konteks van grootskaalse Europese koloniale uitbreiding plaasgevind het.
Hierdie koloniseringsprosesse het ook nie ideologies neutraal gebly nie.
Giliomee (2003:13) stel dit soos volg:
The great European colonial expansion provided the context in which
interaction with Others served to crystallize the Europeans’ sense of the
Self. At the core of this lay a sense of being heirs to and beneficiaries of a
superior civilization and religion (my kursivering).
Hierdie stelling van Giliomee word bevestig deur die vroeë dokumentasie van die
Nederlanders aan die Kaap. Reeds in die eerste verwoording van wat Van
Riebeeck as sy sendingroeping gesien het na sy aankoms in 1652, is daar die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
167
begin van ’n mitologiseringsproses te bespeur. Van Riebeeck se gebed in sy
dagregister (Van der Merwe 1958:4, aangehaal deur Belcher 1987:18) verwoord
’n definitiewe sendingbewustheid, maar lewer ook duidelike kommentaar op die
Nederlandse beskouing van die inheemse mense (in Belcher se terminologie die
Khoekhoenstamme2 en die San) in die land. Van Riebeeck bid naamlik dat hy
en sy landgenote in die “Cabo de boã Esperance” die gereg sal handhaaf (onder
hulleself), maar daarbenewens ook dat (aan) “dese wilde, brutale menschen (my
kursivering), mogelijck sijnde, uwe ware gereformeerde Christelijcke Leere
metter tijt mochte voortgeplant ende verbreijdt worden tot uwes H. naems loff
ende Eere, ende welstant onsen Heeren principaelen.” (’n Ietwat siniese vraag
aan die heer Van Riebeeck omtrent hierdie ambisieuse voorneme sou kon wees
wat werklik die swaarste by hom geweeg het: die eer van die Liewenheer of die
welstand van die Here Sewentien – AMJ.)
Daar is aanvanklik ’n beleid van vrye kommunikasie gevolg en die inheemses en
koloniste het in dieselfde gebiede gewoon. Belcher (1987:20) merk op dat die
“Hollanders” teen skeiding gekant was – “al was dit net ter wille van die handel” –
en staaf sy bewering deur ’n inskrywing in Van Riebeeck se Daghregister van 4
Februarie 1656 waarin melding gemaak word van die feit dat die strandlopers
sedert kort na die aankoms van die Hollanders onder hulle “geschuilt, gewoont
ende soo extraordinarie veel vruntschappen genoten hebben.”
Die doelbewuste poging tot vriendskaplike bande is egter versteur deur verskeie
insidente tussen nedersetters en inboorlinge onderling, en in 1658 word verwys
na die feit dat die inboorlingkaptein, Herrie, na Robbeneiland verban is. Nog een
jaar later, in 1659, vertel Van Riebeeck se dagregister van die oorlogsmag wat
op die been gebring is om “onse vijanden” te oorval en met “Godes Hulpe”
genoegsaam die skrik op die lyf te jaag, sodat daar voortaan rus en vrede kan
wees. Die nedersetters was nou volgens Belcher reeds “geharde ‘Afrikaans-
2
Geleerdes soos o.a. Nienaber en Van Rensburg gebruik die term Koi-Koi (Khoi-Khoi) of net Koi
(Khoi).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
168
Hollanders’” wat ook met die taal “kortpaadjies” (volgens Christo van Rensburg in
’n persoonlike mededeling tipies van ’n aanleerderstaal - AMJ) begin vat het en
minder “taalgekultiveerd” geword het::
Op dié manier is Afrikaans nie net uit kommunikasie nie, maar ook uit
konfrontasie gebore (Belcher, 1987:21).
Reeds in hierdie baie vroeë fase van taalkontak oor die sogenaamde kleurlyn
heen was daar ook die besef by sommige nedersetters dat die inboorlinge eerste
daar was, en dat die “vyand” (soos hierbo na hulle verwys) moontlik die reg aan
hulle kant gehad het om te verdedig wat hulle eie was. Van Riebeeck gee self
uiting aan hierdie besef wanneer hy op 5 en 6 April 1660 (dus agt jaar na sy
koms) in sy dagregister die inboorlinge se saak stel deur te beweer dat “wij (die
Hollanders – AMJ) hier vast langhs soo meer van haer lant hadden naer ons
genomen, twelck haer van alle eeuwen eigen toegecomen had’ ende waer op sij
gewoon waren haer vee te weijden…”
5.2.2 Die slawekwessie aan die Kaap
Slawerny het saam met Van Riebeeck na die Kaap toe gekom, aangesien dié
praktyk algemeen in die sewentiende-eeuse Europa gegeld het. Steyn (1980:5)
meld dat daar tussen 1550 en 1850 tussen 10 en 20 miljoen swartes as slawe
deur Europese moondhede na die Westelike Halfrond weggevoer is. Steyn wys
ook daarop dat “die verderflike beleid van slawerny wat Europese nasies soos
die Hollanders en Britte gevolg het ” tot in die negentiende eeu na die vrystelling
van die slawe nog negatief op die Afrikaanse taalgemeenskap ingewerk het. Dit
wil voorkom asof miteskepping rondom die wreedheid van slawe-eienaars in die
slawetyd bygedra het tog die weerstand teen die koms van wit mense na
Suidwes in die negentiende eeu:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
169
Hoe nadelig slawerny vir die Afrikaanse taalgemeenskap was, blyk uit die
vrees wat daar in die negentiende eeu by sommige swartes en bruines
van Suidwes was vir die Afrikaners (Steyn, 1980:121).
Die permanente oorname van die Kaap deur Brittanje na 1806 het volgens
Giliomee geensins die einde van hierdie onmenslike praktyk beteken nie, maar
dit eerder herbevestig. Die Britse oorname het nl. aanleiding gegee tot ’n
“voracious demand for slave labor to produce wheat and wine for the market”
(2003:90). ( Hierdie feite kan ook dien as ’n bewys daarvan dat die persepsie dat
die onderdrukking van ander bevolkingsgroepe in Suid-Afrika omtrent by uitstek
kenmerkend was van die Hollanders – later die Afrikaners – ongegrond is –
AMJ.)
Teen die einde van die agtiende eeu het gebeure in Europa, soos die verskyning
van Adam Smith se boek, The Wealth of Nations in 1776 en die Franse
Rewolusie, egter begin om die einde van slawerny te spel.
Na die vrystelling van slawe in al die Franse kolonies in 1793, het daar tien jaar
van bloedige gevegte op die Franse koloniale eiland, Saint-Domingue, gevolg,
wat eers deur die eerste sterk swart leier, Toussaint L’Ouverture, onderdruk is.
Hierdie gebeure vorm die stof vir die mities gelaaide waarskuwing in 1826 deur
die Kaapstadse Burgersenaat n.a.v. die slaweopstand in 1825 in die Koue
Bokkeveld onder leiding van die slaaf Galant. Die memorandum word soos volg
deur Giliomee aangehaal (2003:111):
The flame of devastation will not alone destroy our habitation, but will also
cause your houses to fall in ruin! Not only our wives and daughters, but
also yours will in libidinous manner be prosecuted by our slaves with rape
and defloration, and when, after all this out of the pit of our murdered
fellow citizens a Saint Domingo has arisen, then may God grant that we
be no more amongst the living, but then you yourselves will be compelled
by the slaves who fought themselves free to carry the bones of your wife
and your child to make a monument of their freedom obtained by fire and
murder” (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
170
Uit bostaande memorandum blyk dit myns insiens duidelik dat sekere leitmotiewe
in die Suid-Afrikaanse samelewing reeds in 1826 sterk teenwoordig was:
agterdog jeens en vrees vir die (hoofsaaklik) “gekleurde” ondergeskiktes
enersyds (en ’n gevolglike groepvorming of “laer trek” vir verdediging/oorlewing),
en haat en toorn jeens die (hoofsaaklik) wit oorheersers andersyds (en die
neiging tot geweldadige verset).
Ten spyte van die burgers se vrese, soos hierbo uitgespel, is daar in vroeg in die
1830’s besluit op vrystelling van die slawe, met geldelike kompensasie vir die
eienaars, wat egter deur agente moes werk aangesien uitbetaling slegs in
Londen geskied het. Vrystellingsdag was 1 Desember 1838, en die reën wat vir
drie dae daarna geval het, is deur slawe-eienaars as goddelike ingryping gesien,
wat “improper rejoicing and drunkenness” (Giliomee, 2003:116) kon verhoed.
5.2.3 Die vestiging van die mite van wit dominansie gedurende die 18de en
19de eeue
Die doel van hierdie ondersoek is nie om die (somtyds omstrede) geskiedenis
van die ontwikkeling van die onderskeie variëteite van Afrikaans en daarmee
saam die veelbewoë geskiedenis van die verskillende bevolkingsgroepe in die
land in besonderhede weer te gee nie. Dit is egter noodsaaklik om die
toenemende statusverskille tussen verskillende bevolkingsgroepe in die land te
skets om sodoende die latere mite van Afrikaans as verdrukkerstaal in
perspektief te probeer plaas.
Die feit dat sommige amptenare van die H.O.I.K. (V.O.C.) vroeg in die agtiende
eeu reeds die diens van die Kompanjie verlaat het om veeboere in die binneland
te word, het die konflik tussen die wit “vreemdelinge” en die inboorlinge uitgebrei
tot op ’n afstand van ongeveer 900 kilometers van Kaapstad af na die
sogenaamde Oosgrens (van die Kaapkolonie) waar sodanige oosgrensboere
tussen ongeveer 1700 en 1835 tot voor die Groot Trek gewoon het (Van
Rensburg, 1999:79).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
171
Van Rensburg wys daarop dat hierdie oosgrensboere se taal in belangrike
opsigte begin verskil het van die Nederlands wat op daardie stadium elders
gepraat is. Die boere het naamlik reeds Afrikaans gepraat (of in elk geval dié
variëteit van Afrikaans wat later as “Oosgrensafrikaans” (Van Rensburg, 1985) of
“Oostelike Afrikaans” (Ponelis:1993) geïdentifiseer is).
Dit was egter nie net die wit veeboere wat in die agtiende en negentiende eeue
Afrikaans geskep het nie. Die taal het ook in hierdie selfde tydperk die
spreektaal geword van die nageslag van die Koi (onder andere die Griekwaafstammelinge van Adam Kok, soos hierbo geskets), asook van afstammelinge
van die slawe en die sogenaamde “vryswartes” (Steyn, 1980:120).
Steyn meen dat die feit dat Afrikaans ook die taal van “bastaards” en hulle
afstammelinge geword het, tegelyk een van die kragte van die taal, en tog ook
die oorsaak vir die “lae waardering” deur sowel die bewindhebbers as deur die
eie wit sprekers van die taal aan die begin van die 19de eeu was (1980:120):
Hoewel die oorgrote meerderheid burgers aan die Kaap en op die
platteland Afrikaans gepraat het, het hulle Nederlands as die eintlike taal
beskou […] Die Kapenaars het neergesien op ’n taal wat net geskik was
vir “lae” funksies soos gesprekke in die gesin en met vriende, vir grappe
maak en vloek, maar beslis nie vir godsdiens of brief skryf nie. En
bowendien was dit die taal van die groep waarop hulle neergesien het: die
bruin sprekers van die taal (my kursivering).
Dit wil dus voorkom asof die mite rondom die statusverskille tussen wit en
gekleurde Afrikaanssprekendes reeds aan die begin van die negentiende eeu
sterk beslag begin kry het. Steyn (1980:120) meen dan ook dat “kleur en
geskiedenis” die belangrikste verdelende faktor in die Afrikaanse
taalgemeenskap geword het.
Reeds vroeg in die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans was die wittes die
bevoorregte groep en die bruin mense (afstammelinge van die Koi en slawe) kon
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
172
nooit dieselfde regte en status verwerf nie, of het selfs regte verloor wat hulle
voorheen gehad het.
Steyn meen nogtans dat die feit dat Afrikaans nie net die taal van een groep was
nie, maar van sowel wit as bruin sprekers, een van die kragte van die taal was
wat meegebring het dat weerstand gebied kon word teen die verengelsingsbeleid
in die negentiende eeu (1980:123).
(Dieselfde beginsel geld ook nog in die twintigste eeu vir die voortgesette
erkenning van Afrikaans as ’n inheemse taal in Namibië. Belcher (1987) wys
naamlik op die voorstel om Afrikaans as sodanig te erken soos verwoord in die
VN se voorgestelde taalplan vir Namibië (1980/81) voor onafhanklikheidwording.
Die belangrikste rede vir die besluit is die feit dat Afrikaans die moedertaal is van
die Rehoboth-Basters. Die Rehoboth-Basters is ’n groep bruin mense wat
afstammelinge is van wit mense wat met Koi-mense vermeng het en hulle in die
tweede helfte van die negentiende eeu op Rehoboth in Suidwes-Afrika gevestig
het. Belcher se opmerking in hierdie verband (1987:33) is:
Dit beteken dat Afrikaans ’n bestaansreg gegun word net omdat bruin
mense dit praat.)
5.2.4 Ná die Anglo-Boereoorlog: die soeke na ’n “witmansland” (erkenning
aan Giliomee, 2003)
Volgens Giliomee (2003:278) het Olive Schreiner in die negentigerjare van die
negentiende eeu die grootste uitdaging vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap
geformuleer as die vermoë om verskeie politieke state en botsende rassegroepe
saam te snoer in een grootse, gesonde en verenigde nasie. Sy het as voorbeeld
genoem die koms van ’n buitelandse vyand teen wie daar - indien net ses SuidAfrikaners sou oorbly – skouer aan skouer weerstand gebied sou word. Van
hierdie ses mense, het Schreiner gefantaseer, sou twee Engelssprekend wees,
twee “Hollands” en twee van inboorling-afkoms. Die ideaal wat sy dus hier
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
173
probeer mitologiseer het, is dié van ’n verenigde, nie-rassige, Suid-Afrikaanse
gemeenskap (waarin, terloops, die groepe ook getalsgewys teen mekaar sou
opweeg – AMJ). Schreiner se mite is egter nooit binne dié groepe as lewende
mite geïnternaliseer nie, omdat die eie mites (van groepsverbondenheid en vrees
vir “die ander”) baie sterker gefigureer het en nie sonder meer “vernietigbaar”
was nie. Bygesê: die groepe het ook nooit getalsgewys teen mekaar opgeweeg
nie, omdat die “swart” groep totaal oorheersend was wat getalsterkte betref.
Giliomee kom in verband met bogenoemde “droom” van Olive Schreiner tot die
gevolgtrekking dat so ’n oorlog toe nooit gekom het nie (in elk geval nie een
waarin al die groepe saam teen ’n buitelandse vyand geveg het nie). Wat wel
volgens Giliomee gebeur het, is dat die Suid-Afrikaanse gemeenskap na die
Anglo-Boereoorlog juis sterk verdeeld geraak het op rassegronde. Hy meen
verder dat die Britte valse hoop by swart en bruin mense geskep het dat hulle
politieke regte en status verbeter sou word, maar dat hulle hierdie beloftes na die
oorlog vergeet het en so rasse-wantroue in die hand gewerk het (Giliomee
2003:278). Hierna was swart en bruin mense op hulleself aangewys om te
probeer keer dat Suid-Afrika eksklusief ’n witmansland word.
Die genoemde feite laat weer ’n mate van twyfel ontstaan oor die mite van die
Afrikaners as die groep wat by uitstek die ander volke in die land gedomineer en
van regte ontneem het. Die afleiding is immers dat die Britsgesinde owerheid
voor 1948 nooit werklik so ver gekom het om politieke regte aan die ander
rassegroepe toe te ken nie. Hierdie standpunt word ook uitgespel deur Barnes
(1932:X), wat die volgende beweer:
Doubtless Afrikanerism (gedefinieer as die lewensinstelling van die “South
African Dutch” wat veral gekenmerk word deur groepsolidariteit en ’n
onversetlike vooroordeel wat betref “native affairs” – AMJ) does not arise
from any special endowment of original sin conferred upon the Boers; with
the possible exception of New Zealand, something very like it has cropped
up wherever Europeans have been brought into close economic and
social contact with people of different colour and less complicated
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
174
material civilisation […] I have even been told that Afrikanerism would be
just as rank a growth in South Africa as it is to-day, if the white population
were purely British.
Miteskepping rondom die gewaande minderwaardigheid van die donkerder
rassegroepe is duidelik te bespeur in die volgende aanhaling uit Merriman se
korrespondensie met Smuts oor ’n grondwet vir Suid-Afrika (1906-1908), dus
reeds in die eerste dekade na die oorlog:
Above all we must constantly keep in mind that as Europeans we are but
a handful in the face of an overwhelming mass of an inferior race
(Haasbroek 1958:156, aangehaal deur Giliomee 2003:305) (my
kursivering).
Merriman stel nietemin in sy korrespondensie met Smuts gekwalifiseerde
stemreg vir swart mense voor as ’n tydelike oplossing. Sy standpunt is dat die
swart mense in welvaart en getalsterkte groei. Hy voeg ook by:
They are the workers and history tells us the future is to the workers
(Hancock 1962:221) (my kursivering).
Smuts, daarenteen, sien gekwalifiseerde stemreg as problematies omdat daar
grootskaalse armoede en ongeletterdheid onder Afrikaners is wat hierdie groepe
dus ook polities van die stemreg sou uitskakel. Smuts se antwoord aan
Merriman is dat die armblankes nie opgehef kon word deur hulle “polities te
ostraseer nie.” Sy standpunt is verder dat stemreg vir swart mense politieke
selfmoord vir wit mense sou beteken en dat hy verkies om “the intolerable
burden of solving that sphinx problem” na die sterker skouers en flinker breine
van toekomstige geslagte te verskuif (Hancock, 1973:319, aangehaal deur
Giliomee, 2003:305).
Volgens Giliomee was een van die vroeë Afrikanerleiers wat ook gekwalifiseerde
stemreg vir alle bevolkingsgroepe in die land voorgestel het F.S. Malan, ’n
parlementêre leier en redakteur van Ons Land. Hy het in die 1909/1910Nasionale Konvensie voorspel dat, indien daar nie aandag gegee word aan swart
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
175
politieke regte nie, daar “a struggle and tears and suffering” op pad is (Giliomee,
2003:305). (In die lig van die gebeure in die volgende agt dekades, lyk hierdie
woorde van Malan profeties – AMJ.)
Hofmeyer (Jan Hendrik) het hierdie standpunt gesteun en het in sterk mities
gelaaide taal sy mening uitgespreek (Hofmeyer 1913:629, vertaal deur Giliomee
2003:305):
It would be a bad day if in addition to protecting our northern borders
against the teeming millions of Darkest Africa, we had to be continually on
our guard against a malcontent colored and native population in our own
midst, outnumbering us by five or six to one” (my kursivering).
Giliomee (2003:302) wys verder op die invloed van latere Afrikanerleiers soos
Hertzog wat in sommige opsigte ’n konvensionele siening van wit
meerderwaardigheid gehad het:
Hertzog was, in some ways, a conventional white supremacist and in
others not. He lauded the racial laws of the Republic of the OFS because
he thought such laws led to blacks respecting whites (my kursivering).
Tog het Hertzog in 1922 die bewering gemaak het dat niemand die inboorling
(“native”) sou keer om uiteindelik die stemreg te verkry nie, omdat ’n mens nie
politieke regte vir mense kan weier nie. Voortgesette weiering om stemreg aan
swart mense te verleen, sou volgens hom nie kon gebeur sonder om die gewete
van die witman te verkrag nie. Andersyds sou absolute gelykheid vir swart
mense net kon gebeur indien wit mense hulle goed neem en die land verlaat
(Giliomee, 2003:302). Dit lyk dus asof die kiem van ’n innerlike konflik tussen
die Afrikaner se behoefte tot oorlewing en sy gewetensbesware teen ’n
gebrek aan billikheid andersyds, reeds by Hertzog teenwoordig was.
Hierdie innerlike konflik was moontlik verantwoordelik vir die feit dat Hertzog nie
in sy termyn as Eerste Minister soos vooraf beloof stemreg aan die bruin mense
toegeken het nie en gevolglik as “tweegesig” onder hierdie groep beskou is
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
176
(sodat daar selfs metafories na handtertjies met “twee gesigte” as Hertzoggies
verwys is.)
Dit is myns insiens nie nodig om verdere besonderhede te gee oor verskillende
politieke figure en partye se sienings rondom die kwessie van stemreg vir nie-wit
groepe in die tydperk voor 1948 nie, hoewel daar ’n legio besonderhede
hieromtrent opgeteken is. Die voorafgaande kort oorsig moet net dien as
agtergrond vir die aanloop tot die “verdrukking”-mites.
Die bostaande bespreking is reeds genoeg om enkele ter sake afleidings te kan
maak:
•
Daar was by verskeie vroegtwintigste-eeuse Suid-Afrikaanse leiers
kommer oor die rassevraagstuk. Sake wat veral genoem is, was die
getalle-oorwig van die swart rasse, die bedreiging van “donker Afrika” na
die Noorde, en die feit dat dié groepe as die werkers van die toekoms,
baie mag in die land sou kry;
•
Miteskepping is duidelik waarneembaar in sommige van die uitsprake.
Die meerderwaardigheid van die wit groepe oor die donkerder groepe
word deur onder andere Merriman (“an inferior race”) en Hertzog (“blacks
respecting whites”) verwoord, terwyl Smuts (“one of the most dangerous
things”) (om stemreg aan swart mense toe te ken – AMJ) en Hofmeyer
(“the teeming millions of Darkest Africa) albei in miteskeppende (in dié
geval veral hiperboliese) taalgebruik op die bedreiging deur dié groepe
wys.
•
Die sogenaamde lesse van die geskiedenis waarna Merriman verwys
(“history tells us that the future is to the workers”) werk ook miteskeppend.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
177
Binne hierdie klimaat van taalgroep- en rassespanning, armoede na die
oorlog, arbeiders se toenemende druk en bitterheid en agterdog teen die
Britse owerheid, het Afrikaans in 1925 een van die amptelike tale geword en
is daar voortgegaan met die standaardisering daarvan deur veral die
dominante groep, naamlik die wit sprekers van die taal.
Daar kan egter geen twyfel bestaan nie dat swart niemoedertaalsprekers
(maar ook ’n hele aantal swart moedertaalsprekers) van Afrikaans, asook
bruin moedertaalsprekers van die taal, reeds in die eerste dekades van die
naoorlogse Suid-Afrika politieke regte misgun is en boonop gestigmatiseer is
as minderwaardig. Hierdie toestand was ’n gunstige teelaarde vir die
ontstaan van hulle eie mites binne dié groepe en dus ook mites rondom
Afrikaans.
5.2.5 Die vestiging van die mite van eksklusiewe Afrikaner-etnisiteit en die
Afrikaner- burgerlike godsdiens (1938 tot 1948)
In sy uiteensetting oor die opkoms van die Afrikanerdom (soos hy daarna
verwys), gee Moodie ’n uiteensetting van die interaksie tussen die
geloofsoortuigings van die Afrikaner en sy volks- en staatsbewussyn. Hy
definieer die “burgerlike/staatsgodsdiens” (“civil religion”) van die Afrikaner soos
volg (1975: 296):
Civil religion […] denotes the religious dimension of the state […] The
origins, the extent and limits and the final purpose of political sovereignty
are all thereby set within the context of ultimate meaning; aspirations to
sovereign power and the exercise of sovereignty are given transcendent
justification.
Binne hierdie raamwerk beskryf Moodie die miteskeppende mobilisering onder
Afrikaners in die tydperk van die historiese ossewatrek (1938) en daarna, waarna
reeds breedvoering in hoofstuk 4 vanuit Afrikanerperspektief verwys is. Moodie
verwys in besonderhede na dr. D.F. Malan se toespraak by die eeufeesviering
van Bloedrivier op 16 Desember 1938 en noem dit een van Malan se
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
178
belangrikste en “vaardigste” (“most skillful”) toesprake van sy loopbaan. Malan
het nl. in sy toespraak na die verstedeliking van die Afrikaner as die “tweede
Groot Trek” verwys en ontwikkel volgens Moodie die tema van verstedeliking as
die tweede “trek “, met die stad as die nuwe Bloedrivier en die arbeidsmark as
die oorlogveld, “… in a manner which set the urban migration of Afrikanerdom
firmly in the context of the civil religion” (Moodie 1975:198).
Dr. Malan verwys in sy toespraak na swart en wit wat – anders as met assegaai
en voorlaaier by Bloedrivier – nou moet meeding in dieselfde arbeidsmark, en
kom tot die gevolgtrekking dat die vryheid waarna die Afrikaner hunker, nie net ’n
republiek is nie, maar “the right to preserve the rule of the white race.” (Moodie
1975:200) (my kursivering). Moodie se slotsom oor dr. Malan se toespraak is:
[…] never before […] had analysis of Afrikaner urban poverty been so
skillfully blended with so many of the racial and ethnic themes (en dus
miteskepping rondom die eie groep – AMJ) of the civil faith (my
kursivering).
Moodie wys ook op die totstandkoming na aanleiding van die simboliese trek van
die sogenaamde “reddingsdaadfonds” en haal die miteskeppende retoriek van
dr. N. Diederichs, voltydse leier van die Reddingsdaadbond, aan (soos deur
Moodie vertaal, 1975:205):
Come Afrikaners across the length and breadth of our land, come in your
thousands, your tens of thousands, your hundreds of thousands […]
Come you rich and come you poor […] Come Afrikaners, children of the
same nation … For we are busy with a great work; we are building a
temple … (my kursivering).
(En wat sou binne die konteks van ’n burgerlike godsdiens meer
sinvol kan wees as om ’n tempel te bou? – AMJ.)
Moodie vertel ook hoedat takke van die Reddingsdaadbond “Afrikanerontspanningsakitiwiteite” soos boeresport en volksdanse by hulle byeenkomste
beoefen het om sodoende ’n eenheidsgevoel te bewerk. Die verstedelikte
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
179
Afrikaners is egter ook geleer dat handel dryf en sake doen nie in konflik met die
ideale van die burgerlike godsdiens is nie (waarskynlik omdat hulle voorheen in
die hoofsaaklik landbou-milieu nie so gewoond was aan handel dryf nie – AMJ)
en dat Afrikanerkoopkrag koöperatief aangewend moet word in dieselfde banke
en ander sakeondernemings:
Capitalism had thus to be transformed from its base in liberal individualism
to an ethnic system which would work to the good of the Afrikaner People
as a nation. This was to be achieved by Afrikaner control of both
production and consumption (Moodie 1975:204) (my kursivering).
Moodie meen dat die fokus van die Reddingsdaadbond en dié van die Afrikaner
Broederbond in hulle stryd teen stedelike armoede deur ’n “narrow ethnic lens”
geskied het en dat hulle geensins aandag gegee het nie aan “the mass of black
men who were moving into the cities along with them” (1975:206). In der
waarheid was die gemiddelde jaarlikse kontantverdienste van wit mense in die
myne elf maal meer as dié van nie-wit mense, terwyl die verhouding in die
vervaardigings- en konstruksiesektore vyf tot een was (Moodie, 1975:206). Die
gevolgtrekking waartoe Moodie kom is dat dr. Malan se polemiek rondom die
Afrikaner van die tweede Groot Trek, wat ongewapend teen die swart man by ’n
nuwe Bloedrivier (die arbeidsmark) moes weerstand bied, nie deur statistieke
ondersteun is nie.
Die afleiding is dat Afrikanerleiers in die jare voor 1948 vir die Afrikaner
singewing aan sy bestaan geformuleer het as ’n doelbewuste strewe om:
•
sy kragte binne eie geledere te mobiliseer;
•
sy taal te handhaaf; en
•
sy burgerlike godsdiens ook in die nuwe stedelike konteks uit te leef.
Volgens Moodie (1975:207) sluit die herinterpretasie van dié burgerlike
godsdiens twee belangrike fasette in nl. “ethnic interests againts the English as
well as racial domination of the black African” (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
180
Die opvallende aspek van bogenoemde is dat miteskepping rondom
Afrikanerstrewes in hierdie geval onvermydelik help bou aan die mite van wit
dominansie en daarteenoor aan konflikterende miteskepping binne die
gedomineerde groepe.
5.3 Die institusionalisering van die mite: die apartheidsjare (1948 en
verder)
In 1948 kom die “Afrikaner-party”, die Nasionale Party, aan bewind onder leiding
van dr. D.F. Malan, na wie se miteskeppende toespraak op 16 Desember 1938
hierbo verwys is.
Van Rensburg (1999:81) verwys soos volg na hierdie gebeure en die impak
daarvan op Afrikaans:
In 1948 the National Party came to power and firmly entrenched their
policy of apartheid. Most National Party representatives used standard
Afrikaans as both their home language and their language of public
communication. The link between Afrikaans and apartheid was made in
spite of the fact that among the outspoken opponents of apartheid there
were speakers of every variety of Afrikaans (my kursivering).
Op 2 September 1958 word dr. H.F. Verwoerd, toe reeds vir ongeveer ses jaar
Minister van Naturellesake, die sesde Eerste Minister van die Unie van SuidAfrika, na advokaat J.G. Strydom, wat op sy beurt vir dr. Malan opgevolg het.
Op hierdie stadium moes die mite van wit meerderwaardigheid oor die ander
rassegroepe reeds goed vasgelê gewees het by sowel die wit mense self asook
by die ander groepe. ’n Enigsins humoristiese en beslis satiriese uiteensetting
hiervan deur die Nederlandse geleerde, J.H. van den Berg, word aangehaal deur
Steyn 1980:258:
De blanke van vóór 1950 […] straalde zelfvertrouwen. Hij vond zich
superieur. Het is per slot geen kleinigheid een spoorweg dwars door een
land, door een jungle, door de woestijn, over bruggen, door tunnels te
leggen en er een stoomblazend monster over te jagen […] De blanke
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
181
maakte indruk. Hij behoorde tot dat ras met de spitse, alles
binnendringende neus […] Hij was onweerstaanbaar. Hij was
onuitstaanbaar […] toen, destijds, ontstond geen bedenking, noch bij de
blanke, noch bij de niet-blanke die zich aan hem vergaapte…
Die mite van wit meerderwaardigheid was dus teen hierdie tyd goed gevestig, en
die institusionalisering daarvan was ’n haas natuurlike voortsetting hiervan.
Dr. Verwoerd, die argitek van die institusionalisering en praktiese implementering
van afsonderlike ontwikkeling, verwys dikwels in toesprake in die parlement na
die dominante rol van die wit mens (of Europeër) binne Suid-Afrika. Twee
voorbeelde van hierdie standpunt vind ons reeds in sy eerste toespraak as lid
van die Senaat, en wel op 3 September 1948, waarin hy die implikasies van
“apartheid” in ’n debat met die Opposisie uitspel (in Pelzer 1963):
•
Die party aanvaar die Christelike voogdyskap van die Europese ras as die
grondbeginsel van sy beleid ten opsigte van die nie-blanke rasse (Pelzer,
1963:4); en
•
In die reserwes is ons bereid om die naturel sy baasskap te gee; daar is
ons dit nie. Maar binne die blanke gebiede is en sal die witman baas bly
in Suid-Afrika (Pelzer, 1963:13) (my kursivering).
Hierdie selfde standpunt kom weer na vore in sy eerste toespraak in die
Volksraad as premier in September 1958:
[ …] ons sal moet kies tussen die hele Suid-Afrika wat gedomineer sal
word deur die meerderheid van ’n gemengde bevolking – en dan sal dit ’n
naturelleland wees met die blankes in die minderheid – of ons sal die
proses van skeiding moet volg en dan sal ons moet aanvaar dat die
ontwikkeling van die naturelle se regte binne hul eie gebied die
kompensasie is vir die feit dat die blanke in sy gebied die beheerder bly
(Pelzer 1963:162) (my kursivering).
Uit dieselfde toespraak blyk egter dat dr. Verwoerd self nie wou voorspel waartoe
die uiteindelike afloop van afsonderlike ontwikkeling sou lei nie, nl. ’n federasie
tussen Suid-Afrika en die sogenaamde naturellestate, of die moontlikheid van “’n
toekomsontwikkeling waarin wit Suid-Afrika as die basiese en sterk land een of
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
182
ander van dié verhoudings (nl. verhoudings wat hy uitspel volgens die voorbeeld
van die Britse Gemenebes met sy voormalige kolonies: federaal en
vriendskaplik, maar sonder dat dié lande verteenwoordiging in die Britse
parlement gekry het – AMJ) teenoor die naturellegebiede sal hê sonder dat daar
enige vorm van ’n gemengde regering of superregering sal wees.” Dr. Verwoerd
se slotsom in dié toespraak is:
Watter reg het die agb. lede dan om te eis dat ek vandag moet voorspel
hoe die konstitusionele ontwikkelinge in Suid-Afrika sal plaasvind? Wat ek
wel vooruit kan sê, geld dit was ons nou skep, nl. die
ontwikkelingsmoontlikhede van die owerhedestelsel, en dit is al waartoe
die Bantoe op die oomblik in staat is om te mik (Pelzer, 1963:163) (my
kursivering).
Steyn (1980:255 en verder) bespreek die kwessie van Afrikaans en apartheid
breedvoerig en bied myns insiens uiters waardevolle insigte. Steyn (1980:255)
vat die uiteindelike oordele oor apartheid as volg saam:
(i)
(ii)
(iii)
Apartheid en sy latere variante, soos afsonderlike ontwikkeling, was in
alle opsigte ’n negatiewe beleid;
apartheid kom voort uit die kleurvooroordeel van die Afrikaners; en
indien die posisie van Afrikaans onder sommige bevolkingsgroepe
sorgwekkend is, is dit die skuld van apartheid.
Wat betref die eerste oordeel, nl. dat apartheid in alle opsigte ’n negatiewe beleid
was, is Steyn se standpunt dat dit deel uitmaak van die “mitevorming rondom
apartheid” (1980:255). Uiteraard is dié standpunt vir die doel van hierdie studie
van groot belang, aangesien dit daarop dui dat Steyn mitevorming rondom
apartheid ekplisiet erken en veral die impak van dié mitevorming op Afrikaans
verreken. Wat egter nie sonder meer duidelik is nie, is of Steyn met hierdie
uitspraak die begrip mitevorming plaas binne die konteks van dit wat volgens die
voorafgaande betoog (sien veral hoofstuk 2) beskryf word as “lewende mites” of
in die (moontlik) meer bekende konteks van “vals” of “’n storie sonder grond”
(HAT, 1994:670).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
183
Wanneer Steyn se betoog verder gevolg word, lyk die laaste moontlikheid in dié
geval die waarskynlikste. Steyn (1980:255) wys nl. op die feit dat hy reeds in ’n
vorige hoofstuk aangedui het dat die “Nasionale regerings die inheemse swart
tale kragtig bevorder het”, wat dus ’n weerlegging is van die oordeel (mite?) dat
apartheid net negatief was. Verderaan wys hy ook daarop dat die die Nasionale
regering in die jare vyftig ’n einde gemaak het aan krotbuurte en dat swart
gesinne saamgewerk het toe hulle na nuwe buurte weggeneem is (dus weer
eens ’n weerlegging van die genoemde “mite”). Volgens Steyn (1980:257) is
daar in die 1957/58-jaarverslag van die S.A. Instituut vir Rasseverhoudinge – “’n
liggaam wat dr. H.F. Verwoerd, destydse Minister van ‘Naturellesake’, nie
goedgesind was nie” – gepraat van “’phenomenal progress’ en ‘excellent
progress’ in die verskillende stede.” Steyn se slotsom is:
Die verspreiders van die Groot Leuen – dat apartheid alleen onreg en
verdrukking beteken – verswyg vanselfsprekend alle maatskaplike
hervormings wat uit die toepassing van die apartheidsbeleid voortgekom
het (1980:257) (my kursivering).
Ook Giliomee (2003:539) wys op besondere winste vir Suid-Afrika en ’n
positiewe evaluering van die rol van dr. Verwoerd gedurende die eerste twee
dekades van apartheid:
Although the new educational system for blacks was strongly criticized, it
greatly improved basic literacy […] In die mid-1960’s […] South Africa had
a growth rate of six per cent and an inflation rate of only two per cent. In
Augusts 1966 Time magazine […] called Verwoerd ‘one of the ablest
leaders Africa has ever produced.’
Ook die Rand Daily Mail, wat die mees kritiese dagblad van die tyd was, het
volgens Giliomee in Julie 1966 gewys op dr. Verwoerd se besondere leierskap,
wat volgens die koerant daartoe gelei het dat die land “ly” aan ’n “surfeit of
prosperity” en het in ’n opvolgartikel die stelling gemaak dat Verwoerd beskou
kan word as “the man who had refined the crude ideology of white supremacy
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
184
‘into a sophisticated and rationalized philosophy of separate development.’”
(2003:540).
Daar kan met sekerheid afgelei word dat die mitevorming waarna Steyn hierbo
verwys, dui op dié soort miteskepping wat valse persepsies en selfs leuens
genereer. Min of meer dieselfde uitgangspunt word gehuldig deur Verhoef
(1999:123) wat in die abstract van haar artikel oor mites oor Afrikaans as
onderdrukkerstaal na mites verwys as “unjustified assumptions which are
generally accepted.” Verhoef kwalifiseer egter hierdie uitspraak in haar artikel
wanneer sy waarsku dat daar aanvaar moet word dat “die vorming van mites
gesien (moet) word as ’n ineengeweefde, interafhanklike dinamika tussen die
historiese, politiese, ekonomiese en sosiale kragte in ’n bepaalde konteks”
(1999:127).
Wat egter vir die doel van hierdie studie hieruit afgelei kan word, is dat – wat aan
die een kant van die muntstuk na vervalsing lyk – aan die ander kant van
dieselfde muntstuk eg en waar is. Wat vir sommige mense dus na valse
persepsies en oorvereenvoudigde veralgemenings lyk, is vir ander juis “lewende”
en rigtinggewende mites.
Daar sal vervolgens gepoog word om die ontstaan en vestiging van sodanige
lewende mites rondom apartheid en Afrikaans as die taal van apartheid by
bepaalde groepe in die Suid-Afrikaanse samelewing onder oënskou te neem.
5.4 Die bruin mense, “bruin” mites en Afrikaans
5.4.1 Herkoms, status en impak op Afrikaans in die vroeë Kaapse
geskiedenis
5.4.1.1
Herkoms
Die bruin mense in Suid-Afrika het as groep hulle ontstaan hoofsaaklik te danke
aan bloedvermenging tussen wit seevaarders, koloniste en (vry)burgers aan die
Kaap met donkerder groepe soos die inheemse mense (die Koisan, maar veral
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
185
die Koi, en swart mense) en die slawe uit die Ooste en Afrika, wat aan die begin
van die Kaapse koloniale geskiedenis deel van die Nederlandse huishoudings
uitgemaak het.3 (Vergelyk ook die standpunt van Thompson hierbo (5.1.2))
Daar is bruin mense wat self hulle herkoms in mities-gelaaide taal verwoord het.
In sy gedig van 1985 besin Patrick Petersen (1951 – 1997) soos volg oor die
herkoms van sy eie groep (die bruin mense) in Suid-Afrika:
Komvandaan
daar gunter tussen die woude
is my komvandaan ’n trotse stam
van berge en valleie van afriqua
in lendene van ’n langgestorwe kaptein
ontspruit uit die uitgestrekte niksheid
uit sahara se geel refrein
ek eien in die jagter se ge-oep myself
in die kirr van die bamboesfluit
die voëlvanger met die namaakfluit is ekke
êrens in die angsaanjaende dreun van die trom
décor van my afrikaansheid is liefdeblyke
soos dou en somerreën vir my jong hart is.
Uit: amandla ngawethu (1985)
Verskeie elemente van die herkoms van die bruin mense is in hierdie enkele
reëls metafories verwoord:
Waar kom ons vandaan? (“komvandaan”) word beantwoord deur te wys op
meer as een “lyn” wat deur die spreker se verlede loop:
3
Die besonderhede van die samestelling uit dié dele word nie verder bespreek nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
186
•
die “trotse stam” uit die woude (waarskynlik verwysend na ’n swart stam
uit ’n gebied ten noorde van Suid-Afrika);
•
die “lendene van ’n langgestorwe kaptein” uit die berge en valleie van
“afriqua” (dus: die nageslag van die Griekwas of Ghariguriquas, met as
stamvader of “kaptein” Adam Kok);
•
die “sahara se geel refrein” (die slawe uit Noord-Afrika?);
•
die “jagter”, “die bamboesfluit” die “voëlvanger met die namaakfluit” (die
Boesmans/San) die “angsaanjaende dreun van die trom” (weer eens
waarskynlik ’n sinspeling na die “taal” van Afrika met sy dromme in die
nag); en deur alles heen:
•
die “décor van my afrikaansheid … soos dou en somerreën vir my jong
hart … (sy “aangenome” taal”: gekreoliseerde Nederlands, die “taal van
Afrika” – Afrikaans – en nou die “dou en reën” vir sy hart, dus onontbeerlik
deel van wie hy is)
Vir die bruin mense van Suid-Afrika is hulle ontstaansmite dus een van die
samevloeiing van verskillende lyne, kulture en geskiedenisse tot ’n nuwe
“verbeelde gemeenskap” (Anderson 1991).
5.4.1.2
Status van die bruin mense in die vroeë Kaapse geskiedenis
Die geskiedenis van die Kaapkolonie het enigsins anders as dié van ander
kolonies verloop. Hoewel daar ook hier sprake was van die gebruiklike geweld
wat algemeen in kolonies teen inheemses gebruik is, is daar in die Kaapkolonie
tog van laasgenoemdes as werkers gebruik gemaak eerder as om hulle te
verban of uit te wis. (Giliomee, 2003:9). Volgens Giliomee was die ekonomie van
handel dryf van die Koi ook versoenbaar met dié van die Hollanders en daarom
maklik inkorporeerbaar by laasgenoemde se ekonomie. Die insluiting van slawe
en Koi as werkslui het as gevolg gehad dat die Kaap van die begin af ’n
veelrassige samelewing was (maar een waarin die Europeërs as werkgewers
nietemin dominant was).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
187
Soos in die Nederlandse kolonies in die Ooste, Ceylon en Batavië, die geval
was, was ondertrouery met inheemses in die vroeë Kaapse geskiedenis
geensins verbode nie. Daar was vanaf die heel vroegste tydperk na kolonisasie
ondertrouery tussen wit en bruin, bv. die huwelik tussen die amptenaar Jan
Woutersz, op 21 Mei 1656, met “d’eerbare jonge dochter Catarina Anthonis, van
Salagon in bengale, gewesene slavinne van dHr. bogaert…” (Belcher, 1987:21).
Ander voorbeelde word ook deur Belcher genoem.
Volgens Giliomee was die meeste verbintenisse tussen koloniste en inheemses
of slawe egter buite huweliksverband. Mettertyd het sodanige verbintenisse ook
veral voorgekom in nuwe nedersettings in die binneland of anderkant die grense
van die Kaapkolonie.
Die kinders uit hierdie verbintenisse was bekend as “Basters” (van die
Nederlands “Bastaard”). Klein Bastergemeenskappe het voorgekom in die
noordwestelike Kaap, bv. in Namakwaland, Sederberg, Bokkeveld, Hantam en
die Roggeveld. In die 1798-sensus in Graaff-Reinet-distrik het hulle omtrent 10
persent van die gemeenskap uitgemaak en is hulle afsonderlik gelys as
“gedoopte Bastaards”(Giliomee, 2003:40).
Wat betref die status van die sogenaamde Basters, haal Giliomee vir
Lichtenstein (1928) aan:
[The] white children of the colonists did not hesitate to make use of the
right of the strongest to drive their half yellow relations out of the places
where they had fixed abodes. These bastard Hottentots were then
obliged to seek an asylum in more remote parts…
Een van die bekendste van hierdie groepe was die nageslag van Adam Kok,’n
vrygestelde slaaf wat volgens oorlewering getrou het met die dogter van ’n Koikaptein van die Chariguriqua-stam. Adam Kok staan dus bekend staan as die
stamvader van die Griekwavolk.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
188
Ten spyte van die toenemende bewussyn van statusverskille tussen burgers en
“basters” meen Giliomee tog dat “ras” as biologiese konsep in Suid-Afrika eers in
die laat-negentiende eeu sy verskyning maak, en dat die begrip voorheen eintlik
as sinoniem met “nasie” gebruik is en dus veral in verband met kultuurverskille
(2003:14).
Opsommend in verband met die status van die bruin mense in die vroeë Kaapse
geskiedenis en in die eeue daarna kan gesê word dat hierdie mense as groep
feitlik van die begin af gemarginaliseer is en van ware politieke deelname
uitgesluit is.
5.4.1.3
Die Kaapse Moesliemgemeenskap en die eerste Afrikaanse
publikasies in die negentiende eeu
Die bruin sprekers van Afrikaans het ’n groot impak op die ontwikkeling van die
taal gehad. Interessante inligting rondom die eerste publikasie in Afrikaans in
Suid-Afrika word deur Davids (1987:46-47) gegee.
Davids skets die ontstaan van ongeveer 12 Moesliemskole in Kaapstad in die
1830’s. Die spreektaal in hierdie skole was Afrikaans, wat op daardie stadium
reeds die omgangstaal van die Kaapse Moesliemgemeenskap was. Afrikaans
(maar in Arabiese skrif) is ook gebruik om godsdienstige voorskrifte op skrif te
stel in die sogenaamde “koples-boeke”, waarvan die vroegste een wat ontdek is,
uit 1845 dateer.
Die eerste Arabies-Afrikaanse publikasie word volgens Davids vermeld in Het
Volksblad van 24 Februarie 1856. Die boek is in daardie jaar deur die
Kaapstadse litograaf, M.C. Schonegevel, gedruk. Hoewel daar nie ’n
eksemplaar van die betrokke boek, die Gabomatliem, gevind kan word nie,
bestaan daar genoegsame bewyse dat dit die eerste boek is wat in Afrikaans
gepubliseer is. Dit beteken dat hierdie boek ses jaar voor die bekende
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
189
Zamenspraak tusschen Klaas Waarzegger en Jan Twijfelaar (L.H. Meurant)
verskyn het.
Die genoemde gegewens sou gesien kon word as ’n hermitologisering van die
“Afrikanermite” dat die eerste kultuurproduk in Afrikaans deur die Afrikaners
geskep is (sien hoofstuk 4 oor die aanloop tot 1875 en die begin van die mite van
Afrikaans en die Afrikaner).
Volgens Davids is die mees omvattende Arabies-Afrikaanse publikasie van die
negentiende eeu die vertaling van die Arabiese werk die Multaqa deur die Turkse
geleerde, Abubakr Effendi, wat in 1862 na die Kaap toe gekom het as een van
die geestelike leiers van die Moesliemgemeenskap. Effendi het ook self in 1869
’n (redelik kontroversiële) godsdienstige handleiding in Arabies-Afrikaans
geskryf, nl. die Bayan nud din, wat 354 bladsye beslaan het en beskou kan word
as die omvangrykste boek wat in ’n vroeë vorm van Afrikaans geskryf is (Davids,
1987:48-49). Dit is ook nie net godsdienstige werke wat in Arabies-Afrikaans
geskryf is nie. Davids noem dat die Moesliems aangewese was op hierdie
skryfwyse aangesien hulle nie Romeinse skrif kon skryf nie en dat selfs briewe,
boodskappe en inkopielysies in Arabies-Afrikaans ontdek is.
Die afleiding is dus dat die (bruin) Moslemgemeenskap in die negentiende-eeuse
Kaap ’n veel groter impak op die ontwikkelingsgeskiedenis van Afrikaans as
kultuurtaal gehad het as wat die voorafgaande mite van Afrikaans en die
Afrikaner veronderstel.
5.4.2 Die twintigste eeu
Wat die gestalsterkte van die sogenaamde kleurlinge aan die begin van die
twintigste eeu betref, haal Steyn (1980:124) die syfer van 445 228 vir 1904 aan,
waarvan hy die afleiding maak dat daar “aan die einde van die negentiende eeu
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
190
ook minstens 400 000 bruin sprekers van Afrikaans was, onder meer in S.W.A./
Namibië.”
Een van die afleidings wat weer uit bostaande stelling gemaak kan word, is dat
“kleurlinge” hier nie net verwys na die bruin mense van die Suidwes-Kaap (van
wie baie afstammelinge van die slawe is nie), maar ook na die Griekwas en
Rehoboth-Basters van die Noordwes-Kaap en Namibië. Hierdie afleiding word
bevestig deur die subtitel van Rademeyer se 1938-boek, Kleurling-Afrikaans”, nl.
“Die taal van die Griekwas en Rehoboth-Basters”.
Die syfers wat Steyn aanhaal, dui dus op ’n beduidende groep van bykans ’n half
miljoen bruin moedertaalsprekers van Afrikaans aan die begin van die twintigste
eeu. Die impak van die bruin groep op die getalsterkte van Afrikaans is daarom
van groot belang, veral as daar in ag geneem word dat die wit
Afrikaanssprekendes (of, volgens Giliomee se terminologie, die Afrikaners) in
1936 maar op 1.2 miljoen geraam word (Giliomee, 2003:xiii).
5.4.3 “Bruin” mites en Afrikaans
Die bruinman het ’n natuurlike verhouding met Afrikaans – so natuurlik
soos die verhouding tussen ’n moeder en ’n kind; ek glo teen alle
‘ontstaansteorieë’ in dat die gekleurde rasse aan Afrikaans geboorte
gegee het en hom lewend gehou het in sy suigelingsjare… (Jakes Gerwel
in Buurman, Julie 1975, soos aangehaal deur Steyn 1980:474) (my
kursivering).
Die bruin mense in Suid-Afrika moes noodwendig ook ’n eie taal as middel van
onderlinge kommunikasie vind (bv. in die slawekwartiere waar soveel
verskillende taalgroepe byeengebring is, en ook waar die Koisan moes
kommunikeer met die hoofsaaklik Nederlandse “handelsvennote” en
werkgewers).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
191
Dié “nuwe” taal was Afrikaans, ’n gekreoliseerde aanleerdersvariëteit van die
doelwittaal, Nederlands, wat neerslag gevind het in wat bekend staan in die
taalkunde as Kaapse Afrikaans of Suidwestelike Afrikaans en Oranjerivierafrikaans of Noordwestelike Afrikaans (Van Rensburg, Ponelis en ander).
Wanneer Petersen dus na sy “afrikaansheid” verwys, praat hy veral van sy taal,
Afrikaans. Die taal van die bruin mense van Suid-Afrika het egter nie ontkom
aan die mite van wit meerderwaardigheid nie, en daar is ook in terme van “kleur”
na hulle “soort” Afrikaans verwys, soos in die reeds genoemde werk van
Rademeyer (1938), Kleurling-Afrikaans. In die inleiding tot hierdie taalkundige
werk, waarin “afwykinge van die Algemeen-Beskaaf” (1938:5) ten opsigte van die
fonetiek, morfologie, sintaksis en woordgebruik van die sogenaamde kleurlinge
(volgens die skrywer veral die Griekwas en Rehoboth-Basters) beskryf word,
word die volgende uitsprake deur die skrywer gemaak:
Hierdie kleurlinge (’n groep wat deur die skrywer gedefineer word as “diegene
met gemengde bloed” – AMJ) praat almal ’n soort van vervormde Afrikaans …
As norm sal dien die Algemeen-Beskaafde taal van Suid-Afrika en voortdurend
sal hierna verwys word ter vergelyking.
En, nog meer stigmatiserend:
Die kleurlinge is nie analfabete, soos ’n mens miskien van so ’n agterlike klompie
wesens sou verwag nie, of laat ek liewers sê, daar is baie van hulle wat die pen
beter hanteer as baie van die minder bevoorregtes onder ons eie volk. (in albei
gevalle my kursivering).
Hierdie uitsprake laat die vraag ontstaan wat die effek op “die kleurlinge”, wat tog
volgens die skrywer se eie getuienis nie analfabete was nie, sou wees by die
lees daarvan.
Die afleiding is myns insiens dat hulle “afrikaansheid” van feitlik die heel begin af
vir die bruin mense van Suid-Afrika tot ’n mate problematies moes gewees het.
Volgens die reeds aangehaalde syfers van Steyn hierbo (1980:124) was daar
nietemin aan die begin van die twintigste eeu ongeveer 400 000 bruin sprekers
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
192
van Afrikaans in die land (insluitende Suidwes-Afrika). Hulle verbintenis met
Afrikaans en veral met die Afrikaners was egter, soos reeds genoem, dikwels
problematies. Verskeie “negatiewe mites” (vanuit die oogpunt van die taal
gesien) was hiervoor verantwoordelik.
5.4.4 Die invloed van die Britte op “bruin” mites voor 1948
’n Baie belangrike faktor waardeur die verhouding tussen die bruin mense en die
Afrikaners in die laaste dekades van die negentiende en eerste dekades van die
twintigste eeu vertroebel is, is volgens Steyn die tussenkoms van die Britte.
Laasgenoemde se motiewe teenoor die sogenaamde kleurlinge was volgens
Steyn nie suiwer nie, soos ook uit latere gegewens blyk (sien ook Giliomee se
standpunt soos uiteengesit in 5.6 hierbo). Die Britte het naamlik veral in die hoop
op bruin stemme in verkiesingstye, stories versprei wat ongetwyfeld bygedra het
tot die negatiewe mitologisering van die Afrikaners in bruin geledere.
J.H. Hofmeyer skryf bv. reeds in ongeveer 1881 in De Zuid-Afrikaan onder meer
die volgende (soos deur Steyn vertaal, 1980:269):
Van verskillende plekke verneem ons dat die jingoes (Britte) na afloop van
die Boerevergaderinge hulle ywerig benaarstig het onder die gekleurde
dagloners en ambagsliede deur hulle wys te maak dat die Boere ’n groot
kombinasie gaan oprig, met die doel om die Engelse die land uit te jaag
en die kleurlinge weer tot slawe te maak.
’n Invloedryke bruin man, dr. Abdullah Abdurahman, die eerste voorsitter van die
Kleurlinge se eie politieke organisasie ná die Anglo-Boere-oorlog, die African
Political Organisation, het hom bitter uitgelaat teen die Engelse troubreuk
teenoor die bruin mense/”kleurlinge” en beweer dat hulle verkul is. Nogtans was
hy lojaal teenoor Engels, terwyl hy Afrikaans as “kombuis- en straattaal” geminag
het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
193
In mities-gelaaide taal het hy aan sy mede- bruin mense die vraag gestel: “Gaan
ons dié taal praat or shall we use the language of Tennyson?” (Steyn 1980:270).
’n Verdere bewys van die feit dat bruin mense as politieke speelbal tussen
Engels- en Afrikaanssprekendes gebruik is, vind ons in die gebeure in Calvinia
tydens die Anglo-Boere-oorlog. Daar is reeds in hoofstuk 2 van hierdie studie
verwys na die mitiese figuur van Abraham Esau, wat as vurige ondersteuner van
die Britse owerheid tydens die oorlog in Calvinia ’n spioen geword het en
uiteindelik deur Boere van ’n groep OVS-kommando’s wat Calvinia binnegeval
en krygswet afgekondig het, tereggestel is.
Nasson (1990:118) se aangehaalde uitsprake oor die martelaarskap van Esau lui
soos volg:
A bitter and vituperative political contest was a good moment for the
creation of martyrdom, and for this brief moment Esau became visibly the
Coloured martyr of a Cape liberal political culture.
En:
In the years following the South African War, the martyrdom of Abraham
Esau served a recognizable function. It met a psychological need….and
offered an integrating element at this particular historical moment. Esau
became the mythic symbol of a revivified British patriotism in Calvinia
village life.
Uiters negatiewe miteskepping by die bruin gemeenskap rondom hulle wit
Afrikaner-taalgenote is volgens Steyn (1980:270) tot in 1948 voortgesit:
’n V.P.-pamflet vir Kleurlinge (sic) lui nog in 1948 dat die N.P ‘slawearbeid’ beoog en dat Kleurlingkinders geen onderwys sal kry nie. Stories
is versprei dat ‘die Boere’ die Kleurlinge soos muile voor die ploeë gaan
span as die N.P. wen.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
194
5.4.5 “Bruin” miteskepping ná 1948
Gruwels soos dié waarna die bogenoemde pamflet verwys het, het wel nie ná
1948 plaasgevind nie, maar wat wel gebeur het, is dat die bruin mense op ’n
afsonderlike kieserslys geplaas is met behulp van metodes “wat die party glad
nie tot eer strek nie” (Steyn, 1980:274) en dat apartheidsmaatreëls soos die
Groepsgebiedewet en die Bevolkingsregistrasiewette van 1950 vir die bruin
mense “frustrasie en verbittering meegebring (het)” (volgens getuienis voor die
Theron-kommissie, aangehaal deur Steyn 1980:274).
Die aksies soos afsonderlike kieserslyste en die latere wetgewing rondom
groepsgebiede en bevolkingsregistrasie het uiteraard ’n groot invloed op latere
verhoudings tussen wit en bruin Afrikaanssprekendes gehad.
Steyn wys daarop dat die “dwang op Kleurlinge in Kaapland om vanweë hul kleur
uit bepaalde gebiede te trek” hulle nie net finansieel benadeel het nie, maar ook
“’n aantasting (was) van hul menswaardigheid.”
Een van die getuies voor die Theron-kommissie oor “aangeleenthede rakende
die Kleurlingbevolkingsgroep” het gesê: “As die wit mense se huise so oor die
bult begin kom, dan wonder ons of ons weer sal moet trek.”
W.A. de Klerk noem hierdie proses “’n verhandeling in menslikheid wat vreemd
was aan die ware tradisie en aard van die Afrikaner” en brei soos volg hierop uit
(1979:14,15, aangehaal deur Steyn 1980:275):
Daar was bitterhede soos die vernietiging van die mees Kaapse deel van
die Kaap – Distrik Ses; enghartighede soos die selfsugtige eis dat die Nico
Malan-skouburg […] vir blankes alleen gereserveer word; die ewe
enghartige indeling van strande […]; les bes, maar miskien die bitterste
van almal: die aanslag op ou gemeentes van die Nederduits
Gereformeerde Sendingkerk …
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
195
Daar is toenemend reeds in die vyftigerjare stemme wat opgaan teen die “onreg
van sommige apartheidsmaatreëls” en Steyn (1980:279) haal onder meer vir
D.P. Botha (1960:172-173) aan, wat die vraag stel of die apartheidsmaatreëls
“wat die Kleurlinge raak” opgehef moet word, en dan self met ’n besliste “ja”
antwoord. Botha versterk sy argument deur daarop te sinspeel dat ’n nuwe
inhoud toegeken moet word aan dr. D.F. Malan se ( miteskeppende – AMJ)
woorde: “Bring bymekaar wat bymekaar hoort.”
Een van die bekendste “bruin” stemme reeds in die vroeë apartheidsjare was dié
van die akademikus en digter/dramaturg, Adam Small, wat soos volg sy
gevoelens in mities-gelaaide taal weergee in die byvoegsel tot Die Burger, Die
Volksblad en Die Oosterlig van 5 Desember 1958:
Die enigste kreet wat ek, geen dooie boek-bruinman nie, maar ’n lewende
bruinman in ons Suid-Afrika altyd op my lippe voel (,is):
“Ek haat niemand nie!”
[…] hierdie woorde (het) vir my so ’n luide betekenis […], so ’n
hartstogtelike klank […] wat skree uit my hart, my hoof, my lyf – ondanks
die duisend beledigings wat my daagliks teenblaf in stasiehalle, op busse,
treine, by toonbanke…
Dit is veral in sy drama, Kanna hy kô hystoe (1965) dat Small op baie besondere
wyse die “lotgevalle van die onmiskenbare eie mense” verwoord in ’n
“merkwaardige debuutdrama wat ten opsigte van sowel tema as struktuur ’n
ingrypende vernuwing in ons letterkunde gebring het” (Olivier, 1999:573). In die
volgende werk uit Small se pen, wat eers agt jaar ná Kanna verskyn, nl. die fotoen-versboek saam met fotograaf Chris Jansen, Oos wes tuis bes:Distrik Ses
(1973) word die gebeure rondom Distrik Ses soos hierbo reeds beskryf onder
woorde gebring, en sodoende gemitologiseer, sodat Olivier (1999:575)met reg
kan praat van die “elegiese toon wat Small hier vasvang.”
Dit is nie net bruin mense wat self meegewerk het aan die miteskepping
waardeur onbillike apartheidspraktyke en stigmatisering van die bruin mense en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
196
hulle taal uitgewys is nie. Steyn (1980:280 en verder) noem name soos W.A. de
Klerk, D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw, Jan Rabie, Breyten Breytenbach,
Chris Barnard, Andrè P. Brink, Elsa Joubert en M.E.R. as figure wat meegehelp
het om die lesers bewus te maak van die gevolge van “diskriminerende houdinge
en maatreëls.” Veral Elsa Joubert se roman, Die swerfjare van Poppie Nongena
(1978), wat as vervolgreeks in Rapport verskyn het, het groot belangstelling
onder bruin mense gewek en ook miteskeppend gewerk.
Steenberg (1998:532) wys daarop dat Poppie, as Christen-Afrikaanssprekende,
op grond van ’n gedwonge huwelik met Stone Nongena en die implikasies van
die groepsgebiedewetgewing as ‘t ware ’n vreemdeling word onder haar eie
mense. Tog meen Steenberg dat haar “ek-is-nog-sy-houding” haar gelykstel aan
een van die ander (mitiese – AMJ) figure in die Afrikaanse letterkunde, Van Melle
se Bart Nel. (Dit dui myns insiens op bykans parallelle mites, naamlik dié van die
Afrikaner (in 1914) om sy identiteit te bewaar, en dié van die bruin vrou om
enigsins identiteit gegun te word – AMJ.)
Steyn se kommentaar (1980:281) oor die goeie gevolge van Poppie hou verband
met die feit dat dit weer bruin mense se belangstelling in ’n Afrikaanse boek
gewek het:
Afrikaans het, ondanks alles wat die laaste dertig jaar gebeur het, tog
weer begin om ’n draer te word van die lewensbehoeftes van sy bruin
sprekers.
Breyten Breytenbach se verklaring in die hof op 26 November 1975 toe hy tot
nege jaar tronkstraf gevonnis is vir oortredinge ingevolge die Wet op Terrorisme,
het myns insiens ook ooglopende implikasies vir die mite van Afrikaans as
“verdrukkerstaal”, aangesien Breytenbach homself in en deur Afrikaans baie
duidelik identifiseer met “sy (my) land” en “sy (ons) volk” , maar net so duidelik
distansieer van die beleid van apartheid, wat aan Afrikaans gekoppel sou wees:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
197
In my hart, Edele, was die motivering vir my handelswyse altyd die liefde
vir my land. Dit is dalk paradoksaal, maar vir my het dit gegaan om die
voortbestaan van ons volk, ’n voortbestaan met regverdigheid soos Van
Wyk Louw dit uitgedruk het, oor die inhoud en gehalte van beskawing. Ek
het geglo dat my optrede nie teen Suid-Afrika gerig was nie, maar teen
wat ek beskou het as onregverdighede (aangehaal deur Steyn 1980:281).
5.4.6 Die impak van “bruin” apartheidsmites op Afrikaans:
die sewentigerjare
In een van die motto’s aan die begin van hierdie hoofstuk is J.du P. Scholtz se
uitspraak in Die Burger van 19 Julie 1978 aangehaal (soos in Steyn, 1980:265):
Dit is die tragiese, skynbaar keerlose proses - en ’n onnoemlike verlies vir
Afrikaans – die verengelsing van ’n groot Afrikaanssprekende
bevolkingsgroep waaraan ons tog, ten spyte van alles, baie na staan –
nader as aan baie eentalige Engelse wit mense in ons land.
Bruin mense se “frustrasie en verbittering” (sien die aangehaalde getuienis van
die Theron-kommissie in 5.9.3.4 hierbo) teen die apartheidsbeleid van die
Nasionale Party het onvermydelik in sekere gevalle ’n teiken gevind in die
“hooftaal” van die apartheidsregering, Afrikaans. Dit het gebeur ten spyte van
die feit dat hierdie taal, Afrikaans, ook in baie/die meeste gevalle die bruin mense
se eie moedertaal was (hoewel, soos aangedui in 5.9.3.2 hierbo, sogenaamde
“Kleurling-Afrikaans” as minderwaardig en “afwykend” gestigmatiseer is).
Steyn (1980:279) noem gevalle waar “veranderde houdings en lojaliteite” onder
bruin mense teenoor Afrikaans duidelik merkbaar was. So byvoorbeeld het die
destydse Die Vaderland in 1974 ’n aantal Johannesburgse bruin mense genader,
van wie een se uitspraak ook reeds in die aanhef tot hierdie hoofstuk gegee is:
Dit spyt my as ek u te na kom … Die Afrikaners wil ons nie hê nie, en nou
wil ons ook nie meer die Afrikaners hê nie.
Dieselfde segspersoon brei hierop uit:
Ons verkies die Engelssprekendes, want al is hulle nie altyd eerlik nie,
behandel hulle ons minstens meer simpatiek. Ons gee ook al hoe meer
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
198
voorkeur aan Engels as taal… In elke Kleurlinghuis kry jy ’n Engelse
koerant. Maar net die intellektuele lees Afrikaanse koerante; en dan
dikwels ook net as hulle die Afrikaner se mening oor ’n besondere saak wil
weet.
Ander insiggewende uitsprake van leiersfigure in die bruin gemeenskap in die
sewentigerjare is dié van:
•
Jakes Gerwel (in Buurman, Julie 1975), wat op die vraag oor Afrikaans as
“die taal van die verdrukker” soos volg antwoord:
Nee, ek dink nie Afrikaans is die taal van ’n sekere groep nie. Afrikaans is
die taal waarin ons mense – wit en bruin – lewe. Dat daar politieke onreg
in Afrikaans gepleeg word, kan egter nie ontken word nie. En solank dit
voortduur, sal die bruinman se verhouding tot Afrikaans gestrem wees.
Die bruinman (sic) het ’n natuurlike verhouding met Afrikaans – so
natuurlik soos die verhouding tussen ’n moeder en ’n kind; ek glo teen alle
‘ontstaansteorieë’ in dat die gekleurde rasse aan Afrikaans geboorte
gegee het en hom lewend gehou het in sy suigelingsjare… (my
kursivering);
•
dr. Allan Boesak, wat in Die Volksblad van 5 Februarie 1977 beweer dat
dit die Afrikaner is wat “die laaste bietjie politieke regte van die bruines
weggeneem het en […] die sogenaamde ‘sagte apartheid’ van die
Engelse in harde apartheid omskep het” deur die onderdrukking van bruin
mense “in ’n duidelike sisteem” vas te pen; en
•
Adam Small, wat op 28 Julie 1977 in Die Burger aangehaal word na sy
N.P. van Wyk Louw-gedenklesing waartydens hy beweer het dat die
“blote woord ‘apartheid’ […] onmeetlike skade in die land berokken en as
woord ook aan die Afrikaanse taal …” (my kursivering).
Nie alle prominente figure in die bruin gemeenskap was dit egter in die
apartheidsjare eens dat daar wel ’n proses van verengelsing onder hulle groep
aan die gang was nie. Dr. Richard van der Ross, rektor van die Universiteit van
Wes-Kaapland, (aangehaal deur Steyn 1980:282) maak byvoorbeeld in Junie
1975 in Buurman die volgende mities-gelaaide uitspraak:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
199
Ek stap in die strate van Kaapstad. Die mense, my mense, verkoop
blomme, gesels onder mekaar, lag en koggel mekaar, soos hulle sê. Hulle
praat Afrikaans. Jy kom in ’n woelige deel van Athlone, waar die
sypaadjies wemel en krioel van mense, waar jy alles en nog wat
aangebied word – vrugte, groente, speserye, klere, en wat hoor jy?
Afrikaans… En dis meer as ’n taalmedium in die sin van intellektuele
kommunikasie. Dis ’n kommunikering van gemene eienskappe…” (my
kursivering).
Dr. Van der Ross verduidelik voorts dat, as hy iemand in Engels vra om ’n snoek
te koop, hy net ’n snoek kry. Doen hy dit egter in Afrikaans, “dan kry ek meer as
’n snoek; ek kry vriendskap en warmte op die koop toe. Ek kry daardie ding wat
hulle noem empatie, en dis meer as geld werd. Tussen ons twee het iets meer as
’n transaksie plaasgevind; ons het mekaar aangesien as vriende, as broers. (my
kursivering). (Dr. Van der Ross se taalmedium is hier Standaardafrikaans. Dit
laat die vraag ontstaan of hy die “snoek, vriendskap en warmte” in dié vorm
ervaar het, en of hy in die “strate van Kaapstad” met “sy mense” Kaapse
Afrikaans gepraat het.)
’n Afleiding wat uit bogenoemde gemaak kan word, is dat Afrikaans wel vir
sommige prominente intellektuele leiers in die bruin gemeenskap min of meer
dieselfde betekenis gehad het as vir hulle “Afrikaner”-taalgenote: dié van ’n
besondere “liefdes”-band met die taal en een wat hulle ook aan ander (bruin)
sprekers van die taal verbind het. Afrikaans het dus ook sin gegee aan hulle
bestaan. Tussen wit en bruin sprekers van Afrikaans het die mitiese kloof van
politieke skeiding egter steeds gegaap.
In ’n onderhoud met Chris Barnard drie jaar later (in Huisgenoot, 10 Maart 1978)
maak dr. Van der Ross weer die stelling dat die “kleurlinge” glad nie besig is om
te verengels nie, maar dat sy ervaring is dat die gebruik van Afrikaans sedert die
Tweede Wêreldoorlog juis toeneem – “op die skoolwerf, in meer formele
situasies, onder geleerdes – oral” (aangehaal deur Steyn, 1980:265).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
200
Steyn (1980:278) meen nietemin dat Afrikaans in die apartheidsjare nie alleen
verliese gely het aan “mense en breinkrag” as gevolg van die emigrasie van
mense wat aan die gevolge van apartheid wou ontkom nie, maar ook “deur die
negatiewe houding teenoor die taal”. Hy verduidelik dat so ’n negatiewe houding
moeilik met getalle te bewys is, omdat daar byvoorbeeld nooit opnames gedoen
is om “verengelsing as gevolg van apartheid” empiries te probeer bewys nie, en
omdat so ’n proses boonop oor ’n lang tydperk strek.
’n Ondersoek in dieselfde jaar (1978) waarin dr. Van der Ross met stelligheid
beweer het dat “kleurlinge” nie besig is om te verengels nie, dui ten minste op ’n
sterk neiging tot tweetaligheid in Afrikaans en Engels by veral stedelike bruin
mense; 9 persent van die ondervraagdes het volgens hulle eie mening
“verengels”, maar 8.5 persent het “verafrikaans”.
Data versamel tydens ’n RGN-ondersoek in 1979 dui op ’n voorkeur vir Engels
as onderrigmedium in die primêre skool onder bruin mense van die Kaapse
Skiereiland. In die res van Kaapland verkies ’n driekwart van die byna uitsluitlik
Afrikaanssprekende bruin mense wel Afrikaans as onderrigmedium in die
laerskool. Wat die hoërskool betref, kies sowel Engels- en Afrikaanssprekende
bruin mense van die Skiereiland Engels as onderrigmedium, terwyl die res van
die Kaapprovinsie se bruin mense ook hierdie voorkeur toon (volgens syfers uit
die konsepverslag van die projekleier, P. Scheffer, soos aangehaal deur Prinsloo
1984:111-112).
(Albei die bogenoemde ondersoeke vind plaas na die gebeure in Soweto in
1976, waarna later nog verwys sal word.)
Die afleiding sou kon wees dat “bruin” miteskepping in die eerste dertig jaar van
geïnstitusionaliseerde apartheid nie in so ’n mate teen die taal self gemik was dat
dit ’n beslissende rol gespeel het in die verengelsing van die bruin mense nie.
Wat egter wel waar is, is dat die bruin mense in ’n ongemaklike en, myns insiens,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
201
redelik unieke verhouding met Afrikaans geleef het: hulle eie moedertaal was
immers terselfdertyd ook die taal van die “verdrukker”.
5.4.7 Die tagtigerjare: “So naby mekaar en tog só ver apart”
Daar is ’n legio uitsprake in die Afrikaanse taalpolitiek gemaak oor die verband al
dan nie tussen ’n taal en sy sprekers, en daarom ook by implikasie oor die vraag
of ’n taal (Afrikaans) “verdrukkend” kan wees. In die bundel Taal en stryd:19891999-gedenkbundel kom daar onder andere ook verskeie sulke uitsprake voor,
waarvan enkeles hierna kortliks bespreek sal word. (Dit is nodig om eksplisiet
daarop te wys dat die bundel eers in 1999 verskyn het, maar dat die referate wat
daarin opgeneem is, gelewer is tydens die sogenaamde Taal en stryd-kongres in
Durban in 1989 – AMJ.)
Meintjies (1999:101) beweer met stelligheid:
Language is not inherently oppressive. Its role is defined by the people
who wield it and the social forces which act upon it (my kursivering).
Meintjies se standpunt is dus duidelik dat geen taal as sodanig “verdrukkend”
kan wees nie, maar dat dit wel deur mense ingespan kan word om te verdruk.
So ’n standpunt kan dus dien as voorbeeld van die ontmitologisering van die mite
onder bespreking.
(Willemse e.a.1999:88) weer, beweer:
Taal, daardie intieme voertuig van representasie, kan nie geskei word van
die stryd om politieke en ekonomiese mag nie (my kursivering).
Dit wil voorkom asof die bogenoemde referente wel ’n bykans “intieme”
verhouding veronderstel tussen ’n taal en die politieke en ekonomiese magstryde
wat deur medium van die betrokke taal gevoer word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
202
Die bogenoemde stelling is deel van ’n referaat met die titel “Oor Bloekombos en
(voor-)Uitkyk”. Volgens die referente word drie sentrale kodes hierin aangeraak,
nl. taal, kultuur en stryd. Die gegewe is die gedwonge verskuiwing van mense uit
plakkerskampe by Bloekombos (naby De Nova) en Uitkyk, maar sonder dat daar
deur die munisipaliteit waarbinne hulle woonagtig is, naamlik Kraaifontein, planne
gemaak is om aan hulle huise te verskaf.
Die referente verduidelik die dilemma van die mense van Bloekombos en Uitkyk
soos volg (1999:84):
’n Dak oor die kop is ’n dwingende noodsaaklikheid. Hulle tree egter op in
’n ongelyke verhouding tussen owerheid en inwoners, in ’n ekonomiese
verhouding waarin hulle lae-orde deelnemers is, in ’n politieke verhouding
waarin hulle alternatiewe moet leer ontwikkel om te oorlewe – nie “huise”
nie, maar “plakkershuise”. Hulle is besig – soos baie soortgelyke
gemeenskappe in hierdie land – om ’n nuwe taal van aanspraak op regte,
selfvertroue en doelwitte aan te leer… (my kursivering).
In bostaande uitspraak is dit duidelik dat “taal” metafories gebruik word en nie na
Afrikaans of Engels of enige ander taal verwys nie, maar na die politieke en
sosiale diskoers van die “aanspraak op regte”, “selfvertroue” en “doelwitte”. Daar
kan egter aanvaar word dat Afrikaans baie van die genoemde inwoners se
moedertaal is, en die implikasie is dat Afrikaans dus ewe geskik sal wees vir die
“aanspraak op regte” as wat dit was as sogenaamde “verdrukkerstaal”.
In haar repliek op die uitspraak van Willemse en ander, “Uit ’n bloekomomsoomde wêreld” (1999:94-100) wys Elize Botha daarop dat sy reeds voordat
sy teks van haar “kollegas” onder oë gehad het, daaraan gedink het om, eerder
as ’n formele referaat, ’n vertelling voor te hou uit haar “bloekombos-omsoomde”
grootwordwêreld in die Wes-Transvaal. Die feit dat Willemse en ander se
referaattitel ook na ’n “bloekombos” verwys, het sy – as ’t ware teen haar
beterwete – vir haar as teken toegeëien (1998:95).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
203
Die bloekombos word dan eintlik in albei gevalle ’n metafoor van ’n bepaalde
leefwêreld en persepsie van die werklikheid. Wat egter interessant is, is die feit
dat die bloekombos in elke geval die mites van die bepaalde groep
verteenwoordig (en terselfdertyd ook die twee belangrikste mites rondom
Afrikaans wat in hierdie diskoers ter sprake is):
•
Vir Willemse en ander is die bloekombos deel van die stryd teen
apartheidsmaatreëls. Hulle verwys nl. na die “Bloekombos”-plakkers wat
gedwonge verskuiwing in die gesig moes staar op grond van wetgewing in
dié verband. Kraaifontein se inwonersvereniging betuig hulle solidariteit
met die Bloekombos-plakkers deur plakkate waarop die vraag gestel
word: “Hoekom kan ons nie in vrede gelaat word nie?” In hierdie
versetpoging sien die referente ’n “aantoonbare opkomende kultuur” wat
bewustelike poog om “die simbole, die tekens, die aard, die ‘natuurlikheid’
van die heersende kultuur en die dominante idees te ondermyn”
(1999:89). (Daar word weer eens daarop gewys dat hierdie referaat reeds
in 1989 gelewer is, d.w.s. voor die nuwe regering in 1994 aan bewind
gekom het – AMJ.)
•
Vir Botha is die “bloekombos-omsoomde” wêreld rondom haar pa se
“prinsipaalwoning” metafories van haar eie jeug en haar herinneringe aan
Afrikaner-armoede in die middeldertigerjare. Dit bring die herinnering aan
die werk van Jochem van Bruggen en sy deernis met die arm Afrikaners
en hulle behoefte aan “menswaardigheid”, maar ook aan die later bykans
vergete werke van P.W.S. Schumann en Roelf Britz rondom dieselfde
tema. Botha se betoog is dat die Afrikaanse letterkunde “in hom ingebed
het […] hierdie diepe besorgdheid oor die arme, die verstoteling, die
pelgrim, die vreemdeling, die swerwer” (1999:98).
Na aanleiding van die twee uiteenlopende “bloekombos”-gesprekke is die
gevolgtrekking dus myns insiens dat twee verskillende “lewende” mites
hier ter sprake is, en dat die bloekombos in albei as metafoor dien,
waarmee elke groep sin aan hulle bestaan en bestaanstryd wou gee. Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
204
impak van die betrokke metaforiek (en die gepaardgaande miteskepping) is ook
duidelik uit Du Plessis en Van Gensen se voorwoord tot die 1999-publikasie,
waarin hulle die volgende opmerking maak (1999:vi):
Hoe sal ons die Bloekombos-gesprek tussen die Wes-Kapenaars en Elize
Botha ooit kan vergeet? Waarskynlik was juis hierdie gesprek die
onthullendste en gelykertyd die onthutsendste moment by die kongres
gewees.
In haar repliek vra Botha ook of daar werklik ’n “nuwe” taal nodig is om
aanspraak te maak op “regte, selfvertroue en doelwitte” (sien Willemse e.a. se
aangehaalde uitspraak (1999:84) hierbo) of moontlik “net ’n skerper besef van
die moontlikhede van die ‘ou’ taal?” (Botha 1999:98). Sy wys daarop dat Raidt
beweer dat Afrikaans van sy vroegste geskiedenis ‘die taal van verset’ was, en
dat Steyn dit ook in Tuiste in eie taal telkens bevestig. Sy noem voorts dat Van
Wyk Louw reeds in 1954, toe sy as student een van sy lesingreekse bygewoon
het, daarop gewys het dat die Afrikaanse Taalbeweging (van die negentiende
eeu) “nie ontstaan het uit die belangstelling van dilettantiese taalgeleerdes nie –
dit is gedryf deur honderde duisende armes.” (Vgl. in dié verband ook hoofstuk 4
– 4.2.1. - waarin verwys word na die boere wat gekla het oor Van der Stel se
wanbestuur en korrupsie en sodoende bygedra het tot die politieke selfbewussyn
van die Afrikanervolk – AMJ.)
Botha se slotsom oor Afrikaans as (metaforiese – AMJ) taal van ontmoeting, lui
soos volg (1999:99):
Ons leef in die gebruik van Afrikaans as ons moedertaal […] ’n
ononderhandelbare individuele reg uit. Die letterkunde is die kunsvorm by
uitstek waarin ’n samelewing homself kan begryp. In die letterkunde in die
Afrikaanse taal is daar onuitputlike moontlikhede geskep vir ’n
indringende, omvattende ontmoeting van uiteenlopende taalgenote.
By dieselfde kongres spreek Christo van Rensburg hom ook sterk uit teen die
mite van Afrikaans as die taal van verdrukking. In sy repliek op Jan Esterhuyse
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
205
se referaat oor die “rekonstruksie van die Afrikaanse werklikheid en
handboekvernuwing” verwys Van Rensburg (1999:72) na die metaforiek omtrent
Afrikaans en die stryd/of “struggle”.
Daar heers vandag in Suid-Afrika ’n mode wat dit wil hê dat daar vir die sondes
van ’n deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap […] ’n beskuldigende vinger na
die taal Afrikaans gewys word. Opvallend aan ons tyd in hierdie opsig is die […]
onnoukeurige veralgemenings (negatiewe miteskepping? – AMJ) waarmee
hierdie beskuldigings teenoor Afrikaans gemaak word. Ek het […] daarop gewys
dat hierdie veralgemening van die tegniek van metaforiek gebruik maak. En die
metafoor is nie by uitstek ’n vlymskerp wetenskaplike instrument nie: eerder
miskien die teenoorgestelde … Ek wil betoog dat die taal Afrikaans nie in die
beskuldigdebank behoort te staan nie… (my kursivering).
Die afleiding wat dus gemaak kan word ten opsigte van die verskeidenheid
standpunte van referente by die “taal en stryd”-kongres, is dat daar in die
tagtigerjare nog heelwat strydpunte rondom Afrikaans bestaan het. ’n Belangrike
wins is myns insiens die feit dat daar wel ernstig gepoog is om in gesprek te tree
met ander lede van die Afrikaanse taalgemeenskap, al is dit dan nou in Elize
Botha se woorde “vanuit verskillende hoeke, met verskillende doelwitte miskien
en met verskillende lewenshoudings” (1999:99). Immers ís dit in Afrikaans.
Dit is egter te betwyfel of die gesprekgenote mekaar in 1989 werklik volkome
“gevind” het rondom Afrikaans. Hierdie afleiding word ook bevestig deur die
opskrif by Coenie Slabber se verslag oor die kongres in Rapport van 7 Mei 1989:
“Só naby mekaar en tog só ver apart.” Die proses van herontdekking kon
waarskynlik eers werklik begin ná 27 April 1994.
5.4.8 Die negentigerjare: “Nineteen-ninety-four [daai djaar van
waterskeiding vi’ ons land]”
Die implikasies van die nuwe bedeling rondom Afrikaans ná die demokratiese
verkiesing van 1994 sal eers in die laaste hoofstuk van die proefskrif vollediger
onder oënskou geneem word. Die bespreking van die “bruin” mites rondom
Afrikaans word nou afgesluit met uittreksels uit twee van Adam Small se “nuwe
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
206
verse” soos opgeneem in die verslag van die tweede “swart” Afrikaanse
skrywersimposium te Paternoster in 1995, Die reis na Paternoster.
Small lei die verse in deur te sê:
Dis nuwe verse. Dis in Kaaps, want ek meen die taal leef, soos dit nog altyd
geleef het… (my kursivering).
Die eerste vers verwys na die ingrypende gebeure rondom die eerste
demokratiese verkiesing in 1994 en die rol van president Mandela en oudpresident De Klerk.
So Here
Hie’ in Nineteen-ninety-five
Na Nineteen-ninety-four
[daai djaar van waterskeiding vi’ ons land
soos yt die bloute van ons hiemil:
Nkose sikelel’ iSyd-Afrika]
hie’ in Nineteen-ninety-five
na Nineteen-ninety four
het ek ’n behoefte om te sê
Cheers! mister Mandela:
Mag ’it goed gan met ons land
die future in
Hamba kahle
Séla!
en Cheers! mister De Klerk:
Mag ’it goed gan met ons land
die future in
Mooi loep:
Mag ’ie dinge werk!
Cheers! vi’ ons ammal oek
en lat ons ammal nou vi’ always same
die ever-grotere, helde’dere
Lig bly soek…
Kô LAT ONS SING!
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
207
Die tweede “nuwe vers” verwys in die eerste plek veral na die mites rondom
apartheid binne die bruin gemeenskap (die “memories” waarmee nie sonder
meer afgereken kan word nie, maar wat “bly en bly en bly”) en daarmee saam na
die rol van stories:
Moeder
en Vader
Grootmoeder
en Grootvader …
[…]
Lyster!
(Lyster Djy oek, Here
Lyster Djy?)
Apartheid, sê hulle vi’ my
Apartheid is
verby
en (despite die remnants
en leftovers)
is vi’ real
verby!
Okay!
Ma die essentials bly
en bly
en bly
Oe die dinge hang innie lug
Soes ’ie gieste van Paulus
kos hulle’s memories
en so, at will
ko’ hulle, met vlerke wat wapper of stil-stil
soes aasvoëls…
[…]
die memories…
-
En alles
die essentials vannie dinge Here - is niks
ma’ niks oek minder
as ’n storie…
(my kursiverings)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
208
Die laaste strofe hierbo is van die allergrootste belang vir die diskoers in hierdie
studie. Die betoog is dat die wesentlike dinge (“die essentials vannie dinge”) per
slot niks anders as ’n storie is nie. Feite, geskiedenisse, goeie en kwade
gebeure word deur die alchemie van die tyd en sy vertellers gereduseer tot die
wesentlike: die stories (en dus: die mites) wat behoue bly.
Die tweede deel van dieselfde gedig noem die deurslaggewende rol van Small
se taal (Kaapse Afrikaans of “Kaaps”) in sy lewe en dié van sy gemeenskap en
vra dan weer dat die Here na sy storie sal “lyster”:
Ek sê ek praat met Djou in Kaaps
Here
some van my critics het nog never
in allie djare my taal hierso ge-fathom nie
ek sê ma weer net soes lank gelede
die’s g’n Gamat-taal of Capey nie:
daai is some mense
se patronising scorn vi’ hierdie
straight en diep taal vannie mense
waar hulle in gebore word…
[…]
Soe laat hierdie taal gesiend wies
Soes Djou Naam
Dja Here
Lat Djou Naam
Geheilig word
In hierdie taal
Lat kom Djou koninkryk daarin
Lat kry onse mense hulle brood daarin
van dag tog dag
Lat ons daarin vergewe raak vi’ al ons sonnes
En, Here, lat ons anyone concerned
Daarin vi’ hulle sonnes tien ons net so oek vergewe…
(soos die “apartheidsondes”? – AMJ)
[…]
Here
Ek praat met Djou in Kaaps
nog altyd vannie Cape Flats ennie Boland af
ek bid Djou an, vertel vi’ Djou ’n storie, skrywe jou
’n brief
[…]
Ek kan nie help nie, Here
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
209
Djy het my so gemaak en so ge-shape:
Djy en Djou handlangers, my pa, my ma
my mense in general oek, en soema net
die dinge van my lewe …
[…]
My storie, wiet ek, sil Djy carefully na lyster …
[…]
Kô lat ons sing!
(my kursiverings)
5.4.9 Teenoor verdrukking: “bevryding”
Voordat die bespreking van die “bruin” mites rondom Afrikaans afgesluit word, is
dit nodig om daarop te wys dat Afrikaans binne die gemeenskap onder
bespreking dikwels ook as “taal van bevryding” gegeld het. Afrikaans was
immers steeds in die apartheidsjare die moedertaal van die oorgrote groep bruin
mense, hoewel daar volgens Steyn (1980:278) “oorvloedige getuienis” bestaan
het van “veranderde houdings en lojaliteite”.
Willemse (1985:228, 229) maak die stelling dat Afrikaans nie net die taal van
“arm, gedomineerde mense” is nie, maar terselfdertyd die taal van “mense in
stryd” en voeg dan by:
Afrikaans is inderdaad die taal waarmee ons ons in ’n sosiale, politieke en
ekonomiese stryd oproep. Ek skryf in Afrikaans. Ek stry in Afrikaans (my
kursivering).
Ongeveer agtien jaar ná hierdie uitspraak (in Oktober 2003) lewer Hein Willemse
’n voordrag by die Skiereilandse Technikon waarin hy ’n oorsig gee oor die rol
van “swart” (bruin?) Afrikaanssprekers in die genoemde bevrydingstryd:
Selfs toe Afrikaans as taal van die verdrukker, die taal van die baas en die
taal van apartheid bestempel is, was dit terselfdertyd die taal van die
bevryder en die taal van klaas…. In ons onlangse geskiedenis is dit ter
sake om die anti-apartheidsgeskiedenis van Kaapse Afrikaanssprekendes
in herinnering te roep. Dink byvoorbeeld aan Basil February wat in 1967
een van die eerste MK-vegters was om in die stryd om bevryding te sterf.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
210
Willemse (2003:2) noem ’n reeks name van aktiviste met “tragiese
geskiedenisse”: Hennie Ferrus, Anton Fransch, Ashley Kriel, Dulcie September
en Coline Williams. Hy noem voorts dat Quentin Michels, ’n voormalige
onderwyser in Manenberg, tydens sy hofsaak in 1987 “die noodsaak vir
‘rewolusionêre stryd’ in Afrikaans geregverdig (het)” (my kursivering) en dat
Cecyl Esau in dieselfde hofsaak die woorde van Van Wyk Louw “sonder ironie”
kon aanhaal: “Dis nie ’n skande as ’n rebellie misluk nie, maar dis ’n skande as ’n
geslag sonder ’n rebellie verbygaan.”
Die implikasie is dat al die genoemde aktiviste Afrikaanssprekers was, en dat
hulle in die stryd teen Apartheid Afrikaans as “bevrydingstaal” gebruik het.
Hierdie afleiding word ook bevestig deur Steyn se opmerking (1980:279) dat
“Afrikaans sedert die jare vyftig al meer die taal te word het waarin sowel wit as
bruin Afrikaanssprekendes teen onreg skryf” (my kursivering).
In die hieropvolgende bespreking van “swart” mites rondom Afrikaans as
verdrukkerstaal, moet daar in gedagte gehou word dat bruin mense ook nou
betrokke was by baie van die gebeure wat geskets sal word, en dat hulle dikwels
Afrikaans gepraat het, ook wanneer hulle teen “Afrikaanse” politieke stelsels
betoog het.
5.5 “Swart” mites rondom Afrikaans as verdrukkerstaal: die apartheidsjare
Afrikaans het ’n skans geword waaragter ons die onderdrukker gesien het.
Die sweep waarmee ons geslaan is, was woorde uit ’n spesifieke taal wat
ons gekoppel het aan ’n stelsel wat verwerplik, onmenslik en
onverstaanbaar was (Phosa, 1996:9).
Wordless, lost. While Afrikaner surnames […] peel off victims’ lips… What
gradually becomes clear is that the Apartheid system worked like a finely
woven net … Now that people are able to tell their stories, the lid of the
Pandora’s box is lifted; for the first time these individual truths sound
unhindered in the ears of all South Africans. The black people in the
audience are seldom upset. They have known the truth for years. The
whites are aften disconcerted: they didn’t realize the magnitude of the
outrage … (Krog, 1998:44, 45) (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
211
It has been stated openly that Afrikaans is the price that Afrikaners will have
to pay for Apartheid. Was it not a debate for years on Robben Island: What
do we do with the language of the boere? (Krog, 1998:99).
5.5.1 Inleiding
Daar is in baie opsigte – hoewel geensins in alle opsigte nie – duidelike
ooreenkomste tussen “bruin” en “swart” mites rondom Afrikaans.
Dit is nie vir die doel van hierdie bespreking nodig om aandag te gee aan die drie
eeue van kontak en (dikwels ook) konfrontasie tussen wit en swart in Suid-Afrika
wat die institusionalisering van apartheid voorafgegaan het nie.
Die geskiedenis van die oorloë tussen grensboere en aanliggende swart stamme
aan die sogenaamde Oosgrens van die Kaapkolonie oor grondgebied en vee in
die eerste eeue ná kolonisasie, asook konflik, gevegte en pogings tot
kontraksluiting of samewerking tussen swart en wit tydens die Groot Trek (1838
en later) is in talryke Suid-Afrikaanse en internasionale geskiedenisboeke deeglik
beskryf. Die Voortrekkermonument in Pretoria beeld onder meer die gebeure
visueel en miteskeppend - of ten minste mite-ondersteunend - uit.
Die slawekwessie (5.2.2), die vestiging van die mite van wit dominansie in die
18de en 19de eeue (5.2.3), die “soeke na ’n witmansland” (5.2.4), die
sogenaamde “Afrikaner – burgerlike godsdiens” (5.2.5) en die institusionalisering
van die mite van wit dominansie ná 1948 (5.3) het nie net betrekking op die
“bruin” mites wat hierbo bespreek is nie, maar is eweneens ook die agtergrond
tot die ontstaan van “swart” mites in Suid-Afrika.
Andersyds weer: wanneer daar verderaan in die hoofstuk na die 1976-onluste en
die werksaamhede van die Waarheids- en Versoeningskommissie verwys word
in terme van “swart” mites, kan daar aanvaar word dat “swart” in die betrokke
gevalle dikwels ook “bruin” veronderstel.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
212
5.5.2 Die “verhouding” tussen die swart mense en Afrikaans voor 1948
In die geval van die swart mense van Suid-Afrika was Afrikaans, op enkele
uitsonderinge na, nie hulle moedertaal nie. (Een van hierdie uitsonderings word
beskryf in Van Rensburg en Davey 1993). Die skrywers verwys nl. na die geval
van ’n groep swart mense by Thlabane, naby Rustenburg, wat saam met die
Voortrekkers daar gevestig geraak het as “swart Afrikaners” en wat Afrikaans
aanvanklik as enigste moedertaal gehad het. Hierdie mense se nageslag het
egter mettertyd vervreemd geraak van Afrikaans omdat hulle in die
apartheidsjare verplig was om Tswana-skole by te woon.)
Die meeste swart mense in Suid-Afrika het egter na kolonisasie en besetting van
die binneland nog steeds hulle eie tale behou. Hierdie behoud van die
Bantoetale4 verskil van die neiging by die bruin mense (die nageslag van die
Kaapse slawe en die Koi) om hulle eie tale te in onbruik te laat verval ten gunste
van Afrikaans as moedertaal. Afrikaans was dus nooit deel van die swart mense
se “ontstaansmites” soos in die geval van die bruin mense nie.
Taalkontak tussen swart mense en Afrikaners het voorgekom tydens die Groot
Trek en later op plase waar swart mense soms geslagte lank in diens was.
Hierdie kontak is voortgesit in die eerste vier dekades van die twintigste eeu,
maar dikwels onder minder gunstige omstandighede. Nog voor die oorname
deur die Nasionale Party in 1948 het wit Afrikaners en swart mense mekaar weer
in die stede ontmoet en meegeding om werk. Dit is hierna wat dr. Malan in sy
aangehaalde Geloftedag-feesrede van 1938 as die “tweede Bloedrivier” van
konfrontasie tussen wit en swart verwys het (sien 5.6). Soos genoem, meen
Moodie dat die fokus van die Reddingsdaadbond en dié van die Afrikaner
Broederbond in hulle stryd teen stedelike armoede deur ’n “narrow ethnic lens”
4
Volgens Vic Webb is die term “Bantoetale” die internasionaal-aanvaarde tegniese term vir die
inheemse swart tale van Suid-Afrika en het dit geen negatiewe konnotasies met die vroeëre term
“Bantoes” wat ook vir die swart mense van die land gebruik is nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
213
geskied het en dat hulle geensins bedag was op “the mass of black men who
were moving into the cities along with them” (1975:206).
Nie alle kontak tussen swart mense en Afrikaans was negatief nie, en daar is
baie getuienis van ouer swart mense van die positiewe impak van Afrikaners in
hulle lewe, en daarom ook van ’n positiewe gesindheid teenoor Afrikaans. Een
van die Departement Afrikaans, U.P., se nagraadse studente, mev. Julia Mabale,
het byvoorbeeld ’n referaat voorberei waarin sy wys op die invloed van Afrikaans
op Sepedi, en die mate waarin sekere Afrikaanse woorde en frases (onder meer
“huis” en “Dit moet”) in Sepedi ingeburger geraak het. Sy het daarop gewys dat
haar leerders, wat aanvanklik negatief ingestel was teen die leer van Afrikaans,
hierdie verskynsel as positief ervaar het wanneer dit onder hulle aandag gebring
is. Dit wil dus voorkom asof swart mense die “oorneem” van Afrikaanse woorde
in hulle eie taal sien as ’n teken van welwillendheid tussen die twee taalgroepe
en positief daardeur beïnvloed word wat betref hulle houding teenoor Afrikaans.
Mens sou waarskynlik kon beweer dat die impak van negatiewe mites rondom
Afrikaans as verdrukkerstaal eers werklik beslag gekry het na die
institusionalisering van apartheid deur die oorwegend Afrikaanse Nasionale Party
na 1948 en die gepaardgaande apartheidswetgewing, en veral na die onluste
van 1976 en die gebeure in die tagtigerjare waaroor indiwidue voor die
Waarheids- en Versoeningskommissie verslag gedoen het.
Die laasgenoemde gebeure moet egter gesien word in die lig van “swart” mites
wat reeds voor 1948 hulle aanloop gehad het.
5.5.3 Die ontwaking van “swart” bewussyn en die miteskeppende rol van
die ANC en PAC
Giliomee (2003:306) skets die aanloop tot en stigting van die African National
Congress (die ANC) soos volg:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
214
Toe die swart elite in die aanloop tot die grondwet van die Unie van Suid-Afrika in
1910 besef het dat hulle grootliks uitgeskakel gaan word van stemreg (behalwe
in die Kaapprovinsie) en dat slegs wit mense sitting in die Parlement sou hê, het
hulle begin om hulleself te organiseer en in Januarie 1912 is die South African
Native National Congress in die lewe geroep. Sol Plaatje was die sekretaris van
hierdie liggaam wat sedert 1923 bekend begin staan het as die African National
Congress. (Die belangrike rol van Sol Plaatje in die aanloop tot die ANC se
totstandkoming bewys onteenseglik dat daar ook bruin mense betrokke was by
die stigting van die ANC en in die jare daarna. Dieselfde geld die wit mense wat
oor die jare deel gevorm het van hierdie organisasie. Daar kan egter met
sekerheid aanvaar word dat die “swart” stemme in die ANC getallegewys die
meerderheidsgroep uitgemaak het - AMJ.)
In 1944 het ’n aantal jong, talentvolle en professioneel gekwalifiseerde swart
mense die Jeugliga van die ANC betree, onder wie Nelson Mandela, Oliver
Tambo en Walter Sisulu (Giliomee, 2003:452). Die Jeugliga het swart SuidAfrikaners aangemoedig om hulle ondergeskikte rol te bevraagteken en wit
dominansie uit te daag. Wit mense sou net toegelaat word om die “vrugte van
Afrika” (metaforiese taalgebruik wat miteskepping in die hand werk – AMJ) te
geniet indien hulle bereid sou wees om afstand te doen van hulle oorheersende
rol, die land proporsioneel sou verdeel en sou instem tot ’n “vrye demokrasie van
die volk (people).” (Giliomee haal hier vir Walshe, 1971:349-361 aan – AMJ.)
’n Mitiese figuur in Amerika, dr. Martin Luther King Jnr. (1929-1968), het sedert
die vyftigerjare tot en met die sluipmoord op hom in 1968 vanuit ’n Christelike
lewensbeskouing begin om swart Amerikaners aan te moedig om hulleself uit
segregasiepraktyke en ekonomiese agterlikheid te verhef (“to lift themselves up
by their own bootstraps”) (aangehaal deur McCartney, 1992:109). Volgens die
skrywer is King se standpunte teen geweld direk uitgedaag deur die aanhangers
van die Black Power-beweging in Amerika in die 1960’s . Laasgenoemde
beweging word gekarakteriseer as een van ’n reeks pogings in die V.S.A. “to
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
215
correct the injustices that exist[…] in almost every dimension of life between
black and white Americans” (1992:1).
Dit is ’n seker aanname dat baie swart mense in ANC- en ander swart
bewussynsgeledere kennis geneem het van die miteskeppende rol van King,
asook van die standpunte van die Black Power-beweging se segspersone.
Hierdie standpunte word uiteengesit deur prof. Charles Hamilton (McCartney,
1992:111 en verder). Die uiteensetting van wat die beweging presies beoog het,
is egter nie eenduidig nie. Hamilton wys daarop dat sommige persone binne die
beweging geweld voorgestaan het met die doel om politieke en ekonomiese
instellings van die V.S.A. te vernietig, terwyl ander die Menseregtebeweging van
wit mense wou beëidig, omdat wit mense reeds jare daarmee besig was;
sommige het dit eenvoudig gesien as (’n forum vir) swart haat teen wit mense,
ander weer as “drukgroepstrategieë”; nog ander het dit gesien as ’n poging om
selftrots en ’n gevoel van eiewaarde by swart mense te kweek.
In 1955 is die “Freedom Charter” aanvaar as die ANC se beleidsmanifes rondom
ekonomiese en sosiale kwessies. Hierin is gevra vir die nasionalisering van die
myne, die swaar nywerheid en die banke en ’n herverdeling van grond. Volgens
Giliomee sou die implementering van so ’n sosialistiese beleid in Suid-Afrika op
daardie stadium ekonomiese agteruitgang meegebring het wat ernstige nadelige
gevolge sou ingehou het (2003:539). Giliomee noem voorts dat Nelson Mandela
self later in sy outobiografie na die Freedom Charter verwys as ’n rewolusionêre
dokument, wat net geïmplementeer sou kon word as die ekonomiese en politieke
strukture radikaal verander sou word. Hoewel Mandela nie-kommunisties was, is
die neerslag van die miteskepping deur Karl Marx en Friedrich Engels in sy lewe
duidelik waarneembaar in sy stelling dat hulle geskrifte kan dien as “a blueprint of
the most advanced social order in world history, that [has] led to an
unprecedented reconstitution of society and to the removal of all kinds of
oppression for a third of mankind” (Mandela, 1994:164).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
216
Reeds in 1949 het die ANC-leierskap vir die Malan-regering geskryf en hulle
standpunt gestel dat apartheid nie soseer ter wille van die behoud van die wit
mense se identiteit daar is nie, maar dat dit ’n sistematiese uitbuiting van die
swart mense is (Giliomee, 2003:498). In miteskeppende taal het Malan egter sy
standpunt hieroor aan ’n Amerikaanse predikant soos volg gestel (2003:499):
(There are) two irreconcilible ways of life: between barbarism and
civilization, between overwhelming numerical odds on the one hand and
insignificant numbers on the other (my kursivering).
Hierdie standpunt dui onteenseglik op groepvorming en ’n baie sterk onderskeid
tussen “ons” (die beskaafdes) en “hulle” of ”die Ander” (die barbare).
Giliomee wys daarop dat twee uiteenlopende standpunte in werklikheid hier
gestel word: die mite (“teorie” in Giliomee se formulering) van wit
meerderwaardigheid aan die een kant en die erkenning van die wit mense se
getalle-“gebrek” (“numerical weakness”) aan die ander kant. Die geloof in die
meerderwaardigheid van die wit mens het nie ruimte gemaak vir toekomstige
onderhandeling nie, maar die probleem rondom die swart getalle-oorwig sou
moontlik in die toekoms ’n kompromis vereis.
Giliomee skets die gebeure rondom Sharpeville soos volg (2003:522):
In 1960 het die Pan African Congress (PAC) ’n kampanje teen die paswette van
die apartheidsregering geloods, wat op ’n tragiese konfrontasie by Sharpeville
aan die Oos-Rand uitgeloop het waartydens nege-en-sestig swart mense geskiet
is. Op 30 Maart het ’n jong swart man, Philip Kgosana, die streeksekretaris van
die PAC in die Wes-Kaap, ’n opmars van dertig duisend betogers na die
Parlement gelei. Albert Luthuli, leier van die ANC, het sy pasboek verbrand en
mense aangemoedig om van die werk af weg te bly. Hierdie gebeure het ’n baie
negatiewe impak op die land se ekonomie gehad. Daarbenewens is ’n
noodtoestand in die land afgekondig, en die PAC en ANC is verban. Die dag na
die verbanning is dr. Verwoerd deur ’n “geestelik versteurde” (Giliomee
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
217
2003:522) wit man, ene Pratt, in die kop geskiet en ernstig gewond.
Die interessantste opmerking uit die oogpunt van miteskepping is egter Giliomee
se verslag (op grond van ’n persoonlike onderhoud met die bekende Afrikaanse
entrepeneur, Anton Rupert, op 25 Mei 1999) oor die ontmoeting tussen Rupert
en Philip Kgosana die aand na die massa-optog (2003:522):
(Rupert) was shocked that a young man without laces in his shoes could
bring out such a multidude (my kursivering).
Vir die volgende dertig jaar was die ANC en PAC dus amptelik verbanne
organisasies, wat egter ondergronds baie bedrywig was en meegehelp het om
die land te destabiliseer en die regering te dwing op te herbesin oor wit
heerskappy en apartheid. Hierdie is dus veral die tyd wat metafories bekend
staan as die struggle-jare. Die feit dat ’n Engelse woord gebruik word, al word
daar in Afrikaans hieroor geskryf, is waarskynlik reeds bewys daarvan dat
Afrikaans as taal gely het onder die assosiasie tussen die “Afrikaanse” Nasionale
Party en apartheid.
Phosa, ná die 1994-verkiesing premier van Mpumalanga en hoof van die ANC se
regsdepartement, vertel in die inleiding tot sy digbundel (1996) dat hulle, as
ANC-lede en aktiviste, reeds voor die verkiesing “vry” was. Hierdie vryheid was
die gevolg daarvan dat hulle toe reeds daarin geslaag het om “die boodskap van
die African National Congress, dat ons moet streef na vryheid en demokrasie,
suksesvol na al die uithoeke van die land te neem.”
Die ANC het dus vanaf sy stigting vroeg in die twintigste eeu tot en met sy
verkiesingsege in 1994 dryfkrag verleen aan “swart” bewussyn en “swart”
nasionalistiese strewes in Suid-Afrika.
Die impak van Nelson Mandela op swart nasionalisme en die skep van “swart”
mites het in 1994 met sy vrylating uit die Victor Verster-gevangenis reeds oor ses
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
218
dekades heen gestrek, hoewel hy vir die grootste deel daarvan agter tralies
deurgebring het. Sy rol as mitiese figuur van bevryding en as gesant van vrede
en versoening (waarvoor hy ook saam met F.W. de Klerk die Nobelprys ontvang
het) kan nie oorskat word nie. Hy was dan ook die logiese keuse as eerste
president van die metaforiese “nuwe” Suid-Afrika. As president het mnr.
Mandela daarin geslaag om ’n versoenende houding teenoor Afrikaners te
weerspieël en veral sy goedgesindheid teenoor die taal Afrikaans te bewys.
(Soos in die “Woord vooraf” uitgewys, is dit egter nie so maklik om ’n nuwe mite
te laat posvat nie, en veral na die uittrede van Mandela as president is daar
skeptisisme onder baie Afrikaanssprekendes oor die mate waarin daar wel
goedgesindheid teenoor Afrikaans en (veral) die Afrikaners in ANC-geledere
bestaan. Dit lyk veel eerder na ’n nuwe mite wat nog nie posgevat het nie –
AMJ.)
Dit staan egter vas dat Mandela doelbewus ’n hand van versoening na die
Afrikaanse gemeenskap gereik het, onder andere deur tydens sy eerste
toespraak in die parlement Ingrid Jonker se gedig, “Die kind wat doodgeskiet is
deur soldate by Nyanga” aan te haal (wat weer bygedra het tot hernude
miteskepping rondom die digteres in so ’n mate dat daar bykans van ’n Ingrid
Jonker-kultus gepraat kan word).
Mandela as mite word onder meer verwoord in die gedig van Vincent Oliphant,
“die lang grys man”, waarvan die eerste strofe soos volg lui:
toe verskyn jy
en die stram treë van die ouderdom is die eerste teken
van ’n mite wat verander in ’n mens
en die tyd se hartklop stotter ademloos…
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
219
5.5.4 “Deur die oog van ’n naald”
Mathews Phosa se digbundel, Deur die oog van ’n naald, (1996) het groot
belangstelling in Afrikaanse geledere uitgelok, aangesien ’n swart man en ANCpolitikus dit goed gedink het om in Afrikaans te skryf. In die voorwoord tot die
digbundel, bespreek Phosa sy keuse om in Afrikaans te dig, en stel ook die
vraag wat taal in werklikheid beteken. Hy beantwoord die laaste vraag soos volg
(1996:9):
(Taal) is die wyse waarop ons aan ons intiemste gedagtes gestalte kan gee…
(Hierdie standpunt herinner aan dié van Willemse e.a. soos aangehaal in 5.4.7.
hierbo, waarvolgens daar verwys word na taal as “daardie intieme voertuig van
representasie” – AMJ.)
Andersyds is dit ook waar dat taal in essensie dikwels niks meer as ’n instrument
(’n “stuk gereedskap”) vir kommunikasie is nie. Phosa wys egter daarop dat taal
“ongelukkig ook ’n politieke instrument (is).” Ten spyte van die feit dat Afrikaans,
hoewel nie self die “sondaar” nie, die “kanaal (was) waardeur die sonde hom aan
ons opgedring het”, het hy selfs in sy “moeilikste dae” in Afrikaans gedig. Hy het
selfs as struggle-leier in Mosambiek Afrikaans aan die Portugese gedoseer.
“Swart” miteskepping is duidelik in ’n gedig met die titel “Bulala Bathakathi”
waarin die “wit mens” soos volg gestereotipeer word:
iemand klop aan die deur
’n vreemde skepsel
ag nee, ’n wit mens
lang hare
lang gemmerbaard
’n indringer in die land …
(my kursivering)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
220
(’n Vinnige berekening in verband met die siening van die wit mens as “indringer”
bring die volgende na vore: as daar vanaf 1652 gereken word, en die
gemiddelde ouderdom van ’n ouer by die geboorte van ’n oudste kind word op
ongeveer vyf-en-twintig jaar geraam, sou die afleiding kon wees dat dit ná Jan
van Riebeeck se koms nou min of meer die 14de geslag wit mense in Suid-Afrika
is. Die vraag wat dus gestel sou kon word, is of dit in dié geval geregverdig is
om nog steeds die wit mense as “indringers” te beskou. Wat egter duidelik is, is
dat – soos voorheen uitgewys is – miteskepping wat vir een groep “vals” kan lyk,
binne ’n ander groep juis as ’n “lewende mite” kan geld.)
Oor die dag waarop die “nuwe Suid-Afrika” seremonieel ingewy is, skryf Phosa
ietwat satiries:
glase rooi en wit loop oor
trane van blydskap
’n menigte omhels die oomblik
die blou-wit-groen-geel-swart-en-rooi
is gehoist
vliegtuie swaai veelkleurige sterte
dis ’n hengse okkasie
wie sou dit ooit kon droom!
die atmosfeer is bloody overwhelming
wie is die drie manne daar voor?
dis menere how-are-you, kaalkop en krompyp
hulle lyk tog so verenig
regterhand in die lug
sweer hulle voor die volk
en voor God
bedank Hom plegtig
vir die vryheidskind
regters en dominees val oor mekaar
om die baba te seën en te doop…
In dieselfde gedig (“die begin van die einde”) waarsku hy egter die nuwe leiers
om versigtig te wees vir die “soustrein” en om te onthou dat “een man se vryheid
[…] nie ’n ander se enslavement (is) nie”:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
221
kyk, swart apartheid is net so sleg
soos wit apartheid…
Wat sy siening rondom Afrikaans betref, sê Phosa (1996:14, 15):
Afrikaans is nie, noudat ons almal vry is, minder vry as Tswana of Xhosa
nie … Ek vind dit jammer dat Afrikaners nou self hulle taal op die
uitverkoping plaas … U moet mos trots wees op u taal, Afrikaans…
Op die oog af lyk hierdie woorde van ’n ANC-politikus baie gunstig vir Afrikaans
se voortgesette status onder die ANC-regering. Die feit dat mense dieselfde taal
deel (of as instrument gebruik), impliseer nie noodwendig dat hulle dieselfde
mites deel nie.
Daar is twee ander ingrypende gebeure, die een voor en die ander ná 1994, wat
albei grootliks bygedra het tot negatiewe miteskepping rondom die taal, nl. die
1976-onluste en apartheidslagoffers se verhale voor die Waarheids- en
Versoeningskommissie (1996-1998). Hierdie twee gebeure word vervolgens
kortliks bespreek.
5.5.5. Die 1976-onluste
Steyn (1980:288) gee ’n feitelike uiteensetting van die begin van die onluste in
Soweto op 16 Junie 1976. Skoolkinders het vanaf 7 vm. met plakkate van skool
tot skool begin loop, waarop slagspreuke geskryf was soos “Away with
Afrikaans”, “We are not Boers” en “Viva Azania”. Die plakkate was duidelik
gemik teen die gedwonge gebruik van Afrikaans as onderrigmedium.
Giliomee (2003:578) wys daarop dat die formele beleid van die regering op
daardie stadium was dat Afrikaans en Engels in swart hoërskole op ’n 50-50basis gebruik sou word as mediums van onderrig. Die premier, John Vorster, het
egter nie beswaar gemaak daarteen toe tuislandleiers in 1974 versoek het dat
Engels, soos in die praktyk in die tuislande die geval was, ook elders as
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
222
onderrigmedium in swart skole gebruik word nie. In 1975 aanvaar die FAK by ’n
konferensie ’n mosie waarvolgens hulle die regering versoek om Afrikaans te
bevorder en toe te sien dat die taal “sy regmatige plek” in swart en Asiër-skole
kry. Andries Treurnicht, leiers van die NP se regse vleuel, en adjunk-minister
van Bantoe-administrasie en –ontwikkeling, stel die standpunt dat die regering
kan besluit oor die medium van onderrig in swart skole binne die Republiek
omdat dié skole gesubsidieer word deur wit belastingbetalers.
Hierdie besluit oor Afrikaans was veral ongewild in Soweto, aangesien die
meeste werksgeleenthede in Johannesburg kennis van Engels vereis het.
Giliomee meen voorts dat Afrikaans op hierdie stadium reeds gesien is as “one
of the main symbols of oppression in this most politicized of all black
communities” (2003:579). Daar was egter ook ander kwessies wat meegewerk
het tot die begin van die opstande, soos onder meer werkloosheid, armoede, die
swak toestand van die swart skole, die paswette en die onsekerheid rondom die
tuislandebeleid. Die sogenaamde administrasierade in die swart woongebiede,
waarin hoofsaaklik wit mense werksaam was, was ’n verdere bron van frustrasie.
Steyn (1980:288, 289) beskryf die verloop van die eerste dag van die onluste
verder soos volg:
Die protesoptog teen die gebruik van Afrikaans as onderrigmedium vir
sommige vakke het begin by die junior hoërskool Phefeni en leerlinge van
altesaam sewe skole het teen 9 vm. aan die optog deelgeneem. In ses
van dié sewe skole was Engels die enigste voertaal; in die ander skool is
net een vak, naamlik geskiedenis, deur medium van Afrikaans aangebied.
Die kinders het naby Orlando-Wes met die polisie slaags geraak, ’n traangasbom
is tussen hulle ingeskiet en hulle het begin om klippe en bakstene te gooi. Die
polisie het geskiet en een leerling, Hector Petersen, is dood. Hierna het die
kinders motors aan die brand gesteek, biersale en so meer geplunder en twee
wit mense doodgeslaan, van wie die een, dr. Melville Edelstein, uit ’n kantoor
gesleep en met grawe doodgeslaan is. Toe sommige werkers die middag huis
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
223
toe gekom het, het hulle ook aan die onluste begin deelneem. In die
daaropvolgende konfrontasies is nog meer kinders doodgeskiet.
Volgens Steyn het die onluste in die volgende paar dae uitgebrei na ander dorpe
aan die Rand, en daarna na die res van die land, onder meer ook na die Kaap
waar die Kleurlingkinders ook begin deelneem het. Die onrus in Soweto het tot
in 1978 geduur.
Steyn maak ’n interessante afleiding oor die oorsaak vir die 1976-onluste wat
direk verband hou met miteskepping. Hy verwys naamlik na die stelling van
Mosie, in Die swerfjare van Poppie Nongena oor die oorsake vir die onluste in
die Kaap. Mosie se woorde aan Poppie lui:
Dit sal nie maklik endkry nie… Dit was nie net die Afrikaanse educationding nie. Soos die Xhosa-spreekwoord sê: bendi funa nje inyathele
ekonsini. Ek wou gehad het jy moet op my liddoring trap, daai slag as jy
op my liddoring trap, gaan ek jou slaat, nie net vir die liddoring nie, maar
vir die ou goete ook. Ek dink dis wat nou gebeur. Toe hulle vir die
education geskiet is, toe kom al die ou goed van die ouers en alles op, die
skool was net die liddoring gewees, toe word hulle nou kwaad…
Afrikaans as onderrigmedium was dus metafories gesproke die liddoring binne
die swart gemeenskap, wat al die “ou goete” – die griewe teen die Afrikaanse
regering en sy wette - tot op die spits gedryf het.
Die gevolg van die onluste was ’n verklaring binne weke na die begin daarvan
deur minister M.C. Botha dat swart skole in die toekoms self sou kon besluit oor
die voertaal of -tale by die skool. (Steyn, 1980:298). Uiteraard het die onluste en
die feit dat skoolkinders doodgeskiet is, baie negatiewe reaksie binnelands sowel
as buitelands uitgelok. Swart hoofde en akademici het toenemend vir Engels
gekies, en dit gemotiveer deurdat Engels die belangrikste taal van
werksgeleenthede in Johannesburg was. Dit was egter nie net ter wille van
werksgeleenthede wat daar vir Engels gekies is nie, maar ook omdat Afrikaans
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
224
toenemend gesien is as die taal van die verdrukker. Steyn skets die situasie in
talle skole ná 1976, waar nòg die leerlinge nòg die onderwyser Engels goed
magtig was, maar waar Engels nietemin as voertaal gebruik is.
Die navorsers van die R.A.U se Eenheid vir die Onderrig van Afrikaans
het al in Wes-Tansvaalse skole gekom waar hulle lesse deur medium van
Engels aangehoor het. Aan die einde van die les steek die kinders hulle
hande op en vra die onderwyser om asseblief die les in Afrikaans te
herhaal (1980:299).
Die slotsom is dat daar met redelike groot sekerheid beweer kan word dat
die onluste onder meer verband gehou het met miteskepping rondom
Afrikaans as die taal van die verdrukker en dat die netto resultaat daarvan
verdere negatiewe miteskepping rondom die taal en ’n ernstige inkorting
van sy funksies binne die swart (en bruin) gemeenskappe in Suid-Afrika
was.
Ook vir die bevrydingstryd het Soweto-1976 mitiese implikasies gehad. Tydens
’n herdenkingsdiens op 16 Junie 1979 in Soweto is daar geen wit joernaliste
toegelaat nie, en is eerwaarde S. Nkoena se emosionele gebed telkens
onderbreek deur die uitroep “Amandla!” (“Vryheid vir ons mense!”) (Steyn,
1980:297).
5.5.6 Die narratiewe van die apartheidslagoffers voor die WVK, en die
gepaardgaande miteskepping rondom Afrikaans/die Afrikaners
[…] by a thousand stories I was scorched … (Krog 1998:279).
Die dekade na 1994 – metafories bekend as die “nuwe Suid-Afrika” – het
vanselfsprekende implikasies ingehou vir Afrikaans en die mites rondom
Afrikaans. Daar is ná die demokratiese verkiesing en die instelling van elf
amptelike landstale onder meer beweer dat Afrikaans bevry is van die albatros
om sy nek. Die vraag is egter of hierdie “bevryding” wel in alle opsigte ’n
werklikheid geword het, veral gesien in die lig van die getuienis wat vanaf April
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
225
1996 vir twee jaar lank deur die Waarheids- en Versoeningskommissie
aangehoor is, en waarvan sommige narratiewe uiters negatief teen sommige
Afrikaners – en dus ook teen Afrikaans – gereflekteer het.
Die Waarheids- en Versoeningskommissie het in 1995 tot stand gekom deur
wetgewing wat op 19 Julie 1995 deur president Nelson Mandela onderteken is.
Ironies genoeg is die finalisering van die wetgewing deur die kernkomitee in
Afrikaans gedoen: die komitee het nl. bestaan uit die voorsitter, Johnny de
Lange, Willie Hofmeyer van die ANC, Dene Smuts van die DP, Koos van der
Merwe van die IFP, Danie Schutte van die NP en Corné Mulder van die
Vryheidsfront (Krog, 1998:10). Die joernalis van Beeld wat dié skynbare ironie
onder Antjie Krog se aandag gebring het, het bygevoeg dat diegene wat
verantwoordelik was vir die verlede, nou moet saamwerk om dit reg te stel. (Die
implikasie in hierdie geval is dus dat mense wat Afrikaans praat, die
verantwoordelikheid vir die “verlede” rondom apartheid dra – AMJ.)
In die hieropvolgende bespreking van miteskepping as deel van die WVKnarratiewe, sal daar veral op twee aspekte gefokus word, nl.
•
Die rol van stories of mites in die genoemde proses; en
•
Mites rondom Afrikaans wat in die proses ekplisiet na vore gekom het of
deur die skryfster uitgewys is.
5.5.6.1
Die verhaal as ‘waarheid”
Die bekroonde Afrikaanse digteres, Antjie Krog, is gevra om deel te word van
Pippa Green se politiekeverslagspan en later aangestel as hoof van die SABC
(SAUK) se radiospan wat die werksaamhede van die Waarheids- en
Versoeningskommissie moes weergee. Krog fokus in haar prosawerk wat uit
haar betrokkenheid by die WVK voortgevloei het, Country of my skull (1998),
grootliks op die genesende rol van stories. Hierdie faset herinner aan die siening
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
226
van Estes soos aangehaal in hoofstuk 2 van hierdie studie. Estes (1992:463)
beweer:
[…] tales are, in their oldest sense, a healing art” (my kursivering).
Hierna volg daar ’n seleksie van aanhalings uit Country of my skull waarin daar
op die een of ander manier gesinspeel word op die rol van stories en
miteskepping as hulpmiddels in die soeke na waarheid en genesing.
(Let wel: alle kursiverings in die hieropvolgende aanhalings is my eie, en het ten
doel om die rol van stories en van miteskepping uit te lig – AMJ.)
Die skryfster: If it (die Waarheids- en Versoeningskommissie – AMJ) sees
truth as the widest possible compilation of people’s perceptions, stories,
myths and experiences it will have chosen to restore memory and foster a
new humanity, and perhaps that is justice in its deepest sense… (p. 16).
’n Belangrike afleiding wat uit bostaande standpunt van die skryfster
gemaak kan word, is dat sy onder die byeenbring van die “waarheid” ook
“mites” veronderstel (“truth as the widest possible compilation of […]
myths …”) en dit dus in presies dieselfde betekenis gebruik as dié wat
deurgaans in hierdie studie geaktiveer word, nl. mite as ’n “lewende” en
“waarheidskeppende” krag, en nie as ’n onwaarheid nie.
Die skryfster: Beloved, do not die. Do not dare die! I, the survivor, I wrap
you in words so that the future inherits you. I snatch you from the death of
forgetfulness. I tell your story, complete your ending … (p. 27).
Die skryfster: Now to seeing, speaking is added and the eye plunges into
the mouth. Present at the birth of this country’s language itself. And it
wipes us out. Like a fire. Or a flood… (p. 29).
Mnr. Sikwepere: I feel what – what has brought my sight back, my
eyesight back is to come here and tell the story (p. 31).
Die skryfster: Meanwhile the news bulletins keep flowing through. Stories,
complete stories with beginnings, middles and ends, are told for the first
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
227
time over the news… The voice of an ordinary cleaning woman is the
headline of the one o’ clock news… (pp. 31, 32).
Die skryfster: “I’m going to take the tale of Nomonde Calata and make a
comic out of it,” says my friend Professor Kondlo, the Xhosa intellectual
form Grahamstown … “In the one frame I will write: Male Storyteller
(Historian)… Frame two will have the caption: Female Storyteller
(Socializer of Children)… (p. 37). 5
Die skryfster se swart kollega, Mondli: Reconciliation and amnesty I don’t
find important. That people are able to tell their stories – that’s the
important thing (p. 45).
Mark (Yassir) Henry: I tell this in order to have some kind of continuing
and I hope that by telling it I may wake up from this nightmare that I’ve
lived ever since 16 November 1989 (p. 52).
Die skryfster: Hechter and Van Vuuren each told their own story today.
And their stories became part of a whole circuit of narratives: township
stories, literature, Truth Commission testimonies, newspaper reports…
The murder was the clay. The political climate, the amnesty conditions,
the presence of Tshidiso Mutase and his grandmother, the lawyers – all
these were the hands forming the clay… (p. 84, 85).
Die skryfster: … the hearings are primarily for people who have no other
forums in which to tell their stories… (p. 115).
Nog baie meer voorbeelde uit die betrokke teks sou aangehaal kon word, maar
die bostaande seleksie behoort genoegsaam te wees om afdoende te bewys dat
die oorvertel van stories – en dus miteskepping – ’n sentrale rol in die
werksaamhede van die Waarheids- en Versoeningskommissie gespeel het
5
Vergelyk in hierdie verband die uiteensetting van Hofmeyer (1993:9) rondom mondelinge
historiese narratiewe binne ’n Ndebele-Sotho stam naby Potgietersrus in die Noordelike
Provinsie: “… female storytelling was associated with the hut area, while male storytelling found
its performance venue in the courtyards…” en “… women tended to tell fictional stories, while
men told historical stories…”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
228
5.5.6.2
Miteskepping in die WVK-narratiewe rondom Afrikaans/die
Afrikaners
Daar is reeds hierbo verwys na die opmerking van ’n joernalis van Beeld teenoor
Antjie Krog dat die kernkomitee wat die wetgewing rondom die WVK gefinaliseer
het, Afrikaans gepraat het:
“I like it,” he says, “those responsible for the past working to rectify it”
(Krog, 1998:10).
Krog wys daarop dat die bespreking van die wetsontwerp in die Nasionale
Vergadering mense voer tot “oratorical heights” en skets die gebeure verder soos
volg (p.9):
Everybody has a story to tell – from Members of Parliament whose houses
were petrol bombed, to friends’ children whose fingers were put in a coffee
grinder, to criminals already walking the streets while right-wingers
languish in jail. Most of the speeches are in Afrikaans. It is with this
group, in this language that they want to wrestle it ou. (my kursivering).
In haar besinning oor “waarheid” binne die konteks van die WVK se
werksaamhede vertel Krog ’n anekdote uit haar eie loopbaan as dosent aan ’n
opleidingskollege vir swart onderwysers. ’n Jong swart man het geweier om in
die Afrikaansklas in te kom, aangesien Afrikaans volgens hom ’n koloniale taal is.
Toe sy wou weet wat Engels dan is, was sy antwoord dat Engels “gebore” is in
die sentrum van Afrika en deur Umkhonto we Sizwe na Suid-Afrika toe gebring is
(my kursivering).
Krog se kommentaar hierop is (1998:16):
That was his truth. And I, as his teacher, had to deal with this truth that
was shaping his life, his viewpoints, his actions.
In baie van die slagoffers se narratiewe word daar ekplisiet genoem dat die
mense wat hulle onmenslik behandel het, Afrikaans gepraat het. In sommige
gevalle word die Afrikaanse woorde aangehaal. Hier volg enkele voorbeelde:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
229
Ongespesifiseerde vroulike slagoffer: I was trying to see my child. Just
when he was about to open the police van at the back, I heard a voice
shouting, saying: “No, don’t show her anything – hou die meid daar weg!”
(p. 27).
Mnr. Sikwepere: This white man said this in Afrikaans – “You are going to
get eventually what you are looking for. And I am going to shoot you.” I
was shocked at what the white man said to me. He said in Afrikaans, “Ek
gaan jou kry” (p. 30).
Nomonde Calata (weduwee van een van die sogenaamde “Cradock
Four”, Fort Nomonde): In their search, Mr Venter he asked me: “Where’s
your husband? […] He was asking this in Afrikaans. “Jy moet vir jou man
sê, hy kan maar wegkruip en jy kan hom maar wegsteek, die dag as ons
hom kry … dan sal hy kak” (p. 39).
Later in haar vertelling noem Nomonde dat haar man een aand van ’n UDFvergadering af teruggekom het en vir haar vertel het hoedat hy en Matthew
Goniwe ’n paar uur lank in Port Elizabeth aangehou is. Een van die
teenwoordiges by die ondervraging het vir die luitenant gevra: “Luitenant, moet
ons dit nou doen?” waarop laasgenoemde geantwoord het: “Dis nog nie die regte
tyd nie.”
Nomonde skets voorts hoedat ene Roy (Matthew Goniwe se jonger broer?) vir
haar kom vertel het dat die polisie hom en Matthew voorgekeer het en vir
Matthew gevra het: “Mattewis, waar is Meraai?” (Die verwysing is na Fort
Calata, sy politieke vennoot – AMJ.) Uit die antwoord van Goniwe wat Roy ook
aan Nomonde deurgee, is dit duidelik dat hy nie verstaan waarna die polisieman
verwys nie. Krog tree hier - soos op baie ander plekke in die teks - self die
narratief binne met die opmerking (p. 40):
But the space that haunts me is the space of Afrikaans literature that now
enters the narrative.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
230
Die skryfster verduidelik dan vir haar “gehoor”, wat nie in die eerste plek
Afrikaanssprekend hoef te wees nie, dat Mattewis en Meraai ’n baie bekende
huwelikspaar in die Afrikaanse letterkunde is, twee goeie, sout-van-die-aarde
mense. Hulle is in die vyftigerjare deur die skrywer Mikro geskep. Wat uniek
omtrent Mikro se vertelling rondom Gonnakolk en Mattewis en Meraai is, is dat
hy op daardie stadium die eerste Afrikaanse skrywer was wat gebruik gemaak
het van ’n verteller wat direk met die leser gekommunikeer het.
As interpreter and guide […] the narrator becomes an organic necessity in
the story of Mattewis and Meraai, and his presence emphasizes the fact
that we are dealing with constructed realities (wat dus weer verband hou
met miteskepping – AMJ), with fictions…
In gesprek met professor Kondlo oor bogenoemde gebeure stel Krog die vraag
waarom die polisieman, wat sekerlik kennis gedra het van die verhaal van
Mattewis en Meraai, iemand wat hy beskou as ’n bedreiging vir sy eie
voortbestaan, ’n opsweper, agitator en terroris, die naam sou gee van “the
prototypical, hard-working, religious, decent Afrikaner” (p. 41). (Myns insiens is
die eerste voor die hand liggende rede die verwantskap en vrye assosiasie
tussen die twee se name: Matthew (Goniwe) en Mattewis – AMJ.)
Kondlo se verklaring is onder meer die volgende (p. 41):
The episode can be read on so many levels. You could say this cop feels
he is protecting Mattewis and Meraai. That is what his job is all about. I
am going to kill you because I am Mattewis, I am the salt of the earth and I
protect Christianity… But then he is also making fun of Goniwe –
denigrating him by using an image and a language he may have trouble
understanding… (my kursivering).
(Dit beteken dat die taal, Afrikaans, hier op meer as een vlak as “verdrukker”
geld, omdat dit gebruik word om iemand te intimideer deur die gebruik van ’n –
vir hom – onbekende taal – AMJ.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
231
Die afleiding uit die bostaande diskoerse is voor die hand liggend: die taal waarin
en waarmee swart mense in die tydperk waaroor hier verhaal word (hoofsaaklik
die tagtigerjare) gestroop is van hulle waardigheid en ontneem is van hulle
dierbares, was Afrikaans. En die digteres, ’n Afrikaner van geboorte en volgens
haar eie getuienis (1998:99) “brought up with what is the best and the proudest in
the Afrikaner” beskryf haarself as “sonder woorde en verlore” (“wordless, lost”)
by die aanhoor van die slagoffers se verhale en die Afrikaanse vanne wat die
een na die ander van hulle lippe afrol (1998:44). Na aan die einde van die boek
(p. 238) vra sy die vraag:
How do I live with the fact that all the words used to humiliate, all the
orders given to kill, belonged to the language of my heart? (my
kursivering).
Dit is daarom nie verbasend nie dat sy haar boek opdra aan “every victim who
had an Afrikaner surname on her lips.”
Die werksaamhede van die Waarheids- en Versoeningskommissie het oor ’n
baie langer tydperk gestrek as wat aanvanklik verwag is, en die finale woord
daaroor was nog nie gespreek met die ter perse gaan van Country of my skull
nie.
As this book goes to print, the jury is still out as to whether the Truth
Commission has been successful as an agent of reconciliation and
reparation. And South Africans are discovering that the relationship
between truth and reconciliation is far more complex than they ever
imagined.
(Die laaste opmerking dui myns insiens weer op die feit dat die mite van “maklike
versoening” nog nie werklik “lewend” geword het nie – AMJ.)
Die slotsom is dus dat die waarheid nie, soos in Bybelse terme die geval is, in
hierdie geval volkome “vry maak” nie. Inteendeel, wat swart miteskepping
rondom Afrikaans in die lig van die WVK-narratiewe betref, lyk dit eerder asof
daar die moontlikheid bestaan dat Afrikaans die prys sal wees wat die Afrikaner
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
232
vir apartheid sal moet betaal. (Vgl. die aanhaling van Krog in die aanhef rondom
“swart” miteskepping hierbo (5.5).)
5.6
Samevatting
In hierdie hoofstuk is ’n oorsig gegee oor die mite “Afrikaans,
verdrukkerstaal”. Die betrokke mite is veral as “lewende mite” binne die bruin
en swart gemeenskappe in Suid-Afrika geskep, hoewel daar baie wit mense –
onder wie ook Afrikaners – was wat meegehelp het met die formulering van die
mite van “verdrukking” en “struggle” of “bevryding”.
Generiese aspekte wat bespreek is, is:
•
Die aanloop tot die mite (in die eerste jare na 1652);
•
Die slawekwessie aan die Kaap;
•
Die vestiging van die mite van wit dominansie in die 18de en 19de eeue;
•
Die “soeke na ’n witmansland” ná die Anglo-Boereoorlog;
•
Die vestiging van die mite van Afrikaner-eksklusiwiteit en die Afrikanerburgerlike godsdiens in die dekades voor 1948; en
•
Die institusionalisering van Apartheid (1948 en daarna).
Vervolgens is daar na spesifieke “bruin” mites gekyk, waaronder:
•
Die herkoms van die bruin mense in Suid-Afrika (soos onder meer in
mities-gelaaide taal verwoord deur Patrick Petersen in sy gedig
“komvandaan”);
•
Die status van bruin mense in die vroeë Kaapse geskiedenis;
•
Die impak van hierdie groep op Afrikaans as geskrewe taal in die
negentiende eeu;
•
Die bruin mense se “natuurlike verhouding” met Afrikaans (Gerwel, 1975);
•
Die invloed van die Britte op “bruin” mites voor 1948;
•
“Bruin” miteskepping in die apartheidsjare:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
233
o
die eerste dekades ná 1948;
o in die sewentigerjare;
o in die tagtigerjare;
o in die negentigerjare (in Small se woorde ná “nineteen-ninety-four,
daai djaar van waterskeiding vi’ ons land”); en
o Afrikaans as “bevrydingstaal”.
In die laaste deel van die hoofstuk is aandag gegee aan “swart” miteskepping
rondom Afrikaans as verdrukkerstaal. (Daar is daarop gewys dat “swart” in
hierdie geval dikwels ook “bruin” insluit.) Die kwessies waaraan spesifiek
aandag gegee is, is:
•
Die verhouding tussen swart mense en Afrikaans voor 1948;
•
Die ontwaking van “swart bewussyn” en die stigting en impak van die ANC
en PAC;
•
Die impak van die 1976-onluste waarin spesifiek teen Afrikaans as
onderrigmedium betoog is;
•
Die miteskeppende rol van Nelson Mandela (in die woorde van Vincent
Oliphant “die mite wat ’n mens word…”);
•
President Mandela se verwysing in sy eerste parlementêre toespraak na
“Die Kind” van Ingrid Jonker;
•
Die mitebevestigende rol van die swart Afrikaanse digter en ANC-politikus,
Mathews Phosa (in Deur die oog van ’n naald); en
•
Die narratiewe voor die Waarheids- en Versoeningskommissie, soos
beskryf in Antjie Krog se Country of my skull (1998) met spesifieke
verwysing na die impak hiervan op Afrikaans.
In teenstelling met die mite van Afrikaans en die Afrikaners wat in die vorige
hoofstuk bespreek is, is die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal ’n negatiewe
mite op grond van die moontlike negatiewe impak daarvan op die
voortgesette rol van Afrikaans in die land.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
234
Dit moet duidelik gestel word dat hierdie slotsom nie beteken dat die “bruin” en
“swart” mites wat in hierdie hoofstuk beskryf is as sodanig as negatief of vals
beskou word nie. Hierdie mites is inderdaad “lewende” en rigtinggewende mites
vir die mense wat hulle eie identiteit in terme daarvan moes definieer. Die vraag
is egter uiteindelik of daar dalk ’n profetiese waarheid geleë is in Krog se
uitspraak in Country of my skull (1998:99):
It has been stated openly that Afrikaans is the price that Afrikaners will
have to pay for Apartheid (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
235
HOOFSTUK 6: DIE NEERSLAG VAN DIE MITES
“Dis nie die storie wat jy ons vantevore vertel het oor hoe jou mense hier gekom
het nie, “ maak Katja beswaar. “Oor die twee broers by die groot boom.” Kahapa
haal sy skouers in die donker op. “Ons het baie stories,” sê hy. “En al die stories
is waar. Jy moet net reg leer luister …” (Brink 2002: 202) (my kursivering).
I am busy with the truth … my truth. Of course, it’s quilted together from
hundreds of stories that we’ve experienced or heard about in the past two years.
Seen from my perspective, shaped by my state of mind at the time and now also
by the audience I’m telling the story to. In every story there is hearsay, there is
grouping together of things that didn’t necessarily happen together, there are
assumptions, there are exaggerations […], there is downplaying … And all of this
makes up the whole country’s truth (Krog 1998:170,171) (my kursivering).
en
We make sense of things by fitting them into stories… Nations tell stories of their
past in terms of which they try to shape their futures (1998:196).
***************************************
Drie outas het in die haai Karoo
die ster gesien en die engel geglo
hul kieries en drie bondels gevat
en aangestryk met die jakkalspad
al agter die ding wat skuiwend skyn
op ’n plakkie, ’n klip, ’n syferfontein
oor die sink en die dak van Distrik Ses
waar ’n kersie brand in ’n stukkende fles
en daar tussen esels en makriel
die krip gesien en neergekniel
hul skaapvet, eiers en biltong
nederig gelê voor God se klong
en die Here gedank in sang en gebed
vir ’n kindjie wat ook dié volk sou red
oor die hele affêre het uit die hoek
’n broeis bantam agterdogtig gekloek.
(“Kersliedjie”, Opperman, 1952)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
236
6.1 Inleiding en doelstelling met die hoofstuk
In die vorige twee hoofstukke is daar gekyk na die twee belangrikste – en
grootliks opponerende - mites rondom Afrikaans naamlik:
•
“Afrikaans, taal van die Afrikaner” soos vergestalt binne die konteks van
Afrikanernasionalisme in veral die eerste vyftig jaar van die vorige eeu; en
•
“Afrikaans, verdrukkerstaal”, soos gemanifesteer in veral die tydperk van
geïnstitusionaliseerde Apartheid (1948-1994).
Samehangend met hierdie twee “hoof”-mites, is daar ook ander mites uitgewys,
byvoorbeeld die mite van wit dominansie, en daarteenoor die mite van swart
bewussyn, miteskepping as komponent van die Afrikaner- “burgerlike godsdiens”
en die mite van die “nuwe Suid-Afrika”, om maar enkeles te noem.
Daar is in hoofstuk 3 gewys op die groot impak van politieke miteskepping, en
veral van wat Thompson (1985) noem “radikale mites” of mites wat ten doel het
om die “vyand” se regime te ontmasker of te demoniseer. In dié proses vind daar
dan waarskynlik aanvanklik ’n ontmitologisering plaas van bepaalde mites wat
vals bewys wil word, en terselfdertyd nuwe miteskepping of ’n proses van “her”mitologisering. Die uitgangpunt van hierdie proefskrif is egter dat “lewende”
mites nie sonder meer uitgewis kan word uit ’n groep se kollektiewe geheue nie,
omdat hulle met singewing saamhang, en dat nuwe mites dus nie as’t ware
oornag “geskep” kan word om die ou mites te vervang nie. Die nuwe mites sal
nie ’n “tydlose waarheidskwaliteit” bevat nie.
Die proses van miteskepping word ook nie in die eerste plek deur politieke
miteskeppers daargestel nie. Inteendeel, mites word veral oorgedra deur
gewone mense in hulle gesprekke met hulle kinders, familie, vriende en kollegas.
Vergelyk in hierdie verband die uitspraak van Samuel & Thompson (1990:14,15)
soos aangehaal in hoofstuk 2:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
237
[…] the most powerful myths are those which influence what people think
and do: which are internalized, in their ways of thinking, and which they
pass subconsciously to their children and kin, their neighbours, workmates
and colleagues as part of the personal stories which are the currency of
such relationships (my kursivering).
Dr. Chris Jordaan (wat nagraadse opleiding in die bestuurswese het en die
afgelope jare betrokke was by landswye en Afrika-projekte met as fokus onder
meer transformasiebestuur en die vorming en oriëntering van bestuurspanne vir
nuwe implementerings) het vir my die volgende waardevolle bydrae rondom sy
persepsie van die totstandkoming van groepsmites op skrif gestel:
Die mens as indiwidu maar ook in wisselwerking met ander mense en
groepe het ’n inherente en soms onbewustelike dryfveer om voortbestaan
– oorlewing – maar ook uitlewing (dus binne hierdie diskoers ook:
singewing – AMJ) te verseker. Oorlewing hou verband met die verkryging
van persoonlike lewensmiddele en die fisiese voortbestaan van groepe,
terwyl uitlewing handel oor “hoër” geestelike of kunssinnige
verwesenliking. Dié gedrewenheid noop indiwidue en groepe om die
dinamika en werklikhede van die omgewing vir hulself verstaanbaar te
formuleer en sodoende ontstaan mites, wat verband hou met oorlewing en
uitlewing. Mites binne kultuurgroepe het ook bepaalde inherente
gemeenskaplikhede. Alhoewel die proses van mitevorming in
kultuurgroepe dieselfde meganismes mag hê, kan die wesenlike inhoude
daarvan verskil. Mites van ’n bepaalde kultuurgroep verteenwoordig
elemente van wat die betrokke groep bewustelik of onbewustelik as
bedreiging binne die konteks van hulle belewing van die eie werklikheid
ervaar. Hierdie bedreigings kan werklik of gewaan wees.
Uiteenlopende en selfs kontrasterende mites van verskillende groepe kan
verklaar word deur die inherente verskille in die kultuurelemente en karakteristieke van die groepe asook die waardestelle wat die
kultuurelemente verteenwoordig. Laasgenoemde (die waardestelle)
handel onder meer oor aspekte soos eiendomsbesit en –reg, die
“waarheid” gebaseeer op feitelikheid asook op voorstellings van die
“waarheid”, geloof in hoër wesens en oorspronge (sien die
“ontstaansmites” waarna Thompson onder meer verwys – AMJ),
verhoudings tussen geslagte, famililielede ens., asook gesagaanvaarding
en die verhouding met dominante rolspelers. Daar vind ook miteskepping
oor mekaar (“die ander” – AMJ) plaas wat weer lei tot verdere
miteskepping binne die eie groep. Die genoemde miteskepping beïnvloed
die beplanning en optrede van groepe met die oog op die strukturering
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
238
van die omgewing waarbinne hulle voortbestaan (oorlewing) en realisasie
(uitlewing) moet plaasvind.
Tot sover Chris Jordaan. Die afleiding is dus dat miteskepping tot ’n groot mate
verband hou met die drang om voort te bestaan as indiwidu en as groep en om
jouself en jou groep ook kultureel uit te leef. Binne ’n kultureel-diverse omgewing
soos dié van Suid-Afrika (vgl. die uitspraak van Woshinsky,1995:55, soos
aangehaal in hoofstuk 3 rondom’n heterogeen-aktiewe kultuur – “we find in
heterogeneous-active culture a basic disunity exacerbated by a series of
profound divisions”) kan die persepsie ontstaan dat die ander groepe ’n
bedreiging inhou vir hierdie voortbestaan en uitlewing. Die ervaring van die
bedreigings kan lei tot doelbewuste miteskepping deur groepe en hulle
“woordvoerders” soos wat in hoofstuk 3 rondom politieke miteskepping uitgespel
word. Andersyds weer kan die ervaring van die bedreigings meer subjektief en
persoonlik wees en die proses van miteskepping tot ’n mate onbewustelik
geskied.
Wat egter wel waar is, is dat beide hierdie prosesse – doelbewuste politieke
miteskepping, maar ook (gedeeltelik) onbewuste private miteskepping – neerslag
vind in verskillende sisteme van die gemeenskap waarbinne die miteskepping
aan die werk is.
Die doel van hierdie hoofstuk is dan om ’n oorsig te gee oor die neerslag van die
voorafgaande mites (soos bespreek in hoofstukke 4 en 5) in bepaalde sisteme
van die Afrikaanse werklikheid. Terselfdertyd sal daar ook gevalle uitgewys word
waar daar binne dieselfde sisteme pogings was om die betrokke mites as ’t ware
ongeldig te verklaar deur hulle te ontmitologiseer of dan ten minste te
hermitologiseer.
Die proses van “ont”- en “hermitologisering” is terloops nie vreemd aan die
moderne literatuur- en kultuurwetenskap nie. In ’n artikel in Literator van April
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
239
2003 verduidelik die literatuurwetenskaplike, Marcel Janssens, hierdie verskynsel
soos volg (p. 145):
In de hedendaagse cultuur is het begrip “mythe” onderhevig aan grondige
mutasies, zowel in de kennis- als in de waardensfeer. Overal doet zich
een tendens van ont-mythologisering voor… De laatste tijd constanteren
wij een tendens van “her-mythologisering” van ons denken in een “postmetafysich” tijdperk.
Dit moet baie duidelik gestel word dat die oorsig oor die “neerslag van die mites”
nie die belangrikste fokus van hierdie studie is nie, en dat daar by die keuse van
voorbeeldmateriaal slegs eksemplaries gewerk word. ’n Seleksie is dus uit
verskeie moontlike bronne gemaak om die impak van miteskepping te illustreer,
sonder dat ’n in-diepte-studie van die betrokke bron die oogmerk was. (Dit sou
bv. moontlik wees om ’n volledige studie aan te pak oor die neerslag van die mite
van Afrikaans en Apartheid deur slegs een letterkundige teks te ontleed en die
mitiese elemente daarin uit te wys, byvoorbeeld Kennis van die aand of Die
swerfjare van Poppie Nongena.)
Daar word ook gewys op die feit dat miteskepping binne die “politieke sisteme”
van die land nie deel sal uitmaak van hierdie hoofstuk nie. Die rede hiervoor is
voor die hand liggend. Die bespreking rondom Afrikaans en
Afrikanernasionalisme in hoofstuk 4 en dié rondom Afrikaans en Apartheid in
hoofstuk 5 is nie los te dink van die politieke gebeure en strukture van die
tydperke onder bespreking nie. Die neerslag van die mites rondom Afrikaans
binne die Suid-Afrikaanse politiek van (veral) die twintigste eeu, is dus reeds
deeglik verreken.
In hierdie hoofstuk word aandag gegee aan die neerslag van die mites rondom
Afrikaans ten opsigte van die volgende sisteme/gebeure:
•
Die historiografie van Afrikaans;
•
Die onderwyssisteem en –sillabusse;
•
Die Afrikaanse letterkunde; en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
240
•
Die polemiek rondom “Kersliedjie” van D.J. Opperman.
’n Dieptestudie word nie beoog nie, maar slegs ’n oorsigtelike beeld met die doel
om te wys hoe wyd die impak van die mites rondom Afrikaans was, en hoe
die neerslag van die mites as ’t ware self weer miteskeppend gewerk het.
6.2 Die Afrikaanse historiografie
Die wordingsgeskiedenis van Afrikaans (dit wil sê geskiedskrywing rondom die
korpusontwikkeling van die taal) en geskiedskrywing oor die taalpolitieke verlede
van Afrikaans (d.w.s. rondom die statusontwikkeling van die taal) is onderwerpe
waaroor historiograwe al etlike boeke volgeskryf het. Uiteraard is daar gepoog
om die die onderwerp objektief/wetenskaplik aan te pak en is bestaande teorieë
soos bv. teorieë oor taalverandering of andersyds weer die intertaalteorie as
uitgangspunte gebruik. Daar is egter ook by historiogawe wat die geskiedenis
van Afrikaans beskryf, soms tekens te bespeur daarvan dat hulle vertroud is met,
of beïnvloed word deur, die mites wat daar rondom die taal bestaan het of nog
bestaan.
In Die Afrikaner en sy Taal 1806 – 1875 (waarvan die eerste uitgawe reeds in
1939 by Nasionale Pers verskyn het) beskryf J. du P. Scholtz die pogings in die
19de eeu om ná die tweede Britse besetting van die Kaapkolonie in 1806 en die
invoer van Britse setlaars in 1820 “Hollands-Afrikaans” aan die Kaap te laat
voortbestaan. Voor in die spesiale herdruk van dié werk in 1964 deur Nasou
staan daar die mities-gelaaide opdrag: “aan die nagedagtenis van almal wat hul
in die jare 1806-1875 vir die behoud van die Hollands-Afrikaanse taal en kultuur
aan die Kaap beywer het.” (my kursivering).
Enkele opvallende aspekte in verband met bogenoemde is die volgende:
•
deurdat die “nagedagtenis” van die taal-“beyweraars” gehuldig word,
neem hulle min of meer die gedaante van “helde” aan;
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
241
•
de skrywer skep die persepsie dat Hollands en Afrikaans in die genoemde
tydperk saam in die “taalstryd” teen Engels gestaan het en nie in
opposisie tot mekaar nie;
•
die verband tussen “taal en kultuur” word eksplisiet verwoord;
•
die afsnypunt as 1875, die jaar van die stigting van die G.R.A., dui daarop
dat dié jaar deur die historiograaf as betekenisvol beskou word en
ondersteun dus die miteskepping rondom 1875.
Dit is nie vir die doel van hierdie bespreking nodig om in te gaan op die skrywer
se uiteensetting van die verset oor dekades heen in die loop van die negentiende
eeu teen die verengelsingsbeleid aan die Kaap na die Britse besetting en die
verdringing van Hollands as kultuurtaal nie. Wat belangrik is, is dat sy
bespreking eindig met die stigting van die G.R.A. as “mitiese” oomblik vir die
begin van Afrikaans as kultuurtaal. Voor hierdie datum is “Afrikaans […] by
uitstek as die taal van die laer klasse in die maatskappy beskou. (Scholtz,
1964:169).
Oor miteskepping in die Afrikaanse historiografie rondom die G.R.A. en die
eerste “vrome taalstryders” is daar redelik breedvoerig verslag gedoen in
hoofstuk 4. Daar is byvoorbeeld daarop gewys dat Nienaber & Nienaber in hulle
historiografiese werk, Die opkoms van Afrikaans as kultuurtaal, in miteskeppende
frases verwys na dr. Arnoldus Pannevis (1838-1884) en C.P. Hoogenhout (18431922). Van Pannevis word byvoorbeeld beweer dat hy ’n “groot kenner” was van
die klassieke en van verskeie Europese tale en dat S.J. du Toit hom sou “geroem
het as die grootste taalkundige wat Suid-Afrika gehad het.” Hoogenhout weer
het reeds as jong man bewys gebring van sy “geloof in en entoesiasme vir die
jong Boeretaal” (Nienaber & Nienaber, 1985: 20-21).
Wat insiggewend omtrent die teks van die Nienabers is, is die subteks, naamlik
dat dit “’n Oorsig (is) van die Geskiedenis van die Afrikaanse Beweging, opgestel
volgens die leerplanne van die verskillende Provinsies.” Die afleiding is dus dat
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
242
die boek vir Afrikaanse skoliere voorgeskryf is, en dat dit in dié opsig ongetwyfeld
miteskeppend meegewerk het. Dit kan onder meer bevestig word deur die
verbande wat die skrywers lê tussen die betrokke taalbeweging en die groeiende
vaderlandsliefde by sy aanhangers :
Dit (die taalbeweging van die G.R.A. – AMJ) groepeer die regte
Afrikaners, die Patriotte of ware vaderlanders, saam in ’n verenigde
strewe ten behoewe van die eie taal, nasie en land (1958:28) (my
kursivering).
Teenoor die miteskepping met betrekking tot die G.R.A. se rol, is daar ook
historiograwe wat verwys na pogings om die Nederlandse taal te laat “herleef” op
Suid-Afrikaanse bodem selfs ná die stigting van die G.R.A. In die 1945-jaarboek
van die Afrikaanse Skrywerskring is daar byvoorbeeld ’n artikel van Jan Ploeger
van die Universiteit van Pretoria in dié verband. Ploeger vertel van die groot
aantal Nederlanders wat in die laaste twee dekades voor die Anglo-Boereoorlog
na Transvaal toe “verhuis” het, onder meer as gevolg van die “groot voorliefde
wat president Kruger vir bekwame Nederlanders aan die dag gelê het en die
werksaamhede van die Nederlands Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy”
(Ploeger, 1945:31). Volgens Christo van Rensburg het hierdie Nederlanders in
“Klein Amsterdam” (die huidige Sunnyside) kom woon.
Hierdie Nederlanders stig onder meer die sogenaamde “rederykerskamer”,
“Onze Taal”, in Pretoria. Aan die einde van 1893 was daar glo 150 betalende
lede van hierdie vereniging. ’n Nederlandse drama, De Buren, van Justus van
Mourik, is in Februarie 1892 in die President Teater opgevoer. Teenoor hierdie
pogings om Nederlands te bevorder (hoewel dié taal in elk geval die ampstaal in
die Transvaal was - AMJ), staan die enigsins siniese opmerking van ’n
verslaggewer van die Transvaal Advertiser (wie se taalvoorkeur mens sou kon
raai), wat geoordeel het dat die spelers se taal baie te wense oorgelaat het. In
wat myns insiens sou kon geld as ’n doelbewuste poging om die “Nederlandse”
poging te ontmitologiseer, beweer die verslaggewer:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
243
In point of fact, but for the language one might have thought the
performance was by French rather than by Dutch amateurs” (Ploeger
1945:31).
Ploeger (1945:32,33) haal voorts ook gedigte aan wat deur lede van “Onze Taal”
geskryf is, en waarin die miteskeppende klanke baie duidelik opklink.
Enkele frases van “die heer H.J.L. Th. Roorda” se gedig lui:
Waak op, waak op, o moedertaal!
Waak op! Wij roepen U ten strijde.
Herover weer Uw oud gebied
Op Afrikaansche grond…
In dié van “die heer Th. Kroon” word onbeskaamd miteskeppend na die “helde” in
die “Suid-Afrika-geskiedenis” van die “Hollandstaal” verwys, en na dié taal se
“mitiese gawe” om die vyand te stuit:
Als Hollandstaal zoo moedig werd geuit
Door Tromp, De Ruyter – viel die vyand neder
Bij ‘t hooren van die taal, door heldemoed geuit
Doch ook op ‘t oorlogsveld is deze taal zoo krachtig,
Zij baard’ den vyand schrik, wanneer ze werd gehoord.
Pretori us, Potgieter zie ze machtig
Zoodra die dierb’re taal des vijands oor doorboord’,
En klonk ook niet deez’ taal nu twalef jaar geleden
Den Brit in ‘t oor, op Amajuba’s top?
Toen werd tot God in onze taal gebeden
En in die taal nam Hij de bede op…”
Die bostaande frases dui voorwaar op ’n wonderlike vermoë wat aan ’n
spesifieke menslike taal toegeskryf word: dit laat die vyand “neerval”, “deurboor”
hulle ore en gee krag aan die Voortrekkerleiers (Pretorius en Potgieter) op die
“oorlogsveld”. Die implikasie van die laaste twee reëls hierbo is boonop dat God
hulle gebede in die stryd teen die Britte op Amajuba verhoor het omdat daar in
Hollands gebid is. (Dit maak die staaltjie amper geloofwaardig van die ou Boer
wat gekant was teen die Bybelvertaling in Afrikaans omdat hy beweer het: “As
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
244
Hoog-Hollands goed genoeg was vir die Here, is dit goed genoeg vir my!” –
AMJ.)
Ploeger sluit sy artikel af deur te noem dat die laaste betalings van “Onze Taal”
in 1912 gedoen is. Die rede vir die “onvermydelike” ondergang van die
Nederlandse rederijkerskamer in Pretoria, meen hy, was die feit dat “’n (n)uwe
tyd, met as strewe die verheffing van Afrikaans, […] sy intrede gedoen (het).”
(1945:36).
’n Belangrike afleiding van bostaande gebeure is dat miteskepping alleen nie
genoegsaam is om die voortbestaan van ’n taal teen ander kragte van die
geskiedenis te beskerm nie. Die miteskeppers rondom die voortgesette rol van
Hollands in die Transvaalse republiek teen die einde van die negentiende eeu,
het, metafories gesproke, die sluise van die retoriek wyd oopgemaak. Daar was
egter ander sterker kragte werksaam, waarvan die opkomende
Afrikanernasionalisme na die oorlog (sien weer hoofstuk 4) ’n belangrike een
was. In die woorde van Van Wyk Louw op ’n baie later stadium (1977:63,64)
was die taal (in hierdie geval Hollands op Suid-Afrikaanse bodem) nie meer die
“draer van die reële en vitale behoeftes van groot groepe […] nie.” Hierdie
funksie is toe deur Afrikaans oorgeneem.
Teenoor miteskepping in die historiografie rondom die G.R.A., is daar ander
standpunte wat hierdie mites “ont”- of “her”-mitologiseer.
In hoofstuk 5 (5.4.3.1) is daar gewys op inligting wat deur Achmat Davids (1987:
46,47) aan die orde gestel is rondom die eerste geskrewe tekste in Afrikaans,
naamlik Arabies-Afrikaanse Moesliem-“koples”-boeke met godsdienstige
voorskrifte, waarvan die vroegste terugdateer na 1845. Daar is voorts gewys op
Davids se vermelding van:
•
die eerste amptelike Arabies-Afrikaanse publikasie, die Gabomatliem,
(wat ses jaar voor die bekende Zamenspraak tusschen Klaas
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
245
Waarzegger en Jan Twijfelaar (L.H. Meurant) in 1860 verskyn het – AMJ);
en
•
die Bayan nud din, ’n godsdienstige handleiding van 354 bladsye, in
Arabies-Afrikaans geskryf deur die Turkse geleerde, Abubakr Effendi ,
wat in 1862 as geestelike Moslemleier na die Kaap toe gekom het.
Volgens Davids kan die Bayan nud din beskou word as die omvangrykste
boek wat in die vroeë geskiedenis van Afrikaans geskryf is. (Davids,
1987:48-49).
Die bostaande inligting rondom die Gabomatlien maak die stelling van Nienaber
& Nienaber (1958:17) rondom die “Zamenspraak”, naamlik dat dit “die eerste
boek in ons taal (is)”, ongeldig en bring ’n hermitologisering van dié gegewe tot
stand. Die afleiding in hoofstuk 5 is dat die (bruin) Moesliemgemeenskap in die
negentiende-eeuse Kaap ’n veel groter impak op die ontwikkelingsgeskiedenis
van Afrikaans as kultuurtaal gehad het as wat die mite rondom Afrikaans en die
Afrikaner veronderstel.
Du Plessis (1986) lewer kritiek op die voorheen onbetwiste mites rondom die
“Afrikaanse taalbewegings” wat volgens hom “van geslag tot geslag ‘oorgelewer’
(is)” (en wat derhalwe onteenseglik miteskeppend gewerk het – AMJ.) Du
Plessis se standpunt is dat “die hele geskiedenis van die Afrikaanse
taalbewegings doodgewoon by die Afrikanergeskiedenis geïnkorporeer is”, ’n
gebeure wat in Du Plessis se eie woorde gelei het tot ’n “onafwendbare
mitologisering” (1986:1).
’n Volledige uiteensetting van Du Plessis se diskoers (aanvanklik aangebied as
’n M.A.-verhandeling by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat) rondom die vyf
taalbewegings wat hy onderskei (nl. die Oosgrenstaalbeweging, die MaleierAfrikaans Taalbeweging, die Bybelvertalingsbeweging, die
Afrikanerbondbeweging en die Naoorlogse Taalbeweging) is nie hier ter sake
nie. Dit is goed gedokumenteer in die hersiene uitgawe van sy verhandeling,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
246
Afrikaans in Beweging (1986) waaruit die bostaande aanhalings geneem is. Wat
van belang is uit die oogpunt van miteskepping, is dat hy sekere “mitiese
sekerhede” bevraagteken het, en daarmee kritiek uitgelok het, onder meer van
prof. Dirk Kotze in Beeld van 22 Junie 1983, en ook in ’n hoofartikel in Die Burger
van 21 Mei 1993. Du Plessis se reaksie op die kritiek klee hy in metaforiese taal
deur daarop te wys dat sy studie nie “daarop gerig is om beelde te bestorm nie”,
maar dat hy juis die “realistiese bevordering” van Afrikaans onder “alle lede (selfs
nie-lede) van die Afrikaanssprekende gemeenskap […] in perspektief probeer
stel.”
Wat egter veral hieruit afgelei kan word ten opsigte van miteskepping rondom
Afrikaans is hoe diep bepaalde mites (bv. oor die rol van die G.R.A.-beweging) in
die Afrikaanse historiografiese sisteem ingebed is, en hoeveel weerstand die
proses van hermitologisering kan meebring.
Gesprekke in die historiese taalkunde oor die “wortels” van Afrikaans is myns
insiens ook nie altyd ideologies neutraal nie, maar hang saam met bepaalde
opponerende mites rondom Afrikaans se herkoms en huidige posisie. Dit is nie
in hierdie oorsig moontlik om al dié uitgangspunte selfs net te noem nie, maar
enkeles daarvan word tog baie kortliks aan die orde gestel.
Edith Raidt (1976:83) maak die volgende stelling:
Die wordingsgeskiedenis van Afrikaans val waarskynlik saam met die
ontstaan van die Afrikaanse volk.
Raidt onderskryf dus grootliks die mite wat in hoofstuk 4 volledig bespreek is,
naamlik dié van die bykans “mitiese band” tussen Afrikaans en die
“Afrikanervolk”. Die titel van Raidt se werk oor die ontstaansgeskiedenis van
Afrikaans, nl. “Afrikaans en sy Europese verlede”, wys ook in ’n mate waar die
klem van Raidt se betoog lê. Die feit dat Afrikaans onder meer wel ’n
onbetwisbare “Europese verlede” het, word nie bevraagteken nie. Daar kan
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
247
egter beweer word dat die klem op dié verlede as “buite Afrika” ’n bydrae maak
tot miteskepping vanuit ’n bepaalde ideologiese hoek.
Ronnie Belcher (1987:17 en verder) beskryf die proses van “kommunikasie oor
die kleurgrens” en die soms gepaardgaande “konfrontasie” tussen wit- en bruin
mense. Sommige van dié historiograaf se insigte is reeds verreken met
betrekking tot die miteskepping rondom Afrikaans as verdrukkerstaal in hoofstuk
5. Daar is ook reeds gewys op die stigmatisering van sogenaamde “KleurlingAfrikaans” deur onder meer Rademeyer (1938) as ’n “vervormde” (en dus
minderwaardige) taalvariëteit.
Hierteenoor – en ook gedeeltelik in opposisie tot Edith Raidt en ander se
beklemtoning van Afrikaans se “Europese verlede” – het daar stemme in die
variasietaalkunde opgegaan wat gewys het op die groot impak van die inheemse
mense van Suid-Afrika op die wording en ontwikkeling van Afrikaans.
Van Rensburg (1984:514; 1989:436-467 en 1990:66-67) onderskei tussen drie
historiese variëteite van Afrikaans, naamlik
•
twee aanleerdersvariëteite wat teruggaan op vreemdetaalverwerwing (met
Nederlands as doeltaal) deur die Kaapse slawe (Kaapse Afrikaans) en die
Koi (Oranjerivierafrikaans); en
•
’n voortsettingsvariëteit van Nederlands wat veral aan die Oosgrens van
die Kaap gepraat is (Oosgrensafrikaans) en wat vanuit die Oosgrens
versprei is na die binneland (die Vrystaat en Transvaal). (Grebe (1997 en
1999) verkies om in laasgenoemde geval eerder van Burgerafrikaans te
praat aangesien hy redeneer dat die voortsettingsvorm van Afrikaans nie
beperk was tot die Oosgrens van die Kaapkolonie nie, maar waarskynlik
deur die hele “burgerbevolking” gepraat is “van oorkant die eerste Kaapse
bergreekse tot aan die negentiende-eeuse Oosgrens…” (1999:54). Grebe
verskil egter nie prinsipieel van die siening rondom Kaapse en
Oranjerivierafrikaans nie.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
248
In die geval van die twee aanleerdersvariëteite word die intertaalteorie
oortuigend deur Van Rensburg betrek, terwyl teorieë rondom taalverandering
veral op die voortsettingsvariëteit van toepassing gemaak word. Voorts word
Oosgrensafrikaans, wat na 1838 ook via die Voortrekkers na die Transvaal toe
geneem is, as die vertrekpunt vir die latere Standaardafrikaans gesien.
Sou die voorafgaande bespreking van die mites van Afrikaans en die Afrikaners
en van Afrikaans as verdrukkerstaal hier in berekening gebring word, sal daar
afgelei kan word dat die aanleerdersvariëteite hoofsaaklik gepraat is deur die
“bruin” sprekers van Afrikaans, terwyl die voortsettingsvariëteit gepraat en
gestandaardiseer is deur die (hoofsaaklik) wit sprekers van Afrikaans, of die
Afrikaners (sien weer hoofstuk 4).
Standaardafrikaans, die “toonaangewende, versorgde en eenvormige
kultuurvariëteit van Afrikaans” (Ponelis 1992:72), het dus nie vry gebly van die
impak van die genoemde mites (hoofstukke 4 en 5) nie. Ponelis verduidelik
naamlik dat die standaardtaal nie linguisties gesien “verhewe” bo die ander
variëteite van die taal is nie, maar dat hierdie vorm wel, veral in die onderrig op
skool, “verhef (is) tot die enigste vorm van Afrikaans” terwyl die “omgangstaal en
die dialekte ontsettend kwaai gestigmatiseer (is) met etikette soos ‘plat taal,
kombuistaal, straattaal, onbeskaafde taal’ ensovoorts” (1992:71,72).
Billikerwys moet daarop gewys word dat die neiging om die standaardvorm van
enige taal te “verhef” bo die ander variëteite van die taal ’n algemene verskynsel
is. (Dink byvoorbeeld aan die gegewe van Bernard Shaw se Pygmalion soos
verwerk in die musiekblyspel My fair lady.) Die verskil is egter dat die skeidslyn
tussen “beskaafde” en “plat” of “onbeskaafde” Afrikaans in dié geval al te dikwels
saamgeval het met die “mitiese” kleurskeidslyn.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
249
Willemse bespreek mitevorming rondom die wordingsgeskiedenis van Afrikaans
eksplisiet in ’n bydrae (in Jansen 1991:249-263) getitel “Securing the myth: the
representation of the origins of Afrikaans in language textbooks” (my kursivering).
Voordat ’n mite immers “beveilig” kan word, moet dit ’n reeds bestaande mite
wees en redelik algemeen bekend wees. Volgens die skrywer is teorieë oor die
oorsprong van Afrikaans in Suid-Afrikaanse skoolleerplanne voorgehou op so ’n
wyse dat die “nie-Germaanse” of “swart” impak op Afrikaans verswyg of
onderspeel is (p. 251). Daar word verwys na die standpunt van Van der Merwe
(1972) wat erken dat daar wel leenwoorde in Afrikaans uit die oosterse en Afrikatale ontleen is, maar wat ontken dat dié tale enige invloed op die struktuur van
die taal gehad het.
In ’n nog vroeër teks van Van der Merwe (1964), haal die skrywer dr. Th. Hahn
se lesing in 1882 voor die lede van die Kaapstadse Biblioteek aan, waarin dié
“seun van ’n Duitse sendeling in Namakwaland” (1964:138) soos volg oor die
onstaan van Afrikaans skryf (p. 137):
The Dutch patois can be traced back to a fusion of the country dialects of
the Netherlands and Northern Germany, and although phonetically
teutonic, it is phychologically an essential Hottentot idiom. For we learn
this patois first from our nurses and ayas. The young Africaner, on his
solitary farm, has no other playmates than the children of the BastardHottentot servants of his father and even the grown-up farmer can not
easily escape the deteriorating effect of his servant’s patois” (my
kursivering).
Bogenoemde uitspraak is myns insiens onbetwisbaar miteskeppend, veral wat
betref die verwysing na die “verslegtende effek” van die bediendes en hulle
kinders se patois op dié van die boere en hulle kinders (die “jong Afrikaner op sy
eensame plaas…”).
Willemse stel in sy betoog (1991) verder verskillende ontstaansteorieë van
Afrikaans aan die orde (soos onder meer dié van Van Rensburg en ander na wie
hierbo verwys is – AMJ) en kom tot die volgende gevolgtrekking (p. 253):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
250
The tradition of Eurocentric historiography overemphasizes the role of the
colonists and Christianity. In the process important historical factors
(Islam, for example) have been overlooked.
Die rede hiervoor, meen Willemse, is die miteskepping rondom Afrikaans oor jare
heen, waarvolgens binne die Afrikaner se politieke mitologie die taal “Godgegewe” is en getipeer word as die enigste “witmanstaal” wat in Suid-Afrika
“gemaak’ is. Hy haal Valkoff (1971:463) aan, wat beweer:
[…] it is not astonishing that in their language struggle these linguists
tended to transfer their ideal of purity of the white race to their mother
tongue and its history.
Die “toe-eiening” van Afrikaans as die “volkstaal”en politieke taal van die
Afrikaners asook die taal van die Afrikaanse (Afrikaners se?) Bybel het volgens
Willemse daarop neergekom dat swart mense as ‘t ware “opgehou het om
Afrikaans te praat.” (Dit wil sê die Afrikaner-historiograwe, soos onder meer E.C.
Pienaar in Die triomf van Afrikaans, 1943, het geen verdere melding van dié
Afrikaanssprekers se rol in die geskiedenis gemaak nie. Ander, soos
Rademeyer na wie se werk, Kleurling-Afrikaans, daar voorheen verwys is, het die
Afrikaans van “nie-Afrikaners” as ’n afsonderlike studieveld beskou.)
Die impak van bogenoemde miteskepping het ook neerslag gevind in
skoolleerplanne, soos wat in die volgende afdeling van hierdie hoofstuk aan die
orde gestel sal word.
Opsommend ten opsigte van die verband tussen miteskepping en die Afrikaanse
historiografie kan daar beweer word dat albei die opponerende mites rondom
Afrikaans in die laasgenoemde sisteem neerslag gevind het.
Verskeie historiograwe het geskryf vanuit die mitiese “liefdesband” tussen die
“Afrikaner en sy taal” (Scholtz 1964) en melding gemaak van die “Wonder van
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
251
Afrikaans” (Du Buisson 1959) (om maar twee voorbeelde van miteskeppende
titels aan te haal – AMJ) en sodoende hierdie mite help bevestig.
Ander historiograwe het weer daarop gewys dat Afrikaans se voortbestaan juis
grootliks daarin geleë is dat die taal oor etniese en rassegrense heen sny, en
sodoende as ‘t ware teen die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal in geskryf.
’n Hoogaangeskrewe Afrikaanse taalsosioloog/historiograaf wat waarskynlik
gesien word as deel van die sogenaamde Afrikaner-“establishment”, J.C. Steyn,
het reeds in 1980 nie geskroom om te verwys na die onsensitiwiteit van sommige
Afrikaners en om hom daarteen uit te spreek nie nie. Steyn verwys byvoorbeeld
na die uitspraak van dr. C.P. Mulder in 1973, waarvolgens laasgenoemde by ’n
A.S.B.-kongres gesê het dat “Kleurlinge” (sic) nie as “bruin Afrikaners” beskou
kan word nie, maar wel “kan aansoek doen om lid te word” (van die
Afrikanervolk), met die reg aan die kant van die Afrikaners om te weier. Steyn
oordeel baie krities oor hierdie uitspraak (1980:277):
Wat hierdie uitspraak afkeurenswaardig maak, is die verwaandheid van ’n
destyds vooraanstaande leier om namens die Afrikaners te sê dat hulle
die Kleurlinge verwerp… Dit het bowendien gebeur nadat Rapport in ’n
meningspeiling bevind het: “Byna die helfte van die Afrikaners sê ja, hulle
sal ’n Afrikaanssprekende Kleurling ook ’n Afrikaner noem.”
Steyn wys voorts – myns insiens nie sonder ironie nie - daarop dat “(g)een
Kleurling […] in elk geval aansoek gedoen (het) […] om Afrikaner of bruin
Afrikaner te wees nie” en dat hulle dit ook nie sál doen nie - “ten minste nie na
die jare vyftig en sestig nie”, en voeg dan by:
Verskeie het al gesê dat hulle nie Afrikaners genoem wil wees nie.
Daaroor gaan dit nie – dit gaan om die roekelose arrogansie daarvan om
namens die Afrikaners ander Afrikaanssprekende mense af te stoot
(1980:277) (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
252
Baie ander stemme na wie reeds in die loop van hoofstuk 5 verwys is, het ook in
die apartheidsjare binne die oorkoepelde sisteem van die historiografie
meegewerk aan ’n proses van hermitologisering waardeur Afrikaans geleidelik
aan die stigma van verdrukkerstaal kon begin loskom, en eerder die mitiese
stempel van “bevrydingstaal” en “Afrika-taal” kon begin dra.
6.3 Die onderwys/-leerplanne
Die onderwys is myns insiens een van die magtigste “instrumente” in die hande
van miteskeppers. Hoewel die mitologiseringsproses gewoonlik in die ouerhuis
begin (vergelyk die “outobiografiese geskiedenis” in hoofstuk 2 – 2.9.3), word dit
voortgesit en bevestig in die skoolomgewing.
Die “skool” hoef ook nie noodwendig saam te val met dit wat binne die Westerse
konsep as ’n tradisionele skoolopset gesien word nie. Enige vorm van oordrag
(dus ook orale oordrag) deur volwassenes aan kinders rondom die geskiedenis,
tradisies en gebruike van die groep, sou kon dien ook as gunstige teelaarde vir
miteskepping. So byvoorbeeld veronderstel die “inisiasieskool” binne die swart
kultuur dat die jong seuns en meisies daardeur ingelyf word in stamverband en
sodoende ingelyf word in die gebruike (en mites) van hulle voorouers.
In die hieropvolgende bespreking gaan dit egter wel om die meer formele
Westerse onderwysopset as een van die sisteme waarbinne die mites rondom
Afrikaans neerslag gevind het.
In hoofstuk 4 is daar redelik breedvoerig verwys na die groeiende besef onder
“Regte Afrikaners” van die belang van die onderwysstelsel om hulle taal en
ideologie by die jeug tuis te bring. Steyn noem onder meer dat ds. Du Toit (die
vader van Totius) reeds in 1882 die leiding geneem het om ’n sogenaamde
“Regte Hugenoteskool” in Daljosaphat te stig met “Oom Lokomotief” as eerste
onderwyser. Ds. Du Toit het die verengelsing van Afrikaners in dié tyd deur
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
253
onder meer meisieskole skerp gekritiseer. Daar is gewys op die miteskeppende
metaforiek van Du Toit se woorde (sien hoofstuk 4 – 4.4) oor die “verderflike
invloed” van die Engelse meisieskole:
Di Engelse Meisiiskole in ons land is di listigste en gevaarlikste aanslag
teen ons Moedertaal; dit verdring ons taal in di huisgesinne en vergiftig di
fontein van ons nasionaliteit … Onse dogters word daar in AmerikaansEngelse gees en taal en sede opgelei … en vergiftig … tot taalverraaiers
(Steyn 1980:141) (my kursivering).
Dieselfde uitgangspunt van verset onder Afrikaners na die Anglo-Boereoorlog
teen die verengelsingsbeleid van o.a. Milner het onder meer gelei tot die stigting
van C.N.O.-skole waar leerlinge in hulle eie moedertaal onderrig kon ontvang.
(Die verband wat in die naam van dié skole gelê is tussen “Christelik” en
“Nasionaal” is ook reeds miteskeppend en ondersteun myns insiens die konsep
wat Moodie die Afrikaner- “burgerlike” godsdiens noem – AMJ.)
Daar is ook gewys op die feit dat vir ons, as Afrikaanse kinders, die “storie van
Afrikaans” begin het met die stigtingsdatum van die G.R.A. Hierdie mitiese begin
is, soos hierbo in die afdeling oor die historiografie genoem, in die leerplanne
van skole vasgelê, onder meer deurdat die Nienaber-broers se werk oor die
opkoms van Afrikaans as kultuurtaal vir die verskillende provinsies as
studiemateriaal voorgeskryf is.
Sonder om dieper op die saak van Afrikaans en die Afrikaner in skoolleerplanne
in te gaan, sou mens sonder vrees vir teenspraak kon beweer dat – sowel in die
onderrig van Afrikaans as vak asook in ander skoolvakke soos Geskiedenis – die
hoogtepunte uit die “verhaal” van die Afrikanervolk (soos die koms van Jan van
Riebeeck, die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog, Republiekwording, en so
meer) asook die “wonder” van die Afrikaanse taal en letterkunde vir die
Afrikaanse (Afrikaner-)jeug gemitologiseer is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
254
Wat betref die tweede mite onder bespreking – dié van Afrikaans as
verdrukkerstaal – is daar in hoofstuk 5 gewys op die negatiewe impak van die
verpligte gebruik van Afrikaans as onderrigmedium in swart skole, onder meer in
Soweto, en die omvang van die krisis wat daardeur veroorsaak is.
Binne die konteks van laasgenoemde miteskepping was daar egter ook die
kwessie van die marginalisering van sekere Afrikaanssprekers juis deur die aard
van die Afrikaansonderrig op skool en die inhoude van voorgeskrewe boeke in
Afrikaans.
Esterhuyse (1986) wy ’n hele boek, getitel “Taalapartheid en skoolafrikaans”,
aan hierdie saak. In sy motto voor in die boek dra hy dit op aan “almal wat deur
skoolafrikaans gepot, gebonsai en verfomfaai is”. In die inleiding word die
oogmerk met die werk uitgespel:
Taalapartheid en skoolafrikaans wil die bewustelike en onbewustelike
sosiolinguistiese manipulasie deur sillabusbeplanners, voorskryfkomitees
en handboekskrywers blootlê en aantoon hoe amptelik geseënde
leermateriaal linguistiese ondersteuning bied aan die apartheidsideologie.
Van belang vir hierdie bespreking is die titel van die eerste hoofstuk van
bogenoemde werk, naamlik.: “Afrikaans, die mitiese taalverbondsark” (my
kursivering). Die skrywer verwys dan na die Afrikanermite dat hulle taal “deur
God geskenk is” en daarom “’n onvervreembare erflating” verteenwoordig
(1986:1). Hierdie metaforiek word dan afgemaak as ’n “misleidende mite”, waar
“mite” nie in dié geval ’n lewende, rigtinggewende mite veronderstel nie, maar
eerder – soos by ander geleerdes na wie reeds in die loop van die studie verwys
is – na ’n oorvereenvoudigde veralgemening of selfs vervalsing.
Esterhuyse verwys verder (p.1) na die “Afrikanersentriese
taalapartheidsparadigma waarbinne Afrikaanse kinders moet leef.” Baie van die
mites wat aangeraak is in hoofstuk 5 van hierdie studie – byvoorbeeld die mite
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
255
van wit meerderwaardigheid, die stigmatisering van die taalvariante van
“gekleurdes” en die impak van die Britte op die vervreemding tussen Afrikaneren kleurling-Afrikaanssprekendes – word deur Esterhuyse bespreek. Enkele
aspekte van die bespreking word hierna genoem en baie kortliks omskryf
aangesien hulle van kardinale van belang is vir die diskoers in hierdie afdeling
van die hoofstuk, naamlik die neerslag van die mites rondom Afrikaans in die
onderwyssisteem en in onderwyssillabusse. Dié aspekte sluit in:
1. Die feit dat die seleksies van voorgeskrewe boeke vir Afrikaans feitlik
uitsluitlik die geskrewe produkte van Afrikaners was (p. 42 en verder).
(“Verskoning” vir hierdie feit kan dalk aangeteken word deurdat
Esterhuyse self daarop wys dat nie-Afrikaners op daardie stadium (1986)
vir minder as 1 % van die totale aantal publikasies in Afrikaans
verantwoordelik was - AMJ.) Die netto resultaat was egter dat
“(g)ekleurdes […] dus tradisioneel verbruikers van die geskrewe produkte
van Afrikaners (was).” Wat die impak van hierdie feite op miteskepping
binne die gemarginaliseerde (“swart”) gemeenskappe was, kan afgelei
word uit ’n studie van Du Preez (1983) wat deur Esterhuyse aangehaal
word. Du Preez fokus op drie-en-vyftig skoolhandboeke in 1980/81 in
gebruik in vier skoolvakke: Afrikaans, Engels, Geskiedenis en
Aardrykskunde en maak sekere afleidings wat beslis verband hou met
miteskepping, bv.: wetlike gesag word nie bevraagteken nie; wit mense is
meerderwaardig; Suid-Afrika behoort regmatig aan die Afrikaner;
Afrikaners is ’n boerevolk; die Afrikaner het ’n Godgegewe taak in Afrika,
en so meer. Du Preez stel voor dat “skoolhandboeke van hierdie
eksklusiewe Afrikaner-meestersimbole gesuiwer word” (Esterhuyse
1986:45).
2. Die impak van Opperman se Senior Verseboek wat gereeld aan
Kaaplandse senior leerlinge voorgeskryf is en volgens Esterhuyse (p. 49)
naas die Bybel die mees “konstante, gemeenskaplike ervaring aan
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
256
Kaapse senior leerlinge” gebied het. Die bloemlesing is oorspronklik in
1951 saamgestel en daarna vyf maal bygewerk. Die samesteller
(Opperman) het hom ten doel gestel om gedigte te kies wat “bevatlik” is vir
hoërskoolleerlinge, en wat ook “verteenwoordigend” is van die Afrikaanse
digkuns. In ’n ondersoek in 1984 saam met Afrikaansmetodiekstudente
van die Universiteit van Kaapstad is op sosiolinguistiese gronde sewe
“kategorieë van onaanvaarbaarheid” in die bloemlesing geïdentifiseer
(Esterhuyse, 1986:51-60):
(i)
Afrikanersentriese gedigte (bv. Generaal de Wet, Jopie Fourie,
Die beeld van oom Paul, Die kampsuster, Vergewe en vergeet,
Naweekpas, en ander);
(ii)
die geïsoleerde rassistiese woord (“jongmeid”, “Koelies”,
“kafferstrooise”);
(iii)
ongunstige kleurassosiasies soos waar daar bv. deur T.J.
Haarhoff verwys word na twee perde wat “die siel se wa” trek –
die een “swart en nors en kwaai..”, die ander “wit en rein en
stil…” (my kursivering);
(iv)
sosiaal-sensitiewe poësie met kontra-produktiewe effekte, bv.
Bede van S.V. Petersen en Blokhuis van Olga Kirsch.
Esterhuyse wys daarop dat gedigte in hierdie kategorie in
werklikheid simpatiek ingestel is teenoor die lyding en
verontregting van gekleurdes, maar nogtans verwarring
veroorsaak omdat onvertroudheid met letterkundige konvensies
veroorsaak dat leerlinge “dikwels subtiele ironisering mis en die
teks sodoende op sigwaarde interpreteer” (p. 57). ’n Voorbeeld
hiervan is die “wrang soort ironie” in blokhuis se reëls: “Hoe sê
jou donker oë dan? Jy wis/ dat God die God van blanke kinders
is…?”
(v)
stereotiperende gedigte, wat almal “in een of ander vorm ’n
beeld van gekleurdes as persone op die laagste sosiale trap”
bevat (p. 57);
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
257
(vi)
gedigte wat verbintenisse met ’n spesifieke godsdiens toon
(waarskynlik hoofsaaklik die Christelike godsdiens, wat by
implikasie dan vervreemdend sou inwerk op
Afrikaanssprekende Moesliemkinders – AMJ); en
(vii)
Kaaps-Afrikaanse gedigte en rasse-stereotipering. Wat lg.
kategorie betref, wys Esterhuyse daarop dat twee gedigte wat
aanvaarbaar gevind is in die genoemde ondersoek deur die
Afrikaansmetodiek-studente, nl. Oor momumente gepraat
(Blum) en Doemanie (Small) waarskynlik “gered” is deur die
humor asook die “skerp satiriese dimensie” waardeur
kommentaar gelewer word op “wit waardes.” Die skrywer is
egter krities teen die feit dat net een van die drie ingeslote
“Small”-gedigte in Kaaps-Afrikaans is, terwyl die digter se
“belangrikste letterkundige bydrae juis in dié variant geskryf is”.
Esterhuyse meen voorts dat Small groter erkenning in die
bloemlesing moes geniet het, aangesien sy poësie “gestalte gee
aan die frustrasies van die gekleurde komponent van die
Afrikaanse spraakgemeenskap in ’n variant wat deur ’n
beduidende persentasie sprekers gepraat word” (p. 59).
3. “Apartheidsensuur van voorgeskrewe boeke”. Rondom hierdie aspek
verklaar Esterhuyse onomwonde dat die “kop-in-die-gat-houding” teenoor
“sosiaal-kritiese letterkunde […] die rol van die skrywer as gewete van sy
volk ontken (het)” (p. 67) (my kursivering). Esterhuyse meen voorts dat
“skrywersprofesieë deur diegene wat die skrif aan die muur gelees het en
dit vir die volk geïnterpreteer het” van die skoolkinders weerhou is.
Ideologie het dan bepaal dat bv. die miteskeppende werk van F.A. Venter
rondom die Groot Trek en daarna (“alles viervoet binne die ChristelikNasionale apartheidsparadigma” – p. 67) eerder voorgeskryf is as
“ontmitologiserende dramas van D. J. Opperman, of die eerlike gewetekwellende prosawerke van Elsa Joubert.” Esterhuyse wys ook op die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
258
belangrikheid binne die apartheidsparadigma van die voorliefde vir Venter
se Swart Pelgrim (1958) as voorgeskrewe teks. Dié miteskeppende
verhaal van ’n swart man wat probeer om hom in die stad te handhaaf,
maar na vele ontnugteringe terugkeer na sy “landelike paradys” is volgens
Esterhuyse (p.86) “’n subtiele (onbewustelike?) ondersteuning van die
destydse politieke ideologie” in so ’n mate dat dit amper iets “Freudiaans”
vertoon “in dié sin dat die skrywer aan die Verwoerdiaanse droom
poëtiese gestalte gee, terwyl die voorskrywers in die roman literêre
gerusstellende bevestiging vind vir hulle gehuldigde politieke oortuiginge.”
Hierteenoor is na die oordeel van die skrywer die “uitnemende roman” van
Van Melle, Bart Nel, met die 1914-rebellie as agtergrond, eers sewe-endertig jaar na publikasie in 1942 vir die eerste keer voorgeskryf, omdat die
gegewe van “’n twis tussen Afrikaners as ongewenste voorgeskrewe
materiaal geag is.” (p. 87). Laastens wys Esternhuyse ook op die feit dat
N.P. van Wyk Louw se drama Die pluimsaad waai ver (1972) wat as
opdragwerk vir die eerste Republiekviering in 1966 geskryf is, sewentien
jaar later eers in Kaapland voorgeskryf is, omdat die drama as
problematies gesien is vanweë die ideologiese verskille tussen Louw en
Verwoerd wat daardeur op die spits gedryf is.
4. Die kwessie van “rigiede taalhandboeke”, wat volgens die skrywers
Postman en Weingartner (1971) kenmerkend is van totalitêre nasies.
Dieselfde twee skrywers maak die enigsins siniese opmerking oor die
verband tussen die politieke bestel van ’n land en die skoolleerplanne:
Politicians … depend heavily on the continued irrelevance of most
school curricula (Postman en Weingartner 1971, aangehaal deur
Esterhuyse 1986:89).
Wat betref uitspraak en taalvariante in die taal, wys Esterhuyse daarop dat
sosiolinguiste dit eens is dat die terme standaardtaal en
standaarduitspraak nie dui op taalkwaliteite wat inherent superieur is nie,
“maar eerder aandui waar die sosio-politieke en ekonomiese mag in die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
259
spraakgemeenskap lê” (p. 92). Esterhuyse (p. 91-113) ontleed twee
taalhandboeke vir eerstetaalsprekers in die senior fase (die ou standerd 9
en 10), naamlik Ons Moedertaal en Afrikaans my taal sosiolinguisties en
wys onder meer op die volgende:
(i)
die feit dat Kaaps-Afrikaans as variant feitlik “onvermeld” bly;
(ii)
die stigmatisering van gekleurdes deur taalstereotipering: die “Jollie
Hotnot” en sy “tipies geestige taal”;
(iii)
die metaforiese isolasie van gekleurde gemeenskappe (deur bv. na
kleurlinggeestigheid en kleurlingplatheid te verwys);
(iv)
die gebrek aan erkenning vir die “beïnvloeding en verryking van die
Afrikaanse gemeenskap deur die eeuelange intieme kontak tussen
Maleise en Hollandse kulture” (p. 97);
(v)
Euro-sentriese ontstaansteorieë (sien 6.2. hierbo – AMJ);
(vi)
die gebruik van die term Hottentots as verwysing na die Khoi-tale,
wat antropologies foutief en “onaanvaarbaar” is (p. 102);
(vii)
die toesegging van die Afrikaanse idiome aan “die volk” (by
implikasie die wit, Afrikaner-“volk” – AMJ);
(viii)
idioomlyste wat binne die Bybel-boerparadigma val;
(ix)
die Afrikanersentriese seleksie van taalmateriaal vir illustratiewe
doeleindes; en
(x)
blank eksklusiewe stelwerkonderwerpe (bv. “’n Gesprek tussen ’n
hoteleienaar en ’n besoeker” – terwyl die handboeke verskyn het
op ’n tydstip “toe haas alle hotels vir gekleurdes geslote was.”(p.
111)).
Esterhuyse se slotsom is, verstaanbaar genoeg, dat die twee
taalhandboeke “’n Weltanschauung (verteenwoordig) wat volkome binne
die apartheidsparadigma sy ontstaan gehad het” (p. 121).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
260
Die bostaande redelik omvattende opsomming van Esterhuyse se werk
bewys onteenseglik die impak van miteskepping in die skoolleerplanne vir
eerstetaalsprekers van Afrikaans in die apartheidsjare.
Willemse (1991) verwys na die bevindings van Du Preez (1983) en
Esterhuyse (1986) en wys daarop dat die sogenaamde “meestersimbole”
volgens Du Preez gekonsolideer word tot onveranderlike feite, wat dan
deel word van die gemeenskap se “kollektiewe bewussyn” op grond
waarvan alle toekomstige oordele gevorm word. (Sien ook in hierdie
verband die uiteensetting oor die ontstaan van mites in die kollektiewe
onderbewuste van groepe soos uiteengesit in hoofstuk 2 – 2.4.)
Die onvermydelike “mitiese” kloof wat sodoende tot stand gekom het
tussen wit en bruin Afrikaanssprekende leerlinge/studente word verwoord
in die Bulletin van die Universiteit van Wes-Kaapland (1991) rondom die
beoogde kursus in Afrikaans as vreemde taal (soos aangehaal deur De
Villiers 1992:297):
UWC is playing a crucial role in removing the stigma attached to
Afrikaans as a result of its association with racist Afrikaner
nationalism. It remains to be seen how decisive a role educational
initiatives can play in healing the rifts in the Afrikaans speech
community… (my kursivering).
In bogenoemde aanhaling is die neerslag van albei die mites onder
bespreking binne die opvoedkundige/onderwyssisteem waarneembaar:
die mite van die “assosiasie” tussen Afrikaans en die Afrikaner, en die
mite van Afrikaans as verdrukkerstaal. Die onderwyssisteem het dus
verder bygedra tot die “skeuring” (“rift”) tussen wit en bruin
moedertaalsprekers binne die Afrikaanse spraakgemeenskap. Hierdie
kloof is egter reeds voorheen geskep as gevolg van politieke diskriminasie
soos afsonderlike kieserslyste vir blank en bruin (vergelyk hoofstuk 5 –
5.4.5).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
261
6.4
Die Afrikaanse letterkunde
6.4.1 Inleiding
As ons nie in Afrikaans so ’n letterkunde kan skep dat ons vir elke mens,
selfs die beste geeste wat by ons gebore sal word, sy diepste verlange
kan bevredig nie, as ons hom nie iets kan gee wat hy in geen ander taal
kan kry nie, dan moet ons in alle eerlikheid ons stryd om die behoud van
ons taal staak… (Van Wyk Louw 1965:105 – eerste druk 1939) (my
kursivering).
Die noue verband tussen stories en mites is aan die begin van hierdie proefskrif
verwoord deur middel van die aanhaling van die bekende mitoloog, Joseph
Campbell, wat beweer:
Myths are stories of our search through the ages for truth, for meaning, for
significance… (in Flowers 1988:5) (my kursivering).
Dit volg dus dat daar waarskynlik met ’n redelike mate van sekerheid beweer kan
word dat – met die uitsondering van die politieke sisteem (en sy ondersteuning
deur byvoorbeeld die joernalistieke beriggewing in die betrokke tydperk) - die
letterkunde dié sisteem is waarbinne die mees intensiewe miteskepping rondom
Afrikaans, die Afrikaners – en die “Afrikaanse werklikheid”- plaasgevind het.
Soos reeds genoem, is dit ’n onbegonne taak om selfs te poog om binne die
bestek van hierdie studie volledig verslag te lewer van die neerslag van die mites
onder bespreking binne die Afrikaanse letterkunde van die afgelope ongeveer
honderd jaar. Daar word dus eksemplaries na voorbeeldmateriaal uit die
Afrikaanse letterkunde en die na proses van miteskepping enersyds en ont/hermitologisering andersyds verwys.
In hoofstuk 4 is daar ter afsluiting van die bespreking rondom die mite van
Afrikaans en die Afrikaners reeds kortliks verwys na die miteskeppende rol van
die Afrikaanse letterkunde voor en na 1900 in die bevestiging van die
Afrikanermites. Selfs die titel van Vernon February se bydrae in die nuutste
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
262
uitgawe van die gesaghebbende Perspektief en profiel, Deel 1 (1998) waarin hy
na die heel vroegste tydperk van Afrikaanse “letterkunde” (tot ongeveer 1912)
verwys, verwys metafories na die “klein begin” wat egter gelei het tot “aanhou
wen.”
In sy inleiding wys February (1998:3) daarop dat die Afrikaanse taal tot ongeveer
1986 “gesien is as ’n belangrike instrument om die identiteit van mense wat tot
die volk behoort, te bevestig.” Die gevolg was dat “sprekers wat gekonfronteer
was met die volkseksklusiwiteit van die blanke sprekers van die Afrikaanse taal “
negatief geword het en hulle eie taal “afgeskilder (het) as die taal van die
onderdrukker.” Vanaf veral 1986 het die benadering tot die Afrikaanse taal en
letterkunde egter “’n radikale verandering ondergaan”, en het mense wat volgens
die “geldende definisie” nie tot die volk behoort het nie, begin praat van “bevryde
Afrikaans”.
Die afleiding sou kon wees dat daar in die laaste twee dekades ook wat die
interpretasie van die literatuurgeskiedenis betref ’n proses van hermitologisering
plaasgevind het.
6.4.2 Die “Afrikanermites” en die letterkunde
Wat betref die bevestiging van Afrikanermites in die vroeë Afrikaanse letterkunde
is daar reeds in hoofstuk 4 onder meer verwys na Jan F. E. Celliers se gedig oor
die ontberings in die konsentrasiekampe, “Die kampsuster” asook sy bekende
“Dis al”, wat vertel van die “balling gekom oor die oseaan” om net “’n graf in die
gras” te vind. Daar is voorts verwys na C. Louis Leipoldt se miteskeppende
gedigte, “Oom Gert vertel”, “In die konsentrasiekamp” en “Vrede-aand.” Totius
(J.D. du Toit) weer herinner aan die onreg deur die magtige Brittanje teen die
Boerevolk in “Vergewe en vergeet” met as onderskrif by die titel die miteondersteunende woorde van Deut. 4:9: “Dat gij niet vergeet die dingen die uwe
ogen gezien hebben.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
263
Ander “volkse romantiek” (Roos 1998:23) wat oor die oorlog tussen die
Boererepublieke en Brittanje gehandel het, was onder meer Lenie BoshoffLiebenberg se oorlogsoutobiografie, Moedersmart en kinderleed (1921) en die
“oorlogsfiksie” wat aangebied is as populêre avontuurromans, bv. J.H.H. de Waal
se Die tweede Grieta (1912) en Gordon Tomlinson se Deur die smeltkroes
(1917). Sommige van hierdie oorlogsfiksieverhale is egter ook literêr waardevol
geag, bv. dié van Chris Euvrard (Twee susters) en Jochem van Bruggen
(Teleurgestel) waarvoor hulle in 1914 en 1917 onderskeidelik die Hertzogprys
ontvang het. Dit is van belang om in dié verband te verwys na Roos se
aanhaling uit Schoonees (1927:105), nl. dat die oorlogsvertellings “nuttige
propagandamiddele” was wat die Afrikaner se “nasionale selfbewussyn”
aangewakker het (en dus mite-ondersteunend gewerk het – AMJ).
Wat betref die literêre geskiedskrywing verwys Roos na Kannemeyer (1978:146)
se standpunt dat die outeurs binne hierdie genre doelbewus standpunt ingeneem
het en dat met betrekking tot “die liriese besinging van die Afrikaner se heroïese
verlede, … die skeppende en verbeeldingryke skrywer telkens die
geskiedkundige verdring…” Die bekendste naam in dié groep is Gustav Preller,
wie se uitgawe van die Dagboek van Louis Trichardt “’n klassieke teks geword
(het)” (Roos 1998:24).
Totius se Trekkerswee vertel die Afrikanergeskiedenis aan die Rand ná die Groot
Trek. In sy inleiding verduidelik Totius kortliks die verloop van die “verse-reeks”:
oom Gert, ’n trekker, gaan woon op die Rand saam met sy vrou en enigste
dogter, Dina. Die goudvelde word ontdek, oom Gert se dogter en haar man,
Willem, “beswyk” voor sekere verleidings waaraan hulle blootgestel word, die
“Boer-Britse oorlog” volg en die Unie kom tot stand, met pynlike emosionele
gevolge vir oom Gert en Dina. (“Dis die simpele storie waarop die hele gedig
gebou is”, volgens Totius.) Die uitgewer/drukker (jaartal onbekend) noem in die
inleiding dat die S.A. Akademie, “deur die vrygewigheid van Genl. Hertzog, in
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
264
staat gestel is om jaarliks ’n milde geldprys vir letterkundige werke uit te loof” en
dat die prys vir 1915 “aan hierdie gedig” toegeken is. (Vgl. ook die verwysing in
hoofstuk 4 – 4.9 na Fourie 1986, Afrikaners in die Goudstad.)
Daar is reeds verwys na die rol van C.J. Langehoven as “volkskrywer”. Roos
onderskryf die mening dat Langenhoven ’n “bekeerde” taalstryder is (hierdie
“bekering” nie net ten opsigte van Engels nie, maar ook wat betref die rol van
Nederlands – AMJ) en sien sy “onderhoudende verhale” as “ontmaskerings van
’n steeds invloedryke ‘Engelse’ sfeer.” Sy wys egter ook op die betoog van Nolte
(1990:163-186), naamlik dat Langenhoven wat hoofsaaklik “as volkskrywer en
taalpropagandis gekategoriseer is”, ook “komplekse, hoogs gesofistikeerde prosa
kon skryf” (Roos 1998:26). Van Langenhoven kom ook die woorde van “Die
stem van Suid-Afrika”, wat lank die “volkslied” van die land was en steeds
gedeeltelik by die nuwe nasionale lied geïnkorporeer is.
Die gedwonge verstedeling van die Afrikaner en die “armblankevraagstuk” vorm
die tematiek van die bekendste prosawerke uit die periode tot 1930 (onder meer
dié van Jochem van Bruggen), terwyl die plaasroman (waarvan C.M. van den
Heever in 1927 die eerste van sy hele reeks geskryf het) nog tot in die laat
veertigerjare “die plaaswêreld as geïdealiseerde milieu vanuit ’n romantiese,
nostalgiese perspektief beskou” (Roos 1998:25). In hierdie verband kan verwys
word na die uitspraak van Van Wyk Louw soos aangehaal in hoofstuk 4,
waarvolgens ’n mens in die Afrikaanse plaasromans feitlik ’n idealisering van die
Afrikaner-boerewortels kan aflees, waar die ploeg en die os onder andere
simbole geword het van ’n verlore “Afrikaner-leefwyse” ná aan die grond:
Wanneer ’n groep se volksgevoel, miskien in ’n tydperk van bedreiging, vir
die eerste keer bewus word, is daar altyd in die begin ’n neiging om die
enger plaaslike kuns voort te bring. Die plante, diere, mense van die eie
omgewing, wat vroeër so doodgewoon gelyk het, kry nou ’n nuwe
betekenis (wat ook verband hou met singewing – AMJ) en word met ’n
nuwe liefde gesien, nie om hul eie ontwil nie, maar omdat hulle simbole
van die volk-wees is. So het by ons die plaas, die plaasdiere, en –
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
265
gereedskap, die boer self, sy gewoontes, ens., herinnerings aan ’n
gelukkiger Afrikaanse bestaan vir die individu en vir die volk wakker
gemaak, en dié dinge het simbole van die Afrikaanse verlede en strewe
geword (1986:15,16 – oorspronklik in Berigte te velde,1939) (my
kursivering).
Soos genoem in die afdeling hierbo oor die neerslag van mites in die
skoolleerplanne, is “Afrikaner”-volkshelde soos o.a. “Oom Paul” (Toon van den
Heever) en genl. De Wet en Jopie Fourie (Celliers) in die poësie in herinnering
geroep. Die Gideon Scheepers-legende is deur D.J. Opperman in “Gebed om die
gebeente” omgedig.
Hierteenoor word in W.E.G. Louw se bundel Terugtog (1940) ’n mate van
ontnugtering uitgespreek met die “afvallige volk” wat na verstedeliking
materialisties ingestel raak en “nie getrou bly aan sy vryheidsideale en sedes nie
en daarom bedreig word deur die wraak van God” (Ohlhoff 1999:87). Ohlhoff
wys ook daarop dat daar “onder meer met Ou-Testamentiese beelde gewerk
word.” (Vergelyk in dié verband die uitspraak van Snyman (1995:30) soos
aangehaal in hoofstuk 4, waarin hy verwys na die waarneming van die Engelse
skrywer, Lawrence Green, dat daar interessante ooreenkomste tussen Israel en
die Boere bestaan – “’n gevolgtrekking waartoe hy na jare se studie van die
Boerevolk gekom het, naamlik (a) dat mens nêrens buite Palestina soveel plekke
en dorpe met Bybelname kry as in Suid-Afrika nie en (b) dat die Afrikaner, meer
as enige ander volk ter wêreld, oor die gawe van profesie beskik.”)
N.P. van Wyk Louw se versdrama, Die dieper reg (1942), het die gegewens van
die Groot Trek as agtergrond, maar werk met ’n interpretasie en “oordeel” oor dié
miteskeppende gebeure en die “voortbestaansreg” van die Voortrekkers – en dus
van die Afrikanervolk. Die volgende woorde wat die koor onder meer die
uitspreek het self tot in die eie tyd mitiese impak en word dikwels aangehaal:
O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
266
deur jou stil droefenis?
Die finale “oordeel” oor die Voortrekkers word uitgespreek deur die “Stem van die
Geregtigheid” en lui soos volg:
Gaan heen en weet dat julle reg
en daad voor God kan staan
omdat dit krag en eenvoud was ….
En:
Hul sal nie sterf, hul lewe het
in daardie land so ingetrek
en ingeweek dat hul sal bly
so lank sy kranse bo die see
se lang skuimkringe uit sal staan,
afsonderlik en trots en vry!
(my kursivering)
Daar kan met redelike stelligheid beweer word dat poësie soos dié
grootliks bygedra het tot miteskepping/mite-ondersteuning by die
Afrikaners van 1942 – maar ook in die dekades daarna.
In 1957 word G.A. Watermeyer se digbundel Die republiek van duisend jaar
privaat gepubliseer. Miteskepping rondom die Afrikaner en sy apartheidspolitiek
en die drang om as aparte wit volk voort te bestaan, is in hierdie bundel so
eksplisiet verwoord dat Olivier (1999:761) meen dat “verskillende fasette van die
Afrikanerstryd en sy bestaan as ’n eietydse verbondsvolk, ’n nuwe Israel, (daarin)
gestalte kry” (my kursivering).
Die volgende strofes is ondubbelsinnig miteskeppend rondom die
Afrikanervolk/Boerevolk en sy geskiedenis, wit dominansie/”suiwerheid” en die
apartheidsideologie:
Klein Boervolk in dié breë land
wat hier geloftesterk jou stand
teen stede van die wêreld staan,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
267
jy sal nie buk of ondergaan;
veel smart, veel sterwe en verdriet
het jou geroepenheid graniet
tot Ararat van Afrika,
Arkvesting wat Sy Volksdroom dra.
Klein Witvolk in dié woeste land
wat teen die nagswart Noorde wand;
ras wat met tentwaens van geloof
die kontinent se donker kloof;
ras wat die blanke erfenis
se laaste suiwer vesting is:
jy anker met jou Bloedrivier
die wortels van die Weste hier.
(1957:5)
en:
Bly blank, my volk, bly blank in gees,
laat helderheid jou hartslag wees,
jou hooggebed by Bloedrivier
gee jou geloofsgestalte hier…
(1957:73).
Olivier se oordeel oor die bundel is dat dit “’n verdoemende dokument (is) oor die
denke wat ná 1950 die Afrikanerpolitiek oorheers het” (1999:761). Myns insiens
kan Watermeyer se digkuns egter geensins geskei word van die mites wat oor
baie jare (en veral sedert die Anglo-Boereoorlog) deur die miteskeppers onder
die Afrikaners aan hulle nageslag en volksgenote oorgedra is nie (sien weer
hoofstuk 4) en kan daar in dié geval weer eens verwys word na Giliomee se
aanhaling in die inleiding tot sy boek, The Afrikaners (2003:xiii): “To understand
is not necessarily to pardon, but there is no harm in trying to understand.”
Henriette Grové, wie se bydrae tot die Afrikaanse literatuur oor meer as veertig
jaar strek en verskillende genres en style asook twee Hertzogprys-bekronings
insluit (Du Plooy 1998:475), skryf onder meer ’n geleentheidstuk, Toe hulle die
Vierkleur op Rooigrond gehys het, vir die Taalfeesjaar in 1975 (vgl. die mite
rondom die “begin van die storie van Afrikaans in 1875” in hoofstuk 4). Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
268
drama, waarvoor die Perskorprys in 1976 toegeken is, handel oor “’n greep uit
die lewe van die vroeë taalstryder en politieke figuur, S.J. du Toit.” (Du Plooy
1998:476). Die 1983-novelle, Die kêrel van die Pêrel of Anatomie van ’n
leuenaar, (waarvoor die Hertzogprys in 1984 toegeken word), is nie spesifiek
teen die Afrikanermites in geskryf nie, maar is wel “gebou rondom die spanning
tussen waarheid en leuen” (Du Plooy 1998:481):
Uiteindelik besef sy (die hoofkarakter, Elwiena – AMJ) dan dat ’n mens dit
nodig het oms soms agter “leuens” te skuil, om skuiling te soek teen die
onherbergsame werklikheid in woorde en drome wat regtig net leuens is,
maar inderdaad lewensnoodsaaklike leuens (my kursivering).
In ’n sekere sin kan mites ook getipeer word as “lewensnoodsaaklik” vir
die mens wat “eerder (kan) sterf van honger” maar wat nie “sonder sy
mite” (Leroux in Kannemeyer 1980:12) kan klaarkom nie.
Daar kan wat die Afrikanermites onder bespreking betref, laastens verwys word
na enkele romans van F.A. Venter:
•
Swart Pelgrim (1952), waarvoor Venter die Hertzogprys ontvang het,
vertel van ’n Xhosa wat van sy Transkeise tuisland stad toe gaan om geld
te verdien en sy broer te soek wat die “prooi van die bose stad geword
het” (Prins, 1999:724). Esterhuyse (1986:86) meen dat die morele les in
dié roman onmiskenbaar is: “die swartman kan homself nie handhaaf in ’n
Westerse stedelike omgewing nie; daarom is die wit tuislandbeleid ’n
logiese, simpatieke oplossing vir sy dilemma.” Die roman ondersteun dus
die mite van “wit dominansie” en kan volgens Esterhuyse beskou word as
“weinig meer as ’n literêr ingeklede propagandastuk.” (1999:86).
•
Die geskiedenis van die Groot Trek word deur Venter weergegee in “’n
breed opgesette tetralogie” (Prins, 1999:725), waarvan die eerste,
Geknelde land in 1960 verskyn en die laaste, Bedoelde land, in 1968.
Prins is van mening dat die reeks afgestem is op die “volk” en dat dit
geskryf is om die leser te boei en te bevredig. In die lig van hierdie
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
269
uitspraak sou die afleiding gemaak kon word dat die “Groot Trek”tetralogie deur baie Afrikaanssprekendes gelees is (Esterhuyse wys ook
daarop dat die afsonderlike romans in die sestiger- en sewentigjare
dikwels voorgeskryf is vir senior Afrikaansleerlinge in wit en bruin skole)
en hulle deel bygedra het tot die bevestiging van die Afrikaner-mites.
N.P. van Wyk Louw haal in Lojale verset (1939, heruitgegee in 1965) uit
Katrina van P.W.S. Schumann ’n stukkie dialoog tussen ’n ma en haar seun
aan:
JOHANNES: Maar wil Ma dan hê hulle moet ons soos Kaffers behandel?
TANT ALIE: Ek weet nie hoe hulle hul Kaffers behandel nie.
Van Wyk Louw se slotsom hieroor is: “…elke frase teken nie net ’n lewe nie,
maar ’n hele lewensbeskouing” (1965:83) (my kursivering).
Dit sou myns insiens ook ’n goeie samevatting van die bostaande bespreking
oor die neerslag van die Afrikanermites in die Afrikaanse letterkunde van
voor 1900 tot ongeveer 1968 wees, indien die slotsom soos volg geformuleer
word: in elkeen van die gedigte, (vers)dramas en prosawerke wat genoem is,
word ’n hele lewensbeskouing aan die orde gestel. (En is ’n
lewensbeskouing nie maar die uitvloeisel van die soeke na sin nie? –
AMJ.)
6.4.3 Die “verdrukkingsmite”en “protes-/bevrydingsmite” en die
gepaardgaande “ont-/hermitologisering van die Afrikanermites” in
die Afrikaanse letterkunde
In hoofstuk 5 is daarop gewys dat die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal ’n
lang aanloop gehad het in die koloniale geskiedenis van die land en die
persepsies rondom “die ander” by die onderskeie rassegroepe.
Ohlhoff (1999:96) verwys rondom Van Wyk Louw se “Raka” na Raka as “die
ander” wat buite die kraal rondsluip en die stam se (kulturele) voortbestaan
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
270
bedreig. In hierdie verband haal Ohlhoff die verduideliking van hierdie begrip
(“die ander”) deur Hawthorn (1994:141) aan:
To characterize a person, group, or institution as ‘other’ is to place them
outside the system of normality or convention to which one belongs
onseself. Such processes of exclusion by categorization are thus central
to certain ideological mechanisms… If members of a given racial group
are collectively seen as other, then how they are treated is irrelevant to
what humanity demands – because they are other and not human.
Daar is ook in hoofstuk 5 talle voorbeelde van bogenoemde standpunt uitgewys
(waarvan onder meer die narratiewe voor die WVK, soos deur Antjie Krog
oorvertel, sprekende bewys lewer). Uiteraard het hierdie sienings ook in die
Afrikaanse letterkunde neerslag gevind en op hulle beurt weer gelei tot die
neerslag van die “verdrukkingsmites” binne dieselfde letterkundige sisteem.
February (1998:15) wys daarop dat “gekleurde Afrikaanssprekers” reeds in die
laaste twee dekades van die negentiende eeu (ná die oprigting van die GRAkoerant en die publikasie van die eerste “versies”) “gereeld benut (is) as komiese
spreekbuise in gediggies.” February se afleiding is dat die lede van die
inheemse bevolking vir Du Toit en sy genote eerder “homo ludens” as “homo
sapiens” verteenwoordig het.
Die eerste werklike bewys van stereotipering rondom “anderskleurige”
Afrikaanssprekendes, word gevind in J. Lion Cachet (1838-1912) se gedig, “Die
Afrikaanse Taal” waarna reeds verwys is in hoofstuk 4 rondom die
Afrikanermites. Hiervolgens is die taal “’n arme Boerenôi”, wie se “edel bloed” en
“hoog geslag” te danke is aan haar Hollandse pa en haar liewe, mooie Franse
ma. Ander mense ervaar die taal egter nog nie as “edel” nie en “skel (haar) uit
vir Hotnotsmeid” – ’n onteenseglike verwysing na die feit dat anderskleuriges
(Koi en slawe) begin het om hulle variant van Hollands/ Afrikaans te praat en dat
die taal daarom met hierdie “mense van laer stand” geassosieer is. As daar in
gedagte gehou word dat bruin mense sedert die tyd van Lion Cachet en nog tot
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
271
in die eie tyd meestal moedertaalsprekers van Afrikaans was/is, kan ’n mens jou
afvra wat hulle persepsie sou wees van hulle eie moedertaal se negatiewe
koppeling in die gedig met ’n sogenaamde “hotnotsmeid”. (Die taalvariëteite van
(hoofsaaklik) bruin sprekers, naamlik Kaapse Afrikaans en Griekwa-Afrikaans,
word steeds deur baie mense as minderwaardig gesien – as ’t ware nog steeds
die taal van die “hotnotsmeid” – AMJ.)
Dit is nie verbasend nie dat February beweer:
Die basis van die gespletenheid ten opsigte van die sprekers van
Afrikaans wat later taksonomies as Kleurlinge aangedui sou word, lê
opgesluit in die eerste literêre tekste van Afrikaans (1998:19).
Soos uiteengesit in 4.4.2 hierbo was dit veral die Afrikanermites wat in die eerste
dekades van die twintigste eeu hulle neerslag in die Afrikaanse letterkunde
gevind het. Die “ander stemme” is nog beswaarlik in hierdie tyd gehoor.
Willemse (1999b) skets die situasie op sy jeugdorp in die Kaapkolonie, waar daar
in die dekades na 1948 ook “aparte biblioteke “was. Die biblioteek vir sy mense
was gewild: daar het mens geesgenote ontmoet, terwyl daar hoofsaaklik
Afrikaanse boeke uitgeneem is. Enkele mense het “na Engels geaspireer” en
daarom na BBC geluister “om hul elokusie reg te kry”, maar die “oorgrote
meerderheid het net nodig gehad om te luister na die ryk Bolandse Afrikaanse
aksente om te weet wat hulle taal is.”
Nie sonder ironie nie skets Willemse die inhoud van hierdie “gewilde Afrikaanse
letterkunde”: daar was “wasbleek vroue en donker, maar nie té donker, net
effens getênde mans.” Hulle eie groep het net voorgekom in die boeke wanneer
hulle rydiere koudgelei het of ander plaaswerk verrig het en die baas hulle “so
nou en dan met vuis en sambok onder bedwang (ge)bring (het).”
Willemse se afleiding is verstaanbaar:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
272
Die Afrikaanse letterkunde was ’n letterkunde van vervreemding… Hulle
moes saamleef met die kontradiksie dat hulle in die letterkunde, wat in
hulle taal geskryf is, bywoners is.
Roos (1998:42) verwys na die standpunt van Coetzee (1990:19) wat met
betrekking tot die literêre tendense van die dertiger- en veertigjare opmerk dat
“gekleurde en swart mense feitlik altyd uitgebeeld is binne kategoriserende
milieus (op die plaas of in die veld), leefomstandighede (binne primitiewe
stamverband of as swerwers of plaaswerkers) en kultuur (wat barbaars,
komieklik of folkloristies interessant is).” Die afleiding is dat die “verbete
rassekonflik nie literêr gereflekteer is nie.” Wat wel gebeur het, is dat die wit man
uitgebeeld is “asof vanselfsprekend in durende voogdyskap oor minderwaardige
mense.”
Volgens Willemse kan die eksklusiwiteit van die Afrikaanse letterkunde
geïllustreer word deur die wyse waarop die “formele toetrede” tot dié letterkunde
van bruin skrywers soos S.V. Petersen, P.J. Philander, Arthur Fula en Adam
Small verloop:
Ironies genoeg word hierdie skrywers aanvanklik hartlik verwelkom, as
uitsonderlik voorgestel en onmiddellik gestereotipeer om later subtiel in ’n
aparte ghetto op die rand uitgestoot te word.
Na die rol en impak van Adam Small in die Afrikaanse letterkunde is reeds in
hoofstuk 5 rondom “bruin” mites verwys. Olivier (1999:565) verklaar
onomwonde:
In Small se werk word die maatskaplike en politieke posisie van die
sogenaamde bruin Kaapse mense (die Kleurling, soos hulle polities
geklassifiseer was) toegelig. Alhoewel hierdie aspek van die SuidAfrikaanse samelewing reeds verwoord is deur veral S.V. Petersen, P.J.
Philander en ook Peter Blum, word dit nêrens so volgehou en op satiriese
wyse uitgewys as in die werk van Small nie.
Small se eerste twee bundels, Verse van liefde (1957) en Klein simbool (1958)
raak reeds temas rondom die politieke werklikhede van die land op daardie
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
273
stadium aan, en veral die laaste stuk dui op ’n “betrokkenheid by die SuidAfrikaanse aktualiteit” (Olivier 1999:567). Die slot van hierdie bundel word later
woordeliks teruggevind in Small se politieke opstelle, Die eerste steen?(1961).
Die bekende Bybelgedeelte van 1 Korinthiërs 13 word hierin soos volg herskryf:
Toe ek ’n kind was het ek gehaat soos ’n kind, maar noudat ek ’n man is
het ek lief soos ’n kind.
As daar nou swart en bruin en wit bly, is die grootste hiervan vir my die
liefde.
Ironies genoeg is die genoemde politieke opstelle opgedra aan “my mense, die
Afrikaners” (my kursivering). Olivier meen dat Die eerste steen? “’n aangrypende
formulering (is) van die grootste tragedie van die Afrikanervolk…” (p. 568).
Vanaf sy 1961-digbundel, Kitaar my kruis, begin Small om in Kaapse Afrikaans te
dig. Olivier meen dat die rede vir hierdie oorskakeling na Kaaps is dat “hierdie
poësie strydpoësie wil wees” en dat dit wil praat “met en deur die stem van die
onderdrukte Suid-Afrika wat in hierdie bundel op soek is na ’n leier om hulle uit
die ‘wildernis’ te lei.”
Daar is ook reeds in hoofstuk 5 verwys na die groot impak van Small se
“merkwaardige debuutdrama” (Olivier 1999:573), Kanna hy kô huistoe, en sy
satiriese “nuwe verse” ná 1994, opgeneem in Willemse e.a. (1997). Die neerslag
en “durendheid” van die mites is myns insiens onteenseglik verwoord in die
volgende strofes:
Oe die dinge hang innie lug
Soes ’ie gieste van Paulus
kos hulle’s memories
en so, at will
ko’ hulle, met vlerke wat wapper of stil-stil
soes aasvoëls…
[…]
die memories…
-
En alles
die essentials vannie dinge Here - is niks
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
274
ma’ niks oek minder
as ’n storie…
(my kursiverings)
’n Digter wat beskou word as die wegbereider vir die poësie van die Sestigers en
hulle opvolgers (Odendaal 1998:251), Peter Blum, en wat as “vreemdeling” van
Suidoos-Europese herkoms krities gestaan het teen “die Suid-Afrikaanse en
Afrikaanse leefwêreld” was een van die vroeë stemme in die proses van
ontmitologisering van die Afrikanermites. In sy gedig, “Oor monnemente
gepraat”, in die bundel Steenbok tot poolsee (1955) stel hy ’n “Kaapse kjend” aan
die woord om kommentaar die lewer oor sy belewenis van die “Afrikanerheiligdom vir alle tye” (sien in hoofstuk 4 - 4.7.5 - die berig rondom die
hoeksteenlegging by die Voortrekkermonument). Die spreker verwoord sy
teleurstelling oor die betrokke monument soos volg:
Wat spog jul so met julle monnement?
Hy’s groot ma’ lielak, en hy staan so kaal
da’ op sy koppie. Wie’t vir hom betaal –
al daai graniet en marmer en sement?
O ja, hy’s groter as ’n sirkustent –
ma’ waa’s die pêd, die mooi nooi innie saal?
die lekka clowns, die leeus in hul kraal?
Nei, daa’s g’n spôts nie vir jou Kaapse kjend!
Odendaal (1998:255) redeneer oortuigend dat die ontluistering “minder
onskuldig” is as wat op die oog af blyk, en dat die “verskuilde” stem van die digter
duidelik waarneembaar is. Dit is onder meer opvallend dat die “hoogs
gekultiveerde, tradisionele sonnetvorm aangewend word deur ’n spreker wat van
die bestaan van so ’n digvorm waarkynlik onbewus is.” Odendaal meen dat die
gedig gelees kan word as “’n satirisering van ‘standaardtaal’ én van die
gekunstelde sonnetvorm én van alle uiterlike vormlikheid überhaupt.” Binne die
diskoers van hierdie studie sou ’n mens waarskynlik ook ’n saak daarvoor kon
uitmaak dat Blum se gedig (en ander gedigte van dieselfde digter) nie alleen die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
275
digterlike vorm en die standaardtaal wil ontluister nie, maar ook die
onderliggende mites.
Willemse (1999(b)) wys daarop dat die Afrikaanse letterkunde mettertyd sy eie
“teenpool” ingebou het (teen wat hy noem “die verlammende uitwerking van
Afrikaner-nasionalisme”). Een van die eerste skrywers wat as ’t ware vanuit
Afrikanergeledere “teen” die Afrikanermites in skryf, is Jan Rabie. Willemse
praat van Rabie se “grensverskuiwende werk” wat begin met die “stotterende
roman, Ons, die afgod, en voortgesit word met die Bolandia-reeks. Hiervolgens is
dit duidelik dat daar in skrywerskringe “kosbare wroeginge aan die gang was.”
Daar is reeds verwys na miteskepping rondom Ingrid Jonker, onder meer deurdat
president Mandela op 24 Mei 1994 in sy eerste toespraak in die nuwe parlement
verwys het na haar gedig, “Die kind wat doodgeskiet is by Nyanga”, wat sy ná die
Sharpeville-gebeure (vergelyk hoofstuk 5 – 5.5.3 ) geskryf het. Die universele en
“mitiese” swart kind spreek onteenseglik uit bykans elke frase van die gedig:
Die kind is nie dood nie
die kind lig sy vuiste teen sy moeder
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van vryheid en heide
in die lokasies van die omsingelde hart
Die kind lig sy vuiste teen sy vader
in die optog van die generasies
wat Afrika skreeu skreeu die geur
van geregtigheid en bloed
in die strate van sy gewapende trots
Die kind is nie dood nie
nóg by Langa nóg by Nyanga
nóg by Orlando nóg by Sharpeville
nóg by die polisiestasie in Philippi
waar hy lê met ’n koeël deur sy kop
Die kind is die skaduwee van die soldate
op wag met gewere en sarasene en knuppels
die kind is teenwoordig by alle vergadering en wetgewings
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
276
die kind loer deur die vensters van huise en in die harte
van moeders
die kind wat net wou speel in die son by Nyanga is orals
die kind wat ’n man geword het trek deur die ganse Afrika
die kind wat ’n reus geword het reis deur die hele wêreld
Sonder ’n pas
(my kursivering)
Veral die gekursiveerde frases is onteenseglik miteskeppend. Die kind:
•
“lig sy vuiste”;
•
loop in ’n “optog van die generasies”;
•
is paradoksaal “nie dood nie”, hoewel hy by die polisiestasie in Philippi lê
“met ’n koeël deur sy kop”;
•
is “teenwoordig by alle vergaderings en wetgewings”;
•
“trek deur die ganse Afrika”;
•
het “’n reus geword”; en
•
reis “sonder ’n pas” (in teenstelling met die “paswet” van die
apartheidsregering – AMJ).
Dit is in die lig van miteskepping soos dié in bostaande gedig, dat Mandela onder
meer in sy toespraak in 1994 kon beweer:
The certainties that come with age tell me that among these (mense op
wie Suid-Afrika met reg trots kan wees – AMJ) we shall find an Afrikaner
woman who transcended a particular experience and became a South
African, an African and a citizen of the world. Her name was Ingrid
Jonker. She was both a poet and a South African. She was both an
Afrikaner and an African. She was both an artist and a human being
(aangehaal deur Ohlhoff, 1999:218).
Soos voorheen genoem, het hierdie uitspraak op so ’n geskiedkundig belangrike
oomblik in die Suid-Afrikaanse werklikheid self weer hernude miteskepping
rondom die digteres in die hand gewerk. Dit is terloops ook interessant dat die
“retoriek van miteskepping” waarop in hoofstuk 4 rondom die Afrikanermites
gewys is, ook hier geld, deurdat die frase “she was both … and” drie maal
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
277
herhaal word, waardeur die impak van Jonker se “inklusiewe menswees”
beklemtoon word.
Volgens Willemse is die proses van ontluistering veral opvallend in die
“volksvreemde” poësie van Breyten Breytenbach, en in die romans van Etienne
Leroux, André P. Brink en later Elsa Joubert.
Etienne Leroux is by uitstek die Afrikaanse skrywer wie se werk in die raamwerk
van hierdie diskoers geplaas kan word. Malan (1982:19 en verder, aangehaal
deur Botha, 1998:587) praat van die “mitiese en mitologiese
verwysingsraamwerk” van die Leroux-oeuvre. (Dié onderskeiding tussen mitiese
en mitologiese is opvallend en onderskryf dieselfde onderskeiding wat in
hoofstuk 2 van hierdie proefskrif uiteengesit is – vgl. 2.3.1 teenoor 2.3.2.)
Die toekenning van die Hertzogprys (1964) aan Leroux vir sy vierdie roman,
Sewe dae by die Silbersteins (1962) het ’n “enorme kritiese belangstelling”
(Botha 1998:587) en polemiek ontlok. Botha wys daarop dat die teenstanders
van die bekroning die roman as “immoreel” en sedebederwend gesien het, en
van mening was dat die roman die “(Afrikaanse) gemeenskap […] (sou) aanstoot
gee deur openhartig, lughartig en met geïmpliseerde goedkeuring allerlei sosiale
en seksuele vergrype te beskryf.” Hierteenoor wys Grové (aangehaal deur
Snyman, 1990:24) daarop dat Sewe dae aansluit by ’n ouer tradisie, nl. dié van
Jan Lion Cachet in Die sewe duiwels:
Albei boeke hekel sondes in die maatskappy, maar Leroux se duiwels
verskyn net in gekompliseerder, ander gedaantes, dra ander maskers.
Botha wys daarop dat Leroux meermale met parodie werk. Die parodiëring is
enersyds ’n “disseksie” van literêre vorme en konvensies, maar andersyds ook
van “lewensbeskouings, gebruike, oortuigings, sodat die aard en samestelling
van hierdie inhoude opnuut beoordeel kan word, getoets kan word vir hul
bruikbaarheid en geldigheid” (Botha 1998:589). Dit is in hierdie opsig dat Leroux
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
278
se oeuvre as “moralisties-didakties” gesien kan word – ook wat betref sy
kommentaar op die Afrikaanse werklikheid (en Afrikaner-mites) van sy tyd. Veral
in Magersfontein, o Magersfontein! (1976) (waarvoor die Hertzogprys vir prosa in
1979 ’n tweede maal aan Leroux toegeken is) word “mites uit die
Afrikanergeskiedenis as verwysingsveld en terrein van ondersoek opgestel”
(Botha 1998:599) en gesatiriseer. Daar kan dus ook van Leroux beweer word
dat hy tot ’n mate teen die Afrikanermites in geskryf het, maar met as doel voor
oë “die soektog na die hart van ’n samelewing.” (Botha 1998:599).
Brink se oeuvre staan by uitstek in die teken van die ontmitologisering van die
Afrikanermites en daarmee saam as ’t ware die ondersteuning van die
“verdrukkingsmite”. As voorbeeld word enkele uitsprake uit Kennis van die aand
(1973) hierna aangehaal. (Let wel: alle kursiverings is my eie ter wille van
beklemtoning.)
… die enigste immoraliteit wat hulle gemeenskap ken: dat ’n wit meisie en
’n bruin man saam durf slaap…”
Dink aan jou pa en sy mense. Ek is niks, ek is ’n weeskind. Maar hý – hy’t
’n geskiedenis nes enige witman.
Dit kan wees dat my ma, of haar voorgangers, groot gedeeltes van die
oorlewering verdraai of uit die verbeelding aangevul het. Maak dit saak?
Ek het die vrywillig aanvaar soos dit aan my oorgelewer is, en ’n mitiese
moontlikheid kan waarder wees as feite.
“Dink jy nie ek veg ook vír iets nie?”
“Dit bly so vaag, Josef. Wáárvoor?”
“Vir iets wat so eenvoudig is dat dit belaglik klink. Ek veg vir die
elementêre reg om erken te word as ’n mens. Net dat iemand sal aanvaar
dat ek ook voel en dink en ly en glo soos ’n mens…”
Lindenberg (1998:315) wys wel op “verrassende swakhede” in Brink se werk ten
spyte van “besondere blyke van begaafdheid en veelsydigheid”, maar oordeel
uiteindelik dat Brink vir hom “’n besondere plek ingeslaan (het) met sy
ekplorasiedrif, sy vitaliteit en sy volgehoue poging tot besinning” (my
kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
279
Daar sou nog baie meer aanhalings uit Brink se werk gemaak kon word om
dieselfde standpunte te staaf, naamlik dat Brink se tekste die leser uitdaag om
“die Suid-Afrikaanse status quo” (van die sestigerjare en later) te bevraagteken
(Malan 1983:6; Johl 1986:19, soos aangehaal deur Beukes, 1998:316). Die
bostaande voorbeelde behoort egter myns insiens voldoende te wees vir die doel
van hierdie diskoers. Daar kan sonder vrees vir teenspraak beweer word dat
Brink doelbewus teen die Afrikanermites in geskryf het en bygedra het tot die
opbou van die mite van verdrukking. Die feit dat Brink in Afrikaans skryf
(alhoewel hy ook beskou word as die “mees vertaalde en mees internasionale
(Afrikaanse- AMJ) skrywer” (Senekal in Rapport, 20-11-88, aangehaal deur
Beukes, 1998:316) beteken egter ook dat Brink terselfdertyd help bou aan die
mite van Afrikaans as die taal van bevryding.
Wat die werk van Elsa Joubert betref, is daar reeds in hoofstuk 5 verwys na
miteskepping rondom Die swerfjare van Poppie Nongena (1978). Steenberg
(1998:531) stel dit soos volg:
Weens die ironie van Poppie se liefde vir Afrikaans teen die agtergrond
van die 1976-opstand teen Afrikaans in Soweto, noem Steward van Wyk
(1992:40) Poppie ’n anachronisme (my kursivering).
Ten spyte van Poppie se bykans “heroïese verdraagsaamheid” (Roos 1983:185
praat van die “heroïsme van verdraagsaamheid”) wat Poppie se lewe kenmerk
(bv. “as die Here wil – p. 276), is die afloop van die gebeure ironies genoeg dat
Poppie, “wat eintlik ’n soort almoeder word, haar lewensituasie op haar kinders
moet oordra” (Steenberg 1998:531).
Steenberg praat van die “aktualiteitsgerigtheid” van Elsa Joubert se werk. Daar
kan nie binne die bestek van hierdie studie aandag gegee word aan die volledige
impak van Joubert se oeuvre en die neerslag van die mites rondom Afrikaans
wat duidelik daarin waargeneem kan word nie. Daar word dus net nog kortliks
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
280
na haar 1995-roman, Die reise van Isobelle, verwys, onder meer omdat Botha
(Beeld, 30-11-1995) daarna verwys as ’n “vreeslose ondersoek van
Afrikanerskap.” In hierdie opsig pas die boek ook in as deel van die
Afrikanermites (soos in 4.4.2 hierbo), hoewel daar duidelik ook ’n kritiese
evaluering van dié mites in die loop van die grootse werk voorkom. Wat betref
miteskepping in die algemeen is die volgende uitspraak van Leonora rondom “die
onsekerheid oor die werklikheid” (Steenberg 1998:536) baie relevant:
Hoe juis kan ons enigiets voorstel? Selfs dit wat met onsself gebeur? Kan
ons die harte van die, wat naaste aan ons is, ooit peil? Ons kan maar net
versin. En aan ons versinsels glo” (28).
Die Reise begin in ongeveer 1893 met die ontmoeting tussen Emma Anderson
en die proponent Josias van Velde in Worcester en hulle latere huwelik. Irma is
die “Noordelike pendant van Emma van Velde”. Irma se lewe word “ingrypend
versteur deur die afwesigheid van haar man wat gaan veg, asook haar
liefdesverhouding met en swangerskap by ’n Franse diplomaat” (Steenberg
1998:536). Irma se dogter, Agnes Valeria, se herkoms is dus enigsins “onseker”.
In Deel I word veral die lotgevalle van vroue in die Victoriaanse (Kaapse)
gemeenskap voorgestel teen die agtergrond van “die Engelse
koloniseringsoorlog van 1899 tot 1920 en gepaardgaande verengelsingstendens;
die diversifiëring van Afrikanerskap tussen Suid en Noord en die kerk se ywer vir
buitelandse sending” (Steenberg 1998:536). In die volgende twee dele word
Belle, Agnes se dogter (en Irma se kleindogter), betrek by ’n hofsaak rondom die
“gehate Ontugwet” en hoor sy, as eggenote van ’n vryskutverslaggewer,
“eerstehands van die lyke ná die Sharpeville-slagting” (Steenberg 1998: 537).
Belle se dogter, Leo, is in die vierde deel op die voorgrond. Dit is die “era van
“plakkershutte” en die “Casspirs by Crossroads”. Volgens Steenberg is die
verwysing na die inhuldiging van president Mandela “duidelik bedoel om die
ketting van historiese gebeure waaraan die Van Velde-familie deel het, op ’n
moment van hoop af te sluit” (Steenberg p. 537).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
281
Steenberg meen dat Die Reise ’n plek verdien “onder die Afrikaanse romans wat
die hantering van die geskiedenis van die Afrikaner as tema het.” Hy som die
(miteskeppende – AMJ) elemente van die werk soos volg op (p. 537, 538):
(Elsa Joubert) gee […] aan haar worsteling met die identiteitsvraag ’n
nuwe dimensie, naamlik ’n volkse selfs politieke dimensie… Die
voorstelling van die historiese ontwikkeling van die Afrikaner gaan hier
gepaard met vindingryke weergawes van die verskillende denkklimate
waardeur hierdie karakters ontwikkel – vanaf die skynheiligheid en
mannekultus van die koloniale Afrikanergemeenskap net voor die
eeuwending en die Brits-Afrikaanse militêre konflik tot by die ‘volkseuforie’
(612) van die demokratiese Nuwe Suid-Afrika.”
Daar kan ook kortliks na die werk van Anna M. Louw (gebore 1913) verwys word.
Haar prosawerk Twenty days that autumn (1963) handel oor die twintig dae net
na Sharpeville en beweeg volgens Van der Merwe (1998:605) “op die
grensgebied van literatuur en politieke verslaggewing, ’n gebied wat in die
sewentigerjare verken word deur André P. Brink, John Miles, J.C. Steyn en Elsa
Joubert.” In twee latere romans, nl. Die banneling – Die lyfwag (1964) en Die
groot gryse (1968) is president Paul Kruger – die “heilige ou man” (Van der
Merwe, p. 605) – die sentrale (en mitiese) figuur. Die temas van die twee
“Kruger”-romans is dié van godsdiens en volksverbondenheid.
Anna M. Louw se roman, Kroniek van Perdepoort (1975), word beskou as die
hoogtepunt van haar oeuvre. Volgens Van der Merwe (p. 606) maak
“taalgebruik, karakterbeelding en lewensinsig dit ’n grootse roman.” Wat van
belang is vir die mite onder bespreking is die ontluistering van die “idilliese
boereplaas-opset” en die hoogmoed van die wit mense wat “met hul prag en
praal […] hulself verhewe (ag) bo die bruin mense”(p. 607). Die preek van die
wit predikant herinner egter daaraan dat “hoogmoed voor ’n val kom.” Bykans
profeties is die volgende verhaalgegewe, soos saamgevat deur Van der Merwe
(1998:607,608):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
282
Wanneer die kis van Koos Nek onverwags val, is dit ’n illustrasie van dié
waarheid. Waar Koos se kis val, ‘styg’ Fielies (die seun van die blanke
Kobus en sy bruin bediende, Mietjie – AMJ) s’n, want hy word begrawe op
die grond van sy blanke vader Kobus, die grond waar hy tydens sy lewe
nie kon woon nie. Die dood is dus die groot gelykmaker. Ook die
minagting wat sommige van die bruin mense vir die Lotriets het (36) en
die feit dat Kolie saam met die bruin mense is wanneer hulle begrafnis
hou, herinner daaraan dat die einde van die Lotriets se heersersposisie in
sig is” (my kursivering).
(Metafories gesproke sou daar beweer kon word dat “die einde van die ‘Lotriets’
(wit Afrikaners – AMJ) se heersersposisie” minder as twee dekades ná die
verskyning van Kroniek van Perdepoort werklikheid geword het.)
Wat betref die “buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke” (Willemse,
1999(a):3-20) word die stelling deur die skrywer gemaak dat die aparte
verwysing na “buite-kanonieke” skeppings “nog ’n keer die sentrum van die
Afrikaanse letterkunde (definieer).” Willemse stel dit soos volg (1999(a):3):
Die begrip kanon soos die begrip dominante kultuur, staan in regstreekse
verhouding tot sosiale beheer en die mag tot kulturele produksie en
reproduksie (die laaste kursivering my eie).
Die siening van “mag tot kulturele produksie en reproduksie”, dit wil sê die
standpunt dat “mag” vereis word om kultuurprodukte te (re)produseer, is myns
insiens tot ’n mate aanvegbaar. Geen mag op aarde kan immers
kultuurskepping (kulturele produksie) totaal onderdruk nie. Die vroeë Afrikaanse
skeppinge waarna reeds verwys is (sien February, 1998:3-20) het immers
ontstaan binne ’n sosiale sfeer wat die “jong Afrikaners” geensins simpatiek
gesind was nie, en waar die “dominante kulture” Engels (of selfs Nederlands)
was. Die kultuurskeppinge het dus “teen” die sosiale beheer van die tyd in
ontstaan. Daar moet egter toegegee word dat “kulturele reproduksie” (die
“uitgee” van kultuurprodukte) meer problematies mag wees wanneer die sosiale
beheer (en dus onder meer ook die ekonomiese middele) nie by die betrokke
groep wat die produkte lewer, berus nie. Ook in hierdie opsig sou egter
metafories verklaar kon word: Waar ’n wil is, is ’n weg. Dit was sekerlik nie die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
283
sosiale beheerstrukture wat in die eerste vier dekades van die twintigste eeu die
“Afrikaner”-letterkunde uitgegee het nie, maar “selfgestigte” uitgewershuise met
“mitiese” name soos “Voortrekkerpers” en “Nasionale Pers.”
Willemse wys daarop dat die kanon nie stabiel is nie omdat dat daar “’n
aantoonbare wisselwerking tussen kulturele (spesifiek: literêre) waardes en
sosiale mag bestaan” (p. 3). Voorts word die kanon ook onderwerp aan
“praktiese beperkinge soos uitgewerspraktyke, versamelbundels, politieke en
literêr-tegniese sensuur.”
Wat betref die totstandkoming van drie belangrike Afrikaanse
poësiebloemlesings (Digters uit Suid-Afrika, 1917, E.C. Pienaar ; Groot
Verseboek, 1951, D.J. Opperman en SA in poësie/ SA in poetry, 1988, J. van
Wyk en ander) wys Willemse daarop dat die kanoninseringsproses in hierdie
gevalle tekenend was van die invloed van “eietydse sosiale impulse”. Hieruit lei
hy dan af dat “tydgenootlike sosiale ervaringe – soos ’n dominante klasseposisie
en die neerslag van sosiale mag of smaak – ’n fundamentele rol in die
konstruksie van die Afrikaans kanon (ge)speel (het).” (p. 4) Willemse se slotsom
in hierdie verband is:
Met die tagtigerjare ontwikkel ’n groter aandrang op die relatiewe waarde
van die Afrikaanse poësiekanon. Dit word nie meer beskou as ’n
onskuldige keur uit die beste werke in ’n tradisie nie, maar sou bestempel
kon word as die institusionalisering van daardie werke wat die dominante
orde die beste verteenwoordig. In dié opsig dien kanonieke tekste, en die
kritiese metodiek wat dit tot stand gebring het, om ’n bestaande
hegemonie te legitimeer (p. 7) (my kursivering).
In die tweede afdeling van sy oorsig wys Willemse op die enorme skat van buitekanonieke Afrikaanse tekste, en beskryf hy dié tekste as behorende tot “meesal
onderontdekte wêrelde.” (p. 9). Willemse gee veral aandag aan drie sfere van
die buite-kanonieke, nl.
•
die literatuur van marginale groeperinge;
•
populêre literatuur; en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
284
•
die Afrikaanse mondelinge tradisie.
Willemse se standpunt is dat kulturele uitinge wat nie “die dominante waardes
deel nie, […] geïgnoreer, doodgeswyg of uitgestoot (word) na ’n randgebied.”
Voorbeelde hiervan gee is die geskrifte van die die sogenaamde
Klerewerkerskrywers (1929-1945) en van “swart Afrikaanse skrywers (sedert
1977).” Volgens Willemse is dit, “gegee die huidige persepsies rondom
Afrikaans, (as verdrukkerstaal, ook van die “werkers”? – AMJ) ironies dat SuidAfrikaanse werkers vir die eerste keer konstant in die taal uitdrukking gekry het”
(p.10). Hoewel baie van hulle geskrifte die rol van die “werkendeklas” uitbeeld,
wys hulle gedigte (bv. dié van Johanna Cornelius, 1939) “nie noodwendig die
emosionele identifikasie met die Afrikaner-nasionalistiese etologie af nie.” In
teenstelling egter met die “kulturele wasdom vir die Afrikaner-elite” in die
(gekanoniseerde – AMJ) poësie van Dertig, staan die literatuur van die
Afrikaanse armblankes/ werkers “in die teken van die oorlewingstryd van
verarmde, verstedelikende Afrikaners” (p. 10).
Van belang vir die mite onder bespreking is egter veral Willemse se standpunt
dat “ook ’n huidige geslag swart Afrikaanse skrywers as “buite-kanoniek beskou
(word)” (p. 11). (Ter wille van duidelikheid moet gemeld word dat Willemse feitlik
sonder uitsondering die terminologie “swart” as inklusief vir “bruin“ en “swart”
mense gebruik – AMJ.) Willemse wys daarop dat meer swart Afrikaanse digters
sedert 1977 publiseer as in die vier voorafgaande dekades en skryf dit toe aan
“onder meer die bewustheid van kulturele dominansie wat die
swartbewussynsbeweging (sien hoofstuk 5 – 5.5.3 – AMJ) meegebring het, ’n
verhoogde politieke bewustheid en ’n groter wordende intellektuele middelklas”
(p. 11). In die skryfwerk van hierdie groep skrywers geniet veral “sosiaalpolitieke aangeleenthede voorrang” en is daar “in vergelyking met die
gekanoniseerde Afrikaanse letterkunde duidelik literêr-histories, sowel as
sosiaal-politieke onderskeidings.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
285
Patrick Petersen (1991:21) meen dat bewuste kategorisering van “swart
Afrikaans” noodsaaklik geword het , en verwoord hierdie noodsaak soos volg
(aangehaal deur Willemse, 1999:11):
Ons moet nie nou skuldgevoelens oor swart Afrikaans ontwikkel nie…
Daar is plek in die toekoms vir begrip… [D]it is ook vanuit hierdie hoek dat
Afrikaans bevry geraak het en aanvaarbaar geword het… Swart Afrikaans
is ’n stuk bevryde Afrikaans (my kursivering).
In hierdie uitspraak word dus nie soseer die mite van Afrikaans as
verdrukkerstaal verwoord nie, maar ook en veral die mite van Afrikaans – en dan
volgens hierdie geleerdes veral “swart” (“bruin” - sien die uiteensetting van
“swart” en “bruin” in hoofstuk 5) Afrikaans - as taal van bevryding.
Willemse wys daarop dat die nuwe groep swart Afrikaanse skrywers hulle
“bewustheid van die individuele groepsposisie” uitdruk deur in navolging van
Adam Small in Kaapse “werkersklas-Afrikaans (of Kaaps)” te skryf en sodoende
afstand te bewerkstellig met die “algemeen-beskaafde” Afrikaans. Kaapse
Afrikaans word in dié gevalle “konstant as ’n faset van ’n ondermynende estetika
geformuleer” (p.11). ’n Voorbeeld hiervan is Peter Snyders se gedig.
“Moedertaal” (1992:7):
Kind, as djy wil regte Afrikaans praat,
Doenit!
Dis waam mamma jou lat opleerit;
kritisaais skrywers wat skryf
soes mamma praat,
maa moenie ve’wag
mamma moet nou change nie.
Alhoewel die sogenaamde “populêre literatuur” ook nie deel uitmaak van die
Afrikaanse literêre kanon nie (sodat onder meer ’n bedrewe en baie produktiewe
skryfster van goeie gehalte Afrikaanse liefdesromans soos Tryna du Toit
uiteraard buite die kanon val) oordeel Willemse dat sodanige populêre
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
286
kultuuruitinge kan dien as “kernbronne vir die artikulasie en vestiging van etiese
samelewingstandaarde” (p. 13).
Die laaste sfeer van die buite-kanonieke letterkunde waaraan Willemse aandag
gee, is dié van die orale tradisie. Die skrywer meen dat dit juis die klem op
“skriftelikheid, intellektualisme en die invloed van die gevestigde Europese
literature” is wat tot gevolg gehad het dat “een van die rykste Suid-Afrikaanse
orale tradisies reeds vroeg met die aanvang van die Afrikaanse
literatuurkonstruksie gemarginaliseer is tot folkloristiese verskynsels wat streng
van die geskrewe letterkunde onderskei moes word” (p. 13). Wat betref die mite
onder bespreking is dit van belang dat Willemse “oraliteit” of “mondelinge
oordrag” nie beperk tot “gefossileerde oordraginge” nie (p. 14), maar daarop wys
dat hierdie verskynsels ook “in die eietydse omgewing” ondersoek kan word:
Die lewendige vertellerstradisies onder die Griekwas, die Richtersvelders,
maar ook in stedelike gemeenskappe is van belang. ’n Voorbeeld van die
stedelike ontwikkelinge is die opkoms van ’n geslag people’s poets wat
onder meer Afrikaans as taal van politieke verset in die tagtigerjare
(omstreeks 1985-1989) gebruik het.
Voorbeelde van orale “versetpoësie” wat deur Willemse genoem word, is die
voordrag van die digter, Sandile Dikene, (“O, laat my dig” – 1990) en die
versetliedere wat in dié tydperk gesing is, waarvan die volgende ’n voorbeeld is:
PW is ’n terroris (x3)
Le Grange is ’n murderer (x3)
Ma, ek wil ’n Casspir hê (x3)
Ma, ek wil ’n Buffel hê (x3)
want ek wil die boere moer.
Willemse se slotsom wat betref die buite-kanonieke Afrikaanse kulturele praktyke
is dat die Afrikaanse literêre kanon “’n hoogs geselekteerde gegewe is” (p. 16).
Hierdie seleksie geskied in ooreenstemming met die “sosiale diskoerse” van die
tydvak en “berus tot ’n groot mate op die uitoefening van sosiale en politieke
mag.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
287
Die afleiding wat gemaak kan word op grond van bostaande weergawe van die
belangrikste momente van Willemse se oorsig, is dat kanoniseringsprosesse in
die Afrikaanse letterkunde van die twintigste eeu ook onmiskenbare getuienis dra
van die neerslag van die mites wat in hierdie proefskrif aan die orde gestel is.
Verskillende groepe in die Suid-Afrikaanse samelewing het met ander
woorde ook binne die letterkundige sisteme (formeel of informeel)
miteskepping as singewing verwoord of ingespan.
Van Vuuren (1999:245 en verder) gee in haar oorsig oor die Afrikaanse poësie
van 1960-1997 deeglik aandag aan “miteskeppende gebeure” (AMJ) soos die
“hervestiging van swart en bruin mense onder apartheid as ’n kunsmatige vorm
van sosiale ‘engineering’ om stede te ontruim van sogenaamde ‘black spots’” (p.
246) asook aan Sharpeville (1960) en die Soweto-skoolopstande van 1976.
Daar is in hoofstuk 5 van hierdie studie reeds redelik breedvoerig na al dié
gebeure verwys.
Van belang is egter Van Vuuren se oordeel oor die impak hiervan op Afrikaans
(p. 247):
Die assosiasie van die gewelddadige gebeure met Afrikaans as taal
veroorsaak ’n verharding teenoor Afrikaans wat nog vele generasies lank
sal nágalm (my kursivering).
Die skryfster haal ook in hierdie verband die “tronkgedig” van Breyten
Breytenbach, “Taalstryd” (uit Lewendood:143) aan. (Die titel van die gedig is
duidelik ’n ironiese verwysing na die “mitiese Afrikaner-taalstryde” van ouds,
terwyl die neerslag van die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal weer
onteenseglik uit die volgende reëls van die gedig blyk – AMJ):
Ons is oud.
Ons taal is ’n grys reserwis van meer dan honderd jaar
Met die vingers styf om die snellers…
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
288
Die politieke krisisse van die tagtigerjare en die radikale omwentelinge van die
negentigerjare het volgens Van Vuuren “op verskeie wyses direkte of indirekte
effek op literêre uitinge” in Afrikaans gehad, waaronder die voorkoms van
“tronkliteratuur en outobiografiese geskrifte” (p. 247).
In die afdeling getitel “Politieke strydverse” (p. 278 en verder) verwys Van Vuuren
na Breytenbach se “skrynende anti-apartheidsverse” in Kouevuur (1969) en
Skryt. Om ’n sinkende skip blou te verf. Verse en tekeninge (wat in 1972 in
Nederland gepubliseer is). Volgens die skryfster het hierdie verse “’n feller toon
as enigiets wat tevore in Afrikaans gepubliseer is” (p. 279).
Die “struggle-poësie” van die Kaapse vlakte stel ’n “kollektiewe stem” aan die
woord, wat egter hoofsaaklik in Engels skryf en van wie die gedigte in die SuidAfrikaanse Engelse kanon opgeneem word (p. 279,280). Daar is egter wel
Afrikaanse “struggle-gedigte” in die bundel van Wopko Jensma, where white is
the colour where black is the number (1974), soos onder meer “Halte Calvyn” en
“Bram Fischer gasink.”
Van Vuuren (p. 280) haal voorts etlike bundeltitels aan van bruin Afrikaanse
digters ná 1960, by wie miteskepping rondom die verdrukkingsmite
onmiskenbaar neerslag gevind het. Sy noem onder meer die werk van Julian de
Wette, S.V. Petersen (Die kinders van Kain, 1960 en ander), Philander (Vuurklip,
1960; Die bruin kokon, 1965 en ander) Vernon February (O snotverdriet – 1979),
Hein Willemse (Angsland, 1981), Peter Snyders (Political Joke, 1983 en ander),
Vincent Oliphant (Bloed vloei in stilte, 1983) en Jan Wiltshire (Die verkeerde
land/Das verkehrte Land, 1985 – in Duitsland uitgegee).
Van Vuuren wys op die polemiek in Rapport tussen Charles Fryer as keurder en
uitgewer by Tafelberg-uitgewers en “die opkomende swart politieke skrywers in
Afrikaans.” (p. 281). Fryer beskryf sommige van die protesgedigte as “sonbesiepoësie” (onder meer dus “raserig” en “klanknabootsend sonder betekenisvolle
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
289
inhoud”). Petersen, Philander en Small is wel gekanoniseer as individuele bruin
digters, in teenstelling met die “kollektiewe groep Kaapse Vlaktedigters”, wie se
uitsluiting deels berus het op “estetiese gronde, deels om die politieke inhoud
van die verse” wat dus deur die “gevestigde Afrikaanse literêre gemeenskap
(uitgewers, resensente uit die hoofstroom, ensovoorts) min of meer doodgeswyg
(is)” (p. 281).
In 1985 verskyn ’n verslag van die sogenaamde Swart Afrikaanse
skrywersimposium by die Universiteit van Wes-Kaapland. Van Vuuren wys
daarop dat die simposium die konsolidering is van “bruin skrywers onder die
‘geleende’ kollektiewe kwalifisering van ‘swart’ en dat dit lei tot verdere bundels
en bloemlesings “met sterk politieke weerstandspoësie”, onder meer Patrick
Petersen se Amandla ngawethu (1985) (sien die verwysing na die
“ontstaansmites” in die betrokke bundel in hoofstuk 5 van hierdie studie) en die
bloemlesing, Aankoms uit die skemer (1988). (p. 280).
Die meeste van die genoemde bundels is deur “alternatiewe uitgewerye”
(Genadendalse drukkery, Prog, Domestica, Taurus, Kampen) uitgegee, waarvan
net Taurus “twee dekades lank bestaan het as alternatiewe uitgewery” (p. 281).
In reaksie op Willemse se standpunt (1987:204), nl. dat “die niehegemoniese”(swart Afrikaanse skrywer- AMJ) “koöptering” weier deur “’n
alternatiewe weg (te) bewandel […] deur kanale waar hy op sy kompromislooste
kan uiting gee”, wys Van Vuuren daarop dat die gevolg van so ’n standpunt is dat
die skrywer se lesersgehoor aansienlik verskraal word. Sy vra dan die volgende
(myns insiens belangrike) vrae:
[…] skryf hy dan nie juis om gelees te word nie? Ook deur die ‘literêrpolitieke heerser’? Hoe anders kan ’n literêre teks ’n kulturele ‘wapen’ in
die stryd om die verandering in die politieke bestel wees?… En wat is ’n
skrywer sonder ’n stem? (p. 280).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
290
Ten spyte van die feit dat die “verdrukkingsmite” poësie gelewer het wat
hoofsaaklik “’n fenomeen (was) van die anti-apartheidstryd, en daarom
tydsgebonde”(Van Vuuren, 1999:281) en dat ’n groot komponent hiervan buite
die amptelike kanon van die Afrikaanse letterkunde gebly het, kan daar sonder
vrees vir teenspraak beweer word dat die mite(s) van Afrikaans as verdrukkingsén protes-/bevrydingstaal baie deeglik in die genoemde poëtiese uitinge in
Afrikaans neerslag gevind het.
Wat betref die verwoording van “bruin” (of dan: “swart”) mites deur iemand wat
self die betrokke mite “geleef” het, kan daar laastens in hierdie afdeling verwys
word na die “onvergeetlike verhaal van ’n klein Noord-Kaapse gemeenskappie”
(Gerwel, 1995 op die agterblad van A.H.M. Scholtz se roman, Vatmaar).
Vatmaar is volgens die skrywer self “die storie van die bruinmense van SuidAfrika”:
Hulle het nie uit die Noorde gekom nie en ook nie van oorsee af nie. Hulle
het híér ontstaan, opregte Suid-Afrikaners wat dalk eendag Azaniërs
genoem sal word (my kursivering).
Volgens Gerwel (op die agterblad) is die verskyning “’n merkwaardige
letterkundige gebeurtenis.” Hy wys naamlik op die feit dat Scholtz met weinig
van die “opsigtelike literêre geskooldheid van die tipiese Afrikaanse skrywer”
daarin slaag om sy verhaal te skryf met “verbluffende tegniese beheer oor die
[…] verhaallyne […] terwyl hy steeds die ongekunsteldheid handhaaf waaraan
die vertelling en uitbeelding hul egtheid en oortuigingskrag ontleen.” Die
verskyning van die roman is egter ook “verruimend vir Afrikaans” omdat dit teen
die historiese verenging inwerk, deur “iemand anders as ’n wit skrywer in
Afrikaans” geskryf is en “’n ganse genre van ras-gebaseerde Afrikaanse folk-lore”
in perpektief stel (my kursiverings).
Daar kan nie binne die bestek van hierdie studie ’n ontleding van die roman
gemaak word nie. Scholtz se verduideliking rondom die terminologie vir
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
291
verskillende (rasse)groepe en die aanvanklike “onskuldigheid” van dié
benamings (p.3 - 4) is egter baie interessant en insiggewend en word dus
volledig weergegee.
Die mense het verskillende woorde gehad om hulle landgenote te beskryf.
Hierdie name was destyds heeltemal betaamlik en aanvaarbaar, selfs dié
woorde wat vandag aanstootlik klink en nie meer gebruik word nie.
Die witmense wat teen die Engelse geveg het, is Boere genoem
(voordat hulle Afrikaners geword het) en die Engelse was Rooinekke.
“British subject” was gehate woorde by die Boere. Alle volwassenes wat
nie van oorsee af gekom het en nie wit was nie, is “boys” en “girls”
genoem. Die Engelse het bruinmense “Cape-boys” en partykeer
“Coloureds” genoem – vir die Boere was hulle basters of hotnots. Die
woord kleurling is toe nog nie gebruik nie. ’n Swartman uit Afrika was ’n
kaffir, en ’n Indiër was ’n koelie.
Die belangrikste aspek van Scholtz se uiteensetting is egter myns insiens sy
eksplisiete “verklaring” dat dié woorde wel soms “aspris gebruik (is) om ’n
persoon se gevoelens seer te maak” maar dat “die meeste van die tyd […] nie
een van die twee – nie die een wat die woord gebruik het en ook nie die een wat
so genoem is, van beter geweet (het) nie.”
Deur die loop van die verhaal is dit baie duidelik dat die “mite van wit
dominansie” goed gevestig was by sowel die wit mense van Du Toitspan en die
bruin mense van die aanliggende Vatmaar en ook by die swart mense met wie
hulle te doen gehad het. Stereotipering van die “donkerder” mense het natuurlik
nie uitgebly nie. “Siesie Lena” – ’n Griekwavrou van Postmasburg – wat die
swart man, Flippus, aangemoedig het om diamante op die delwerye van sy wit
baas te steel, se seun Janman stel die saak soos volg (p. 55):
As die Boere ’n eerlike kaffir het, veral nog een wat by hulle grootgeword
het en wat hulle kan vertrou, hou hulle altyd dop dat hy nie met ons slim
hotnots te doen kry nie. En hulle sorg dat hy nie agterkom dat ’n kaffir vir
hulle wittes altyd ’n kaffir bly nie…
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
292
Hoewel fyn spot nie uitbly nie, is die toon van die roman hoofsaaklik speels en
humoristies, en is die subtitel gepas: “’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie
meer is nie.” Scholtz se eie oordeel oor die mense van Vatmaar is dat hulle
“arm, eenvoudig, ongeslyp en teer (was). As ’n mens hulle verstaan soos hulle
is, word jy lief vir hulle” (1995, voorwoord: “Geagte Leser”).
Samevattend oor die neerslag van die mites onder bespreking in die
Afrikaanse letterkunde kan daar myns insiens nou herhaal word wat aan
die begin van hierdie afdeling reeds uitgewys is, nl. dat die letterkunde dié
sisteem is waarin die mites rondom Afrikaans die onteenseglikste neerslag
gevind het.
6.5 Die polemiek rondom “Kersliedjie” van D.J. Opperman (as voorbeeld
van die impak van miteskepping by sommige van die deelnemende
polemici)
Die bespreking van die “Kersliedjie”-polemiek word weergegee soos dit
aangeteken is in die M.A.-verhandeling van N.J. Snyman met die titel Misvattinge
oor die literatuur in Afrikaans soos weerspieël in vier polemieke – ’n historiese
oorsig. Bladsyverwysings is na die Snyman-teks.
“Kersliedjie” het in 1952 in Standpunte verskyn en is later opgeneem in
Opperman se bundel, Blom en Baaierd (1956). Die gedig is in die aanhef tot
hierdie hoofstuk volledig aangehaal. Aanvanklik het die gedig geen reaksie
uitgelok nie, totdat dit op 3 Januarie 1958 opnuut oorgedruk is in “Die Lewe”
(onder die opskrif “Woordkuns”), ’n byvoegsel tot Die Transvaler. Die polemiek
wat toe ontstaan het, het slegs tien dae geduur voordat dit deur die redakteur
van die koerant gesluit is. Daar was egter ook weer briewe rondom die saak in
een aflewering van Die Huisgenoot (21 Februarie 1958).
Die briefwisseling gedurende die tien dae getuig volgens Snyman van
“uiteenlopende insig, temperament en intelligensie onder die leserspubliek.” (p.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
293
59). Alhoewel hierdie siening van Snyman myns insiens volkome geldig is, kan
daar geargumenteer word dat die inhoud van die briefwisseling ook baie sterk
getuig van die neerslag van die mites in die lewe van die deelnemers aan die
polemiek.
Voordat die verskillende standpunte belig word, kan daar kortliks na die gediggegewe gekyk word en ’n persoonlike waardeoordeel daaroor uitgespreek word.
Soos die titel van Opperman se gedig aandui, word die “verhaal” van Kersfees in
die vorm van ’n liedjie met eenvoudige versreëls (rymende koeplette)
weergegee. Dit is reeds in die eerste strofe duidelik dat die Bybelse gegewe
getransponeer word om binne die Suid-Afrikaanse opset te pas:
•
Die “herders op die ope velde” word drie (terselfdertyd verwysend na die
“drie” wyse manne wat in die Kersverhaal ingelees word - AMJ) ”outas in
die haai Karoo”;
•
Die pad waarlangs hulle loop is ’n Karoo-landskap met “plakkie, klip en
syferfontein”;
•
Die nederige stal in Bethlehem is nou geleë in die Kaapse “arm buurt”
(wat later gesloop is), naamlik Distrik Ses;
•
Die “goud, wierook en mirre” van die Wyse Manne uit die Ooste, word
“skaapvet, eiers en biltong”;
•
God se seun – die baba Christus – word “God se klong”; en
•
Die “Verlosser” word ook verlosser/redder van dié volk (by implikasie die
bruin mense/swart mense van Distrik Ses).
Myns insiens kan “Kersliedjie” gesien word as ’n “vertaling” van die Bybelse
verhaal in die “taal” van ’n groep Afrikaanssprekendes wat, soos reeds dikwels in
die loop van die voorafgaande diskoers uitgewys is, dikwels gemarginaliseer is.
Dit is ook myns insiens baie duidelik dat Opperman sy “Kersliedjie” met groot
deernis teenoor die betrokke groep – maar met ewe groot respek vir die gebeure
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
294
rondom Kersfees – geskryf het en dat geen “spot”, of “godslastering” (p. 60)
hoegenaamd geïmpliseer of beoog word nie, selfs nie wanneer die slotreëls
verwys na die “broeis bantam” se “agterdogtige gekloek” nie.
Die volgende is sommige van die “protes”-uitsprake wat in die loop van die
polemiek voorgekom het, en soos volg deur Snyman gekategoriseer is:
a. Spot (p. 59, 60)
•
7 Januarie: “Geskokte Student”: Ek kan nie woorde vind om my misnoeë
uit te spreek by die aanhoor van sulke vulgêre spottery nie.
•
8 Januarie: S.M. Venter: Vir my en seker honderde saam met my is dit ’n
bespotting van die geboorte van Christus.
•
W.J. Ferreira, Vaalrivierskool, Standerton:
(Die datum van die bydrae word nie gegee nie, maar daar moet
saamgestem word met Snyman se oordeel dat Ferreira “uitermate
emosioneel was.” Die uitsprake dui ook baie sterk op die impak van “eng”
miteskepping by die korrespondent – AMJ)
Ek het net een raad vir u (die redakteur) en vir mnr. Opperman; want God
gaan julle slaan: klee julle in sak, gaan sit op die ashoop, strooi as op julle
hoofde en smeek die Almagtige om julle hierdie sonde te vergewe want
julle probeer Sy Seun bespotlik voor te stel by die Afrikanervolk” (my
kursivering).
b. Laster
Die korrespondent wat veral op die lasterlike elemente in die gedig wys, skryf
in Die Huisgenoot van 21 Februarie dat die frase “God se klong” hom geskok
en “teen die bors gestuit” het – “want hier is die toon uiters disrespekvol en
keur ek dit ten strengste af” (p. 61).
c. Die kunstenaar verdag
Baie stellings van die korrespondente plaas die kunstenaar en by implikasie
ook sy kuns onder verdenking (p. 61). Een briefskrywer (“Normaliet”, 16
Januarie) stel dit baie kras:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
295
Vir Opperman, vir wie ‘Golgota en Brussel’ ook dieselfde is, is daar geen
verskil tussen die Seun van God en ’n Klong van Distrik Ses nie…
Hedendaagse digters, van wie Opperman ongetwyfeld een is, het geen
respek of eerbied meer “vir wat heilig en loflik is nie.”
Daar word selfs deur briefskrywers verwys na “twak van hierdie aard” en na
die digter as “’n japsnoet” (Opperman was agt-en-dertig toe hy die gedig
geskryf het – AMJ), terwyl die “moderne digkuns” getipeer word as die
pasmaat van die “eendekuif- en ruk-en-rolkultuur” (wat in die vyftiger- en
sestigerjare die konserwatiewe gemeenskap se netjiese kuiwe regop laat
staan het! – AMJ).
d. Kwetsing van die gelowige
W.J. Ferreira skryf in mities-gelaaide (metaforiese) taal hoe diep gekrenk hy
voel oor die “gewraakte woorde” (p. 62), “God se klong”:
As u moet aanskou hoe die edelste en skoonste volksmoeder van SuidAfrika met die vuilste afval van die wêreld in die gesig gegooi word, sal u
’n vae idee kry van die gevoel wat by die ware gelowige opkom by die
aanskouing van die woorde: “God se Klong.”
In sy samevatting van die besware teen “Kersliedjie” (p. 63) wys Snyman dan
ook daarop dat die frase “God se klong” die meeste genoem is. Hierdie frase
is beskryf as “spot, laster, oneerbiedig, onnasionaal (sic) en kwetsend.”
Hierdie – myns insiens – skreiende gebrek aan insig in die aard van die
transponering van “Kersliedjie” na ’n ander werklikheid dui op gebrekkige
“geletterdheid” by die “beswaarmakers”, maar ook op die mate waarin die
mite van “bruin” minderwaardigheid en “uitsluiting”, asook die stigmatisering
van Kaapse Afrikaans as waarheid binne die betrokke gemeenskap gegeld
het.
Snyman wys dan ook daarop dat, met die uitsondering van een
korrespondent wat “bewys gelewer het dat hy nie onbekend is met die poësie
nie,” die res van die beswaardes “weinig literatuurervaring” openbaar.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
296
Die oorsig oor die “verdediging” van “Kersliedjie” word onder dieselfde vier
hoofde hanteer as wat die geval met die “aanval” is. Die belangrikste fasette
van die verdediging word hierna geparafraseer. Die klem is veral op dié
aspekte wat verband hou met miteskepping of ont-/hermitologisering rondom
die mites onder bespreking.
‘n Korrespondent (J. van der Westhuizen) wys op die feit dat die woorde “God
se klong” nie Opperman se woorde is nie, maar “dié van die kleurling, ’n
karakter in die vers uitgebeeld, en as genoemde kleurling na Christus verwys
as ‘God se klong’ kan dit gedoen word met die grootste eerbied en liefde” (p.
64) (my kursivering)
’n Ander korrespondent, wat onder ’n skuilnaam skryf, verduidelik dat die
woord ‘klong’ “vir die kleurlinge ’n alledaagse woord vir ‘seun’ is en nie ’n
spotwoord nie. As hulle dus praat van ‘God se klong’ bedoel hulle
doodeenvoudig ‘God se seun’” (p. 64).
“Ook ’n Student” (kennelik ’n satiriese sinspeling op die beswaarde “Geskokte
Student”) wys daarop dat die digter nie “met God wou spot nie” maar wel “met
ons opvatting.” Hy onderskryf voorts die mite dat die digter “’n volk se gewete
genoem word” en as sodanig beskou hy “Kersliedjie” as “werklik nasionale
poësie” (p. 65). (Die implikasie is myns insiens dat die korrespondent besef
dat daar probleme bestaan rondom die “opvatting” dat die bruin mense
uitgesluit is uit die Kersfeesverhaal, en dat die digter, as gewete van die volk,
“nasionale poësie” lewer wat hierdie valse opvatting uitwys en satiriseer.)
Die verdedigers ontken ook die aanklag van laster. Een van die
korrespondete werk egter onbewustelik mee aan die miteskepping rondom
die “eenvoudige kleurlinge” (sien Rademeyer se verwysing na die “agterlike
klompie wesens”, soos aangehaal in hoofstuk 5):
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
297
Opperman […] het net die geboorte van Christus uitgebeeld soos ’n
Kleurling dit in sy eenvoudige aanbidding gesien het.
Verdere stereotiperende uitsprake omtrent die aard van die “kleurlinge” se
aanbidding wat moet dien as verweer teen die aanklag van “kwetsing van die
gelowiges” word deur nog ’n korrespondent onder ’n skuilnaam gemaak (p.
66):
Hul (die “kleurlinge” se– AMJ) benadering tot God is sekerlik nie ons syne
nie. […] vir hulle is die gewyde liedere van meer belang as die preek
omdat dit die suiwerste uiting van hul gevoel is waarmee hul God wil
vereer.
Hul begrafnisse is vir my ook meer tragies, want dit is asof hulle nie
soos ons ten volle die hiernamaals kan verstaan nie (die korrespondent
het blykbaar ’n gawe ontvang om die “hiernamaals” te “verstaan” wat nog
nooit voorheen of weer daarna aan enige ander sterfling gegun is nie –
AMJ) en die verlies dus groter is. Hul gevoel van godsdiens ken hulle
alleen deur die klein dingetjies wat hulle om hulle sien en verstaan.
Die betrokke korrespondent bedoel myns insiens geensins om doelbewus
neerhalend teenoor die bruin mense te wees nie. Inteendeel, daar spreek ’n
groot mate van “deernis” uit sy bydrae. Dit is egter opvallend hoe diep die
mite van “bruin eenvoud” by hom vasgelê is, en hoe duidelik hy die “mitiese
skeidslyn” tussen “ons” en “hulle” trek.
Die waardering vir die gedig het volgens Snyman (p. 67) veral te doen met sy
“boodskap aan blanke Christene: “Het ons as Westerlinge nie al Christus vir
ons op selfsugtige manier toegeëien nie? Juis in hierdie land met sy
kleurvraagstuk spreek die digter ’n harde woord … Is dit dan nie juis ook vir
die skollie van Distrik Ses vir wie die Meester gebore is en gesterwe het nie?”
(my kursivering).
Verdere bewys van die neerslag van die mite van “wit voogdyskap” word in
die uitspraak van J.P. Roux gevind wanneer hy beweer dat die Christelike
evangelie “juis in dié land tot ons as blanke Christene kom met ’n ontsettende
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
298
taak van opoffering en selfverloëning” (p. 67). Roux wys voorts daarop dat
die kindjie die “blom” is en die “stukkende fles” die “baaierd” (dus verwysend
na die bundeltitel waarin die gedig voorkom) en dat die gedig ook ’n besinning
is “op ons kleurvraagstuk.” Volgens hom is die “drie outas” dankbaar omdat
die kindjie “ook dié volk sou red.” Van die wit mense (Afrikaners) wil hy nie
sonder ironie nie weet:
En is ons nie maar die “broeis Bantam” in die hoek van die stal wat oor die
“hele affêre” agterdogtig kloek nie? (p. 68).
Daar word nie vir die doel van hierdie bespreking ingegaan op Snyman se
uiteensetting van die standpunte van verskillende literatore oor “Kersliedjie”
onder die opskrif “literêre sienings” nie. Die konsensus van die literatore was
duidelik dat “Kersliedjie” veral die “kleurtema” aanraak, maar dat die gedig
“geen spotliedjie (is) nie” omdat daar “geen geringskatting” van die Bybelse
gebeure veronderstel word nie (p. 84). Daar word ook gewys op die feit dat
“klong” ’n “sametrekking is van kleinjong en ’n heeltemal skaflike
kleurlingbenaming vir ‘seun’. Snyman argumenteer voorts dat ‘klong’ in die
gedig met ’n kleinletter geskryf word en dus nie na Christus verwys nie, maar
na ’n “kind van God onder die kleurlinge” (’n lesing wat egter myns insiens
aanvegbaar is, aangesien die gegewe duidelik die Bybelse verhaal
transponeer na die “bruin” konteks, soos hierbo uiteengesit).
Snyman se slotsom is onder meer die volgende (p. 85):
… as ’n korrespondent “Kersliedjie” nasionale poësie noem, het hy gelyk –
“no art is more stubbornly national than poetry” (Volgens Eliot, 1956:19 –
AMJ).
Die polemiek rondom die gedig van Opperman is ingesluit in hierdie diskoers
omdat daar uit die briefwisseling van sowel die “beswaarmakers” as die
“aanprysers” myns insiens duidelike bewyse gevind kon word van die
neerslag van die mites onder bespreking.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
299
6.6 Samevatting
Sonder om die redelik uitgebreide diskoers in hierdie hoofstuk te herhaal, kan
daar afgelei word dat die mite van Afrikaans as die “ taal van die Afrikaners” (en
die gepaardgaande mites wat in hoofstuk 4 uitgewys is) asook die mite van
Afrikaans as die “taal van verdrukking” (maar ook van “protes” en “bevryding”)
wat in hoofstuk 5 bespreek is onmiskenbare neerslag gevind het in:
•
Die Afrikaanse historiografie;
•
Die skoolsisteem en skoolleerplanne van (veral)
Afrikaansmoedertaalsprekers;
•
Die Afrikaanse letterkunde; en
•
Die polemiek rondom D.J. Opperman se transponering van die
Kersverhaal in “Kersliedjie”.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
300
HOOFSTUK 7
EN NOU, AFRIKAANS?
(Erkenning aan Hans du Plessis)
Nuwe volksrympies
Hompie Kedompie sit op die wal.
Hompie Kedomp het aan skerwe geval.
En al die jong boeties
het al die ou broeders
verwoed begin bliksem oor Hompie se val…1
Die stryd om ons geliefde taaltjie
Ja, die stryd om ons geliefde taaltjie.
Wat sal ons tog sê?
Dis ’n aparte ou verhaaltjie…
(Pieter Hugo, 2000:44 – Uit: Nuwe verset)
Waarheen?
Deur op deur wat in jou gesig toeslaan.
’n Land vol nêrens om heen te gaan.
Hier voel dit of selfs God nie meer
Afrikaans wil verstaan.
(Herman Engelbrecht, 2000:15 - Uit: Nuwe verset)
Disillusion is that emotion we feel when any of our safe patterns are disturbed.
(John Steinbeck, aangehaal deur David Wyatt in sy inleiding tot die Penguinuitgawe van East of Eden, 1992:xxi.)
7.1
Inleiding en doelstelling met die hoofstuk
7.1.1 Inleiding
Doch ziet, zo gaat ’t nu met vele dingen die met die taalkwestie in verband
staan. Ieder daarvan schijnt op zichzelf een geringe zaak te zijn; en de
Afrikaander geeft maar toe, is maar de minste; en van andere zijde wordt
er gretig naar gegrepen en word het geëist als een recht. Al die kleine
dingen te zamen genomen hebben een grote kracht, en de samenleving
wordt van lieverlede als van een Engelse zuurdesem doortrokken. Maar
1
’n Onmiskenbare verwysing na Chris Louw se “Boetman”-brief aan dr. Willem de Klerk (na
aanleiding van laasgenoemde se 2000-boek Afrikaners: kroes, kras, kordaat). Later in die
hoofstuk meer hieroor.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
301
wijst nu de een of ander op zodanig misbruik, zoals hierboven genoemd,
dan heet het: hoe bekrompen, hoe anti-Engels om op zulk een kleinigheid
te vitten! (my kursivering).
Afgesien van die taalmedium kon die bostaande baie maklik in 2003 geskryf
gewees het. Die feite is egter: hierdie uiteensetting is die slotsom (p. 41) van
prof. P.J.G. de Vos se publikasie getiteld De Afrikaander en zijn taal en het in
1906 – dus bykans honderd jaar gelede – die lig gesien. ’n Praktiese voorbeeld
van taalongelykheid wat deur prof. De Vos geskets word, is dié waar daar by ’n
vergadering soms maar “een enkel persoon is die alleen Engels spreekt.” Ter
wille van hierdie enkele Engelstalige “spreekt nu de laatste Afrikaander daar
Engels”, ook alhoewel baie van laasgenoemde groep hulleself swak uitdruk in
Engels: “… meer dan een de zich in die taal niet goed uitdrukken kan, zwijgt
geheel en al, waar hij iets goeds had kunnen zeggen” (p. 40).
Die bostaande uiteensetting in 1906 deur ’n lojale”Afrikaander” bevat inligting wat
relevant is vir ’n groot deel van die miteskepping rondom Engels: Engels is die
voorkeurtaal in enige meertalige situasie in die land, Engelssprekendes verwag
eintlik vanselfsprekend dat alle aanpassings deur die ander taalsprekers gemaak
moet word, Afrikaners is dikwels “die minste” en, sou hulle aandring op hulle
basiese taalregte, word hulle as “bekrompe” en “kleinlik” bestempel.
Interessant in De Vos se uiteensetting is ook die volgende opmerking aan sy
lesers:
Denk er aan, dat ’t bijna een eeuw is, dat onze taal van de zijde der
regering systematies verongelijkt en verwaarloosd is…
Die verwysing hier is natuurlik na die honderd jaar wat voor 1906 verloop het, nl.
dié vanaf die tweede Britse besetting van die Kaapkolonie in 1806 en die
gepaardgaande toenemende verengelsingspogings, veral na die koms van ’n
groot groep Britse setlaars in 1820 en “die outokratiese lord Charles Somerset”
(Steyn 1980:127) se “berugte taalproklamasie” op 5 Julie 1822.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
302
In die lig van bogenoemde is dit dus verbasend – en myns insiens die
belangrikste aspek van die metaforiese “wonder van Afrikaans” (dit wil sê nog
belangriker as die suksesse met die korpusontwikkeling van die taal) – dat
Afrikaans tog in die loop van die twintigste eeu in alle opsigte gelyke funksionele
status met Engels kon verwerf het. Die hoofrede hiervoor moet waarskynlik
gesoek word in die mite van Afrikaans as die taal van Afrikanernasionalisme,
soos bespreek in hoofstuk 4 van hierdie studie.
Die huidige posisie van Afrikaans in die land herinner egter tot ’n groot mate aan
die uitspraak van De Vos hierbo, nl. dat “onze taal van de zijde der regering
systematies verongelijkt en verwaarloosd (wordt)”. Voorbeelde hiervan is legio
en enkele spesifieke gevalle is reeds in hoofstuk 1 uitgewys.
’n Voorbeeld is ’n resente voorbladberig in Beeld van 10 Januarie 2004 wat soos
volg lui:
METRORAAD WEIER TJEK IN AFRIKAANS
Lucia Swart
Wil jy jou munisipale diensterekening betaal?
Moet tog net nie die tjek uitmaak aan “Stad Johannesburg” nie. Dit is
Afrikaans en word daarom nie aanvaar nie.
’n Moedelose mev. Susan Nel van Horison, Roodepoort, moes eergister
ongedane sake omdraai toe sy haar dienstegeld met ’n tjek wou betaal. Sy
moes hoor ’n Afrikaanse tjek word nie aanvaar nie.
“Ons maak al jare ons tjeks uit aan ‘Stad Johannesburg’. Die kassiere het
eergister vir my gesê net Engelse tjeks word aanvaar,” het mev. Nel gesê.
Die kassiere het aan Nel vertel metropersoneel is onlangs ingelig dat net
tjeks wat aan “City of Johannesburg” of “City of Johannesburg Municipal Council”
uitgemaak is, aanvaar word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
303
[…] Mnr. Nel het gister wéér probeer betaal – dié keer met ’n tjek wat uitgemaak
is aan Stad van Johannesburg. Hy is weer weggewys omdat die tjek in Afrikaans
is.
“Ons sal nou maar ’n klag moet indien.”
Daar word in dieselfde berig melding gemaak van die feit dat die saak onder die
aandag van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (Pansat) gebring is en dat die
senior regsadviseur van dié raad, mnr. Edward Sambo, gesê het dit is ’n
skending van taalregte.
Die saak van die geweierde tjek sou verder ondersoek moet word om die
werklike feite vas te stel. Dit mag wees dat die bank by die metroraad aandring
op eenvormigheid in die lig van baie gevalle van tjekbedrog. Dit sou ook
uiteraard moeilik wees om te kontroleer of die gegewens op ’n tjek reg is indien
sprekers van al die tale in die land sou aandring om hulle eie taal op ’n tjek te
gebruik. Sonder om egter verder op die saak in te gaan, kan daar reeds sekere
afleidings gemaak word uit die amptenaar se aandrang op ’n Engelse tjek.
Hierdie afleidings is onder meer die volgende:
•
Engels word onteenseglik deur die openbare sektor beskou as die
voorkeurtaal in die land;
•
Afrikaans se vorige posisie as ampstaal met dieselfde status as
Engels is dus in die gedrang;
•
Die grondwetlike ampstaalstatus van elf tale maak dit steeds
makliker om van slegs een “hooftaal”, naamlik Engels, gebruik te
maak met die verskoning dat dit onprakties en duur is om elf tale in
alle situasies te gebruik;
•
Baie Afrikaanssprekendes ervaar die aandrang op Engels as
bedreigend vir die voortbestaan van Afrikaans (of ten minste vir die
voortgesette hoëfunksiestatus van Afrikaans) en dring daarom in
baie gevalle vasberade aan om Afrikaans te gebruik; en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
304
•
Die Afrikaanse pers gebruik sulke gevalle om op gereelde basis die
publiek se aandag te vestig op die verskraling van Afrikaans se
status. (Die betrokke dagblaaie se gereelde aandag aan die posisie
van Afrikaans mag natuurlik ook tot ’n mate gemotiveer word deur
die feit dat hulle eie voortbestaan nou saamhang met dié van
Afrikaans.)
Dit sou moontlik wees om nog baie bladsye vol te skryf oor beriggewing rondom
die verskraling van Afrikaans se funksionele status in die land. Hierdie saak
geniet feitlik daagliks op die een of ander wyse aandag in koerantberigte in veral
Afrikaanse dagblaaie, hoofartikels van kundige taalsosioloë/taalpolitici of historici
soos onder meer J.C. Steyn en Hermann Giliomee in dieselfde dagblaaie,
gespreksforums deur besorgde Afrikaanssprekendes en selfs “betogings” met
slagspreuke op die plakkate van taalaktiviste soos byvoorbeeld Dan Roodt. Vir
die doel van die bespreking wat volg, word die feit van die toenemende
verskraling van Afrikaans se funksionele status in die openbare domein as
gegewe aanvaar.
Die nuwe demokratiese grondwet wat geskoei is op die beginsels van die SuidAfrikaanse Regskommissie se Interimverslag oor Groeps- en Menseregte
(Augustus 1991) maak wel eksplisiet voorsiening vir die basiese mensereg van
enige burger in die land om die taal van sy of haar keuse vrylik te gebruik, en om
– sover haalbaar – daarin onderrig te ontvang op skool. Die feit dat hierdie reg
asook ampstaalstatus in die nuwe grondwet van 1996 aan al elf hooftale in die
land toegeken is, onderskryf enersyds die demokratiese beginsels wat in die
interimverslag uitgespel is, maar bring die praktiese uitvoerbaarheid van
dieselfde beginsels in die gedrang. In ’n sekere sin is die situasie bykans
dieselfde as wat dit sou wees as die besluit was om geen ampstaalstatus aan
enige taal toe te ken nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
305
7.1.2 Doelstellings met die hoofstuk
In hierdie laaste hoofstuk van die proefskrif sal die belangrikste insigte in die
voorafgaande hoofstukke eerstens kortliks saamgevat word en gevolgtrekkings
daaromtrent gemaak word. Kommentaar sal ook in sommige gevalle gelewer
word.
’n Tweede oogmerk is om eksemplaries te kyk na enkele gebeure/polemieke ná
1994 wat verband hou met die mites wat in hoofstukke 4 tot 6 bespreek is om
sodoende die voortgesette impak van die betrokke miteskepping aan te dui.
’n Derde oogmerk is om die vraag te probeer beantwoord in die opskrif van
hierdie hoofstuk (soos ontleen aan die titel van Hans du Plessis se 1992publikasie): En nou, Afrikaans? In hierdie verband sal sekere slotopmerking en
aanbevelings geld.
7.2
Samevatting van hoofstukke 2 - 6
7.2.1 “Mites waarmee ons leef”
Die belangrikste gevolgtrekking uit die hoofstuk wat handel oor mites en die
mitiese as generiese verskynsels (hoofstuk 2), is dat mites “lewende waarhede”
is wat op ’n besondere wyse sin en rigting gee aan die menslike bestaan. Mites
is hiervolgens “stories” (geskrewe of mondeling oorgedra) wat vir die mens die
oorsprong en uiteinde van sy bestaan op aarde en hierna verklaar, wat die
“waarheid” in sy vele gedaantes oordra en wat ook helend en vertroostend werk.
Die afleiding is dat, in Leroux se woorde, die mens eerder sal sterf van honger as
om sonder sy mites te probeer leef. Dié siening van mites bepaal grootliks die
diskoers van hierdie studie en verskil:
1)
van die populêre siening van mites as “onwaarhede” (vgl. die HATdefinisie in hoofstuk 2.2) ; en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
306
2)
van die uitgangspunte van wetenskaplikes na wie daar in die loop
van die proefskrif verwys word (soos onder meer Brouwer (hoofstuk
3.3) en Steyn en Verhoef (hoofstuk 5.3) wat na mites as
oorvereenvoudigde veralgemenings, valse persepsies of selfs
leuens verwys. (Daar moet op gewys word dat daar in die meeste
gevalle nie van genoemde wetenskaplikes verskil word wat betref
die inhoudelike faset van die mites waarna hulle verwys nie, maar
wel wat betref die definiëring van die term.)
Die feit dat mites in hierdie proefskrif as lewende en singewende kragte
gedefinieer word, dra daartoe by om die fokus van die diskoers te bepaal,
naamlik dié van die besondere sterk impak van mites in die lewe van
indiwidue en groepe. Die argument is dat, indien mites net valse
persepsies of oorvereenvoudigde veralgemenings sou wees, die krag van
die “mites waarmee ons leef” moeilik verklaar sou kon word. Die waarde
van die bydrae lê dus veral in dié besondere uitgangspunt rondom die rol
en funksie van miteskepping.
Dit beteken egter nie dat alle miteskepping positiewe resultate lewer nie, maar
wel dat die miteskeppers daarin slaag om die mites sodanig oor te dra dat die
ontvangers daarvan die waarheid van die mite onvoorwaardelik toe-eien en as ’t
ware hulle lewe sal aflê in die verdediging van die mite. (In die woorde van ’n
wyse persoon – hoewel die oorsprong van die aanhaling nie aan my bekend is
nie – “… in the firm conviction that if something is not worth dying for, it is also
not worth living for.”)
7.2.2 “Verbeelde gemeenskappe” en politieke miteskepping
Hoofstuk 3 van die studie bekyk die impak van identiteitskepping, veral binne
groepsverband, en die totstandkoming van sogenaamde “verbeelde
gemeenskappe” (Anderson: “imagined communities”).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
307
Een van die belangrike opmerkings t.o.v. identiteit is dié van Castells (1997:6)
wat beweer dat identiteit die bron (“source”) van betekenis en ervaring vir die
mens is. Die slotsom is egter dat identiteit (“selfkennis” volgens Calhoun) ’n
konstruksie is en nie ’n ontdekking nie (Calhoun, 1994:9-10). Hierdie feit is
belangrik vir die diskoers, want dit beteken dat die skep van identiteit tot ’n groot
mate ’n “herskepping” en seleksie is, en daarom verband hou met die proses van
miteskepping.
Die begrip en verskynsel “nasionalisme” is ook in hoofstuk 3 belig. Die
gevolgtrekking is dat, wat Suid-Afrika betref (’n land waarbinne daar sprake is
van ’n sogenaamde “heterogeen-aktiewe kultuur” – Woshinsky, 1995:55),
nasionalisme nie verband hou met die Suid-Afrikaanse nasie wat binne die
geografiese grense van die land woon nie, maar wel met die
groepsgebondenheid van kleiner groeperings binne die land, soos bv. die
Afrikanervolk (later grootliks verenig binne die politieke struktuur van die
Nasionale party) en die kampvegters vir “swart” regte binne die African National
Congress. Hierdie saak is van belang vir die diskoers, aangesien hierdie
groeperings tot ’n groot mate bygedra het tot die twee belangrikste mites wat in
die proefskrif teenoor mekaar gestel word, naamlik dié van Afrikaans as taal van
die Afrikaners en bindmiddel in Afrikanernasionalisme enersyds en Afrikaans as
taal van die verdrukker andersyds.
Wat betref die geskiedenis van die ontstaan van nasionalisme, word daarop
gewys dat die ontstaan van nasionalisme en nasionale state teen die einde van
die agtiende gesien moet word as resultaat van die aftakeling van twee sterk
kulturele sisteme, naamlik die godsdienstige gemeenskap en die stelsel van
koninkryke. Die nasie was dus volgens Anderson (1991:24) ‘n nuwe raamwerk
of “verbeelde gemeenskap” (“imagined community”) waarbinne mense hulle
behoefte aan groepsidentiteit uitgeleef het. Die afleiding is dat die konsep van
nasionalisme in die negentiende en twintigste eeue dus ’n “lewende mite” geword
het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
308
Volgens Anderson is die begrip van die nasie ook ondersteun deur die “printcapitalism” wat ontstaan het in die loop van die agtiende eeu, toe die roman en
veral die koerant die lig gesien het en groot groepe mense op ’n nuwe manier
aan hulleself en hulle verbondenheid met ander kon begin dink (Anderson,
1991:36). Veral die koerant het as ’t ware gedien as “mitiese bindingsmiddel”
omdat mense wat replikas van hulle eie koerant in hulle omgewing gesien het,
daardeur verseker is dat die verbeelde wêreld gewortel is in die alledaagse een.
’n Belangrike aspek rondom nasionalisme wat vir die doel van die diskoers veral
relevant is, is dat die nasionale drukkerstale in die negentiende eeu van groot
ideologiese en politieke belang begin raak het (Anderson, 1991:67) wat beteken
dat die verskillende nasionale tale ook merkers begin word het van
onderskeibare nasionale kultuurgroepe of volke (in die terminologie van Van
Herder, soos aangehaal deur Kemiläinen, 1964:42). Hierdie gevolgtrekking werp
lig op die sterk verband tussen volksidentiteit en taallojalitiet by die Afrikaner,
soos wat in hoofstuk 4 bespreek word.
’n Laaste belangrike saak wat in hoofstuk 3 aangeraak word, is die kwessie van
politieke miteskepping. Hier word veral verwys na die standpunt van Leonard
Thompson, wat meen dat ’n politieke mite die doel het om ’n bepaalde regime op
te hemel of in diskrediet te bring. (Thompson,1985:1). Thompson onderskei
voorts tussen “konserwatiewe mites” (wat hoofsaaklik handel oor die ontstaan en
geskiedenis van die betrokke groep) en “radikale mites” wat die geskiedenis as ’t
ware herskryf en dikwels ten doel het om “die ander” te diskrediteer.
Laasgenoemde groep mites kan dus ingespan word vir negatiewe doeleindes en
word ook beskryf deur Cassirer (1946:3) as kragte wat in die “donker skuil en
hulle uur afwag” en as “demoniese mitiese kragte.”
Historici (wat self gewone mense is en dus nie sonder hulle eie mites “leef” nie)
kan ook nie altyd “mitevry” te werk gaan nie (volgens die eis van die historikus
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
309
Barraclough (1979:211)). Thompson meen in dié verband dat mites nie uit die
mens se kultuur weggeneem kan word nie, aangesien die mite ’n belangrike
funksie verrig. Hy sou egter wou sien dat die mite onderwerp word aan sekere
kriteria, nl. historiese versoenbaarheid, verifieerbaarheid op wetenskaplike
gronde en nuttigeid of bruikbaarheid op morele gronde. (Vgl. hoofstuk 3:3 in
hierdie verband.)
Politici kan wel miteskepping gebruik om sekere (persoonlike) oogmerke te
bereik en sodoende kan ook goeie, lewende mites gemanipuleer word en as
’t ware besoedel word. Die afleiding is dus dat dit binne die diskoers nodig is om
te probeer onderskei tussen mites wat sinvol en opbouend is, en mites wat
afbrekend en “demonies” is (sien Cassirer hierbo).
Die uitgangspunt van die proefskrif is veral om te probeer onderskei tussen mites
wat bygedra/dit geregverdig (?) het om die taal Afrikaans te bevoordeel op
verskillende terreine, en dié mites wat gelei het tot die inkorting van Afrikaans se
status en funksies.
7.2.3 Die mite van Afrikaans en die Afrikaners
In hoofstuk 4 word die mitiese “liefdesband” tussen die Afrikaners en Afrikaans
as mitiese bindingsmiddel by Afrikaneridentiteit en -nasionalisme redelik
omvattend bespreek. Een van die eerste afleidings is dat Afrikaans reeds vanaf
1875 en die Paarl (met die mitiese begin van die “storie van Afrikaans”) gesien
word as die taal van die “regte Afrikaanders” en dat hierdie aanspraak steeds
sterker geword het ná die Anglo-Boereoorlog (1899-1902). Doelbewuste verset
teen verengelsing en die behoefte om die eie identiteit te bewaar het onder meer
aanleiding gegee tot die totstandkoming van die C.N.O.-skole en die aandrang
op ampstaalstatus vir Afrikaans, asook die Afrikaanse Bybelvertaling.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
310
Miteskepping met die oog op statusverwerwing vir Afrikaans en politieke
vooruitgang vir die Afrikaners in die Nasionale party kon sekerlik ook soms
verband gehou het met ekonomiese en politieke gebeure en die ambisies van
indiwidue en groepe. Soos in die loop van hierdie studie uiteengesit, is nie alle
miteskepping van so ’n aard dat daar nie ook lydende partye is nie, en nie alle
miteskeppers is noodwendig idealiste met totale integriteit nie. Die volgende
uitspraak van die bekende Afrikaanse skryfster M.E.R. (1972:167) dui egter
onteenseglik daarop dat miteskepping rondom Afrikaans en die Afrikaners wel
ook gedryf is deur die “droom” (en dus mite) van Afrikanervryheid en –selfrespek:
Oral in die land, op onse dorp kon jy dit (die voortsetting van die
vryheidsdroom – AMJ) sien in die stigting van ’n tak van die Arikaanse
Taalvereniging […]. En ons kon dit sien aan die hele geskiedenis van die
Privaatskool en die verowering van leierskap in die onderwys deur die
Afrikaner. Maar dit het baie swaar gegaan: ons was oral, op die kleinste
dorp, omring van teenstand. As ek nou die lewensbeskrywing van Steyn
en Hertzog lees, vind ek in hulle briewe van daardie tyd, soos in ’n spieël,
ons hele nimmerverslappende opdraand gesukkel om onsself te bly (my
kursivering).
Dié uiteensetting werp myns insiens ’n baie belangrike lig op die mite van die
“liefdesband” tussen die Afrikaner en Afrikaans: die afleiding is dat die stigting
van takke van die Afrikaanse Taalvereniging en die verowering van leierskap in
die onderwys verband gehou het met die “hele nimmerverslappende opdraand
gesukkel” van die Afrikaner in die eerste dekades van die twintigste eeu om
homself teen die Engelssprekende regering te handhaaf en om in dié proses
“homself te bly.” Anders gestel: die uitbreiding van die funksies en status van
Afrikaans was een van die vernaamste fasette in die identiteit wat die Afrikaner
vir homself geskep en verdedig het.
Daar word in hoofstuk 4 verwys na verskillende maniere waarop miteskepping
rondom Afrikaans plaasgevind het, nl. metaforiek, woordkeuse, retoriese middele
en sintaktiese middele. Die kernbetoog handel egter nie oor die wyse nie, maar
wel oor die onteenseglike verskynsel van miteskepping rondom Afrikaans. Die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
311
slotsom is dat politieke miteskepping deur leiersfigure ’n instrument was in die
politieke “oorwinning” van die “Afrikanerparty” – die Nasionale Party – in 1948, en
dat Afrikaans die onbetwiste mitiese bindingsmiddel in hierdie proses was. Die
gesindhede en uitsprake van “gewone mense” soos onder meer verwoord in die
koerante van die tyd, dui egter baie duidelik daarop dat die miteskeppende
proses nie net onder die leiersfigure werksaam was nie, maar ’n veel groter
trefkrag gehad het en grootliks deur “gewone” lede van die Afrikanervolk
geïnternaliseer is. (Verwys in hierdie verband na Samuel & Thompson se
uiteensetting in hoofstuk 2.4 oor die aard en oorsprong van mites, waarvolgens
hulle argumenteer dat die mites met die grootste impak nie dié is wat van die
openbare verhoë af (“publicly”) aangebied word nie, maar juis dié wat in sosiale
interaksie tussen indiwidue en die vertel van hulle persoonlike lewensverhale
uitgeruil word.)
In hoofstuk 4 is ook melding gemaak van die berig in Het Westen (later: Het
Volksblad) van 26 Maart 1915 waarin die ontwakende volksgevoel (en taalgevoel
teenoor Afrikaans) in die “volkshart” op liriese wyse beskryf word:
Het is werkelik onverklaarbaar. Het is ’n roering welke uit het hart opwelt
naar de lippen en die zeggen met tevredenheid en met trots: “Ik is
Afrikaner”. Het is een stille zachte, vredelievende stroom die door ZuidAfrika gaat en elkeen die daarmee in aanraking komt doet zuchten: “Ek is
daarom blij dat ik Afrikaner is”. En met dit zucht verdwijnt de Vaal Rivier,
verdwijnt de Oranje Rivier, verdwijnt het woord Kapenaar, Vrijstater of
Transvaler. Er is net één uitroep in het hart: “Ik is Afrikaner” en het hart
wordt week tegenover dat wat Afrikaans is…
(Taalkundig gesproke is dit ook interessant om te let in watter mate die formele
koeranttaal reeds hier afwyk van die standaard Nederlandse vorm in frases soos
onder meer “’n roering” en “Ik is”.)
Die belangrikste gevolgtrekkings uit hoofstuk 4 rondom Afrikaans en die
Afrikaners is dus die volgende:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
312
•
Die mitiese band tussen die Afrikaanse taal en die Afrikanervolk is
onteenseglik teenwoordig en ’n legio uitsprake in die loop van die tydperk
1875-1948 (en later) kan hiervan bewys lewer;
•
Leiersfigure het dikwels op die genoemde band gesinspeel of dit eksplisiet
genoem, en dit is moontlik om af te lei dat miteskepping rondom hierdie
saak ook soms ter wille van politieke oogmerke of persoonlike ambisies
uitgebuit is;
•
Die verbondenheid tussen die taal en die volk is egter ook deur die
oorgrote meerderheid van die “gewone” mense onder die
Afrikanervolk geïnternaliseer en as lewende, rigtinggewende mite
aanvaar wat sin gegee het aan hulle bestaan as groep en daarom
hulle identiteit gedefinieer het;
•
Hierdie internalisering van die mite by indiwiduele Afrikaners verklaar
grootliks die feit dat die betrokke mite nou nog so ’n belangrike deel van
die Afrikaanssprekende (veral: Afrikaner) se siening rondom Afrikaans
verteenwoordig; en
•
Die genoemde mite kan, vanuit die oogpunt van die groei en vordering
van Afrikaans gesien, as ’n “goeie mite” beskou word omdat dit bygedra
het tot die toenemende verbetering van die funksies en status van die taal
in veral die eerste vier dekades van die twintigste eeu.
7.2.4 Die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal
In hoofstuk 5 word die mite van Afrikaans as verdrukkerstaal eweneens redelik
omvattend bespreek. Die kernaspek van die diskoers is dat Afrikaans
geassosieer is met die apartheidsbeleid van die Nasionale Party-regering ná
1948 en later ook met die gewelddadige toepassing van dié beleid (veral vanaf
die laat-sestiger tot die einde van die tagtigerjare). Die feit dat die Nasionale
Party steeds gesien is as die party van die Afrikaners het beteken dat die taal
van die Afrikaners metafories as “verdrukkerstaal” gebrandmerk is. Dit was die
geval ten spyte daarvan dat daar ook Engelssprekendes in die Nasionale Party
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
313
was en dat verskeie Afrikaner-intellektueles en –leiersfigure openlik hulle
kommer begin uitspreek het oor die morele regverdigbaarheid van apartheid.
Daar word in hoofstuk 5 onderskei tussen sogenaamde “bruin” mites en “swart”
mites, hoewel albei hierdie groepe (dus die bruin mense en swart mense) polities
gemarginaliseer is.
As agtergrond tot die ontstaan van dié mites word verwys na die proses van
kolonialisering, die slawekwessie, die mite van wit dominansie en die
sogenaamde “soeke na ’n witmansland” in die twintigste eeu. Die vrees vir die
getalle-oorwig van die “donkerder mense” in die land, maar ook in die res van
Afrika, maak deel uit van die oorlewingsmite van die wit groep. Veral by die
Afrikaners wat reeds sedert hulle ontstaan as afsonderlike kultuurgroep die stryd
teen Nederlands en Engels (en die Britse ryk) asook teen die donkerder rasse
moes voer, het die mite van eksklusiewe Afrikaner-etnisiteit en die
gepaardgaande mite van uitverkorenheid as volk (Moodie: die Afrikanerburgerlike godsdiens) diep posgevat. Hierdie mite kulmineer dan in die
institusionalisering van apartheid en die apartheidswetgewing tydens die bewind
van die Nasionale Party.
Die “bruin” mites hou verband met die (singewende – AMJ) ontstaansmites van
die bruin mense en hulle status aan die vroeë Kaap, asook hulle beduidende rol
in die wording van Afrikaans. Voorts word die problematiese verhouding tussen
die bruin mense en baie van hulle se moedertaal, Afrikaans, belig. Die kern van
die diskoers in hierdie geval is die feit dat bruin mense hoofsaaklik
moedertaalsprekers van Afrikaans was, maar deur die dominante
Afrikaanssprekende groep gemarginaliseer en van politieke regte ontneem is en
daarom ’n negatiewe houding teenoor die Afrikaners (en dikwels dan ook teen
Afrikaans) ingeneem het. Andersyds weer het sommige lede van hierdie groep
Afrikaans as “bevrydingstaal” aangewend om teen die onregte van apartheid te
betoog.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
314
’n Belangrike afleiding is dat die impak van die mite van Afrikaans en apartheid
op die bruin mense egter nog steeds (dus ook ná 1994) voelbaar is, soos
verwoord deur Adam Small in 1995:
Apartheid, sê hulle vi’ my
Apartheid is
verby
en (despite die remnants
en leftovers)
is vi’ real
verby!
Ma die essentials bly
en bly
en bly
Oe die dinge hang innie lug
soes ’ie gieste van Paulus
kos hulle’s memories …
Die feit dat die “memories” nog steeds “in die lug hang”, is van belang vir
die vraag wat in hierdie slothoofstuk gestel word, nl. watter impak daar
steeds op Afrikaans is as gevolg van die mites wat aan die orde gestel is
(vgl. hoofstuk 1.4: uitgangpunt 12 en navorsingsvrae 6 en 7). Dit sou bv.
kon beteken dat bruin sprekers van Afrikaans steeds ’n “moeilike”
verhouding met die taal beleef, en daarom makliker geneig sou wees om
die funksionele verskraling van Afrikaans te aanvaar of selfs daaraan mee
te werk.
Die “swart” mites hou ook verband met sake soos wit dominansie en die soeke
na ’n witmansland, maar hiermee saam is daar die opkoms van “swart
bewussyn”, die totstandkoming van die African National Congress, die rol van
mitiese figure soos Steve Biko en Nelson Mandela, en die uiters negatiewe
impak van Sharpeville, Soweto 1976 en die gebeure in veral die tagtigerjare
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
315
waaroor verslag gedoen is voor die Waarheids- en Versoeningskommissie. Al
die genoemde gebeure is veral aan die Nasionale Party-regering en daarom ook
aan die Afrikaners en Afrikaans gekoppel.
’n Verdere verskil tussen die “swart” en “bruin” mites is dat die swart mense oor
die algemeen nooit moedertaalsprekers van Afrikaans was nie, en dus in elk
geval hoogstens ’n tweedetaal-assosiasie met Afrikaans het. Daar is dus nie in
die geval van swart mense ’n mate van lojaliteit teenoor die taal as moedertaal
nie. Inteendeel, die siening van ouer swart mense (wat in die vyftiger-, sestigerof vroeg-sewentigerjare op skool was), is waarskynlik min of meer dieselfde as
dié wat deur Mathews Phosa verwoord word in sy inleiding tot Deur die oog van
’n naald, naamlik dat Afrikaans, hoewel nie self die sondaar nie, nogtans “die
kanaal (was) waardeur die sonde hom aan ons opgedring het.”
Wat betref die geslag ná 1976 is die saak eenvoudig: Engels is hulle medium van
onderrig op skool en Afrikaans het in baie gevalle vir hulle ’n “vreemde taal”
geword. Sedert 1994 is Afrikaans ook nie langer ’n verpligte matriekvak nie.
In die lig van die diskoers in hierdie studie, kan daar verder aangeneem word dat
die ouer geslag wel die mites rondom Afrikaans en die Afrikaners waarmee hulle
vir ’n lang tyd geleef het, aan die jonger geslag sou oorgedra het en dat dit dus
ook laasgenoemde groep se houding teenoor Afrikaans beïnvloed het. Die
impak van apartheid en die assosiasie van die Nasionale Party se beleid met
Afrikaans, lei tot die opmerking van Krog dat die Afrikaners moontlik die hoogste
prys denkbaar vir apartheid sal moet betaal: die verlies van Afrikaans.
7.2.5 Die neerslag van die mites
In hoofstuk 6 is die doel om by wyse van voorbeeldmateriaal te illustreer hoe wyd
die mites wat in hoofstukke 4 en 5 bespreek is neerslag gevind het in
verskillende Afrikaanse sisteme. Die uitgangspunt is dat die impak van die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
316
betrokke mites gemeet kan word aan die trefwydte wat hulle gehad het in die
sisteme onder bespreking.
Wat betref die neerslag van die mites in die Afrikaanse historiografie, is dit slegs
nodig om daarop te wys dat die verskillende standpunte rondom die ontstaan en
groei van Afrikaans op Afrikabodem dikwels ook die ideologie van die betrokke
historiograaf onderskryf. Hiermee word nie beweer dat die historiograwe nie
eerlike wetenskaplikes is wat poog om hulle menings te verifieer en met bewyse
te staaf nie. Die feit is egter dat historiograwe gewone mense is en daarom
noodwendig vanuit ’n bepaalde verwysingsraamwerk funksioneer. Die gevolg is
dat die mites waarmee die historiograaf leef, onvermydelik deel uitmaak van sy
seleksie, ordening en gevolgtrekkings. Hierdie proses is telkens werksaam
wanneer die “storie van Afrikaans” deur een van die historiograwe “oorvertel”
word.
In die lig van die bespreking in hoofstuk 4 rondom die “liefdesband” tussen
Afrikaans en die Afrikaner en die rol van Afrikaans as mitiese bindingsmiddel in
Afrikanernasionalisme, is dit byvoorbeeld verstaanbaar dat Willemse (1991:251)
verwys na die “deafening silence on or slighting of the non-Germanic or black
impact on Afrikaans” by diegene wat die oorsprong van Afrikaans in SuidAfrikaanse skoolleerplanne uiteengesit het. Die rede vir hierdie “stilte” ten
opsigte van die “Afrika-wortels” van Afrikaans hou verband met die dominante rol
van die Afrikaner “culture brokers” (Willemse, 1991:253 en verder):
The history constructed by Afrikaner historiography foregrounds an
essential relationship to the motherland, the Netherlands instilling te belief
of the direct European descendancy of Afrikaners. The language of these
textbook authors is not merely a neutral carriage of the factual message
but is very much part of a constructed and exclusive nationalist history” (p.
257).
Hierdie werkwyse (naamlik die seleksie van sekere feite en die weglating van
ander) herinner aan die standpunt van die geskiedskrywers Samuel en
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
317
Thompson na wie veral in hoofstuk 2 dikwels verwys is. Die twee outeurs
beweer onder meer dat narratiewe binne die genre van orale geskiedenisoordrag
gesien moet word as “shaped accounts in which some incidents were
dramatized, others contextualized, yet others passed over in silence, through a
process of narrative shaping in which both conscious and unconscious, myth and
reality, played significant parts” (Samuel & Thompson, 1990:5) (my kursivering).
Die belang van bogenoemde gevolgtrekkings vir hierdie studie is dat die
historiografie van Afrikaans nie as ’n volkome “mitevrye” wetenskap beskou kan
word nie, en dat die neerslag van verskillende mites rondom Afrikaans dus ook
hier aantoonbaar is en tot in die eie tyd ’n beduidende impak het.
Wat betref die neerslag van die “Afrikaner”-mite in die onderwys en
skoolleerplanne, is daar verwys na die C.N.O.-skole as instrumente teen
verengelsing en na die rol van historiograwe soos die Nienaber-broers wie se
“storie van Afrikaans” in die leerplanne van skole vasgelê is.
Die neerslag van die “verdrukkingsmite” in die onderwysleerplanne is hoofsaaklik
uiteengesit op grond van die werk van Jan Esterhuyse, wat ’n omvattende oorsig
gee van die mate waarin Afrikaner- nasionalistiese sentimente daartoe bygedra
het dat “leermateriaal linguistiese ondersteuning (ge)bied (het) aan die
apartheidsideologie” (Esterhuyse 1986: Inleiding).
Die volledige bespreking van Esterhuyse hoef nie hier herhaal te word nie, maar
myns insiens is daar wel repliek nodig ten opsigte van veral sy beswaar teen die
keuse van Afrikanersentriese gedigte in die leerplanne van Afrikaanse
hoërskoolleerlinge (eerstetaal). Esterhuyse se argument is dat die keuse van
gedigte soos onder meer “Die beeld van oom Paul”, “Generaal de Wet”, “Die
kampsuster” en “Vergewe en vergeet” vervreemdend ingewerk het ten opsigte
van bruin moedertaalsprekers van Afrikaans wat nie hierdie geskiedenis met wit
Afrikaanse kinders gedeel het nie. Dié standpunt is wel regverdigbaar wat betref
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
318
die bruin sprekers van Afrikaans. Myns insiens is dit egter nie ’n billike standpunt
wat betref dié groep kinders wat wel met hierdie gedigte kan assosieer nie.
Dit is waarskynlik so dat daar in die informele of formele oordrag van die eie
geskiedenis deur die volwassenes van bykans elke kultuurgroep op aarde
vertellings en of/gedigte en ander literêre tekste ingesluit word waardeur kinders
kan kennis neem van die manne en vroue wat as heroïese figure binne hulle
groep gesien word. Die ongelukkige feit is dat daar binne die grense van een
moedertaal ’n mitiese kloof ontstaan het en dat ’n deel van die
moedertaalsprekers sodoende van die gemeenskaplike geskiedenis vervreem is.
Hierdie feit kan myns insiens egter nie sonder meer beteken dat Afrikanerkinders
daarom geen reg gegun mag word om ook hulle eie geskiedenis en volksfigure in
gedigte en verhale te “ontdek” nie. Sou daar voorgestel word dat gedigte oor die
eie herkoms en helde verkieslik nie in die leerplanne van Afrikaanse (Afrikaner-)
kinders ingesluit moet word nie, sou daar van hierdie kinders ’n voorreg ontneem
word wat aan kinders dwarsoor die wêreld gegun word.
Wat is nou die oplossing vir die feit dat daar binne een moedertaal twee groepe
kinders bestaan met verskillende behoeftes ten opsigte van die keuse van
literêre tekste in skoolleerplanne?
Daar is myns insiens geen eenvoudige of enkelvoudige antwoord op hierdie
vraag nie. Een moontlikheid sou wees om te probeer differensieer wat betref die
twee groepe kinders, maar hierdie oplossing sou op sy beurt weer kon bydra tot
verdere verwydering en stigmatisering. Dit is in elk geval geensins meer ’n
haalbare oplossing vandat daar wit en bruin kinders saam in dieselfde klaskamer
is nie.
’n Ander – en waarskynlik meer aanvaarbare oplossing - waaraan aandag kan
word, is dat daar moeite gedoen moet word om ook gedigte in te sluit soos onder
meer Patrick Petersen se “komvandaan” (soos aangehaal in hoofstuk 5 rondom
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
319
die “bruin” mites), en ander gedigte waarmee bruin Afrikaanssprekende kinders
kan identifiseer. Sodoende kan Afrikaanse moedertaalsprekers uit albei groepe
waardering en begrip vir mekaar se mites ontwikkel (of ook insien dat baie van
die mites gedeelde mites is) en die werklike “storie van Afrikaans” as meer
genuanseerd begin ervaar as wat voorheen die geval was.
Daar is in hoofstuk 6 redelik uitgebreid aandag gegee aan die neerslag van die
mites onder bespreking binne die Afrikaanse letterkunde. Daar is geredeneer
dat die impak hiervan op die letterkunde nie toevallig is nie, aangesien die
letterkunde by uitstek dié sisteem is waarbinne die mitiese ’n tuiste vind. Of
anders gestel: die distillasie van al die mites van ’n volk maak deel uit van die
narratiewe wat weer in die letterkunde neerslag vind. Min of meer dieselfde
gedagte word verwoord deur Roodt (2001:233) wat die volgende beweer:
I hold the opinion that a country’s literature is probably the best record of
its history. There are various reasons for this state of affairs: it’s not
official, it’s not slanted, it offers different perspectives by innumerable
individuals on their experience of the country’s realities. The paradox of
literature is that although it is fiction, the writer’s lie is mostly the truth (my
kursivering).
Sonder om weer die oorsig oor die mites in die Afrikaanse letterkunde te herhaal,
sou daar beweer kon word dat albei die hoofmites onder bespreking in
hoofstukke 4 en 5 wel deeglik in die Afrikaanse letterkunde van die twintigste eeu
neerslag gevind het. ’n Verdere afleiding sou wees dat die letterkunde op sy
beurt weer miteskepping in die hand gewerk het, of in elk geval meegehelp het
om die betrokke mites nog sterker te vestig.
In die laaste afdeling van hoofstuk 6 is daar aandag gegee aan die polemiek
rondom Opperman se gedig, “Kersliedjie” – en veral die gebruik van die frase
“God se klong” - soos bespreek in die M.A.-verhandeling van N.J. Snyman.
Hierdie polemiek bied ’n onteenseglike (en vir my persoonlik ’n redelik
ontstellende) blik op die mate waarin die mite van Afrikaner-eksklusiwiteit en wit
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
320
meerderwaardigheid deel was van die kollektiewe denke van baie Afrikaners in
die vyftigerjare. Hierdie denke was so sterk gevestig dat Snyman selfs daarop
wys dat die frase “God se klong” deur een beswaarmaker as “onnasionaal”
bestempel is (1969:63).
Daar sou nog baie meer voorbeelde van die neerslag van die mites rondom
Afrikaans in verskillende Afrikaanse sisteme uitgewys kon word. Daar is egter
aan die begin van hoofstuk 6 daarop gewys dat daar eksemplaries te werk
gegaan word en dat die seleksie van ’n redelik wye spektrum van
voorbeeldmateriaal veral ten doel het om te wys hoe groot die impak van die
betrokke mites was.
7.2.6 Gevolgtrekkings
Die belangrikste gevolgtrekkings met betrekking tot hoofstukke 2 – 6 van
die proefskrif kan soos volg weergegee word:
•
Mites word in hierdie studie as lewende, rigtinggewende kragte beskou
(vgl. hoofstuk 1.4: navorsingsvrae 1 en 2);
•
Identiteit, nasionalisme, sogenaamde “verbeelde gemeenskappe” en die
kwessie van politieke miteskepping is almal faktore wat belangrik is vir die
diskoers (vgl. hoofstuk 1.4: uitgangspunt 13 en navorsingsvraag 3);
•
Mites rondom Afrikaans word gesien as positief indien hulle bygedra het
tot die bevordering van die taal se status en funksies en as negatief indien
hulle verskraling van hierdie status en funksies meegebring het (vergelyk
hoofstuk 1.4: navorsingsvraag 4);
•
In die eerste dekades ná die Anglo-Boereoorlog het die Afrikaner ’n
verbete stryd gevoer om sy identiteit as groep te handhaaf teen Britse
oorheersing (vgl. hoofstuk 1.4: navorsingsvraag 4);
•
Hierdie stryd word onder meer verwoord deur M.E.R. wat verwys na die
“volgehoue vryheidsdroom” en die “nimmereindigende opdraand
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
321
gesukkel” van die Afrikaner om homself te bly (vergelyk hoofstuk 1.4:
navorsingsvrae 4 en 5);
•
Daar is onteenseglike bewyse van die feit dat Afrikaans in hierdie eerste
dekades van die twintigste eeu en tot met die Nasionale Party-oorwinning
by die stembus in 1948 as mitiese bindingsmiddel van
Afrikanernasionalisme aangewend is (vergelyk hoofstuk 1.4: uitgangspunt
14 en navorsingsvraag 4);
•
Die mite, “Afrikaans, verdrukkerstaal”, het ’n lang aanloop gehad in die
koloniale geskiedenis van die land, en hang saam met onder meer die
mite van wit meerderwaardigheid, die Afrikaner- burgerlike godsdiens en
Afrikaner-eksklusiwiteit enersyds en swart bewussynstrewes andersyds
(vergelyk hoofstuk 1.4: navorsingsvraag 4);
•
Tydens die 1976-Soweto-onluste en die daaropvolgende opstande in die
res van die land het Afrikaans grootliks as metafoor vir politieke
verdrukking gegeld (vergelyk hoofstuk 1.4:uitgangspunt 14 en
navorsingsvraag 4);
•
In die narratiewe voor die Waarheids- en versoeningskommissie is
Afrikaans en die Afrikaner dikwels – of meestal – as die “verdrukkers “
uitgebeeld (vergelyk hoofstuk 1.4:uitgangspunt 14 en navorsingsvraag 4)”;
•
Die moontlikheid is selfs al geopper dat Afrikaans die prys is wat die
Afrikaners vir apartheid sal moet betaal (vergelyk hoofstuk 1.4:
uitgangspunt 14 en navorsingsvraag 4);
•
Die mite van Afrikaans as die taal van die “regte Afrikaners” en dié van
Afrikaans as die taal van die verdrukker het albei wyd neerslag gevind in
verskeie sisteme van die Afrikaanse werklikheid, en hierdie neerslag kan
nagespeur en uitgewys word deur gebruik te maak van ’n seleksie uit ’n
groot korpus geskikte voorbeeldmateriaal (vergelyk hoofstuk 1.4:
navorsingsvraag 5).
Die vraag kan dan nou gestel word hoe dit met die mites ná 1994 gesteld is
(vergelyk hoofstuk 1.4: navorsingsvrae 6 en 7).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
322
7.3
Die mites rondom Afrikaans ná 1994
7.3.1 Inleiding: standpunte van taalsosioloë in die aanloop tot 1994
Hans du Plessis maak die volgende uitspraak oor Afrikaans (1992:49):
Afrikaans hoort histories en eietyds in Afrika. Sonder om sy Europese
wortels weg te wens, lewe Afrikaans juis omdat hy Suid-Afrikaans is.
In dieselfde publikasie (1992:49) skets Du Plessis egter die situasie rondom
Afrikaans – sonder om daarna te verwys as mites – as sou Afrikaans enersyds
die simboolwaarde besit van die “toepassing van apartheid” en andersyds dié
van “eksklusiewe draer van Afrikanernasionalisme” (dus van die twee
opponerende mites wat in hierdie proefskrif in hoofstukke 4 en 5 bespreek is –
AMJ).
Daar is ook in hoofstuk 5 rondom die verdrukkingsmite verwys na Van Rensburg
se uitspraak (1999:72) oor (die simboolwaarde van – AMJ) Afrikaans. Van
Rensburg noem dit “die metaforiek omtrent Afrikaans” en beskryf die
problematiek hieromtrent soos volg:
Daar heers vandag in Suid-Afrika ’n mode wat dit wil hê dat daar vir die
sondes van ’n deel van die Suid-Afrikaanse gemeenskap […] ’n
beskuldigende vinger na die taal Afrikaans gewys word.
Sy standpunt is duidelik: die taal kan nie instaan vir sy sprekers se oortredings
nie:
Ek wil betoog dat die taal Afrikaans nie in die beskuldigdebank behoort te
staan nie… (my kursivering).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
323
In die werk van albei hierdie Afrikaanssprekende (Afrikaner-) taalsosioloë sou ’n
mens oor ’n lang tydperk ’n sensitiwiteit vir die “veelrassige” geskiedenis en aard
van Afrikaans kon bewys. Om maar een voorbeeld te noem:
Christo Van Rensburg het reeds in die tagtigerjare met ondersteuning van die
RGN intensiewe navorsing gedoen oor die Afrikaans van die Griekwas en hieroor
omvattend verslag gedoen. Met verloop van tyd het dieselfde onderwerp vir Hans
du Plessis in so ’n mate geboei dat hy begin het om verskeie Psalms en later ook
ander Bybelgedeeltes in Griekwa-Afrikaans te omdig.
Du Plessis spel die aard van dié Afrikaans wat in die “nuwe Suid-Afrika” moet bly
voortbestaan (ook as amptelike taal) in sy 1992-publikasie soos volg uit:
Onthou: as ek van Afrikaans as amptelike taal in die nuwe Suid-Afrika
praat, praat ek van die nuwe Afrikaans… Afrikaans wat rekening hou met
sy eie nie-wit geskiedenis, en ’n Afrikaans wat rekening hou met die
totaliteit van sy dialektiese moontlikhede.
Theo du Plessis, ’n jonger taalsosioloog en student van Christo van Rensburg,
neem in Februarie 1988 deel aan ’n seminaar oor “Alternatiewe Afrikaans”, wat
uitloop op die publikasie “Afrikaans en bevryding”. Die slotsom van Du Plessis
se referaat (1988:50,51) is dat daar gestrewe word na ’n “nie-rassige Afrikaans
[…] wat in ’n uiteindelike Suid-Afrika ’n gesonde, ongestremde en onbehepte
leefruimte (sal hê).”
Hierdie taalsosioloë vra dus almal by implikasie dat die taal nie “verantwoordelik
gehou mag word”2 vir politieke miteskepping deur Afrikanerleiers in die verlede
en die neerslag van mites in verskeie Afrikaanse sisteme nie, maar dat ’n
inklusiewe, nie-rassige Afrikaans ’n regmatige plek in die postapartheidsera
gegun sal word.
2
Ek is bewus van die feit dat dié formulering ’n verpersonifisering van Afrikaans impliseer,
waaraan baie ander gespreksgenote hulle ook skuldig maak. Vanselfsprekend is dit nie die taal
as sodanig nie, maar sy sprekers of die betrokke taalsosioloë wat aan die woord is.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
324
Steyn (1993) bespreek die geskiedenis rondom taalideologie en taalbeleid in
Suid-Afrika. In sy betoog (1993:97) rondom die voor-en nadele van
taalpluralisme teenoor taalassimilasie wys hy daarop dat, hoewel die direkte
koste van taalpluralisme in die geskiedenis hoër was as dié van assimilasie,
pluralisme voordele ingehou het soos taalregte en toegang tot belangrike
loopbane. Konflik is ook eerder vermy deur pluralisme, en die opstande in
Soweto in 1976 het juis voorgekom op grond van die gedeeltelike
assimilasiebeleid. Steyn wys voorts daarop dat amptelike Engels-eentaligheid in
Suid-Afrika “’n terugkeer (sou) beteken tot ’n assimilasiebeleid wat al die ander
tale as die amptelike taal gaan benadeel.” Steyn haal in hierdie verband vir
Cocquereaux (1981:34) aan, wat die volgende beweer:
Uit het officiële leven verbannen, blijft ze na enige tijd alleen een
gesproken taal. Zij sukkelt voort in dialectale vormen of verschrompelt tot
patois, door die meerderheidstaal gecontamineerd.
Die bogenoemde standpunt wat deur Steyn gestel word, geld weliswaar die
situasie wanneer ’n bepaalde taal amptelik van sy amptelike status ontneem
word. Dit is nie die geval met Afrikaans ná 1994 nie. Die frase van
Cocquereaux, “uit het officiële leven verbannen” kan egter nie sonder meer ter
syde gestel word nie. Daar is reeds na talle voorbeelde van hierdie “verbanning”
van Afrikaans uit die offisiële lewe van Suid-Afrika verwys (en dit ten spyte
daarvan dat die taal wetlik ampstaalstatus geniet), en nog talle ander sou
bygehaal kon word. Taallojale Afrikaanssprekendes word dikwels gekonfronteer
met dieselfde situasie as dié waarna prof. De Vos in 1906 verwys het, soos aan
die begin van hierdie hoofstuk aangehaal:
Maar wijst nu de een of ander op zodanig misbruik, zoals hierboven
genoemd, (waar Engels voorkeur geniet het bo die “Afrikaanders” se taal
– AMJ) dan heet het: hoe bekrompen, hoe anti-Engels om op zulk een
kleinigheid te vitten!
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
325
Die verskraling van Afrikaans se status in die openbare lewe is waarskynlik vir
baie Afrikaanssprekendes (en spesifiek die “Afrikaner”-segment) tekenend van
hulle eie verswakte politieke posisie in die land ná 1994.
Daar word voorts geargumenteer dat talle polemieke/diskoerse en gebeure ná
1994 bygedra het tot verdere miteskepping enersyds en ontluistering andersyds
van die mites rondom Afrikaans wat in die voorafgaande hoofstukke uiteengesit
is. Drie van hierdie gebeure/diskoerse (wat weer eens slegs ’n eksemplariese
seleksie verteenwoordig) word vervolgens genoem/kortliks bespreek.
7.3.2 Die WVK (1996-1998)
Die getuienis van “gewone mense” voor die Waarheids- en
Versoeningskommissie is in hoofstuk 5 redelik breedvoerig bespreek en sal
derhalwe nie weer hier aan die orde gestel word nie. Uit die bespreking moet dit
egter duidelik wees dat die WVK-verhore enersyds ’n groot impak gehad het op
miteskepping “teen” Afrikaans en die Afrikaner binne dié groepe wat die mite van
Afrikaans as verdrukkerstaal “geleef” het, en andersyds hulle deel bygedra het
tot ontluistering van die Afrikanermites vir diegene wat in die Afrikaner se roeping
“aan die suidpunt van Afrika” en sy Christelike aard as lewende en singewende
mites geglo het.
7.3.3 “Boetman is die bliksem in” (2000 -2001)
Die agtergrond van die sogenaamde “Boetman”-debat is ’n ope brief van Chris
Louw, die enigste joernalis van Suid-Afrika by die Statebondskonferensie rondom
die beëndiging van apartheid op die Bahamas in 1985 en in 1995 uitvoerende
regisseur van twee Afrikaanse radio-aktualiteitsprogramme, Monitor en
Spektrum. Louw se ope brief (gedateer 1 Mei 2000) is gerig aan dr. Willem de
Klerk na aanleiding van laasgenoemde se boek, Afrikaners: kroes, kras, kordaat.
Louw het sy brief aanvanklik in Nasionale Pers se Boekehuis in Aucklandpark
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
326
neergesit vir koffiedrinkers om te lees, maar op 5 Mei 2000 is dit in verkorte vorm
(op een volblad) in Beeld gepubliseer met die opskrif Boetman is die bliksem in.
Die kerngegewe van die brief en die daaropvolgende debat is dat die ouer geslag
“Broeders” die jonger geslag “Boetmans”, van wie Louw een is, met mooi
(miteskeppende – AMJ) woorde in die bloedige stryd – die grensoorlog –
ingestuur het om te sterf vir die “Groter Saak” (2001:7) terwyl hulle (die
“Broeders”) nooit self ’n oorlog gevoer het nie. Boonop verwyt die “Broerders”
nou hulle “volgelinge” en “die Afrikaners” in die algemeen vir apartheid sonder
dat hulle persoonlik die “hoof”-skuld daarvoor aanvaar. (In die slothoofstuk van
Louw se boek, wat deur ’n kliniese sielkundige, Gert de Lange, geskryf is, word
na die debat as ’n “volksdrama” verwys en dit is dan ook so dat die dramaturg,
Pieter Fourie, die “woorde-oorlog” tot ’n verhoogdrama vir die 2000 Aardklopfees
verwerk het. Daar is dus duidelike sprake van die impak van miteskepping
tydens en na aanleiding van die betrokke debat.)
Louw voel skynbaar ook persoonlik gegrief omdat dr. De Klerk hom as jong
joernalis (maar reeds getroud, met twee kinders en so digby dertig (2001:11)) in
die gange van Perskor “ge-‘Dag Boetman’” het. Hierdie aanspreekwyse getuig
vir Louw van die patriargale sisteem waarvolgens die Afrikanerjeug onder meer
deur hulle ouers (en oueres) geïndoktrineer is:
Ek onthou hoe ons op skool […] gatgeskeer het met die Christeliknasionale kolonels wat ons so vreeslik sedig kom vermaan het teen die
euwels van popmusiek, lang hare en voorhuwelikse seks (2001:10).
En
Ek was immers ’n produk van u Christelik-nasionale onderwys; ’n
suksesvolle skepping van organe soos die Broederbond… Julle was slu
genoeg om ons ook met julle ideale te besmet, deur julle Broederbonddinkskrums, julle kerkrade, julle geskiedenisonderwysers, julle veldkampe,
julle voorligtingsklasse, julle Roeping en werklikheid, julle
Uitsaaikorporasie, julle koerante, en veral julle sensuur (2001:13).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
327
Dit is baie duidelik dat Louw sinies is oor die bewustelike miteskepping deur al
die genoemde rolspelers, en dat die “ideale” wat oorgedra is, vir hom die
aanskyn van ’n siektetoestand of “besmetting” het. Die “persoonlike aanval” op
(Willem) de Klerk is ook in mities-gelaaide frases verwoord (2001:15):
Willem die Veroweraar. Willem die Dappere. Arme Willem die Verketterde.
Willem die Selfregverdigende.
In die konteks van hierdie diskoers oor mites is dit veral interessant dat Louw self
eksplisiet na miteskepping verwys in die volgende uitspraak (2001:15):
Ons ou grootvaders het geskiet om dood te skiet. Jou geslag het die Slag
van die Woord verken: hoe om te skryf om dood te skryf. In die proses is
die mites verwaarheid wat vir ons – vandag se dertigs tot vyftigs – selfs
met al ons sinisme, ons geskiedenis geword het … Watter dapper krygers
ons grootvaders was in wie se spore ons […] gevolg het. Met vernuftige
woordspeletjies het julle staatsterreur en menseregteskendings
gelykgestel aan ons voorouers se vryheidstryd… Nou hoor ons – die
Nuwe Geskiedenis haal die oue mos altoos in – dat selfs in die tyd van
heldedade meer as miljoen patrone vermors is om maar enkele duisende
Kakies van die gras te maak. Soos julle, het die ou takhare ook maar nie
te suiwer gekorrel nie (my kursiverings)3.
Louw vertel voorts van ’n gewese veiligheidspolisieman wat tydens ’n openbare
diskoers rondom die “Boetman”-debat by die Aardklop-kunstefees in September
2000 gebieg het dat hy mense gemartel het en ander onder hom gemobiliseer
het om dit ook te doen omdat hy sy “dominee en politieke leiers” geglo het wat
gesê het die saak is reg:
Die fors, grys Oom het ’n oomblik stilgebly, en toe gevra: “Hoe het die
storie begin? Wie het dit uitgedink?” (2001:35) (my kursivering).
Die “Boetman”-brief het ’n hewige polemiek in die media ontlok en talle briewe,
wat uiteindelik vervat is in Louw se 2001-publikasie (waaruit bostaande
aanhalings geneem is), dui op instemming van oud-dienspligtiges en hulle
3
Louw gee in dieselfde trant hoofstuk 8 van sy boek die titel “ Die mite van die onskuldige baba”.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
328
naasbestaandes met die sentimente daarin. Die bestek van die polemiek is te
omvattend om verder in besonderhede daarop in te gaan.
Enkele slotwaarnemings in verband met die “Boetman”-debat is die volgende:
•
Die uitsprake van die genoemde oud-dienspligtiges en hulle
naasbestaandes is dikwels skokkend en het waarskynlik in die maande na
die ope brief en die reaksie daarop hulle deel bygedra om Afrikaner-mites
se geldigheid onder verdenking te bring;
Die sterk klem wat Louw plaas op bewustelike miteskepping ter wille van
beïnvloeding en indoktrinasie deur verskeie leiers- of gesagsfigure en
opvoeders herinner aan Thompson se siening (soos uiteengesit in
hoofstuk 3) van sogenaamde “radikale mites” as uiters skadelike
fenomene. Thompson haal Cassirer 1946:280 aan wat beweer dat dié
demoniese miteskeppende kragte altyd teenwoordig is, “lurking in the dark
and waiting for (their) hour and opportunity. This hour comes as soon as
the other binding forces of man’s social life, for one reason or another,
lose their strength and are no longer able to combat the demonic mythical
powers” (my kursivering.)
•
Die interessantste aspek van die “Boetman”-polemiek vanuit die
uitgangspunt van hierdie diskoers is egter Louw se stelling dat daar ironie
bestaan in die feit dat hy “op intellektuele vlak met soveel saamstem wat
(De Klerk) skryf”, alhoewel dit nie “die woede verdryf nie” (2001:21).
Hierdie uitspraak dui immers daarop dat die miteskepping in Louw se eie
lewe nie sonder blywende impak was nie, en dat dit nie sonder meer
moontlik is om die mites waarmee hy van jongs af geleef het, tot niet te
maak nie. Dieselfde afleiding volg uit die aanhaling hierbo waarin Louw
beweer dat – ten spyte van sy geslag se sinisme – die mites van hulle
“helde-voorgeslag” vir hulle “verwaarheid” is en “geskiedenis” geword het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
329
7.3.4 Die verskyning van Hermann Giliomee se “biografie van ’n volk” (The
Afrikaners: biography of a people) (2003)
In Giliomee se inleiding tot sy biografie oor die Afrikaners (2003:xiii) word enkele
mities-gelaaide frases van Jan Smuts (uitgespreek in1949 met die onthulling van
die Voortrekker-monument) aangehaal (Smuts Papers, volume 7:327):
What young nation can boast a more romantic history, one of more farreaching human interest? Color, incident, tragedy and comedy, defeat and
victory, joy and sorrow … our early history is full of the most gripping
human interest. If only we had the pen of the Greeks, what a literary
contribution should we make to our future treasures! There is gold not
only in our earth, but still more in our history.
Rondom die apartheidsideologie maak Giliomee die stelling dat daar ’n
“vreemde” poging was om die begeerte om as wit volk voort te bestaan, te
versoen met die konsep van geregtigheid.
The peculiar feature of apartheid as an ideology was its attempt to
reconcile the demands for white survival and justice. But for those
nationalists who were “double-minded segregationists”, to use Hoernlé’s
term, it was difficult to believe that the bleak, segregated townships could
justify the denial of rights to black and colored people (Giliomee
2003:461).
In die konteks van bogenoemde aanhaling verwys Giliomee na ’n preek in 1940
wat baie bespreking uitgelok het. Die prediker was ds. William Nicol van
Johannesburg. Ds. Nicol se standpunt was dat hy hom wel beywer vir die
voortbestaan van ’n afsonderlike Afrikanervolk, maar dat hy eerder sou wou sien
dat die Afrikaners deur ander volke verswelg word as dat hulle sou probeer om
sonder God en sonder geregtigheid voort te bestaan.
(Hierdie gedagte herinner sterk aan die bekende voorwaarde vir voortbestaan
wat van Van Wyk Louw rondom die Afrikanervolk uitgespreek het, nl.
“voortbestaan in geregtigheid”. (Steyn,1998:1135 se oordeel oor hierdie
uitspraak van Van Wyk Louw lui soos volg: “Hy was nie die eerste in die
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
330
geskiedenis van die Afrikaner wat geregtigheid as ’n etiese imperatief gesien het
nie, maar van geeneen van sy voorgangers het daar so ’n dwingende invloed op
die hele gemeenskap uitgegaan nie. ‘Voortbestaan in geregtigheid’ het mettertyd
die hoofmotief vir die Afrikaanse denkers en politici geword wat deur sy denke
beïnvloed is.”)
Die afleiding wat volgens Giliomee uit standpunte soos dié van die geestelike
leier, ds. Nicol, en die intellektueel, Van Wyk Louw, gemaak kan word, is dat
reeds van voor die bewindoorname deur die Nasionale Party en ook in die loop
van die apartheidsjare, daar prominente Afrikaners was wat hulle kommer oor die
regverdigbaarheid van die apartheidsideologie uitgespreek het.
Talle standpunte van Afrikaners wat teen apartheid in geskryf het, is in hoofstuk
5 van hierdie proefskrif aangehaal. Ten spyte hiervan oordeel Giliomee dat,
hoewel Afrikaners gedwing is om baie van hulle aannames in heroënskou te
neem, die meeste nog moeilik erken dat apartheid in beginsel verkeerd was
(2003:666).
Hierdie laasgenoemde stelling van Giliomee op die laaste bladsy van sy
omvattende biografie oor die Afrikaners dui myns insiens baie sterk daarop
dat die mites waarmee mense oor ’n lang tydperk geleef het, beswaarlik
binne ’n dekade tot niet gemaak kan word. Dit bevestig ook die stelling in
die “voorafwoord” dat pogings tot die dekonstruksie van ’n mite nie sonder
meer die geldigheid van die bestaan van die mite tot niet kan maak vir
diegene wat hulle hele bestaan in terme daarvan gedefinieer het nie.
7.3.5 Die “versteuring van veilige patrone”
Daar is onteenseglik ook faktore in die (mitiese) “nuwe Suid-Afrika” van die
afgelope dekade wat ’n negatiewe impak het op pogings om die “ou” mites in die
geval van Afrikaanssprekendes (Afrikaners) te hermitologiseer. Die belangrikste
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
331
hiervan is die impak van die sogenaamde regstellende aksie (as gevolg waarvan
baie wit Afrikanermans hulle werk verloor het), asook die eskalasie van misdaad
in die algemeen en die gereelde voorkoms van plaasmoorde in die besonder
(omdat dit lyk asof laasgenoemde veral teen Afrikaner-boere gemik is in ’n
poging om wraak te neem op apartheid en omdat die persepsie bestaan dat die
ANC-regering nie hierdie saak met die nodige erns bejeën nie – AMJ.)
Die bogenoemde faktore en die doelbewuste pogings om bestaande lewende
mites binne ’n groep te ontmitologiseer, kan lei tot apatie en rigtingloosheid.
(Vergelyk in hierdie verband die sesde uitgangspunt wat in hoofstuk 1.3 as
onderdeel van die probleemstelling uiteengesit word).
Steinbeck (vgl. die aanhaling aan die begin van hierdie hoofstuk) verduidelik
voorts ontnugtering of “disillusie” as die emosie wat ’n mens ervaar wanneer jou
veilige patrone versteur word. Daar kan beweer word dat die Afrikaner ná 1994
in baie opsigte in ’n fase van “versteuring van die veilige patrone” en daarom ook
van ontnugtering leef. Die “veilige patrone” het onder meer behels: wit
Afrikaanse dominansie en minderheidsregering, Afrikaner-eksklusiwiteit, mediabeheer, werksgeleenthede vir Afrikaanssprekendes, beheer oor staatsinstellings
en die onderwys en vele meer. Ewe belangrik was ook die “waarheid” van die
Afrikanermites waaronder Afrikaner-geroepenheid, die Afrikaner- burgerlike
godsdiens en die “wonder van Afrikaans.”
Die afleiding is dus dat die apatie en disillusie nie net die gevolg is van die
“fisieke wêreld” (of “veilige patrone”) wat “ten gronde gegaan het nie”, maar van
die mite(s) wat ontluister is (Leroux 1980:12). Krog (1998:44,45) verwys
byvoorbeeld na die geskoktheid van wit mense by die aanhoor van die
narratiewe voor die Waarheids- en versoeningskommissie. (“The whites are aften
disconcerted: they didn’t realize the magnitude of the outrage …”)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
332
Die gereelde verwysings ná 1994 na die vergrype van die apartheidsregime, die
uitsprake teen Afrikaners tydens die WVK-verhore, die feit dat baie wit (veral)
mans hulle poste in die regering en staatsdiens verloor (en ander soortgelyke
“vernederings”), bring groot ontnugtering mee. Soos hierbo bespreek, neem die
jonger geslag (die “Boetmans” tussen dertig en vyftig jaar) die ouer geslag (die
“Broeders”) kwalik vir apartheid en veral ook vir die miteskepping rondom
apartheid wat volgens hulle (Louw en ander) vals was (en dus binne die diskoers
van hierdie proefskrif die lewende en singewende funksie van die mite as ’t ware
oneer aan gedoen het – AMJ).
Al hierdie faktore het noodwendig ook ’n groot impak op die (mitiese) “merker
van (Afrikaner-/Afrikaanse) sosiokulturele identiteit” (vergelyk Webb 1992:9),
naamlik die taal, Afrikaans.
7.4
En nou, Afrikaans?
Afrikaans het, soos reeds genoem, in die nuwe Suid-Afrika wel een van die
amptelike tale van die land geword, ’n status wat die taal met nog tien ander tale
deel. Moedertaal-Afrikaanssprekendes van alle kleurgroepe (blank, bruin en
selfs swart) praat daagliks Afrikaans in die huis, in sosiale interaksie onder
mekaar, op die skoolterrein, by die kerk, in die wandelgange by die werk, en in
talle soortgelyke sogenaamde laetaalfunksiesituasies. Afrikaanse dagblaaie en
tydskrifte word deur groot getalle lesers gelees, die Afrikaanse letterkunde is
steeds verreweg die mees produktiewe Suid-Afrikaanse letterkunde (Roodt,
2001:233), en Afrikaanse musiek en toneel floreer, gemeet aan die Afrikaanse
“kunstefeeste”.
Ten spyte van al die bogenoemde oënskynlik gunstige tekens rondom Afrikaans
se huidige posisie, is daar egter ook, soos reeds genoem, talle onmiskenbare
tekens van die verskraling van Afrikaans se hoëfunksiestatus wat nie sonder
meer genegeer kan word nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
333
Ons leef in die postapartheidsera. Dit is dan ook in 2004 reeds die derde maal
dat daar ’n verkiesing sal plaasvind waartydens volwassenes van alle
rassegroepe op ’n gemeenskaplike kieserslys hulle stemme sal kan uitbring om
demokraties verkose leiers uit alle bevolkingsgroepe aan te wys.
Die uitgangspunt van hierdie proefskrif is egter dat mites, as singewende en
lewende kragte, nie sonder meer “vernietig” kan word nie en gevolglik hulle
impak oor ’n baie lang tyd steeds laat geld. Dit is waar wat betref die impak van
bewustelike politieke miteskepping (vgl. die “Boetman”-debat hierbo), maar baie
meer nog vir dié miteskepping wat in die “kollektiewe onderbewuste” (volgens
Jung – vgl. hoofstuk 2) ontstaan en wat dus tot ’n groot mate onbewustelik tot
stand kom. Uit die diskoers in hierdie proefskrif moet dit op hierdie stadium
duidelik wees dat albei hierdie wyses van miteskepping deeglik verreken kan
word in die “storie van Afrikaans.”
Vir die Afrikaner was die eis van sy voortbestaan as afsonderlike groep van die
begin af (dit wil sê reeds in die negentiende eeu, maar ook deur die loop van die
twintigste eeu) ’n lewende en rigtinggewende mite, waarsonder hy sy bestaan nie
sou kon indink nie. Hierdie mite is deur sy leiers op alle gebiede aan hom
voorgehou, en het later gestalte gekry in die beleid van afsonderlike ontwikkeling
van die verskillende groepe in die land.
Afrikaans was vir die Afrikaner van meet af aan ’n kragtige en miteskeppende
instrument (vergelyk weer hoofstuk 4) wat juis daarom op besondere wyse
ontwikkel is om status te kon verwerf op al die belangrikste openbare terreine.
Dit is dus nie vreemd dat, nog meer so as die meeste ander groepe, die
Afrikaner steeds sy groep se identiteit, voortbestaan en lewenskragtigheid meet
aan die mate waarin Afrikaans groei – of kwyn - en status geniet al dan nie.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
334
Aan die ander kant kan die mite van Afrikaans as die taal van apartheid – en dus
die verdrukkerstaal – ook nie so maklik vernietig word nie. Baie mense wat tans
in die regering is, het gely onder “Afrikaans as die verdrukker” – selfs al was hulle
eie moedertaal Afrikaans – en het dus geen voorliefde vir die taal en sy sprekers
nie. Afgesien van die praktiese, finansiële oorwegings vir die keuse van Engels
as taal van nasionale eenheid en lingua franca, kan die doelbewuste “aftakeling”
van Afrikaans se regte en status op vele openbare terreine sekerlik ook verband
hou met die impak van die betrokke mite en die poging tot regstelling van die
verlede. Die feit dat Afrikaners vir baie lank geen geheim gemaak het van hulle
besondere verbondenheid met Afrikaans as mitiese merker van
Afrikaneridentiteit nie, maak dit vir diegene wat die “ander mite” geleef het,
soveel sinvoller om juis die taal te gebruik om hulle as ’t ware op die Afrikaner en
apartheid te “wreek.”
Drie tradisioneel-“Afrikaner”-terreine is dus aangetas:
•
Die werksmilieu, en veral die staatsdiens, waar regstelling volgens
kwotastelses (op grond van die bevolkingsamestelling) baie Afrikaners uit
poste wat hulle tradisioneel beklee het, dwing;
•
Die landboumilieu – ook tradisioneel die wêreld van die Afrikaners (of
“Boere”) – waar gronde onteien word ten gunste van historiese eienaars
se eise en waar plaasaanvalle hulle lewens daagliks bedreig; en
•
Die terrein van hulle “geliefde” taal, Afrikaans, wat na twee eeue van
verset en na besondere winste op sowel die gebied van
korpusontwikkeling as dié van statusontwikkeling, in hierdie laat
fase lyk asof dit gaandeweg die knie moet buig voor totale
oorheersing deur Engels.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
335
7.4.1 Het die “wonderboom” geval? (Erkenning aan J.C. Steyn en Réna
Pretorius)
Sou dit dan nou die slothoofstuk in die “storie van Afrikaans” wees? Het die mite
van die “wonder van Afrikaans” sy krag verloor? Is ons nou by die punt waarna
Steyn (1978:122) sy dagboekinskrywer laat verwys:
Dis miskien ons almal se enigste egte besit: die smart en die vrees vir die
smart om te kan verloor wat vir ons die liefste is… […] dat die
wonderboom …”
Pretorius (1984:65) voltooi hierdie “angsvallige dagboekskrywer” se frase deur dit
in ’n retoriese vraag te omskep: “Vrees dat die wonderboom sal … val?”
Het die metaforiese “wonderboom” – Afrikaans – miskien al reeds geval, terwyl
net sy wortels nog krampagtig aan Afrikabodem bly vasklou? Het die mites
rondom Afrikaans die taal ingehaal op tweërlei wyses:
•
deur ontluistering van die Afrikanermites, sodat ook die mitiese
bindmiddel van Afrikaner-eenheid sy krag verloor het; en
•
deur oorbeklemtoning van die verdrukkingsmite, waarvolgens die
taal mede-verantwoordelik gehou word vir die geskiedenis van
apartheid en alles wat daarmee saamgegaan het en dus as
ongewens beskou word binne die konteks van die “nuwe SuidAfrika?
Die antwoorde op al die bostaande vrae is nie eenvoudig of enkelvoudig nie.
Hoogstens kan enkele slotopmerkings die rigting aandui waarlangs oplossings vir
die bedreiginge rondom die voortgesette rol van Afrikaans in Suid-Afrika gesoek
kan word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
336
7.5
Slotsom van die ondersoek
Die mites wat in die loop van die twintigste eeu rondom Afrikaans onstaan het,
asook hulle impak en neerslag binne verskillende Afrikaanse sisteme is in die
voorafgaande bespreking onder oënskou geneem.
Die slotsom kan kortliks soos volg gestel word:
•
Miteskepping rondom Afrikaans het onteenseglik plaasgevind en ’n
belangrike rol binne die konteks van die taal se ontwikkeling op alle
terreine gespeel;
•
Daar was miteskepping vanuit twee verskillende ideologiese vertrekpunte
en daarom bestaan daar tans ook nog twee uiteenlopende beskouings
van die waarde en rol van Afrikaans in Suid-Afrika;
•
Hierdie feite plaas Afrikaans in Suid-Afrika in sommige opsigte in ’n
problematiese posisie en kan moontlik negatief impakteer op die
voortgesette rol en status van die taal in die veeltalige Suid-Afrika, en
veral in mededinging met sy oudste “teenstander”, nl. Engels;
•
Indien Afrikaans steeds funksioneel verskraal word en die wit groep
sprekers – die Afrikaners – steeds verantwoordelik gehou word vir die
mite van Afrikaans as verdrukkerstaal en die gepaardgaande
apartheidsmites, kan dit lei tot verdere disillusie en ontluistering van die
eie mites, en moontlik tot apatie of fisiese afstandskepping (deur bv.
emigrasie uit die land);
•
Daar moet deurtentyd gesoek word na sinvolle oplossings vir die
probleme rondom Afrikaans.
7.6
Aanbevelings
Enkele aanbevelings word hierna voorgehou, alhoewel daar sekerlik nog in
diepte deur politici, taalbeplanners en “gewone Afrikaanssprekendes” na verdere
oplossings gesoek moet word.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
337
7.6.1 Leef saam met die mites
Die eerste saak wat myns insiens van baie groot belang is wanneer oplossings
gesoek word vir probleme rondom Afrikaans se huidige stand is dat daar met die
mites rondom Afrikaans saamgeleef moet word.
Hiermee word bedoel dat die mites wat in hierdie proefskrif bespreek is – en
veral dan die twee “hoof”-mites soos in hoofstukke 4 en 5 onderskeidelik aan die
orde gestel – op geen manier weggewens of weggeredeneer kan word nie.
Dit is reeds duidelik gestel dat mites as singewende en lewende kragte
diegene wat in hulle waarheid glo, rig en lei, en as sodanig beswaarlik
binne een menseleeftyd ongeldig verklaar kan word. Of liewers: die mite
kan sekerlik by herhaling ongeldig “verklaar” word, maar hierdie
verklarings sal geen blywende impak hê nie, omdat die waarheid van die
mite tydloos is ook nie “’n verstandelike konkoksie” verteenwoordig nie
(sien die aanhalings in hoofstuk 2 in hierdie verband). Om sonder die mite
te probeer leef, is so goed as om te “sterf van honger.”
Die oplossing is dus myns insiens nie om die eie of die ander se mites te probeer
ontken of ontmitologiseer nie, maar om te aanvaar dat die ander inderdaad ook
lewende en singewende mites het waardeur hulle bestaan gerig is, en om respek
en deernis hiervoor te ontwikkel. Dit geld ook die opponerende mites rondom
Afrikaans. In die woorde van Brink, soos aangehaal aan die begin van hoofstuk
6, moet daar in gedagte gehou word dat al die sprekers van Afrikaans (wat beide
moedertaalsprekers en niemoedertaalsprekers kan insluit) “baie stories het wat
almal waar is”, en dat dit noodsaaklik is “om reg te leer luister”. (Vgl. ook in
hierdie verband hoofstuk 1.4: navorsingsvrae 8 en 9.)
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
338
In die huidige opset waarin baie van die vorige gedwonge grense tussen mense
afgebreek is, is dit ook makliker om na mekaar se “stories” te luister en sodoende
tot ware begrip te probeer kom. Dit sou dus wenslik wees om nog baie meer –
metafories gesproke – “bloekombos”-gesprekke binne die Afrikaanse
taalwerklikheid en sy mites te voer, met deelnemers uit die geledere van sowel
diegene wat binne die Afrikanermites opgegroei het as diegene wat deur die mite
van Afrikaans as verdrukkerstaal gevorm is. Die belangrikste is egter in dié
geval om saam te leef met die mites – dié van die ander, maar ook die eie (want
ironies genoeg is die mens ook soms in stryd met die impak van die mites in sy
eie lewe).
7.6.2 Liesit, praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit (erkenning aan Marius
F. Titus – Uit: “Skryfwerk”)
Steyn (1980:18) maak die volgende uitspraak rondom taalstatus as een van die
vereistes vir die voortbestaan van ’n taal:
Getalsterkte, ekonomiese waarde en kulturele gehalte is van die dinge wat
die status van ’n taal bepaal.
Daar kan sonder vrees vir teenspraak beweer word dat Afrikaans in Suid-Afrika
op die oomblik nog in al die bogenoemde opsigte in ’n sterk posisie verkeer.
(i)
Getalsterkte
Wat getalsterkte betref, kan daar weer na die uiteensetting in hoofstuk 1
(1.1) gekyk word (soos gegrond op die jongste verwerkte
sensusgegewens van 2001, aangehaal in Webb 2003). Hiervolgens is
13.3 % van die Suid-Afrikaanse bevolking moedertaalsprekers van
Afrikaans, wat Afrikaanssprekendes dus die derde grootste
moedertaalgroep maak, teenoor Engels met 8.2 % as die vyfde grootste
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
339
moedertaalgroep. Daarbenewens is daar 16.3 miljoen mense in die land
wat aandui dat hulle Afrikaans as eerste of tweede taal ken, terwyl daar
net 1.4 miljoen meer mense is (17.7 miljoen) wat eerste- en
tweedetaalkennis van Engels aandui. Geografies is Afrikaans se
verspreiding ook beter as dié van Engels. Wat getalsterkte en T1- en T2kennis betref, staan Afrikaans dus in werklikheid minder agter vir Engels
as wat waarskynlik tans vermoed word.
(ii)
Ekonomiese waarde
Afrikaanssprekendes kry wel – soos voorheen gemeld – opdraend in dié
beroepe wat voorheen tradisioneel deur hierdie groep beklee is, soos
onder meer poste in die staatsdiens en semi-staatsdiens. Daar word ook
van maatskappye verwag om regstelling wat betref die indiensneming van
persone uit alle groepe volgens ’n kwotastelsel te bewys.
Afrikaanssprekendes het hulle egter toenemend as entrepeneurs laat
begin geld. Dit beteken dat Afrikaanssprekendes steeds in baie gevalle
diensverskaffers is en dat ’n kennis van Afrikaans ook vir
niemoedertaalsprekers in hierdie gevalle ’n ekonomiese bate is.
Afrikaanssprekendes het ook nog ’n groot genoeg impak op die koopkrag
in die land om hulle as drukgroep te kan laat geld, bv. wat betref die
advertensiewese. (Of Afrikaanssprekendes wel hierdie vermoë tot
selfgelding uitoefen, is ’n aspek waarop in afdeling iii hierna teruggekom
word.)
Die slotsom is dus dat Afrikaans in Suid-Afrika nog steeds ’n onbetwiste
ekonomiese waarde het vir sowel moedertaalsprekers as
niemoedertaalsprekers.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
340
(iii)
Kulturele gehalte
Oor Afrikaans se ontwikkeling as kultuurtaal hoef daar by niemand enige
bedenkinge te bestaan nie. Die taal is mettertyd terminologies op alle
terreine ontwikkel, en die soeke na woorde vir die heel jongste
tegnologiese ontwikkelings bly nie uit nie, soos onder meer blyk uit die
kompetisie op LitNet om ’n goeie Afrikaanse ekwivalent vir ’n sms te
bedink (nadat “vonkpos” vir “e-pos” glo deur Breyten geskep is).
Dit is egter veral die kwaliteit van die Afrikaanse letterkunde vanaf die heel
vroegste skrywers soos bv. Van Bruggen tot en met die baie produktiewe
onlangse skrywers en digters wat aan Afrikaans so ’n besondere plek
onder die tale van Suid-Afrika, maar ook in die groter wêreldletterkunde
besorg. Daar is nie ruimte om hier al die “groot name”, na wie daar in
sommige gevalle reeds in die loop van hierdie studie verwys is, te noem
nie. ’n Interessante opmerking wat as voorbeeld kan dien vir die impak
van die Afrikaanse letterkunde is dié van die Vise-rektor:
Geesteswetenskappe van die Universiteit van Pretoria, prof. Chabani
Manganyi, wat by die prysuitdelingsfunksie van die Departement Afrikaans
op 5 Maart 2004 gesê het dat Afrikaans nie net behoort te oorleef ter wille
van wetenskapsbeoefening in die taal nie, maar veral sodat toekomstige
geslagte steeds die poësie van Van Wyk Louw sal kan lees.
In die lig van bogenoemde sou daar beweer kan word dat Afrikaans wat betref
getalsterkte, ekonomiese waarde en kulturele gehalte steeds hoë aansien in
Suid-Afrika geniet as een van die mees dinamiese tale in die land.
Taalstatus is egter net een van die vereistes wat Steyn stel vir die voortbestaan
van ’n taal. Die ander twee ewe belangrike vereistes is houding en
taalgetrouheid. In hierdie twee opsigte mag daar wel groot rede tot kommer
bestaan, veral wat betref die jonger geslag Afrikaanssprekendes. Die impak van
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
341
“negatiewe miteskepping” kan nie in hierdie geval ontken word nie. Soos reeds
genoem, is Afrikaners in die afgelope jare herhaaldelik gekonfronteer met hulle
eie “sondes” en dié van die vorige geslag, in so ’n mate dat die “boetmans”
verwoed teen die “broeders” begin uitvaar het. Niemand wil indiwiduele skuld
aanvaar nie, en tog word ’n kollektiewe skuld deur baie Afrikaners bely. Dit is
daarom nie verbasend dat baie (veral) jonger Afrikaanssprekendes dikwels
verkies om nie té Afrikaans of té taallojaal voor te kom nie om sodoende alle
aandadigheid aan die verlede van die Afrikaner (die Afrikanermites) te ontken.
’n Verdere faktor is die voorkoms van kodevermenging (in die geval van
Standaardafrikaanssprekers) tussen Afrikaans en Engels wat in die geval van die
jonger generasie (die sg. Zoid-generasie) so intens is dat bykans die helfte van
die geskrewe Afrikaanse teks van iemand uit hierdie groep (doelbewus) Engels
is. Die voorkoms van kodevermenging as identiteitsmerker by jonger
taalsprekers is nie vreemd aan baie kultuurgroepe nie. Dit kan daarom nie
vanselfsprekend gesien word as ’n gebrek aan taalgetrouheid teenoor die eie
taal nie. In die geval van Afrikaanssprekendes, wat reeds vir so lank moes
weerstand bied teen die moontlikheid van verengelsing, hou hierdie
taalvermenging egter wel pertinente “gevare” in.
Gustav Preller se aanhaling in die aanhef tot hoofstuk 4, naamlik dat die prys van
die “duurgekogte regte en vryhede” binne een menseleeftyd weer vergeet word,
is uiters belangrik binne hierdie diskoers rondom miteskepping. Uit die
voorafgaande bespreking moet dit duidelik wees dat Afrikaans nie sy “regte en
vryhede” maklik of goedkoop verkry het nie.
Prof. Elize Botha het by die genoemde prysuitdelingsfunksie van die
Departement Afrikaans van U.P. na die rol van prof. A.P. Grové, wat in dieselfde
week waarin die funksie plaasgevind het, begrawe is, verwys as dié van kurator
van die Afrikaanse letterkunde. Net so is alle Afrikaanssprekendes myns insiens
tans kuratore van die Afrikaanse taal in al sy fasette: die ryke verskeidenheid
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
342
variëteite van Afrikaans wat ook in verskeie tekste neerslag vind, die Afrikaanse
vaktaal en leksikografie, die letterkunde, taalkunde en historiografie van
Afrikaans, en vele meer. Die mite van die “wonder van Afrikaans” is steeds ’n
lewende mite, en Afrikaans is die lewende bewys van die lewenskragtigheid van
hierdie mite. Die aanbeveling is dus, om die woorde van Titus hierbo te
parafraseer, dat Afrikaans daagliks in al sy fasette ontgin en “bedryf” moet word.
’n Gebruikstaal sterf immers nie sommer uit nie.
Hiermee word die groot waarde van kundige beswaar teen die ongrondwetlike
verskraling van Afrikaans se hoë funksies geensins ontken nie. Daar is talle
voorbeelde van sodanige besware deur bekende Afrikaanse taalsosioloë,
taalhistorici en taalpolitici soos Giliomee, Steyn en ander (soos Dan Roodt) in
wisselende grade van taalaktivisme (waarby die impak van miteskepping dikwels
onteenseglik waarneembaar is).
Dit sou naïef wees om te beweer dat dit maar net nodig is om Afrikaans te praat
om die taal se toekoms te verseker. Dit is gewoon nie waar dat die verlies aan
status van Afrikaans op vele terreine, soos in hoofstuk 1 gemeld, geen werklike
negatiewe impak het nie. Wat egter wel hier beweer word, is dat die “gewone”
Afrikaansspreker grootliks kan bydra tot die beveiliging van Afrikaans se
voortgesette rol in die samelewing deur die taal sonder skroom in alle
lewensituasies te gebruik en te koester. Een saak staan vas: as die
Afrikaanssprekendes nie self die regte van Afrikaans op ’n nugter dog besliste
manier beding nie, sal niemand anders dit vir hulle doen nie. Daarom dan: liesit,
praattit, skryffit, ontginnit en bedryffit.
7.6.3 Wees ’n miteskepper rondom die rol van Afrikaans in Suid-Afrika
Nog voor die eerste demokratiese verkiesing van 1994, in Junie 1993, word daar
in ’n Engelse koerant, The Natal Mercury, die volgende uitspraak deur Leon
Marshall gemaak:
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
343
However much apartheid […] might be resented, Afrikaans (has) gained a
place in the history and in the affairs of the country which might warrant
special consideration…
In die lig van die bespreking rondom Afrikaans en die Afrikaner in hoofstuk 4 van
die proefskrif moet daar volkome met hierdie uitspraak saamgestem word.
Afrikaans se ontstaan op Afrikabodem (hoewel natuurlik met onbetwisbare
wortels in én mikpunte na die Lae Lande) en sy ontwikkeling tot volwaardige
kultuur- en wetenskapstaal wat met Engels as hoëfunksietaal op alle gebiede
kan meeding, het inderdaad aan dié taal ’n besondere plek in Suid-Afrika besorg.
Die feit dat Engels ’n internasionale kommunikasie- en publikasietaal is, verleen
uiteraard groter status aan Engels as aan Afrikaans. Baie Afrikaanssprekendes
verkies om in Engels te skryf. So byvoorbeeld is, in ’n sekere sin ironies,
Hermann Giliomee se biografie oor die Afrikaners in Engels geskryf. Die rede is
uiteraard die feit dat die werk gerig is op ’n baie groter mark as
Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners.
Hierdie selfde feite veroorsaak egter juis myns insiens dat Engels nooit werklik
die belangrikste merker van Suid-Afrikaanse kulturele identiteit kan word nie.
Engels is wel die wêreldtaal, die taal van wyer kommunikasie en “groot
geleerdheid.” Dit is alles deel van die miteskepping rondom Engels, en veral by
sogenaamde “agtergeblewenes” in die land, wat opwaartse sosiale mobiliteit
deur Engels kan verwerf.
Afrikaans, daarenteen, is uniek aan Suid-Afrika – soos Zulu, Xhosa, Venda,
Tswana, die twee Sotho-tale, Tsonga, Swazi en die twee Ndebele-tale.
Afrikaans soos ons dit ken met al sy variëteite - dié van die Kaapse vlakte en
trouens die hele “Kolonie” (soos my ma, wat in Steynsburg gebore is, altyd na
haar geboorteprovinsie verwys het), van Gauteng, die Vrystaat, die Richtersveld,
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
344
Namakwaland, Namibië, van Adam Kok se nageslag – het sy beslag in SuidAfrika gekry, en verdien daarom sy besondere plek hier te lande.
Terselfdertyd is Afrikaans terminologies voldoende ontwikkel om mense maan –
of Mars – toe te stuur. Min ander tale wat sy aan sy met Engels moes meeding,
het nog ooit reggekry wat Afrikaans reggekry het4. Afrikaans is daarom een van
die mees markante nasionale tale van Suid-Afrika en myns insiens ’n baie groter
aanspraakmaker op die rol van merker van Suid-Afrikaanse nasionale identiteit
as Engels, die “gesiglose” wêreldtaal.
Die aanbeveling is dus dat hierdie belangrike feite steeds aan ander SuidAfrikaners en die eie nageslag oorgedra moet word: dat positiewe miteskepping
rondom Afrikaans die taal se belangrike rol in die “vryheidstryd” van die Afrikaner
sal uitwys, maar ook die waarde van Afrikaans as “bevryde” taal en ekonomiese
bate vir baie Suid-Afrikaners, van wie ’n groot groep deel uitmaak van die
nieprimêre spraakgemeenskap van Afrikaans.
Die diaspora van Afrikaanssprekendes na ander wêrelddele is bekend. Daar is
egter ook ’n toenemende betrokkenheid by ontwikkelingsprojekte in Afrika (waar
Afrikaners spesifiek in aanvraag is op grond van hulle kundighede en bewese
vermoë tot organisasie en integrasie – volgens mondelinge mededeling van my
man, Chris Jordaan, wat al self in meer as een Afrikaland by sulke
ontwikkelingsprojekte betrokke was). Die Afrikaners is dikwels in die rol van
konsultant of entrepeneur hier betrokke en die moontlikheid dat Afrikaans as taal
ook mettertyd in kommunikasie met inheemses in die betrokke Afrikaland ’n
bepaalde rol sal speel, is nie uitgesluit nie.
Kortom: nuwe miteskepping (wat nie die ou mites rondom Afrikaans sonder meer
kan vervang nie, maar daarby toegevoeg word) is myns in die laaste dekade
4
Weer eens ’n verpersonifsering van Afrikaans – vergelyk voetnoot 2 op bladsy 323. Uiteraard is
dit die sprekers van die taal wat dit “reggekry” het.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
345
geleidelik besig om in die kollektiewe onderbewuste van Afrikaanssprekendes te
vorm. Hierdie nuwe miteskepping sluit in:
•
Afrikaans is ’n taal van Afrika;
•
Afrikaans is “gedemokratiseer” (om die term te gebruik wat, sover my
kennis strek, die eerste keer deur Christo van Rensburg op hierdie manier
gebruik is (vergelyk Webb 1992:183-197)). Dit beteken dat Afrikaans
lankal nie meer gesien word as ’n eksklusiewe wit-Afrikaner-“besitting” nie,
maar as die inklusiewe taal van al sy sprekers, van watter
Afrikaansvariëteit ook al (wat ook die “swart” Afrikaans – tsotsitaal en
flaaitaal - van die townships insluit);
•
Van die Psalms en ander Bybelgedeeltes kan nie mooier “gesê” word as
in Griekwa-Afrikaans nie (erkenning ook hier aan Hans du Plessis);
•
Die Afrikaners – ten spyte van die “versteuring van hulle veilige patrone” –
het weer eens hulle besondere vermoë tot aanpasbaarheid getoon en het
bewys dat hulle steeds ’n toonaangewende rol in Suid-Afrika te speel het.
Hiermee saam word die voortbestaan van hulle taal vir die meeste nog as
vanselfsprekende gegewe gereken;
•
“Kleur” is geen basis vir skeiding nie en daar is werklik geen verskil in die
lewensiening en lewenswaardes – en daarom in die mites waarmee hulle
leef – tussen wit en bruin moedertaalsprekers van Afrikaans nie.
Ons staan nou aan die begin van die tweede dekade van die “nuwe,
demokratiese Suid-Afrika.” Daar word darem nie weer met die oog op die
komende verkiesing op 14 April 2004 stapels blikkieskos en ander voorrade
aangekoop vir geval die land skielik ophou bestaan nie. Andersyds weer is die
buitengewone euforie van 1994 ook nie meer met ons nie. Die meeste mense
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
346
begin besef dat die mite van “skouer aan die wiel sit” maar die blywendste een is
om ’n land te laat “werk.”
En wat Afrikaans betref: diegene van ons wat steeds die mite van Afrikaans as
onvervreembare en singewende mite in die “diepst van ons gedachten” en die
“binnenst van ons ziel” glo, is dit roerend eens met die reeds aangehaalde
woorde van die Hennie Aucamp-figuur: “My bestaan, my identiteit, my kern, my
alles lê opgesluit in Afrikaans. ’n Bestaan in ’n ander taal sal vir my tweedehands
wees.”
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
347
Bibliografie
A. Boeke
Anderson, B.R. O’G. 1991. Imagined communities: reflections on the origin &
spread of nationalism. New York: Verso.
Barnes, L. 1932. The new Boer war. Londen: Leonard and Virginia Woolf, The
Hogarth Press.
Barraclough, G. 1979. Main trends in history. New York: Holmes & Meier.
Barthes, R. 1972. Mythologies. (uit Frans vertaal deur Annette Lavers). New
York: Hill and Wang.
Basso, R. 1990. Myths in contemporary oral transmission. InSamuel, R. & P.
Thompson (reds.):59-69.
Belcher, R. 1987. Afrikaans en kommunikasie oor die kleurgrens. In Du Plessis,
H. & T. Du Plessis (reds.): 17-34.
Beukes, M. 1998. André P. Brink (1935-) Deel II. In Van Coller, H.P. (red.):316329.
Brink, A.P. 1973. (Tweede uitgawe:1982) Kennis van die aand. Kaapstad:
Human & Rousseau.
Brink, A.P. 2002. Anderkant die stilte. Kaapstad: Human & Rousseau.
Botha, D.P. 1960. Die opkoms van ons derde stand. Kaapstad: Human &
Rousseau.
Botha, E. 1998. Etienne Leroux (1922-1989). In Van Coller, H.P. (red.):586-603.
Botha, E. 1999. Uit ’n bloekombos-omsoomde wêreld: repliek op Willemse et al.
In Du Plessis, T. en A. van Gensen (reds.): 94-100.
Botha, T.J.R. (red.). 1989. Afrikaanse Sintaksis. Pretoria: Academica.
Bulfinch, T. s.j. The golden age of myth and legend. Hertfordshire: Wordsworth
Editions Ltd.
Burke. K. 1961. The rhetoric of religion: Studies in logology. Berkeley: University
of California Press.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
348
Calhoun, C. (red.). 1994. Social theory and the politics of identity. Oxford:
Blackwell.
Campbell, J. 1949. The hero with a thousand faces. Princeton University Press:
Princeton. (Sagtebanduitgawe 1972. Princeton: Princeton/Bollingen
Paperback Printing.)
Cassirer, E. 1946. The myth of the state. New Haven: Yale University Press.
Castells, M. 1997. The power of identity. Massachusetts: Blackwell Publishers.
Cilliers, D.H. 1953. Die stryd van die Afrikaanssprekende in Kaapland om sy eie
skool (1652-1939). Kaapstad: A.A. Balkema.
Cloete, T.T. (red.). 1992. Literêre terme en teorieë. Bloemfontein: HAUMLiterêr.
Cobarrubias, J. & J.A. Fishman (reds.). 1983. Progress in language planning:
international perspectives. Berlyn: Mouton.
Cocquereaux, J. 1981. Volken en talen in beweging. Leuven: Davidsfonds.
Coetzee, A. 1990. Letterkunde en krisis. ’n Honderd jaar Afrikaanse letterkunde
en Afrikaner nasionalisme. Johannesburg:Taurus.
Conradie, P.J. 1962 Die avonture van die Griekse helde en gode. Kaapstad:
Human & Rousseau.
Constandse, A.L., L. Grollenberg e.a. 1974. Logos en mythos. Baarn: Bosch &
Keuning.
De Rougemont, D. 1956. Passion and society. Londen: Faber.
Davids, A. 1987. The role of Afrikaans in die history of the Cape Muslim
community. In Du Plessis, H. & T. du Plessis (reds.): 36-59.
De Klerk, W. 2000. Afrikaners: kroes, kras, kordaat. Kaapstad: Human &
Rousseau.
De Klerk, W.A. 1979. Tyd van vernuwing. Kaapstad: Tafelberg.
De Vos, P.J.G. 1906. De Afrikaander en zijn taal. Amsterdam en Kaapstad:
Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers-maatschappij.
De Waal, J.H.H. 1939. My herinnering aan ons taalstryd (Versamelde Werke,
deel 1). Kaapstad: Nasionale Pers.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
349
Du Plessis, H. 1992. En nou, Afrikaans? Pretoria: J.L. Van Schaik.
Du Plessis, H. & T. du Plessis (reds.). 1987. Afrikaans en taalpolitiek. Pretoria:
HAUM.
Du Plessis, L.T. 1986. Afrikaans in beweging. Bloemfontein: Patmos.
Du Plessis, L.T. 1991. Die evaluering van taalbeplanningsprosesse en
aanbevelings vir die oplossing van taalbeplanningsprobleme in Afrikaans.
Doktorale proefskrif: Universiteit van die Oranje-Vrystaat.
Du Plessis, L.T. & A. van Gensen (reds.). 1999. Taal en stryd. 1989-1999gedenkbundel. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.
Du Plooy, H. 1998. Henriette Grové (1922-). In Van Coller, H.P. (red.):475-488.
Du Preez, J.M. 1983. Africana Afrikaner. Meestersimbole in Suid-Afrikaanse
skoolhandboeke. Alberton: Librarius.
Du Toit, A. 1987. Taal, religie en nasionaliteit, 1824-1886. In Du Plessis, H. & T.
Du Plessis (reds.): 61-70.
Du Toit, J.D. 1917. Ds. S.J. du Toit in weg en werk. ’n Periode van Afrikaanse
oplewing. Paarl: Paarl Drukpers Maatschappij Beperkt.
Du Toit, S.J. 1882. Die Afrikaner Bond. “Eendrag maak mag”. Paarl: D.F. du Toit
& Co.
De Villiers, A. 1992. Die implikasies van taalinterne konflik in Afrikaans vir
opvoedkundige prestasie. In Webb, V.N. (red.):287-316.
Eliot, T.S. 1956. On poetry and poets. Londen: Faber & Faber.
Engelenburg, F.V. 1928. Genl. Louis Botha. Pretoria:J.L. van Schaik.
Esterhuyse, J. 1986. Taalapartheid en skoolafrikaans. Emmarentia: Taurus.
Estes, C.P. 1992. Women who run with the wolves. Londen: Rider.
Fasold.R. 1984. The sociolinguistics of society. Oxford: Basil Blackwell.
February, V. 1998. Klein begin is aanhou wen. In Van Coller (red.):3-20.
Fishman, J.A. 1977. Language and ethnicity. In Giles, H. (red.): 15-58.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
350
Flowers, B.S. (red.). 1988. Joseph Campbell: The Power of myth (with Bill
Moyers). New York: Doubleday.
Fourie, J.J. 1986. Afrikaners in die Goudstad, 1924-1961. Pretoria: HAUM.
Geyser, O. & A.H. Marais (reds.). 1975. Die Nasionale Party (deel1). Pretoria:
Academica.
Giles, H. (red.). 1977. Language, ethnicity and intergroup relations. Londen:
Academic Press.
Giliomee, H. 2003. The Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg.
Giliomee, H & Richard Elphick. 1982. ’n Samelewing in wording: Suid-Afrika
1652-1820. Kaapstad: Maskew Miller Longman.
Grebe, H.P. 1997. Die historiografie van Afrikaans in heroënskou. DLittproefskrif: Universiteit van Pretoria.
Haasbroek, D.J.P. 1971. Die ontstaan van die nie-blanke stemreg en die
verskansing daarvan in die Suid-Afrika Wet van 1909. Doktorale
proefskrif: Universiteit van Stellenbosch.
Hancock, W.K. 1962. Smuts (Volume I). Cambridge: Cambridge University
Press.
Hancock, W.K. & Van der Poel, J. (reds.). 1973. Selections from the Smuts
Papers (seven volumes). Cambridge: Cambridge University Press.
HAT (Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal). 1994.
Johannesburg: Perskor.
Hawthorn, J. 1994. A concise glossary of comtemporary literary theory. Londen:
Arnold.
Headlam, C. 1933. The Milner Papers (vol.2). Londen: Cassell & Company.
Hegi, U. 2000. The Vision of Emma Blau. Londen: Simon & Schuster.
Hoernlé, R.F.A. 1939. South African native policy and the liberal spirit.
Johannesburg: Witwatersrand University Press.
Hofmeyer, I. 1993. “We spend our years as a tale that is told”: Oral historical
narrative in a South African Chiefdom. Johannesburg: Witwatersrand
University Press.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
351
Hofmeyer, J.H. 1913. The life of Jan Hendrik (Onze Jan) Hofmeyer. Kaapstad:
Van de Sandt de Villiers.
Homerus : Die Ilias. Uit die oorspronklike Grieks vertaal deur J.P.J. van
Rensburg. s.j. Stellenbosch: Pro Ecclesia-drukkery.
Hugo, D., Rousseau, L. & Du Plessis, P. (samestellers). 2000. Nuwe verset.
Pretoria: Protea Boekhuis.
Jansen, J.D. (red.). 1991. Knowledge and power in South Africa: Critical
perspectives across the disciplines. Johannesburg: Skotaville.
Johl, R. 1986. Kritiek in krisis: vryheid vir die teks. Durban: Butterworth.
Jordaan, A.M. 1982. Tacitus – die geskiedskrywer as mensekenner. M.A.verhandeling: Randse Afrikaanse Universiteit.
Jordaan, A.M. 1995. Taalbereëling vir Afrikaans in ’n meertalige Suid-Afrika.
M.A.-verhandeling: Universiteit van Pretoria.
Jung, C.G. 1964. Man and his symbols. Londen: Aldus Books Limited.
Kannemeyer, J.C. (red.). 1980. Tussengebied. Johannesburg: Perskor.
Kannemeyer, J.C. 1995. Langenhoven: ’n Lewe. Kaapstad: Tafelberg.
Kemiläinen, A 1964. Nationalism: problems concerning the word, the concept
and classification. Jyväskylä: Kustantajat.
Kingsolver, B. The Poisonwood Bible. 1999. Londen: Faber and Faber Ltd.
Kirkwood, G.M. 1958. A study of Sophoclean drama. Cornell: Cornell University
Press.
Kitto, H.D.F. 1951. The Greeks. Harmondsworth: Penguin Books.
Kriel, L. 2002. ’n Vergelyking tusse Colin Rae en Christoph Sonntag se
weergawes van die Boer-Hananwa-oorlog van 1894. DPhil-proefskrif:
Universiteit van Pretoria.
Kropácek, L. & Skalník, P. (reds.) 2001. Africa 2000: Forty years of African
studies in Prague. Praag: Roman Mísek.
Krog, A. 1998. Country of my skull. Kaapstad: Random House South Africa.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
352
Lakoff, G. 1987. Women, fire and dangerous things. Chicago: The University of
Chicago Press.
Langenhoven, C.J. 1932. U dienswillige dienaar. Kaapstad: Nasionale Pers.
Langenhoven, C.J. 1934. Afrikaans as voertaal. In Versamelde werke deel X.
Kaapstad: Nasionale Pers.
Lichtenstein, H. 1928. Travels in South Africa, 1803-1805, vol.1. Kaapstad: Van
Riebeeck Genootskap.
Lindenberg, A. 1998. André P. Brink (1935-) Deel I. In Van Coller, H.P.
(red.):294-315.
Louw, C. 2001. Boetman en die swanesang van die verligtes. Kaapstad: Human
& Rousseau.
Louw, N.P. van Wyk. 1939 (herdruk 1965). Lojale verset: kritiese gedagtes oor
ons Afrikaanse kultuurstrewe en ons literêre beweging. Kaapstad:
Tafelberg.
Louw, N.P. van Wyk. 1942. Die dieper reg: ’n spel van die oordeel oor ’n volk.
Kaapstad: Nasionale Pers.
Louw, N.P. van Wyk. 1986. Versamelde prosa I. Kaapstad: Tafelberg.
Malan, C. 1978. Misterie van die alchemis: ’n inleiding tot Etienne Leroux se
negedelige romansiklus. Pretoria: Academica.
Malan, C. (red.). 1982. Die oog van die son: beskouings oor boeke en werk van
Etienne Leroux. Pretoria: Academica.
Malan, C. (red). 1983. Letterkunde en leser. Pretoria: Butterworth.
Malan, C. & B. Smit. 1985. Skrywer en gemeenskap. Pretoria: HAUM-Literêr.
Malan, C. (red.). 1987. Race and literature/Ras en literatuur. Pinetown: Owen
Burgess.
Mandela, N. 1994. No easy walk to freedom. Londen: Little, Brown and Co.
Marais, J.L & Renée Marais. 1998. Eugène N. Marais (1871-1936). In Van Coller
(red.): 657-671.
McCartney, T.M. 1992. Black power ideologies: An essay in African-American
political thought. Philadelphia: Temple University Press.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
353
Meintjies, F. 1999. Language and labour. In Du Plessis, T. & A. van Gensen
(reds.):101-106.
M.E.R. 1972. My beskeie deel: ’n outobiografiese vertelling. Kaapstad:
Tafelberg-Uitgewer Bpk.
Moodie, T.D. 1975. The Rise of Afrikanerdom: Power, Apartheid, and the
Afrikaner Civil Religion. Berkeley: University of California Press.
Munslow, A. 1997. Deconstructing history. Londen: Routledge.
Murray, A.S. 1935. Manual of mythology: A complete survey of Greek and
Roman, Norse and old German, Hindoo and Egyptian mythology. (hersien
deur WM. H. Klapp). New York: Tudor Publishing Company.
Nasson, B. 1990. Abraham Esau’s war, 1899-1901. Martyrdom, myth, and folk
memory in Calvinia, South Africa. In Samuel, R. & P. Thompson (reds.):
111-126.
Nienaber, G.S. & P.J. Nienaber. 1958. Die opkoms van Afrikaans as kultuurtaal.
Pretoria: J.L. van Schaik.
Nienaber, P.J. 1962 (1978). Digters en digkuns. Johannesburg: PerskorUitgewery.
Nienaber, P.J. 1964. Ons Taalhelde. Kaapstad:Nasou Beperk.
Nolte, K.E. 1990. Sonde met die postmodernisme. In Roos, H.M. (red.):163-186.
Odendaal, B.J. 1998. Peter Blum (1925-1990). In Van Coller, H.P. (red.):250261.
Ohlhoff, H. 1999. Die poësie van voor 1900 tot 1960. In Van Coller, H.P. (red.):
21-243.
Oliphant, V. 1998. Die sagte vlees. Kaapstad: Tafelberg.
Olivier, F. 1999. Adam Small. In Van Coller, H.P. (red): 565-577.
Olivier, F. 1999. G.A. Watermeyer. In Van Coller, H.P. (red.):757-763.
Olivier, G. & A. Coetzee. (reds.). 1994. Nuwe perspektiewe op die geskiedenis
van Afrikaans. Halfweghuis: Southern Boekuitgewers.
Opperman, D.J. 1978. Senior verseboek. Kaapstad: Tafelberg.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
354
Pelzer, A.N. 1963. Verwoerd aan die woord: Toesprake 1948-1962. Pretoria:
Afrikaanse Pers-Boekhandel.
Peneff, J. 1990. Myths in life stories. In Samuel, R. & P. Thompson (reds.):36-48.
Phosa, N.M. 1996. Deur die oog van ’n naald. Kaapstad: Tafelberg.
Ponelis, F. 1992. Standaardafrikaans in oorgang. In V.N. Webb (red.): 69-89.
Ponelis, F. 1993. The Development of Afrikaans. Duisberger Arbeiten zur
Sprach-und-Kulturwissenschaft. Frankfurt am Main: Peter Lang.
Postman, N. en Weingartner. 1971. Teaching as a subversive activity. New York:
Delacorte Press.
Preller, G.S. 1941. Voortrekkers van Suidwes. Kaapstad: Nasionale Pers Beperk.
Pretorius, R. 1984. “Vrees dat die wonderboom sal …val?” In Prinsloo, K.P. &
M.C.J. van Rensburg:59-89.
Prins, M.J. 1999. F.A. Venter. In Van Coller, H.P. (red):722-732.
Prinsloo, K.P. 1884. Gesindhede ten opsigte van taal in die onderwys in SuidAfrika. In Prinsloo, K.P. & Van Rensburg, M.C.J. (reds):106-123.
Prinsloo, K.P. & M.C.J. van Rensburg (reds.). 1984. Afrikaans: stand, taak,
toekoms. Pretoria: HAUM.
Rademeyer, J.H. 1938. Kleurling-Afrikaans: Die taal van die Griekwas en die
Rehoboth-Basters. Amsterdam: N.V. Swets & Zeitlinger.
Raidt, E.H. 1976. (Eerste uitgawe: 1971). Afrikaans en sy Europese verlede.
Kaapstad: Nasou.
Reitz, D. 1983. (eerste uitgawe 1929). Commando: A Boer journal of the Boer
War. Halfweghuis: Southern Book Publishers.
Roodt, P.H. 2001 After the struggle: Views from recent South African literature.
Kropácek & Skalník (reds.):233-242.
Roos, H. 1983. Die swerfjare van Poppie Nongena – tradisie en vernuwing in
epiek en kritiek. In Malan, C. (red.):140-152.
Roos, H.M. (red.). 1990. Lewe met woorde. Opstelle oor die prosa. Kaapstad:
Tafelberg.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
355
Roos, H. M. 1998. Perspektief op die Afrikaanse prosa van die twintigste eeu. In
Van Coller (red.): 21-117.
Samuel, R & P. Thompson (reds.). 1990. The myths we live by. Londen:
Routledge.
Schannell, J. 1988 (6de druk 1993). Spreuke van Langenhoven. Kaapstad:
Tafelberg.
Scholtz, A.H.M. 1995. Vatmaar: ’n lewendagge verhaal van ’n tyd wat nie meer is
nie. Kaapstad: Kwela Boeke.
Scholtz, G.D. 1970. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner
(Deel 2). Johannesburg: Voortrekkerpers.
Scholtz, G.D. 1979. Die ontwikkeling van die politieke denke van die Afrikaner
(Deel 6). Johannesburg: Voortrekkerpers.
Scholtz, J. du P. 1964. (Eerste uitgawe 1939 deur Nasionale Pers.) Die Afrikaner
en sy taal 1806-1875. Kaapstad: Nasou.
Schoonees, P.C. 1927. Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging. 2de
omgewerkte en vermeerderde druk. Pretoria: De Bussy.
Simoons, P. 1974. Mythos: een fenomenologischse benadering. In Constandse
e.a. (samestellers) : 9-27.
Snyders, P. 1992. ’n Waarskynlike mens. Greenhaven: Unison.
Snyman, A. 1995. Siener van Rensburg: boodskapper van God. Mosselbaai:
Vaandel-Uitgewers.
Snyman, N.J.S. 1969. Misvattinge oor die literatuur in Afrikaans soos weerspieël
in vier polemieke –’n historiese oorsig. M.A.-verhandeling: Universiteit van
Pretoria.
Steenberg, D.H. 1992. “Mite”. In Cloete (red.): 314-316.
Steenberg, D.H. 1998. Elsa Joubert. In Van Coller, H.P. (red): 527-540.
Steinbeck, J. 1992. (Eerste publikasiedatum 1952). East of Eden. New York:
Penguin. (Inleiding deur David Wyatt).
Steyn, J.C. 1978. Dagboek van ’n verraaier. Kaapstad: Tafelberg.
Steyn, J.C. 1980. Tuiste in eie taal. Kaapstad: Tafelberg.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
356
Steyn, J.C. 1987. Trouwe Afrikaners. Kaapstad: Tafelberg.
Steyn, J.C. 1998. Van Wyk Louw: ’n lewensverhaal. Deel II. Kaapstad: Tafelberg.
Syme, R. 1958. Tacitus. Volume I. Oxford: Oxford University Press.
Theron, E. (samesteller). 1976. Verslag van die kommissie van ondersoek na
aangeleenthede rakende die Kleurlingbevolkingsgroep.
Thompson, L.M. 1985. The political mythology of apartheid. New Haven: Yale
Unviversity Press.
Tonkin, E. 1990. History and the myth of realism. In Samuel, R. & P. Thompson
(reds.):25-35.
Totius. s.j. Trekkerswee. Potchefstroom: “Die Weste”-Drukkery.
Van Coller, H.P. (red.). 1998. Perspektiek en profiel: ’n Afrikaanse
literatuurgeskiedenis. Deel 1. Pretoria: J.L. van Schaik.
Van Coller, H.P. (red.). 1999. Perspektiek en profiel: ’n Afrikaanse
literatuurgeskiedenis. Deel 2. Pretoria: J.L. van Schaik.
Van den Heever, R. (red.) 1988. Afrikaans en bevryding. Kaapstad: Kaaplandse
Professionele Onderwyserunie.
Van der Merwe, C.N. 1998. Anna M. Louw (1913-). In Van Coller, H.P.
(red.):604-614.
Van der Merwe, H.J. 1972. Die onstaan van Afrikaans. In Van der Merwe, H.J.
(red.): 15-66.
Van der Merwe, H.J. (red.). 1972. Afrikaans – sy aard en ontwikkeling. Pretoria:
J.L. van Schaik.
Van der Merwe, H.J.J.M. 1958. Scheepsjoernaal ende daghregister. Pretoria:
J.L. van Schaik.
Van Heerden, F.J. 1975. Die 1915-verkiesing. In Geyser en Marais (reds.) :241268.
Van Jaarsveld, F.A. 1961. The awakening of Afrikaner nationalism 1868 – 1881.
Kaapstad: Human & Rousseau.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
357
Van Reenen, R. 1980. Op die randakker. (Saamgestel uit die Randakkerrubrieke in Die Beeld en Rapport deur Tobie Boshoff). Kaapstad:
Tafelberg.
Van Rensburg. M.C.J. (red.). 1984. Die Afrikaans van die Griekwas van die
tagtigerjare. Pretoria: RGN-verslag.
Van Rensburg, M.C.J. 1989. Soorte Afrikaans. In Botha, T.J.R. (red.): 436-467.
Van Rensburg, M.C.J. 1990. Taalvariëteite en die wording van Afrikaans in
Afrika. Bloemfontein: Patmos.
Van Rensburg, M.C.J. 1992. Die demokratisering van Afrikaans. In Webb, V.N.
(red.):183-197.
Van Rensburg, M.C.J. 1999. Fasette van die gesprek oor die gepolitiseerdheid
van Afrikaans: repliek op Jan Esterhuyse. In Du Plessis, T. & A. van
Gensen (reds.):69-81.
Van Vuuren, H. 1999. Perspektief op die moderne Afrikaanse poësie (19601997). In Van Coller, H.P. (red.):244-304.
Van Zuydam, S.W. 1998. Ingrid Jonker (1933-1965). In Van Coller, H.P.
(red.):514-526.
Vickery, J.B. (red.). 1966. Myth and literature. Lincoln: University of Nebraska
Press.
Von Wielligh, G.R. 1922. Eerste skrywers. Pretoria: J.L. van Schaik.
Walshe, P. 1971. The Rise of African Nationalism in South Africa. Berkeley:
University of California Press.
Watermeyer, G.A. 1957. Die republiek van duisend jaar. Johannesburg:
Dagbreekpers (gedruk vir die digter).
Webb, V.N. (red.) 1992. Afrikaans ná apartheid. Pretoria: J.J. van Schaik.
Willemse, H. 1985. Poësie as nie-hegemoniese vorm. In Malan, C. & B. Smit.
(reds.): 227:230.
Willemse, H. “Maa’ die manne waver nog”: jonger swart Afrikaanse skrywers. In
Malan, C. (red.):197-208.
Willemse, H. 1991. Securing the myth: The representation of the origins of
Afrikaans in language textbooks. In Jansen, J.D. (red.):249-263.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
358
Willemse, H. 1999(a). ’n Inleiding tot die buite-kanonieke Afrikaanse kulturele
praktyke. In Van Coller, H.P. (red.):3-20.
Willemse, H. e.a. (reds.). 1997. Die reis na Paternoster. Belville: Universiteit van
Wes-Kaapland.
Willemse, H. e.a. 1999. Oor Bloekombos en (voor-)Uitkyk. In Du Plessis, T. & A.
van Gensen (reds.): 82-93.
Woshinsky, O.H. 1995. Culture and politics: An introduction to mass and elite
political behavior. New Jersey: Prentice Hall.
B. Vaktydskrifte
Debray, R. 1977. Marxism and the national question. New Left Review 105
(September-Oktober 1977), pp. 25-41.
Grebe, H.P. 1999. Oosgrensafrikaans as teoretiese konstruk onder die loep.
Literator, Jaargang 20 No. 2, pp. 47-58.
Janssens, M. 2003. Mythevorming in de hedendaagse cultuur. Literator, Volume
24 (1) :145-157.
Petersen, P. 1991. Digter van bevryde Afrikaans: ’n onderhoud met Hein
Willemse. Karring 2:19-21.
Ploeger, J. 1945. Verskillende besonderhede i.v.m. die rederykerskamer “Onze
Taal” in Pretoria. Jaarboek van die Afrikaanse Skrywerskring Nommer 10:
30-38.
Prinsloo, K.P. 1980. Taalbeplanning vir Suid-Afrika. Tydskrif vir
Geesteswetenskappe, 20(1), Maart 1980.
Sebeok, T.A. (red.). 1971. Current trends in linguistics (Linguistics in SubSaharan Africa), 7.
Snyman, N.J. 1990. Die polemiek rondom Sewe dae by die Silbersteins. Tydskrif
vir Letterkunde, 28(4):11-29.
Steyn, J.C. 1993. Taalideologie en taalbeleid in die Suid-Afrikaanse geskiedenis
– oorweging in die ampstaaldebat? Acta Academica Supplement 1: 1-97.
Valkoff, M.F. 1971. Descriptive bibliography of the linguistics of Afrikaans: a
survey of major works and authors. In Sebeok, T.A. (red.): 455-500.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
359
Van Rensburg, M.C.J. 1999. Afrikaans and apartheid. International Journal of the
Sociology of Language (Offprint) :77-96. Berlyn: Mouton de Gruyter.
Van Rensburg, M.C.J. & L. Davey. 1993. Afrikaans – sy ondergang in Thlabane.
Tydskrif vir Letterkunde XXX1(3) :25-39.
Van Wyk, S. 1992. Ideologie van styl in Die swerfjare van Poppie Nongena. Hulle
praat liefste Afrikaans. Karring, 4:35-40, Winter.
Verhoef, M. 1999. Die mites oor Afrikaans: ’n inleidende beskouing oor die
persepsie van Afrikaans as onderdrukkerstaal. Literator, Jaargang 20 No.
2 : 123-136.
Webb, V.N. 1991. Conflict in South African society, and the role of language.
Duisburg: LAUD Paper 232.
C. Periodieke publikasies/ On-/gepubliseerde referate
Afrikaans Vandag : Maandblad van die Stigting vir Arikaans, Julie 2000
Die Afrikaanse Patriot, 15 January 1876. (Heruitgawe van die eerste nommer
van Die Afrikaanse Patriot). Paarl: Paarlse Drukpers.
Beeld, verskeie datums
Botha, E. 1995. Elsa Joubert vier haar 73ste met ’n pragboek. Beeld, 30
November.
Die Burger, verskeie datums
Leroux, E. 1960. Die mens, en veral die skrywer op soek na die lewende mite.
Lesing voor die Afrikaanse Studiekring, Universiteit van Stellenbosch, op 6
Mei 1960. Opgeneem in Kannemeyer (red.) 1980:11-24.
Malan, C.W. 1983. Verhouding en gesprek in geëngageerde romans, SAVALkongresreferate III: Resepsie-estetika. Bloemfontein/Potchefstroom:1-20.
Rapport, 10 Mei 1998
SABC Broadcasting Research Unit, 1994. SABC.
Scholtz, J. du P. 1969. “Die groei van Afrikaans tot volwaardige gebruikstaal” in
Die Burger, 8/9/1969.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
360
Scholtz, J. du P. 1975. “Wie was die eerste Afrikaner?” In Bylae tot Beeld ,
10/10/1975.
Swanepoel, P.H. 1991. Die liefdesverhouding tussen Afrikaans en die
Afrikaanssprekende: ’n blik deur die oë van Mater Matuta. Intreerede by
die aanvaarding van die leerstoel in Afrikaans aan die Universiteit van
Suid-Afrika, 29 Augustus 1991. Pretoria:Unisa-publikasie.
The Natal Mercury, 18 Junie 1993.
Van Rensburg. M.C.J. 1992. En wat van Afrikaans…? Gedagtes oor Afrikaans se
plek naas ander tale in ’n Suid-Afrikaanse talebestel. Ongepubliseer.
Volksblad, verskeie datums.
Webb, V.N. 2003. The sustainability of South Africa’s pluralist language policy.
Referaat gelewer by die International seminar on Applied Linguistics in a
global world, Desember 2003, Universiteit van Delhi.
Willemse, H. 1999(b). Kantaantekeninge: “Nasionalisme en letterkunde – wat
verder?” Gespreksgeleentheid by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees,
30 Maart 1999, Oudtshoorn.
Willemse, H. 2001. Om te leef in Afrika: oorlewing, saambestaan en die SuidAfrikaanse letterkunde. Intreerede by die aanvaarding van die leerstoel in
Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria op 19 Julie 2001. Pretoria:
Universiteit van Pretoria.
Willemse, H. 2003. Op pad na ’n ruim Afrikaans – ’n bydrae oor nie-rassigheid in
Afrikaans. Voordrag as deel van ’n paneelbespreking by die Skiereilandse
Technikon, 3 Oktober 2003. Ongepubliseer.
D.
Elektroniese publikasie
http://www.litnet.co.za/nuusbrief/2004 03 03.asp
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
361
SAMEVATTING
Die onderwerp van die proefskrif is: Mites rondom Afrikaans.
Die probleemstelling raak veral die verskraling van Afrikaans se hoëfunksiestatus
in Suid-Afrika na 1994 omdat hierdie verskraling ’n negatiewe impak het op
sowel die ongeveer ses miljoen moedertaalsprekers van Afrikaans as op
niemoedertaalsprekers vir wie die taal instrumentele waarde het. Die vraag is of
miteskepping rondom Afrikaans gedeeltelik verantwoordelik is vir hierdie
statusverlies.
Die term “mite” en die impak van mites word voorts bekyk. “Mite” word
uiteindelik nie gesien as “’n storie sonder grond” (soos in die
woordeboekdefinisie) nie, maar wel n.a.v. Jung, Campbell, Leroux, Malan en
ander as ’n storie/narratief wat verband hou met singewing aan die menslike
bestaan. In hierdie verband word veral gesteun op:
•
die standpunt van die bekende twintigste-eeuse mitoloog, Joseph
Campbell, wat beweer: “Myths are stories of our search through the ages
for truth, for meaning, for significance (Campbell in Flowers 1988:5); en
•
die uitspraak van Malan (1978:39) dat die mite “sedert die vroegste tye
die mens se manier (is) om deur middel van ’n eenvoudige vertelling die
sin, samehang en doel van die kosmos te verklaar.”
Miteskepping binne groepe (Anderson 1991: “verbeelde gemeenskappe” ) word
bekyk en daar word veral gepoog om die rol van nasionalisme en politieke
miteskepping te verreken. In dié verband is die uitspraak van Leonard
Thompson veral belangrik. Thompson (1985:3) wys op twee soorte mites, nl.:
1)
“konserwatiewe mites” (bv. rondom die ontstaan van die
groep); en
2)
“radikale mites” (wat ten doel het om “die ander” se regime
in diskrediet te bring).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
362
In die diskoers oor mites rondom Afrikaans is die uitgangspunt dat die betrokke
mite as positief of negatief beskou word in terme van die impak daarvan op die
status en posisie van Afrikaans in Suid-Afrika.
Die twee “hoofmites” rondom Afrikaans word eksemplaries en anekdoties
bespreek en die impak van die betrokke mites op Afrikaans word bekyk. Dié
twee mites is naamlik:
•
Afrikaans as mitiese bindmiddel in Afrikanernasionalisme in veral die
eerste vyftig jaar van die twintigste eeu; en
•
Afrikaans as metaforiese verdrukkerstaal in veral die tydperk van
geïnstitusionaliseerde apartheid.
Voorts word die neerslag van bogenoemde mites in verskeie Afrikaanse sisteme
(onder meer die historiografie, die letterkunde en die skoolleerplanne) aan die
hand van voorbeeldmateriaal bespreek. Die doel van dié bespreking is om aan
dui hoe groot die impak van die betrokke mites was.
Ten slotte word die vraag gestel: “En nou, Afrikaans?” Die slotsom is dat
Afrikaans se status in die sogenaamde hoëtaalfunksies wel toenemend onder
druk is as gevolg van die hegemonie van Engels in die land. Daar moet wel
nugter en beslis oor hierdie saak onderhandel word op grond van die toekenning
van gelyke taalregte aan al elf ampstale in die jongste grondwet, maar die
sprekers van Afrikaans kan ook meehelp vir die behoud van Afrikaans deur:
1. Saam te leef met die mites rondom Afrikaans en wel deur begrip vir en
deernis met mekaar se mites te ontwikkel;
2. Afrikaans daagliks vir alle funksies te gebruik, veral aangesien Afrikaans
sodanig ontwikkel is dat dit geskik is vir alle funksies; en
3. Self weer mee te werk aan miteskepping rondom Afrikaans, onder meer
deur daarop te wys dat Afrikaans as taal van Afrika ’n groter aanspraak
het op nasionaletaalstatus in Suid-Afrika as die internasionale taal,
Engels.
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
363
Sleutelterme
Afrikaans
Afrikanernasionalisme
(Die) Afrikaners
apartheid
identiteit
ideologie
(Die) kollektiewe onderbewuste
kultuur
mite
miteskepping
narratiewe
nasionalisme
sosio-kulturele identiteit
stories
(Die) waarheid
(Die) WVK
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
364
SUMMARY
The topic of the thesis is: Myths around Afrikaans.
The problem statement mainly deals with the curtailment of the high function
status of Afrikaans in South Africa since 1994 as this has a negative impact on
the six million mother tongue speakers of Afrikaans as well as on non-mother
tongue speakers for whom the language has an instrumental value. The
question is raised as to whether myth making around Afrikaans can be held
partly responsible for this loss in status.
The term “myth” and the impact of myths are looked into. “Myth” is not used in
this thesis as a “story without ground” (as in the dictionary definition), but,
according to the work of Jung, Campbell, Leroux, Malan and others, as a
story/narrative that gives voice to man’s search for meaning and significance.
The main points of departure are:
•
The viewpoint of the well-known twentieth-century mythologist, Joseph
Campbell, who states: “Myths are stories of our search through the ages
for truth, for meaning, for significance (Campbell in Flowers 1988:5); and
•
The statement of Malan (1978:39) namely that myth has always been the
way in which man has tried to explain the sense, significance and purpose
of the cosmos by means of a simple narrative.
Myth making within groups (Anderson 1991: “imagined communities”) is viewed
and the role of of political myth making explicitly stated. In this regard the
statement of Leonard Thompson is relevant. Thompson (1985:3) points to two
kinds of myths, namely:
1) “conservative myths” (for example about the origins of a
group); and
2) “radical myths” (that aim to discredit the regime of “the
other”).
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
365
In the discourse about myths around Afrikaans the point of departure is that the
specific myth is regarded as positive or negative in terms of its impact on the
status and position of Afrikaans in South Africa.
The two “main” myths around Afrikaans are discussed by exemplification and by
means of anecdotes and the impact of the said myths on Afrikaans is evaluated.
The two myths are:
•
Afrikaans as mythical binding force in Afrikaner nationalism in (mainly) the
first fifty years of the twentieth century; and
•
Afrikaans as metaphorical language of the oppressor, especially in the
period of institutionalized apartheid.
The impact of the above myths within various Afrikaans systems (among others
the historiography and literature of Afrikaans and the school syllabi) is
furthermore exemplified with the purpose of indicating how great this impact has
been.
Finally the question is asked: ”And now, Afrikaans?” (with acknowledgement to
the title of a publication by Hans du Plessis, 1992: “En nou, Afrikaans?”). The
conclusion is that the status of Afrikaans in the so-called high language functions
is daily under more pressure as a result of the hegemony of English in the
country. There should be rational and firm negotiations about this
unconstitutional curtailment of the rights of Afrikaans. The speakers of Afrikaans
can, however, help to preserve the language by:
1. Living with the myths around Afrikaans in the sense that they
develop and demonstrate understanding and empathy for the
myths of other groups;
2. Using Afrikaans daily for all functions, especially seeing that
Afrikaans is indeed suitably developed to meet any need; and
3. Working towards new myth making around Afrikaans, by – among
other things – pointing to the fact that Afrikaans, as a language of
University of Pretoria etd – Jordaan, A M (2004)
366
Africa, has a greater claim to national language status in South
Africa than the international language, English.
Key words/phrases
Afrikaans
Afrikaner nationalism
(The) Afrikaners
apartheid
(The) collective subconscious
culture
identity
ideology
myth
myth making
narratives
nationalism
socio-cultural identity
stories
“truth”
(The) TRC
Download PDF

advertising